Your Advert here
cure-real
Results 1 to 6 of 6

Thread: Jesaja 11:2

  1. #1
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,536
    Blog Entries
    10

    Jesaja 11:2

    Jes 11:2 en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees vandie HERE .

    Hoeveel geeste is hier van ter sprake??

    Ek lees iets en daar word verwys na elke een van die geeste as 'n gawe...

    Wat mis ek hier??
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  2. #2
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    Pretoria.South Africa
    Posts
    278

    Re: Jesaja 11:2

    Ek dink die deel in Jesaja is oor die Heerskappy van Die Messias,van Jesus.

  3. #3
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,536
    Blog Entries
    10

    Re: Jesaja 11:2

    Hier is die web blad waarna ek verwys

    Een gees verskillende gawes... verskillende "spirits"

    Isaiah 11:2-3 (New American Standard Bible)



    2The (A)Spirit of the LORD will rest on Him,
    The spirit of (B)wisdom and understanding,
    The spirit of counsel and (C)strength,
    The spirit of knowledge and the fear of the LORD.
    3And He will delight in the fear of the LORD,
    And He will not judge by what His eyes (D)see,
    Nor make a decision by what His ears hear;
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  4. #4
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    968

    Re: Jesaja 11:2

    Huh, verskillende Geeste?

    Hoe vergelyk dit dan nou met 1 Kor. 12?

    En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie. Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode net soos julle ook al gelei is. Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees. Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here; en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk. Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale. Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil. Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus. Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge. Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie. As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie—behoort hy daarom nie aan die liggaam nie? En as die oor sou sê: Omdat ek nie die oog is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie—behoort hy daarom nie aan die liggaam nie? As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees? Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het. As almal een lid was, waar sou die liggaam wees? Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam. En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie. Maar veel eerder is dié lede van die liggaam noodsaaklik wat die swakste lyk; en dié lede van die liggaam wat vir ons minder eerbaar lyk, beklee ons met oorvloediger eer, en so het ons onsierlike lede oorvloediger sierlikheid, terwyl ons sierlike lede dit nie nodig het nie; maar God het die liggaam saamgestel en aan die misdeelde lid oorvloediger eer gegee, sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra. En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly. Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik. En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale. Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie? Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê? Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle ‘n nog uitnemender weg.
    (1Co 12:1-31)
    Ek kan nie sien dat Jes. 11:2 van verskillende Geeste praat nie. As ek byvoorbeeld sou sê: "Ek antwoord vir Ta-An, die Ta-An wat die Bybel ondersoek, die Ta-An wat lief is vir Jesus." Het ek dan gepraat van een Ta-An, of is daar 'n ander Ta-An?

  5. #5
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,530

    Re: Jesaja 11:2

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Jes 11:2 en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees vandie HERE .

    Hoeveel geeste is hier van ter sprake??

    Ek lees iets en daar word verwys na elke een van die geeste as 'n gawe...

    Wat mis ek hier??
    Hi Ta-An,

    Ek tel 7...
    1. die Gees wat op jou rus
    2. die Gees van wysheid
    3. die Gees van verstand
    4. die Gees van raad
    5. die Gees van sterkte
    6. die Gees van kennis
    7. die Gees van die vrees van die Here
    Soos ek verstaan is dit wat in Openbaring bedoel word,
    Johannes aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is,
    (Open 1:4 AOV)

    En skryf aan die engel van die gemeente in Sardis: Dít sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het: Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef en jy is dood.
    (Open 3:1 AOV)

    En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar ‘n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë, wat die sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde.
    (Open 5:6 AOV)
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  6. #6
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,536
    Blog Entries
    10

    Re: Jesaja 11:2

    Dus... die volheid van die Gees.... behels al die gawes....

    Maar 1 Cor 12 sê dat sommige gawes aan sommige mense gegee is... nie noodwendig al die gawes aan almal nie

    Die vrug van die Gees,,, moet almal saam voorkom in kinders van die Here... maar nie al die gawes nie....

    Ek dink my kop raas eers 'n biki...sal moet gaan oor lees
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •