cure-real
Results 1 to 6 of 6

Thread: Hoe hanteer ons konflik?

  1. #1

    Hoe hanteer ons konflik?

    Wat is die Bybelse reels om konflik te hanteer

    Wat is die oorsaak van konflik?
    Konflik is natuurlik, normaal en neutraal. Sommige mense sal selfs s dat konflik genotvol is. Dit is n situasie wat aanwesig is waar twee of meer mense saam werk of lewe. Dit hoef nie tot n pynlike rampspoedige einde te lei nie!

    Dit is egter nie oor die konflik wat ons bekommerd moet wees nie, maar oor ons hantering van daardie konflik! Hoe ons verskille beskou, benader en verwerk bepaal ons lewenspatroon en gehalte.

    Konflik kan as eerlike verskille beskou word, as die betrokke partye bereid is om mekaar met respek te behandel en mekaar op n liefdevolle manier met die waarheid te konfronteer.

    Het die Bybel vir ons enige voorskrifte oor wat om te doen en wat om te vermy om konflik te beperk en/of uit te skakel?

    Die Bybel het n reeks verse wat oor konflik handel. Hier is enkele riglyne vir Konflikhantering:


    • Wees nederig, sagmoedig en eerbiedig teenoor ander (Ef 4:2; Kol 3:12; 1Pet 3:8; 5:5).
    • Wees selfbeheersd en bedaard (Gal 5:23, 1Tim 3:2; Titus 1:8; 2:1, 5-6)
    • Wees gewillig om genade te betoon, selfs wanneer dit onverdiend is (Rom 12:8; Jak 2:13; 3:17).
    • Wees n vredemaker, poog om in vrede met almal te leef (Rom 12:18; Gal 5:22; 1Thes 5:13).
    • Wees geduldig, selfs in geval van n belediging (1Kor 13:4-5, 7; Gal 5:22; Ef 4:2; Kol 3:12; 1Thes 5:14; 2Tim 2:24).
    • Wees sterk en onwrikbaar in die geloof (1Kor 15:58; Jak 1:6-8).
    • Wees herhaaldelik vergewensgesind (Matt 6:14; 18:21-22; Kol 3:13).
    • Wees konsekwent bemoedigend en ingestel om ander op te bou (Ef 4:29, 6:22; 1Thes 4:18; 5:11, 14; Heb 3:13; 10:25).
    • Wees getrou aan die waarheid en praat in liefde die waarheid (2Tim 2:15, Ef 4:15; 2Kor 6:7).
    • Wees biddend, selfs vir diegene wat vir ons probleme veroorsaak (Matt 5:44; Luk 6:28).
    • Moenie trots en arrogant wees nie (Rom 12:16; 1Kor 13:4; 2Tim 3:1-2, 4).
    • Moenie kwaad en humeurig wees nie (Gal 5:20, 23; Kol 3:8; 1Tim 3:2; Titus 1:7).
    • Moenie beledigend wees nie (1Kor 10:32; 2Kor 6:3).
    • Moenie vloek, ander mense skeldname noem of beledigende taal gebruik nie (Mat 5:22; 12:36; Kol 3:8).
    • Moenie oordeel of vinger na ander wys nie (Fil 4:8; Judas 16).
    • Moenie probeer wraak neem en kwaad met kwaad vergeld nie (Rom 12:17-20; 1Thes 5:15).
    • Moenie skinder nie (2Kor12:20; 1Tim 6:20; 2Tim 2:16, 23; Titus 3:9).
    • Moenie argumenteer, stryerig, aggressief of eiegeregtig wees nie (2Tim 2:24; Titus 3:2; 1Tim 3:3).
    • Moenie laster of kwaadwillig wees nie (2Kor 12:20; Ef 4:31; Kol 3:8; 2Tim 3:3; Titus 3:2).
    • Die Bybel vermaan ons om in vrede saam met alle mense te leef, so ver as wat dit moontlik is (Rom 12:18).
    Ek moet se ek faal in baie van die bogenoemde!


    Is daar regte en verkeerde metodes om hierdie konflik te hanteer?


    Daar is vier maniere om konflik te hanteer:




    • Probeer om konflik te vermy;
    • Hou dit op dieselfde vlak;
    • Waak teen verskerping en
    • Poog om dit te verminder.
    Konflik oplossing bestaan uit 4 stappe:
    • Tref n onderskei tussen die persoon en die probleem dit beteken dat mense met respek behandel word. Daar is geen plek vir skelname en karakter veroordelings nie. Konsentreer op die werklike sake. Dit sal help as die deelnemers aan hulleself dink as vennote.
    • Fokus op die probleem en nie op die posisie van die persoon nie. Die saak moet hanteer word, ongeag of dit n laevlak werker of direkteur is.
    • Dink aan verskillende maniere om die probleem op te los. Beide partye moet voorstelle indien om n permanente oplossing te bewerkstellig en dus n herhaling te voorkom..
    • Dring aan op n objektiewe, regverdige en onderlinge aanvaarbare metode om die saak te besleg.
    Sterkte. Onthou om die Bybelse gesindheid te openbaar in alle konflik situasies al is almal nie Christene nie. Jy moet getrou wees aan wie jy is!


    http://kopkrap.bybelglo.com/konflik.html

  2. #2
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,057
    Blog Entries
    1

    Re: Hoe hanteer ons konflik?

    Dankie Johnnie,

    ... die stuk is uiters leersaam, en ja ekke val ook vannie wa af ....

    om die stellings met hul teksverwysings na te gaan is nogal bemoedigend .......


    wat ek al van konflik geleer het, veral as dit by verskille in oortuigings kom, is om die emosievlak te bepaal en jou dan liewer te onttrek as dinge te warm raak ........ as iemand werklik uit die hart oortuig is van 'n opinie, sal hy dit rustig met jou kan bespreek, maar as iets 'n opsessie is, sal die gesprek in 'n emosie belaaide konflik situasie oorgaan wat niemand tot voordeel strek nie ........

    soms, as ons rustig raak, kry ons meer waaroor ons saamstem as dit waarin ons verskil, en die oplossing vir die verskille wat geskille raak, le baie keer juis in dit wat ons eenders oor dink ......

    shalom
    m

    PS: beteken dit nou jou appelkarretjie is gehijack ? ......... .....
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

  3. #3

    Re: Hoe hanteer ons konflik?

    PS: beteken dit nou jou appelkarretjie is gehijack ?
    Nee......net dat ek 'n OBSESIE het met Israel.

  4. #4
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Re: Hoe hanteer ons konflik?

    Dankie vir die draad en die Bybelse riglyne Johnny.

    Moenie maak soos ek maak deur konflik te wil hanteer deur MYLE daarom te stap nie! Ek kan ons familie se natuurlike vermyding van konflik nie verstaan nie. Ons kom uit n baie gelukkige gesin en ons huwelik is baie gelukkig en tog sien ons konflik doer oor die horison aankom en kies dan om n wye ompad daarom te stap.

    Dan is dit nie lekker om op n gevorderde tyd in jou lewe te moet LEER hoe om konflik te hanteer nie, want in besigheid gaan jy konflik moet hanteer. Dis n feit soos n koei. Winkels wat nie hulle rekenings betaal nie en en ... Maar vir my kom die hantering van konflik defintief nie natuurlik nie en ek moet myself INSTEL om dit te hanteer. Heeltemal uit my vaarwater uit. Ek WIL dit nie hanteer nie, maar ek moet....

  5. #5

    Re: Hoe hanteer ons konflik?

    Quote Originally Posted by protea View Post
    Dankie vir die draad en die Bybelse riglyne Johnny.

    Moenie maak soos ek maak deur konflik te wil hanteer deur MYLE daarom te stap nie! Ek kan ons familie se natuurlike vermyding van konflik nie verstaan nie. Ons kom uit n baie gelukkige gesin en ons huwelik is baie gelukkig en tog sien ons konflik doer oor die horison aankom en kies dan om n wye ompad daarom te stap.

    Dan is dit nie lekker om op n gevorderde tyd in jou lewe te moet LEER hoe om konflik te hanteer nie, want in besigheid gaan jy konflik moet hanteer. Dis n feit soos n koei. Winkels wat nie hulle rekenings betaal nie en en ... Maar vir my kom die hantering van konflik defintief nie natuurlik nie en ek moet myself INSTEL om dit te hanteer. Heeltemal uit my vaarwater uit. Ek WIL dit nie hanteer nie, maar ek moet....
    As ek dit maar net gister binne Nedbank gehad het. Moes 'n nuwe bankkaart gaan afhaal, maar kon dit nie in ontvangs neem nie want ek het nie 'n bewys van my fisiese adres gehad nie omdat ons W + L rekening in my vrou se naam is en al my persoonlike pos na 'n posbus toe gaan en nie 'n straatadres nie. My vrou moet my kwansuis vergesel bank toe en sy moet teken. Verbeel jou! Ek is 47 jaar oud en het 'n oppasser nodig. Het toe sommer daar die kaart gekanselleer......moes seker maar geweet het "Hoe om konflik te hanteer"....maar ek het nie.

  6. #6

    Re: Hoe hanteer ons konflik?

    Die man

    Met equal rights dink almal, almal is slim
    Die arme man moet nou net probeer iets s of die vrou en kinders dreig.

    So hulp van die man is so te s uit die mode
    Of hoe?



    ---Leviet---
    Soek nog werk

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •