Ons ken almal die gesegde, die waarheid maak seer. Die waarheid is finaal en onomkeerbaar. Die onthulling van die waarheid kan lig werp op die onbekende en onsekere en dit kan ook die mens vrymaak van wanbegrippe en leuens. Die hele lewe bestaan uit waarhede en nie-waarhede of te wel dan leuens. Daar is ook halwe waarhede wat die volle waarheid verskans. Die leuen is bedoel om die waarheid te verander, te verberg of totaal te vernietig. ‘n Voorbeeld daarvan, is wanneer ons kyk na ons regstelsel. Hoeveel waarhede, wat nooit aan die lig kom, word deur die leuen toegesmeer? ‘n Baie praktiese voorbeeld in ons “fisiese” wêreld is byvoorbeeld die onthulling van ‘n huweliksituasie wat weens leuens skeefgeloop het en wat uiteindelik in die skeihof beland met nog meer leuens en verraad. Die leuen word ook gebruik om niksvermoedende mense in slaggate te lei en op ‘n dwaalspoor te plaas, reeds om die waarheid te verskuil. Sommige waarhede kom nooit aan die lig nie, maar word deur die leuen toegesmeer? In ons geestelike lewe moet ons absoluut paraat wees, want daar is baie slaggate wat deur die “onheilige” geskep word om niksvermoedende mense vir ewig op die dwaalspoor te bring deur hulle weg te lei van die waarheid af. Die gebrek aan kennis en wysheid is die kernoorsaak van onbewustelike wanbegrippe en ook die basis vir voorafbeplande en doelbewuste misleiding deur satan. Dit is vir die “onheilige” moontlik om selfs die mees prominente toeloë, met geestelike blindheid te slaan, al beskik hulle ook oor al die kennis, kan hulle wel gebrek lei aan wysheid en insig om te onderskei tussen waarheid en leuen. Die gees van insig en onderskeiding, wandel nie met hulle nie. Die kennis van die waarheid van God se woord, Sy plan, Sy besluite, Sy keuse, Sy verbonde ens. word baie maklik vertroebel na halwe waarhede en uiteindelik vervang met die leuen om die “almal” te akkomodeer. Om die kennis daarvan ten volle te verstaan, is ‘n openbaring. Die belangrikste besluit van God, was Sy keuse van die uitverkorene volk Israel. Hierdie uiters belangrike besluit van God, wat Hy gemaak het om redes wat die maaksels van satan se saad geheel en al uitsluit, is ‘n waarheid en nie ‘n miete of ‘n visie nie. Hierdie besluit van God staan vir ewig. Die onderwerp word deur Christene met soveel onkundige afkeur verwerp en gebrandmerk as “onregverdig” en “verkeerd”. Dit word op talle gebiede bevraagteken en as ‘n leuen en ‘n verleiding bestempel. Die duiwel maak hier gebruik van ons emosie en speel dan op ons gevoel sodat ons dit alles met simpatie moet bejeen in ‘n poging om die “idee” of die “waarheid” te vernietig. Die rede vir die seer, is die feit dat God se keuse “uitsluiting” toepas met spesifieke toepassing op satan se saad. Hy het slegs een Volk Israel (let wel ‘n fisiese en biologiese volk met al hulle nasate in duisend geslagte) uit al die Volke op aarde uitgekies om vir ewig Sy eiendomsvolk te wees en hulle was beslis nie die Jode nie. Hierdie besluit van God was geskoei op die beginsel van die suiwerheid van die saad wat Hy, Die skepper, self gesaai het. Aan die Volk van Israel het Hy alles opgeoffer, tot selfs Sy seun Jesus. Die wêreld daarbuite skreeu oor die besluit van God en alles word gedoen om die keuse van God te buig of te verander sodat dit “almal” insluit. Talle skrifgedeeltes word vertolk sodat dit “almal” insluit. Die kerk van vandag word verteenwoordig deur ‘n mengelmoes van “alle” volke en rasse en hulle beweer dat Israel ten gronde gegaan het. Daar word ook beweer dat nadat Jesus aan die kruis gesterf het, God ‘n nuwe verbond gesluit het. Dit impliseer dat die ou verbond dus opgeskort is, wat ‘n totale leuen is. Die verbond wat God gesluit het met Israel is ‘n ewige verbond. Genesis 17:7. “Ek bring ‘n verbond tot stand tussen My en jou en jou nageslag en al hulle geslagte. Dit is ‘n blywende verbond: Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag.Die kerk maak aanspraak op die uitverkorenereg as die vergeestelike “uitverkorenes” of volk en verklaar dat hulle die volk van Israel vervang het as die geestelike volk Israel. (van ‘n fisiese na ‘n geestelike volk) Die wêreld verkeer ook onder die wanindruk dat die uitverkorenereg die “Jode” toekom wat ‘n fisiese Joodse Israel voorstel. So ook glo baie dat Jesus ook ‘n Jood was. Hierdie is ‘n totale wanpersepsie weens die gebrek aan die geskiedkundige volkekennis. Die werklike waarheid is nie alombekend nie en gevolglik glo die wêreld die versindsel. Die kerk, vat weer hande met die regte heidense volke wat uitgesluit is en sleep hulle al die pad saam en dit weereens na aanleiding van die wanbegrip van die sendingopdrag asook die wanbegrip van die betekenis van identiteite, soos ”Al die nasies”, “Alle nasies”, ”Verlore Israeliete”, “Heidene”, “Gentiles”, “nie-Jode”, “onbesnedenes” ens. Die Christengelowiges word ontneem van hul regmatige aandeel as die erfgename van die uitverkiesingreg deurdat daar algemeen verwys word na die land Israel en die Jode wat daar vandag teenwoordig is, as die sogenaamde Israel van God. Die oorsaak van hierdie wanbegrip, is die gebrek aan geskiedkundige volkekennis, die ontkenning of weiering om te glo en te verstaan dat ons, die Westerse Christennasies, wel die werklike afstammeling verteenwoordig, van die biologiese en fisiese nasate, van die stamme van Israel wat oor die hele wêreld verstrooi is en dus as regmatige eienaars kan aanspsraak maak op die reg van die uitverkiesing en dit alles tenspyte van al die onbetwisbare bewyse en feite. Die ander wanbegrip dat Israel van ouds, Jode was en ook dat, die Jode sogenaamd, Israeliete was, is die kern van die leuen. Om dus te glo dat die Jode wat vandag in die land van Israel is, die sogenaamde terugkoms van die 12 stamme van Israel verteenwoordig is nog ‘n wanbegrip wat geskoei is op die gelykenis van die Vyeboom, wat fourtiewelik, as ‘n profesie vertolk word. Neem kennis dat die eeue ou geveg om die grondgebied van Israel nogsteeds gevoer word deur die oorspronklike strydende partye nl. die afstammelinge van Esau se Edomietese Jode en die afstammelinge van Ismael (die Felistyne en die hele Moslem wêreld). Dit alles terwyl die werklike Israel, wat die eienaar is van die landstreek, elders op die aardbol verstrooi is tot die tyd van die einde, wanneer God hulle weer sal bymekaarmaak en terugbring. Dit alles stroop ons, die werklike erfgename van ons reg. Wie sit agter dit alles? Niemand anders as die “onheilige” homself nie want hy wil graag sy maaksels bevoordeel en hy gebruik God se woord om ons mee te mislei, weg van die waarheid af. Ons lees in Johannes hoofstuk 8 van ‘n gesprek tussen Jesus en die Jode en hier maak Jesus geen geheim van die onderskeid van die “saad” nie, ma.w. die biologiese aspek van die wese : vs. 33 - Hulle (die Edom-Jode) antwoord Hom: “Ons is die geslag van Abraham en het nog nooit vir iemand slawediens verrig nie”. vs. 37 “Ek, (Jesus) weet dat julle die geslag van Abraham is ; maar julle probeer om My om die lewe te bring, omdat My Woord geen ingang in julle vind nie” .vs. 39 hulle antwoord en sê vir Hom: “Ons vader is Abraham”. Jesus sê vir hulle :” As julle die kinders van Abraham was, sou julle die werke van Abraham doen. vs. 41 Julle doen die werke van jul vader”. (‘n ander saad??)vs. 42 ,,As God julle Vader was, sou julle My liefhê. vs. 43 “ Waarom ken julle My spraak nie? Omdat julle na My Woord nie kan luister nie. Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. (vs. 44). vs. 47 ,,Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie.” —Matt. 15:13. Hulle was wel die nageslag van Abraham, maar deur Esau wat ook Edom genoem word wie se nasate deur God verwerp is.(Hoekom??)(Gen. 25:30).Esau se saad is nie geskik gevind nie!!!(Omdat die duiwel hulle vader (saad) is). Esau word die Edomjode en die skrif omskryf Edom as ‘n heidense volk en onbesnede (Jer.9 :26) ; die EERSTELING VAN DIE HEIDENE ( Num.24;20) en ‘n BEROWER VAN ISRAEL (! Sam. 14 :47,48). Edom beplan om die erfdeel van Jakob en die landsgebied van God vir homself te steel (Gen.17;8).Hulle, of hulle voorgeslag, was dus ook nooit in Egipte in slawediens gewees nie. Net die nageslag van Abraham deur Jakob het in Egipte gewoon en daar slawediens verrig. Lees in die Boek Genesis vanaf hoofstuk 46 en in die Boek Exodus. Die Here Jesus noem hierdie Edom-Jode ,,die kinders (of die saad) van die duiwel”, hulle was nie uit God nie. Hier lê ‘n baie groot waarheid versteek en net die wat met die gees van onderskeiding geseën is en aan wie God sekere waarhede openbaar, sal dit werklik verstaan. (vs. 42—47). Sien ook Matt. 23:31—33; Openb. 2:9 en 3:9 Uit die skrifgedeelte moet ons aanvaar dat die fisiese of biologiese suiwerheid en oorsprong van die saad vir God nog steeds van kardinale belang is. Ons kan hoegenaamd nie daarvan wegkom deurdat ons alles vandag probeer vergeestelik nie. So sal Hy dan ook eendag met die oes, die skaapnasies en die boknasies van mekaar skei. Ons kyk hier na fisiese, biologiese eienskappe en nie geestelike eienskappe nie. Die geestelike eienskap is heel ‘n ander saak wat ook net aan Sy eiendomsvolk toegedeel is.2Thes 2:9-12 – “Deur die werking van die Satan sal die verskyning van die wettelose gepaard gaan met groot magsvertoon en allerhande vals tekens en wonders en met gruwelike misleiding van dié wat verlore gaan, omdat hulle nie die waarheid liefgehad en tot hulle redding aanvaar het nie. Dit is ook waarom God hulle aan die mag van die dwaling oorgee, sodat hulle die leuen sal glo. En so sal almal wat nie die waarheid geglo het nie, maar die ongeregtigheid verkies het, veroordeel word”. Die waarheid maak seer, maar dit is God se besluit – kyk wat sê God in Romeine 9 - En so sal almal wat nie die waarheid geglo het nie, maar die ongeregtigheid verkies het, veroordeel word. Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie! Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? Gall 1:7 - Daar is geen ander evangelie nie! Tog is daar mense wat die evangelie van Christus probeer verdraai, en dit is hulle wat vir julle in verwarring bring.Die groot belofte aan die 12 stamme van Israel wat huidiglik oor die hele wêreld verstrooi is - Wanneer Esegiel 37 :21-28 vervul word “ en so sal dit bekend gemaak word met die koms van God se koninkryk - Dan moet jy vir hulle sê: So sê die Here my God: “Ek sal die Israeliete tussen die nasies uit vat waarheen hulle moes gaan, en hulle van alle kante af bymekaarmaak en na hulle land toe bring.” (Sien vers 27 & 28 – “My woonplek sal by hulle wees; Ek sal hulle God wees, en hulle sal my volk wees. Wanneer my heiligdom vir altyd tussen hulle is, sal die ander nasies besef dat Ek, die Here, Israel vir My afgesonder het.” ( Let wel die verwysing is na die twaalf stamme van Israel en die Jode wat vandag in die land Israel is nie.!). Eers wanneer die koninkryk kom sal die belofte vervul word.Kyk maar na Gen 9 :11 en 13 – God kom Sy beloftes altyd na : Ek sal my verbond met julle hou: mens en dier sal nie weer deur vloedwaters uitgewis word nie. Daar sal nie weer 'n oorstroming wees wat die aarde sal oorweldig nie.” my reënboog het Ek in die wolke geplaas. Dit sal die teken wees van die verbond tussen My en die aarde.



Reply With Quote




Bookmarks