Your Advert here
cure-real

View Poll Results: Is Israel die middelpunt van eindtyd gebeure?

Voters
9. You may not vote on this poll
  • JA

    5 55.56%
  • NEE

    4 44.44%
Page 5 of 6 FirstFirst 123456 LastLast
Results 61 to 75 of 77

Thread: Is Israel die middelpunt van eindtyd gebeure?

  1. #61
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705

    Re: Is Israel die middelpunt van eindtyd gebeure?

    Quote Originally Posted by trudie View Post
    Johnny ek dink jy is reg,maar ek dink miskien moet mens die Bybel Boeke in sy geheel lees en nie net op sekere teksverse konsentreer nie.ek kan ook veral in Romeine tekse aanhaal omte bewys dat die nageslag van Isak die kinders van die belofte is.
    Ek weet Trudie. Ek dink die punt wat ek probeer maak is dat Israel die middelpunt van eindtyd gebeure gaan wees. Dit speel wel af reg oor die wereld, maar alles gaan op die ou end van die dag in Israel op eindig.
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  2. #62
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    962

    Re: Is Israel die middelpunt van eindtyd gebeure?

    Ons is op die oomblik besig om (stadig) deur Jesaja te lees. Daarin is 'n hele paar gedeeltes wat vir my daarop dui dat die Here nog nie klaar is met daai stukkie aarde wat ons ken as Israel nie.

    Ons het juis gister aand 'n interessante versie raakgelees:
    In die dae wat kom, sal Jakob wortel skiet, Israel sal bloei en uitbot, sodat hulle die wêreld vol vrugte sal maak.
    (Isa 27:6)
    Daar word gesê dat Israel tans een van die grootste uitvoerders van vrugte (en blomme!) is...

  3. #63
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705

    Re: Is Israel die middelpunt van eindtyd gebeure?

    Quote Originally Posted by Son of the South View Post
    Ons is op die oomblik besig om (stadig) deur Jesaja te lees. Daarin is 'n hele paar gedeeltes wat vir my daarop dui dat die Here nog nie klaar is met daai stukkie aarde wat ons ken as Israel nie.

    Ons het juis gister aand 'n interessante versie raakgelees: Daar word gesê dat Israel tans een van die grootste uitvoerders van vrugte (en blomme!) is...
    AMEN! Dit is 'n feit soos 'n koei.
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  4. #64
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    Pretoria.South Africa
    Posts
    273

    Re: Is Israel die middelpunt van eindtyd gebeure?

    Johnny dit was eintlik bedoel om vir mense wat nie meer glo Israel is die middelpunt nie.Daar is reg deur die Bybel beloftes en dit is vir my hartseer as mense dit "ignoreer ' en net sommige tekse wat op Israel se straf aandui voorhou as bewys dat Israel verwerp is.

  5. #65
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705

    Re: Is Israel die middelpunt van eindtyd gebeure?

    Quote Originally Posted by trudie View Post
    Johnny dit was eintlik bedoel om vir mense wat nie meer glo Israel is die middelpunt nie.Daar is reg deur die Bybel beloftes en dit is vir my hartseer as mense dit "ignoreer ' en net sommige tekse wat op Israel se straf aandui voorhou as bewys dat Israel verwerp is.
    Sorry as ek jou verkeerd verstaan het. Gelukkig ken ek jou hart!
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  6. #66
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    Pretoria.South Africa
    Posts
    273

    Re: Is Israel die middelpunt van eindtyd gebeure?

    Johnny jy moet maar vergewe,my gedagtes loop vinniger as my skryf.Ek sukkel met my somtydse gebrek aan kort termyn geheue en dan is my konsentrasie ook nie meer wat dit was nie.Enn van die dinge wat my altyd bybly is my dogter se geloof dat Israel steeds God se volk is.Sy is heeltemaal doof en kon nog nooit hoor nie en toe sy begin leer het was dit woorde,taal en begrippe aanleer en ek het destyds nie daaraan gedink om die Israel kwessie aan haar te verduidlik nie.Dit was tydens een van daardie bomme in 'n eeplek wat op die nuus was en sy heel ontsteld op my afsorm met die woorde"hulle sukkel alweer met Israel".Ek wou nog verduidelok toe se sy,dat die dag as God regtig kwaad word,hulle gaan jammer wees.Ek is oortuig dat dit net God kan wees wat die liefde vir Israel aan haar openbaar het.

  7. #67
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705

    Re: Is Israel die middelpunt van eindtyd gebeure?

    Ek is oortuig dat dit net God kan wees wat die liefde vir Israel aan haar openbaar het.
    What more can I say? As jy nie toelaat dat die Here daai liefde in jou wakker maak nie.......dan sal niks nie. Dit is 'n onverklaarbare liefde wat ek in die + 2 jaar wat ek op die forum is......nognie kon oordra nie.

    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  8. #68
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    766

    Re: Is Israel die middelpunt van eindtyd gebeure?

    Johnny

    Wat beteken Israel vir jou? Is Israel die land Israel? Is dit die Israelietiese volk of die Jode? Is dit die gelowiges of die Messiaanse Jode?

    Miskien het jy dit al geantwoord dan kan jy my net verwys.

    Groete
    Kalahari

  9. #69
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705

    Re: Is Israel die middelpunt van eindtyd gebeure?

    Quote Originally Posted by Kalahari View Post
    Johnny

    Wat beteken Israel vir jou? Is Israel die land Israel? Is dit die Israelietiese volk of die Jode? Is dit die gelowiges of die Messiaanse Jode?

    Miskien het jy dit al geantwoord dan kan jy my net verwys.

    Groete
    Kalahari
    Hi Kalahari,

    Israel is vir my die fisiese land en die Jode, of hulle nou bekeer is of nie, en of hulle nou in Israel bly of nie. Hulle almal is oppad terug na hul beloofde land en God het gese Hy sal nie een agterwee laat nie. Almal MOET terug. Dit is ook die land waar vir my sondes betaal is.
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  10. #70
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,494

    Re: Is Israel die middelpunt van eindtyd gebeure?

    Quote Originally Posted by Johnny View Post

    Hi Johnny,

    Waaroor gaan Golgota? Gaan dit oor die plek, die land, die volk van die land of gaan dit oor verlossing van 'n verlore mensdom? Dit is baie relatief dat dit juis in Israel as volk of grondgebied is, waar die wêreld se Verlosser vandaan kom en waar hierdie tonele afgespeel het. In Christus is nou waaroor dit gaan en handel, dit gaan nie meer oor vleeslike dinge nie. Die vleeslike dinge het 'n plek en het betekenis, maar kan en mag nooit sentraal wees nie, want die kruis se krag lê nie gesetel op Golgota nie, maar is die krag van God vir verlore sondaars... (1Kor 1)

    Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God; want daar is geskrywe: Ek sal die wysheid van die wyse mense vernietig en die verstand van die verstandige mense tot niet maak. Waar bly die wyse? Waar bly die skrifgeleerde? Waar die redetwister van hierdie eeu? Het God nie die wysheid van hierdie wêreld dwaas gemaak nie? Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red; want die Jode vra ‘n teken en die Grieke soek wysheid, maar ons verkondig Christus wat gekruisig is, ‘n struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke; maar vir die wat geroep is, Jode sowel as Grieke: Christus, die krag van God en die wysheid van God. Want wat dwaas is by God, is wyser as die mense; en wat swak is by God, is sterker as die mense. Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing. Daarom, soos geskrywe is: Die wat roem, moet in die Here roem.
    (1Kor 1:18-31 AOV)

    Lees hierdie stukkie mooi deur en kyk wat skryf Paulus, 'want die Jode vra ‘n teken en die Grieke soek wysheid, maar ons verkondig Christus wat gekruisig is, ‘n struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke; maar vir die wat geroep is, Jode sowel as Grieke: Christus, die krag van God en die wysheid van God.' Hy sê ons wat geroep is en praat nou van 'n nuwe bedeling, 'n nuwe volk. Dit gaan nie meer oor Jood of Griek nie. As die Jode dwaas was toe, hoekom sou vlees nou belangriker wees as toe?

    o, Onverstandige Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig? Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees?
    (Gal 3:1-3 AOV)

    Dit gaan verseker nou oor iets groter as vlees en hoeveel maal was dit nodig tóé... en hoeveel maal het Paulus dit nie oor en oor herhaal nie?

