Your Advert here
cure-real
Results 1 to 10 of 10

Thread: Moord vs Moord

  1. #1
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,700

    Moord vs Moord

    Daar word altyd gepraat van "plaas moorde" en dit kry ook baie media belangstelling. Nou vir my is enige moord erg en sinneloos. Ek weet boere sorg vir kos, maar baie kos produkte word ook ingevoer. Ruk ons nie dam onder die eend uit as ons "plaas moorde" ophemel nie. As ek na statistieke gaan kyk dan lyk die prentjie bietjie anders. Om 'n plaasboer te verloor is erg, maar dit is net so erg om 'n polisie lid, 'n IT ou, 'n verpleegster, 'n motorwerktuigkundige......of wat ookal jou beroep is....te verloor deur moord. Elkeen het 'n bydrae tot die ekonomie. Die een kan nie sonder die ander klaar kom nie. In die weermag het ek geleer dat die ou in die voorste linies nie daar kan wees sonder die kok wat die kos maak nie. Ek het al getalle gehoor van 3000 plaas aanvalle, maar hoe vergelyk dit met al die ander moorde wat plaasvind?

    Gaan kyk na hierdie statisieke. Ek noem 'n paar vir Suid Afrika.

    SOUTH AFRICAN CRIME STATS: Top Stats All Stats View this page with: Just Stats Sources Definitions Both Car thefts 93,133[6th of 46] Death penalty > Abolition date 1,997[15th of 64] Death penalty > Last executed 1,991[5th of 55] Drug offences 53,810 per 100,000 people[4th of 46] Gun violence > Homicides > % homicides with firearms 59.2028 [2nd of 32] Gun violence > Homicides > Firearm homicide rate > per 100,000 pop. 74.5748 [1st of 32] Gun violence > Homicides > Overall homicide rate > per 100,000 pop. 125.965 [1st of 32] Jails 228[6th of 80] Manslaughters 11,202[2nd of 42] Murders with firearms 31,918[1st of 36] Police 101,582[8th of 47] Prisoners 181,944 prisoners[2nd of 168] Prisoners > Female 2.2%[107th of 134] Prisoners > Foreign prisoners 2.1%[55th of 86] Prisoners > Per capita 402 per 100,000 people[10th of 164] Sentence Length 48.08[13th of 21] Software piracy rate 34%[89th of 107] Total crimes 2,683,849[5th of 50

    http://www.nationmaster.com/country/...rica/cri-crime

    Hier is 'n skakel waar staan ons in die wereld met moord met vuurwapens:

    # 1 South Africa:31,918
    # 2 Colombia:21,898
    # 3 Thailand:20,032
    # 4 United States:9,369
    # 5 Philippines:7,708
    # 6 Mexico:2,606
    # 7 Slovakia:2,356
    # 8 El Salvador:1,441
    # 9 Zimbabwe:598
    # 10 Peru:442
    # 11 Germany:269

    http://www.nationmaster.com/graph/cr...-with-firearms

    Soos julle kan sien is daar 31 918 moorde met vuurwapens in ons land waarvan ongeveer volgens statistiek 3000 plaasmoorde is. Is die fokus op plaasmoorde nie bietjie uit verband nie? Ons almal lewer 'n bydrae tot die ekonomie, nie net plaas boere nie.
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)



    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  2. #2
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    758

    Re: Moord vs Moord

    Johnny

    Elke moord is een te veel. Die klem op plaasmoorde is egter die volgende. Dit is polities van aard met die opsweping van kill/shoot the boer/farmer. Tweedens is die feit dat hulle boere vermoor eintlik onnodig. Dit kan geargumenteer word dat hulle mense in 'n stedelike gebiede kan vermoor om te voorkom dat aandag getrek word. By plase is daar normaalweg nie so 'n rede nie. Derdens is die verhouding buite verhouding hoog by boere. Daar is in SA nie 40 000 boere oor nie, van die word 3000 vermoor dit gee jou 'n verhouding van 1 uit 13. As jy dit vergelyk met die algemene SAner van 31000 tot 48 miljoen gee dit jou 'n verhouding van 1 uit 1548.

    Dus word die ekstra aandag geregverdig, want dit is buitensporig hoër as die algemene misdaadvlak. Almal behalwe die regering en polisie beweer dat daar ander motiewe as net misdaad betrokke is.

    Groete
    Kalahari

  3. #3
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,700

    Re: Moord vs Moord

    Quote Originally Posted by Kalahari View Post
    Johnny

    Elke moord is een te veel. Die klem op plaasmoorde is egter die volgende. Dit is polities van aard met die opsweping van kill/shoot the boer/farmer. Tweedens is die feit dat hulle boere vermoor eintlik onnodig. Dit kan geargumenteer word dat hulle mense in 'n stedelike gebiede kan vermoor om te voorkom dat aandag getrek word. By plase is daar normaalweg nie so 'n rede nie. Derdens is die verhouding buite verhouding hoog by boere. Daar is in SA nie 40 000 boere oor nie, van die word 3000 vermoor dit gee jou 'n verhouding van 1 uit 13. As jy dit vergelyk met die algemene SAner van 31000 tot 48 miljoen gee dit jou 'n verhouding van 1 uit 1548.

    Dus word die ekstra aandag geregverdig, want dit is buitensporig hoër as die algemene misdaadvlak. Almal behalwe die regering en polisie beweer dat daar ander motiewe as net misdaad betrokke is.

    Groete
    Kalahari
    Ek stem saam met jou dat daar heel moontlik ander motiewe is. Die vergelyking wat jy tref is ook korrek. Dit is 'n hartseer werklikheid waarmee ons sit. Onthou net.....dit is nie net boere wat as boere gesien word nie. Vir hulle is elke blanke Suid Afrikaner 'n boer, wat my en jou insluit. Die statistiek los jou met 28 918 moorde op ander mense wat dan nou nie "boere" is nie, al is dit blanke Suid Afrikaners wat vermoor word.
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)



    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  4. #4

    Re: Moord vs Moord

    Johnny, net om by Kalahari aan te sluit, en hoekom daar uit sekere kringe op bewusmaking van plaasmoorde gekonsentreer word :

    Meer boere word per kapita vermoor as enige ander beroep in die wêreld. Dit maak om te boer in Suid Afrika die gevaarlikste beroep wat gevolg kan word. Om dus 'n huursoldaat in Irak te wees is veiliger as om te boer in Suid Afrika.

    Hierdie moorde word met 'n wreedheid uitgevoer wat ons nêrens anders sien nie. Mense word nie net vermoor nie, maar vermink op maniere wat jy jou ontbyt sal verloor as ek dit hier moet beskryf. Dink aan babatjies wat (lewendig) in swart vullissakke toegedraai word en aan die brand gesteek word, oumense wat met strykysters gemartel word, dogtertjies wat aan hulle hare opgetel word voor hulle in die kop geskiet en hulle lykie vir die ma gewys word en so aan. As jy nog nie die prentjie verstaan nie kan jy gerus op die internet gaan rondsoek vir die fotos. Begin sommer hier en lees die gepaardgaande artikels.

    Verder moet jy verstaan dat die regering van die dag , sonder om veel van 'n geheim daarvan te maak, hierdie gru-aksies ondersteun, nie net met die hele "skiet die boer" debakel nie, maar deur willens en wetens statistieke te kook, 'n traagheid om die sake te ondersoek, die betrokkenheid van regerinspersoneel by die meeste plaasaanvalle, en om die skuld eerder op die plaaseienaar te skuif. Wat jy baie mooi moet besef is dat in die NDR ( Nasionale Demokratiese Revolusie) daar GEEN plek gemaak is vir blanke boere nie, maar wel vir presies dit wat ons nou sien : arm, honger mense wat as gevolg van die toestand waarin hulle verkeer uiters manupileerbaar is. Die regering gaan ook nie baie vinnig hulle stemvee uit hierdie toestand "red" nie, want hoekom sal hulle ? Alles verloop mos volgens plan !

    Die kort van die lank is dus dat plaasmoorde nie "gewone" moorde is nie, maak nie saak wat die regering vir ons hieroor te vertelle het nie. Die staistieke, die duisende gebroke families en die vervalle plase waar daar eens op 'n tyd duisende tonne kos gebroduseer is, en waar daar nou slegs kakiebos en ellende groei, vertel die ware verhaal.

  5. #5
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,700

    Re: Moord vs Moord

    Ek wil dit ook net duidelik stel dat ek ALLES verstaan waaroor dit gaan. Ek wil nie he die draad moet ontaard in 'n vuisgeveg nie. Ek maak maar net die stelling dat daar baie ander mense ook vermoor word.....ja, ook net so wreed soos plaasmoorde. Daar is ook gebroke huisgesinne, kinders wat sonder ouers is ens. ens. Ek weet ook daar is heel moontlik 'n "3de mag" agter al die aanvalle, maar waar ek bly moet ek ook in die aande met een oog oop slaap. Net laasweek het die polisie en inbrekers op mekaar geskiet 'n straat van my af. By my is al 3 keer ingebreek en dank die Here ons was nie eenkeer by die huis nie.

    Hier is 'n paar nuusberigte wat ek sommer net "cut en paste" vanaf 'n search op Google. Dit is net die eerste bladsy van die search.

    Fliek-afspraak in begraafplaas . . . toe word jong man - Article ... - [ Translate this page ]5 Apr 2011 ... Die raaisel rondom die moord die naweek op 'n man by 'n begraafplaas in Welkom het verder verdiep. Die polisie het aanvanklik bekend gemaak ...
    www.mysubs.co.za › Products › Die Burger: Wes-Kaap - CachedJong ma van twee wreed deur haar man vermoor - [ Translate this page ]Jong ma van twee wreed deur haar man vermoor. 'n SAGGEAARDE en liefdevolle jong ma van twee kinders van Windhoek wat onlangs in Worcester vermoor is, ...
    www.republikein.com.na/.../jong-ma-van-twee-wreed-deur-haar-man- vermoor.47297.php - CachedDuitser wreed vermoor in Namibi - [ Translate this page ]Duitser wreed vermoor in Namibi. Donderdag, 12 Julie 2007 10:41 Die ... Fellinger het in die motor agtergebly terwyl haar man die trop wou gaan afneem. ...
    www.praag.co.za/.../691-duitser-wreed-vermoor-in-namibi.html - CachedMan bied beloning aan – 10 jaar ná vrou vermoor is - [ Translate this page ]1 post - 1 author - Last post: 16 Aug 2008
    Die man van 'n vrou wat tien jaar gelede wreed vermoor is, bied nou 'n beloning van R20 000 aan vir wie ook al sal help om haar moordenaar ...
    www.boerevryheid.co.za/.../showthread.php?...Man...–...vermoor... - CachedGet more discussion results
    AFGETREDE DOKTER WREED VERMOOR - [ Translate this page ]1 post - Last post: 20 Apr 2010
    Afgetrede doktor wreed vermoor 2010-01-25 09:48 Sandra Coetzee ... Giesekke se vrou, Eve (77), het in die bed gebly toe haar man om 05:45 ...
    kaapsevryheidsburger.forumsmotion.com/t544-afgetrede-dokter-wreed- vermoor - CachedGet more discussion results
    Bejaarde wreed vermoor: Volksblad: Suid-Afrika: Nuus - [ Translate this page ]Bejaarde wreed vermoor. 2010-08-02 01:20. Artikelopsies ... die grond is baie hard,” was die laaste woorde van 'n bejaarde man van Virginia aan sy vrou waar ...
    www.volksblad.com/Suid.../Bejaarde-wreed-vermoor-20100802 - CachedMan op plaas vermoor: Beeld: Suid-Afrika: Nuus - [ Translate this page ]28 Apr 2010 ... 'n 41-jarige man is wreed vermoor op 'n plaas in Boschkop, Pretoria, terwyl sy 2 -jarige kind in die huis was. ...
    www.beeld.com/Suid-Afrika/.../Man-op-plaas-vermoor-20100428 - CachedKletskerk • View topic - Stefan Louw wreed vermoor - [ Translate this page ]15 posts - 10 authors - Last post: 18 Sep 2006
    'n Man in die fleur van sy lewe word wreed en sinneloos vermoor. God "laat dit in sy almag toe". As alles verby is, moet ons dieselfde god ...
    www.kletskerk.co.za/viewtopic.php?p=27116 - CachedGet more discussion results
    - Hamerdood: Sakevrou wreed vermoor - [ Translate this page ]29 Mei 2009 ... Hamerdood: Sakevrou wreed vermoor, Print ... ΓÇ£Die man het vir die beamptes vertel dat hy deur ΓÇÿn blanke man aangerand was en gevra dat ...
    www.vaalweekblad.com/index.php?...wreed-vermoor... - CachedDrie susters wreed aangeval, een vermoor: Nuus24: Suid-Afrika: Nuus - [ Translate this page ]14 Feb 2010 ... Drie susters wreed aangeval, een vermoor: Nuus24: Suid-Afrika: Nuus. ... man wat een van hulle doodgesteek en die ander een verkrag het.
    afrikaans.news24.com/.../Drie-susters-wreed-aangeval-een-vermoor- 20100214 - Cached
    Onder my search met die kern woorde "man wreed vermoor" is daar (About 41,200 results (0.14 seconds) resultate. Hier is dokters, bejaardes, ens, ens. Ek dink nie dit is net plaasboere wat "wreed" vermoor word nie.

    VRAAG: Sou my vrou en kind minder lei as ek vermoor moes word as 'n plaasboer? Sou my werkgewer nie ook 'n verlies lei nie? Sou die gemeenskap/gemeente my mis? Ek doen werk vir die Here, nie dat ek roem nie, maar sou daar 'n leemte wees?
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)



    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  6. #6

    Re: Moord vs Moord

    Ongelukkig kan mens niks doen vir die mense wat blind staan teenoor die werklikhede in ons land nie Johnny. Al wat ek kan doen is om die feite van die saak op die tafel te plaas. Wat jy daarmee doen, of nie doen nie, is jou saak. Jou houding gaan nie die lot van boere, een of die ander kant toe, verander nie.... daar is ander manne wat daadwerklik iets aan die saak doen.

  7. #7
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,700

    Re: Moord vs Moord

    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Ongelukkig kan mens niks doen vir die mense wat blind staan teenoor die werklikhede in ons land nie Johnny. Al wat ek kan doen is om die feite van die saak op die tafel te plaas. Wat jy daarmee doen, of nie doen nie, is jou saak. Jou houding gaan nie die lot van boere, een of die ander kant toe, verander nie.... daar is ander manne wat daadwerklik iets aan die saak doen.
    Dit is dalk wat die tema van die draad wil uitdruk. Moord bly Moord.....of dit nou 'n plaasboer is of 'n stadsjapie wat skynbaar niks vir die land en die ekonomie beteken nie. In beide gevalle sal die moordenaar, ongeag wie hy vermoor het....'n boer of 'n dorpsjapie....voor God moet verskyn vir sy dade. Daar is nie 'n erger straf vir 'n plaas moord of 'n dorps moord nie.....jy gaan HEL toe in albei gevalle.
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)



    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  8. #8
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    961

    Re: Moord vs Moord

    Die vraag is: Wat kan EK doen? Waar / hoe kan mens betrokke raak?

  9. #9
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,700

    Re: Moord vs Moord

    Quote Originally Posted by Son of the South View Post
    Die vraag is: Wat kan EK doen? Waar / hoe kan mens betrokke raak?
    Dit wil vir my voorkom of plaasmoorde onder 'n ander rang struktuur val en kan nou nie eintlik vergelyk word met stadsmoorde nie. Dit is BAIE erger.

    Klip innie bos vraag:
    Wie is dit wat bepaal hoe, waar en wanneer jy gaan sterf? Het jy 'n keuse? As daar 1000 plaasmoorde is en 100 000 stadsmoorde......of 100 000 plaasmoorde en 1000 stadsmoorde.....wie bepaal dit? Is dit nie God wat die hoe, waar en wanneer bepaal nie? As dit so is......dan moet HY mos die skuld kry vir al die plaasmoorde?

    Stel Hy nie regerings aan en af nie? Le ons lewe nie in Sy hande nie?
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)



    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  10. #10

    Re: Moord vs Moord

    Quote Originally Posted by Son of the South View Post
    Die vraag is: Wat kan EK doen? Waar / hoe kan mens betrokke raak?
    SoS, dit is natuurlik moeilik as jy nie self op 'n plaas bly en by die gemeenskap kan inskakel nie, maar daar is tog dinge wat jy daadwerklik kan doen....en jy doen dit reeds :

    - Bid !
    - Wys vir die mense deur jou voorbeeld dat jy op God vertrou om jou te lei waar Hy wil hê jy moet wees in alle dinge : paraatheid en selfverdediging ingesluit.
    - Kry jou huisgesin betrokke by jou strewe na paraatheid : onthou 'n ketting is net so sterk soos die swakste skakel.

    Ek het dit al op 'n vorige pos gesê : ons mense dink hulle is baie meer paraat ( geestelik en fisies) as wat ons regtig is.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Moord in die gemsbokkamp.
    By protea in forum Apologetiek en Wetenskap
    Replies: 8
    Last Post: Sep 13th 2009, 11:16 AM
  2. Bespreking kind se self moord
    By nicovanrensburg in forum Christene antwoord nie-Christene
    Replies: 6
    Last Post: Aug 9th 2009, 11:58 PM
  3. Bespreking Jy mag nie moord pleeg nie.
    By Lanie in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 17
    Last Post: Feb 1st 2009, 11:20 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •