Ek lees die vanoggend, en besef dat hoe skerper ek wil wees, hoe meer ek moet toelaat dat die Here my slyp.
Ek hoor vanoggend hierdie oulike verhaaltjie van twee houtkappers. Een was 'n bejaarde en die ander een nog 'n jong knaap. Op 'n dag het hulle besluit om 'n kompetisie te hou en te kyk wie kan die meeste bome op een dag afkap.Die jong man was sterk en fiks en het glad nie gerus nie. Hy het gekap dat die byle huil!
Maar die bejaarde het so elke uur vir 15 minute gerus.
Aan die einde van die dag toe die bome getel word het die bejaarde man gewen Met baie meer bome as die jong man wat dit glad nie kon verstaan nie.
Toe hulle vir die bejaarde vra hoe dit moontlik is - want hy het elke uur vir 15 minute gerus - het hy hulle geantwoord: "Elke keer wat ek gerus het, het ek my byl skerp gemaak."
So werk ons lewe ook… Raak jy ook nog stil en spandeer tyd by God om jou weer "skerp" te maak vir elke dag se dagtake? Of hardloop jy net heeltyd aaneen en dink jy, jy is aan die wenkant?
Ons het nodig om meer tyd saam met God te spandeer





Reply With Quote
Bookmarks