cure-real
Results 1 to 15 of 15

Thread: Om die Evangelie te ontken ....

  1. #1

    Om die Evangelie te ontken ....

    ....en nog steeds deel te wees van kerklike strukture !

    Sakkie Spangenberg skryf in sy artikel : Waarheen gaan Jesus terugkeer? o.a. die volgende :

    Kerke hou mense met hul leerstellings gevange in die antieke w靡eld met sy idee van 地 drieverdieping-heelal. Daarom verkondig kerke steeds 地 wederkoms wat alle mense op die ronde aarde sal sien. Binne ons uitdyende heelal is dit 地 godsonmoontlike ding.
    Goed, so geen wederkoms nie. Check

    Kerke verkondig onwaarhede soos dat alle mense in sonde ontvang en gebore word en dat die dood God se straf op die sonde van die eerste mensepaar is. Daar was geen werklike Adam en Eva nie en die storie in Genesis 2-3 het niks met 地 sondeval en met die dood as straf op sonde te doen nie. Buitendien, dinosourusse het uitgesterf nog voordat daar enige mens op aarde was.
    Ja nee kyk, as Ou Testamentikus en dosent van toekomstige dominees kan mens ook nie alles glo wat in die Bybel staan nie. Check.

    Kerke misken die Joodsheid van Jesus en dat hy homself nie met die idee van 地 Drie-eenheid sou vereenselwig nie. Jesus sou as Jood homself nooit aan Jahweh gelyk gestel het nie. Hy sou homself nooit as die letterlike seun van Jahweh voorgehou het nie.
    Jesus is nie God nie, en die Drie-Eenheid is 'n leun. Check.


    Kerke se evangelie (sondeval-verlossing) het niks met die evangelie van Jesus van Nasaret (die ondergang van die Romeinse Ryk) te doen nie. Jesus sterf nie aan die kruis onder God se toorn nie, maar onder die toorn van die Romeinse Ryk! Kruisiging was 地 vorm van staatsterrorisme om onderhorige volke in bedwang te hou.
    Die Evangelie bestaan nie, en moet eerder as 'n politiese verset teen die Romeinse ryk gesien word . Check, Check, en Check.

    Neem in ag dat Sakkie Spangenberg onskuldig aan dwaalleering bevind is deur die NG Kerk. Wat op dees aarde gaan hier aan ? Is hierdie twyfeling en 'n opregte soeke na die waarheid soos wat Spangenberg voorgee, of is dit blatante Anti-Christelike uitsprake, reg in lyn waarteen die Bybel ons waarsku ?

  2. #2

    Re: Om die Evangelie te ontken ....

    Hoe se hulle.....red nou 'n land met sulke mense! Verkondig nou die evangelie met sulke leraars? Daar gaan baie siele wees om te red na sy valse teologie.

  3. #3
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    Pretoria.South Africa
    Posts
    293

    Re: Om die Evangelie te ontken ....

    Ek dink hy het die stukkie in die Bybel wat skryf van mense soos hy al lankal dood gekrap .Dit is baie hartseer.

  4. #4

    Re: Om die Evangelie te ontken ....

    Quote Originally Posted by trudie View Post
    Ek dink hy het die stukkie in die Bybel wat skryf van mense soos hy al lankal dood gekrap .Dit is baie hartseer.
    By die valse bewys God homself verkeerd. Daar is iewers so ʼn skrif.....aahhh...hier's hy.2Sa 22:26 By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg, 2Sa 22:27 by die reine, rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.

  5. #5
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    1,020

    Re: Om die Evangelie te ontken ....

    Ons is op die oomblik besig om saans deur Jesaja te lees en jy wil sommer jouself verbeel jy sien van daardie simptome in ons eie land. 'n Mens sidder wanneer jy besef dat God mos nie tevrede kan wees met ons land nie. Die teole is besig met sulke dwalinge soos hierdie en die politieke leiers raak godslasterlikhede kweit. Dan wil ek soos Habbakuk s:
    HERE, ek het die tyding aangaande U verneem, ek het gevrees! HERE, roep u werk in die lewe in die midde van die jare; in die midde van die jare laat dit bekend word. In toorn, dink aan ontferming.
    (Hab 3:2)

  6. #6
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    1,323

    Re: Om die Evangelie te ontken ....

    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Neem in ag dat Sakkie Spangenberg onskuldig aan dwaalleering bevind is deur die NG Kerk. Wat op dees aarde gaan hier aan ? Is hierdie twyfeling en 'n opregte soeke na die waarheid soos wat Spangenberg voorgee, of is dit blatante Anti-Christelike uitsprake, reg in lyn waarteen die Bybel ons waarsku ?
    Fila

    Was dit in verband hiermee of iets anders? Hy is duidelik dat hy nie deel is van enige kerk nie, dus het hy die NG Kerk afgesterf. (Dankie daarvoor)

    Dit bekommer my net dat hy voorgee dat hy 'n teoloog van die christendom is. Hy kan seker 'n teoloog wees, maar dit is definitief nie van Christus nie. Hy ken Hom glad nie, want vir hom is dit 'n mens. Dit is wat gebeur as mens geestelike dinge probeer om w靡elds te verklaar. Geen wonder dat die Bybel verklaar dat die w靡eld die Lig sal haat nie en dit glad nie herken nie.

  7. #7
    Join Date
    Feb 2004
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    6,501
    Blog Entries
    16

    Re: Om die Evangelie te ontken ....

    Die dag wat ek my aan Sakkie Spangenberg steur moet nog kom. Ons moet net daar wees vir mense wat deur hom mislei word. Dankie tog my pa het my al vroeg hom en ander soortgelyke mense gewaarsku het. En die feit dat die NG Kerk homtoelaat kan net beteken dat hy "goeie" vriende het. Een van die redes hoekom ek nie in die NG kerke is nie.
    "I am come that they might have life, and that they might have it more abundantly."


    in all your ways acknowledge Him, and he will make your paths straight.


    Many are the afflictions of the righteous; But Jehovah delivereth him out of them all.

  8. #8

    Re: Om die Evangelie te ontken ....

    Quote Originally Posted by Kalahari View Post
    Fila

    Was dit in verband hiermee of iets anders? Hy is duidelik dat hy nie deel is van enige kerk nie, dus het hy die NG Kerk afgesterf. (Dankie daarvoor)

    Dit bekommer my net dat hy voorgee dat hy 'n teoloog van die christendom is. Hy kan seker 'n teoloog wees, maar dit is definitief nie van Christus nie. Hy ken Hom glad nie, want vir hom is dit 'n mens. Dit is wat gebeur as mens geestelike dinge probeer om w靡elds te verklaar. Geen wonder dat die Bybel verklaar dat die w靡eld die Lig sal haat nie en dit glad nie herken nie.
    Die dwaalleer klag was vir 'n ander geval waar hy presief vir die dinge wat hy hier kwytraak aangekla was deur 'n student van die fakulteit waar hy doseer. Ek sal bietjie die skakels gaan soek en hier plak.
    Ek praat onder korreksie as ek s dat hy nog steeds vir NGK studente klas gee.

  9. #9
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,872
    Blog Entries
    10

    Re: Om die Evangelie te ontken ....

    Ek wonder hoeveel mense sit 'blind' in 'n kerk sonder om self die Bybel te lees en 'n persoonlike verhouding met God te beoefen??
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  10. #10
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Re: Om die Evangelie te ontken ....

    Een van die hartseerste dinge van die NGK was en is , is dat hulle lidmate nie geleer word om vir hulle self te dink nie , want die predikant het mos '7 jaar geleer en het al die kennis en wysheid in pag'. Die opdrag :'gaan toets die woord wat gespreek word aan die Woord' word nie gepredik of aangemoedig nie. Daarom is ek so jammer vir die effek van preke en leeringe van die 'Sakkies- op -die -kansel' . Ongelukkig het die oorspronklike Sakkie al n hele paar maatjies bygekry....

  11. #11
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,872
    Blog Entries
    10

    Re: Om die Evangelie te ontken ....

    Soms , wanneer die geleentheid hom voordoen, dan besoek ek ander denominasies....
    ,,, en Donderdag was so 'n dag.
    Ons gemeente het eers in die aand kerk gehou, toe loop ek sommer by die kerk op die hoek van die straat in..

    Julle, wanneer 'n Ds twee oorbelletjies dra Nee Dankie... Nie vir my nie, maak nie saak wat sy rede is nie, ek het al gehoor hulle gebruik dit as aanknopings punt om oor Jesus te getuig...

    Jammer, Nee dankie.

    En dan nog.... "As julle wil nagmaal gebruik, doen so na die diens" Ja, ek kan verstaan dat hy nie mense wil onder druk plaas om dalk te sondig en Nagmaal te gebruik as hulle nie gereed is daarvoor nie, of wat ook al.... maar die Nagmaals formulier was :"Soos van ouds, was die Nagmaals formulier dat Jesus brood gebreek het en wyn geskink het vir ons verlossing?" ,,, en dit was dit

    Vergewe my as dit klink soos skinder.... maar hoe afgewater kan mens se godsdiens word
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  12. #12

    Re: Om die Evangelie te ontken ....

    Ta-An hoe laaik jy die een

    Ek besoek 'n Kerk in my "suite"
    Die prediker laat nie op hom wag nie, nog voor die preek begin het

    NEE s hy kliphard, ons moet nie dress in "suites", hoedens en mooi klere nie
    Ons moet afkyk na wat ons jeug wil h
    Ons moet by hulle aanpas

    Baie dra sommer plakkies en odd klere

    Sommige meisies kom daar aan in kort broekies, jeans, nog so 'n dink deur die naaldjie ens...

    Ek het hom amper gaan klap, want ek was die enigste een in Kerk met 'n suite aan
    So dit was direk op my gerig



    ---Leviet---
    Soek nog werk

  13. #13
    Join Date
    Dec 2010
    Location
    South Africa
    Posts
    8

    Re: Om die Evangelie te ontken ....

    Haai Ta-An
    Ek doen al die afgelope 14jaar sendingwerk in Suid-Afrika en in Afrika, lande soos Lesotho, Botswana, Namibi Zambi, ens.As mens nederig bly, is jou hoop op JESUS gevestig die hele tyd, en glo my elke dag is nie"love and charity" nie. Baie kerke erken sendelinge glad nie, selfs mense en kerke as hulle van sendelinge hoor en/of vra wat jy doen, dan distansieer hule hulle van so `n persoon. As jy bv. vra om jou getuienise in die kerk te gee, het hulle allerhande verskonings en / of maak nie weer met jou kontak nie. Om die Evangelie vir jouself te hou, is net so goed jy s vir die HERE jy ontken HOM as jou verlosser en HERE. Die Woord s ons moet die Woord gaan verkondig en maak die mense dissipels. Luister na wat GOD s en gehoorsaam SY Woord

  14. #14
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,839

    Re: Om die Evangelie te ontken ....

    Net 'n tegniese punt. Sakkie is nie sover my kennis trek ooit voor die kerk / kuratorium gedaag en/of verhoor oor lering/dwaalleer nie. As ek reg is het hy self die NG Kerk waarwel toegeroep.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  15. #15

    Re: Om die Evangelie te ontken ....

    Uit Bybel
    Israel luister nie na Jesus (Engel van die Here) nie
    Hulle terg Hom deur nie te glo dat hulle gaan wen nie
    Hy straf hulle vir 'n VRUGTELOSE 40 jare lange woestyn tog
    Dat almal wat twyfel kan uitsterf

    Uit Bybel Nuwe Testament
    Bybel geleerdes (Farisers, Saddusers en Skrif geleerdes)
    Kruisig Jesus uit Sy eie Woord
    Hulle kla Jesus aan uit Sy eie Woord

    omdat hulle gewin na die mense gemik is

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Is die evangelie gratis?
    By Johnny in forum Alles en nog wat
    Replies: 11
    Last Post: Nov 1st 2010, 06:09 AM
  2. Bespreking Die historiese aard van die Evangelie
    By Die Filadelfieer in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 24
    Last Post: Oct 15th 2010, 09:29 AM
  3. Bespreking Kom ons dra die evangelie uit soos Jesus vra.
    By Johnny in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 8
    Last Post: Apr 1st 2010, 07:36 AM
  4. Hoe om die Evangelie te Deel
    By Antonvs in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 1
    Last Post: Jul 7th 2009, 10:38 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •