
Originally Posted by
Son of the South
Baie goeie antwoord Ta-An; daar leer ek ook al weer ietsie by.
God bly tog nie meer in 'n gebou nie. Mense praat baie maal so verkeerd, bv. as hulle sê: "Welkom in die huis van die Here.", of: "Dit is lekker in die huis van die Here, Amen?" In die eerste plek is amen nie 'n vraag nie, dit is 'n verklaring en verder is dit baie lekker binne my vel vandag, baie dankie. Miskien moet mens eerder praat van: "Welkom by die erediens. Dit is lekker in die samekoms van gelowiges.", of so iets.
Soos CFJ sê, dink ek ook die gebou is bloot 'n plek van samekoms. Ek het al baie dienste bygewoon in 'n skoolsaal wat net so geseëend was. Goed, 'n kerkgebou is gewoonlik toegerus met meer doelgeskikte fasiliteite. Noem dit dan maar 'n gerieflike plek van samekoms.
Bookmarks