Re: Moses en die Rots
Jy weet natuurlik waar hierdie idee vandaan kom?
1 Kor 10:4 "en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus."
Dit lyk of die rots volgens 1 Kor 10:4 God se manifestasie van verlossing was, wat Paulus sê Christus was. Dit dien as metafoor vir Christus se verlossing. Om die verwerping van die Jode daarin te lees neem dit bietjie te ver, en is nie na my mening deel van die oorspronklike betekenis nie. Dit sou 'n allegoriese betekenis daaraan koppel.
Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."
Bookmarks