Johnny
Ek is bly as jy 'n passie vir Israel het. In die begin van die draad het ek egter die gedagte gekry dat jy 'n verering vir Israel het. Dit is waarmee ek 'n probleem het. Ons God is 'n jaloerse God, jy mag nie van Israel of enigiets anders 'n afgod maak nie. Jy bedoel dit seker nie so nie, maar dit is hoe dit vir my oorgekom het. Ons moet vir Israel eer, want hulle is God se volk of God se land. Dit is definitief nie Bybels nie en duidelik verkeerd.
Ek persoonlik heg nie veel waarde aan Israel in die eindtye nie. Dit sê nie dat daar iets belangrik met hulle gaan gebeur nie. Vir my is die eindtyd iets waarna ek kan uitsien, want dan ontmoet ek my Verlosser. 'n Ander rede hoekom dit nie vir my belangrik is nie, is omdat ek nie glo aan die wegraping en die fisiese 1000 jaar vrederyk nie. Daarom het ek nie erg aan die fisiese Israel nie. Jy glo dalk anders en daarom is dit vir jou belangrik. Net so terloops, jy het nog nooit geantwoord oor die artikel van die wederkoms wat ek geplaas het nie. Ek wag graag op jou opinie.
Groete
Kalahari




Reply With Quote


Bookmarks