    Want óns is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie; alhoewel ek rede het om ook te vertrou op die vlees. As iemand anders meen dat hy op die vlees kan vertrou, ek nog meer. Ek is besny op die agtste dag, uit die geslag van Israel, uit die stam van Benjamin, ‘n Hebreër uit die Hebreërs; wat die wet betref, ‘n Fariseër; wat ywer betref, ‘n vervolger van die gemeente; wat die geregtigheid in die wet betref, onberispelik. Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word, of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik.
    (Filp 3:3-11 AOV)

    Ek verstaan jou passie en het inderwaarheid geen probleem daarmee nie, maar dit is 'n bediening onder Jode, soos wat 'n ander een 'n bediening onder Moslems kan hê. Die een mag nie sy eie bediening verhef tot skande van die ander een wat nie dieselfde passie deel nie. Heel moontlik is dit nie wat jy doen nie en ek is oortuig dit is nie jou bedoeling nie, maar mens moet versigtig wees vir persepsies wat mens se passie mag laat. Mens se passie moet nie alles anders as jou eie passie (wat nie verkeerd is nie), verdoem as verkeerd of onvolkome nie. Jy sal moet aanvaar dat alle gelowiges nie dieselfde passie vir Jode kan hê nie, want gelowiges word deur God gerig vir hulle take en mens gee jou alles... of niks vir dit waarvoor God jou roep. Dit maak ons egter nie vyande van mekaar, deur verskillende passies en roepinge te hê nie... en een wat 'n passie vir Moslems het, gaan 100% vir hulle moet lewe, soos wat jyself 100% vir Jode lewe! Ek dink dit is verkeerd as iemand jou sou veroordeel oor jou passie vir Jode, soos wat dit verkeerd sou wees dat al passie wat mens mag hê, nét vir Jode moet wees.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  11. #71
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705

    Re: Is Israel die middelpunt van eindtyd gebeure?

    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Hi Johnny,

    Waaroor gaan Golgota? Gaan dit oor die plek, die land, die volk van die land of gaan dit oor verlossing van 'n verlore mensdom? Dit is baie relatief dat dit juis in Israel as volk of grondgebied is, waar die wêreld se Verlosser vandaan kom en waar hierdie tonele afgespeel het. In Christus is nou waaroor dit gaan en handel, dit gaan nie meer oor vleeslike dinge nie. Die vleeslike dinge het 'n plek en het betekenis, maar kan en mag nooit sentraal wees nie, want die kruis se krag lê nie gesetel op Golgota nie, maar is die krag van God vir verlore sondaars... (1Kor 1)

    Ek verstaan jou passie en het inderwaarheid geen probleem daarmee nie, maar dit is 'n bediening onder Jode, soos wat 'n ander een 'n bediening onder Moslems kan hê. Die een mag nie sy eie bediening verhef tot skande van die ander een wat nie dieselfde passie deel nie. Heel moontlik is dit nie wat jy doen nie en ek is oortuig dit is nie jou bedoeling nie, maar mens moet versigtig wees vir persepsies wat mens se passie mag laat. Mens se passie moet nie alles anders as jou eie passie (wat nie verkeerd is nie), verdoem as verkeerd of onvolkome nie. Jy sal moet aanvaar dat alle gelowiges nie dieselfde passie vir Jode kan hê nie, want gelowiges word deur God gerig vir hulle take en mens gee jou alles... of niks vir dit waarvoor God jou roep. Dit maak ons egter nie vyande van mekaar, deur verskillende passies en roepinge te hê nie... en een wat 'n passie vir Moslems het, gaan 100% vir hulle moet lewe, soos wat jyself 100% vir Jode lewe! Ek dink dit is verkeerd as iemand jou sou veroordeel oor jou passie vir Jode, soos wat dit verkeerd sou wees dat al passie wat mens mag hê, vir Jode moet wees.
    Ek weet CFJ....ek weet. Ek het net Kalahari se vraag beantwoord. Ek het nog nooit op hierdie forum van enige iemand anders se passie gehoor nie. Dit sal dalk goed wees as hulle dit met ons wil deel. Ek is so bly Golgota is in Jerusalem, Israel....en nie in Mecca nie.
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  12. #72
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,494

    Re: Is Israel die middelpunt van eindtyd gebeure?

    Quote Originally Posted by Johnny View Post
    Ek weet CFJ....ek weet. Ek het net Kalahari se vraag beantwoord. Ek het nog nooit op hierdie forum van enige iemand anders se passie gehoor nie. Dit sal dalk goed wees as hulle dit met ons wil deel. Ek is so bly Golgota is in Jerusalem, Israel....en nie in Mecca nie.
    Ek sal graag my passie wil deel, maar wat mens wel kan bevestig, is dat meeste wat hier deelneem, 'n passie sal of behoort te hê om die internet as medium vir verkondiging van die evangelie aan te wend.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  13. #73
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705

    Re: Is Israel die middelpunt van eindtyd gebeure?

    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Ek sal graag my passie wil deel, maar wat mens wel kan bevestig, is dat meeste wat hier deelneem, 'n passie sal of behoort te hê om die internet as medium vir verkondiging van die evangelie aan te wend.
    Ons het so baie geleenthede om die evangelie te deel....dit is eintlik scary. Hoeveel mense saam met wie ek en jy werk dien nie die Here nie, en tog is dit die plek waar ons 8 - 10 ure van ons dag deurbring. Die oes is GROOT maar die arbeiders is min se die Here. Hoekom........want miskien het ons net nie die passie om verlore siele na die Here te lei nie.......of ons besef nie die erns van die uur waarin ons leef nie........of ons sal eerder ure en ure spandeer op die forum om 'n ander se passie aanval of probeer afbreek. Tyd wat verlore gaan wat ons eerder met iemand kon deel oor wat Jesus vir hom/haar gedoen het. Dan is daar nog familie lede wat oppad hel toe is, maar ons laat hulle aan hulle eie lot oor. Ek is mos gered en BASTA met die res.......of altans ek hoop ek is gered.

    "Hy wat meen dat hy staan....moet oppas dat hy nie val nie" se die Skrif in die Bybel, en ek besef dan maar net weer dat ek ook in sak en as voor die Here staan.

    Wie het al in die Mall geloop en 'n vreemdeling voorgekeer en hom/haar gevra of hy/sy die Here ken? Ons doen dit van tyd tot tyd en dit is AWESOME! Die kursus is
    "Way of the Master".

    Ek moet erken ek het nog weinig of OOIT hier op die forum die volgende gehoor:

    "Hy my BF maats......ek het die naweek met iemand gedeel en deur die Here se genade daardie persoon na die Here gelei". Loof die HERE!

    Dit bestaan net eenvoudig nie. Waar is ons passie dan.......by Saterdag se rugby?

    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  14. #74

    Jip, kan net saamstem Johnny, jou passie vir die waarheid is aansteeklik en hier was al baie dae waar jy my inspirasie was, ongeag die verskil of twee... en mag elkeen van ons meer en meer besef hoe groot oes daar is om in te samel en hoe min arbeiders werklik bereid is om dit met oorgawe te doen.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  15. #75
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705

    Re: Is Israel die middelpunt van eindtyd gebeure?

    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Jip, kan net saamstem Johnny, jou passie vir die waarheid is aansteeklik en hier was al baie dae waar jy my inspirasie was, ongeag die verskil of twee... en mag elkeen van ons meer en meer besef hoe groot oes daar is om in te samel en hoe min arbeiders werklik bereid is om dit met oorgawe te doen.
    CFJ.....ek het so 2 weke gelede die gedagte gekry om 'n draad oop te maak en elke een op die forum by die naam te noem en te se wat elkeen vir my beteken, want ons ALMAL ondersteun en onderrig mekaar op sy/haar eie spesiale manier. Ons kan ALMAL by mekaar leer....en ja, ek moet erken, ek is 'n groot aanhanger van Israel, maar hier is ook ouens wat groter aanhangers van sport of televisie is. Dan glo ek nie ek so 'n groot culprit om Israel of die Jode te ondersteun nie.
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. 13 Tekens van die eindtyd
    By CFJ in forum Gesprek oor die Eindtye en Aktuele sake
    Replies: 29
    Last Post: Today, 04:59 AM
  2. Inligting Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake
    By Die Filadelfieer in forum Gesprek oor die Eindtye en Aktuele sake
    Replies: 1758
    Last Post: May 22nd 2013, 10:33 AM
  3. Inligting Roelof se Eindtyd Nuusflitse
    By Phil Fourie in forum Gesprek oor die Eindtye en Aktuele sake
    Replies: 1122
    Last Post: Feb 9th 2011, 07:36 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •