
Originally Posted by
Die Filadelfieer
Wat presies is "die werke van die liggaam" ?
En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.
(Gal 5:19-21 AOV)
Hierdie dinge woon in ons vlees...
Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie.
(Rom 7:17-18 AOV)

Originally Posted by
Die Filadelfieer
Is dit bloot 'n lewe wat nie die juk van 'n wettiese lewe afgeskud het en in die volle vryheid van Christus lewe nie, of is daar nog steeds 'n lys van "moets en moenies" wat gevolg moet word om 'n vleeslike lewe te verander en die werke van die liggaam dood te maak ?
Ek dink hierdie is 'n goeie vraag wat jy vra Fila, want baie wil weet wat hulle moet doen om werklik vry in Christus te kan wees en almal sukkel hiermee. Ons weet wat ons moet doen en doen dit bloot nie, party meer en ander minder, maar niemand doen dit konstant nie. As jou baas heeltyd in jou kantoor gaan sit, gaan jy gegewe wie jou baas is, sou mens so iemand as baie dinamies voorhou, heeltyd jou beste gee. Gegewe wie jyself is, sou mens die meerderheid van werknemers as voorbeeld kan gebruik wat maar 'n kans hier en daar of baie gaan neem wat nie altyd met werk te doen het nie.
As mens heeltyd aan Jesus vashou in geloof, sal jy heeltyd sondeloos kan lewe en ongeloof is eintlik soos ek verstaan die enigste sonde wat ons nou doen. Sodra jy Jesus los, begin die moeilikheid...
Bookmarks