Re: God se apteek.
Goeie draad - ek sal graag net hier 'n raat of twee van ander kulture met julle wil deel (dis nou wel nie 'natuurlike' geneesmiddels nie, maar dis nog goed om te weet):
Van Taiwan:
vir kopseer - masseer so 'n bietjie Vicks in beide tempels (die Sjinese juffrouens doen dit met die kinders want dis beter as om hulle vol pille te jaag)
vir insekbyte - vryf Vicks op die insekbyt (gewoonlik muskietbyte);
Van Portugal:
om blou kolle te voorkom (iets wat ek gedoen het toe my dogter klein was) - vryf nat seep met jou vingers op die stampplek onmiddelik na die stamp en laat dit droog word;
verkoues: vryf Vicks op voetsole wanneer jy gaan slaap; en
Van Paraguay:
muskietbyte - vryf anti-allergiese room op die byt. Dit werk soos 'n bom.
- Ek weet julle het reeds na Aloe Vera gekyk, maar ek wil net noem dat dit werklik 'n wonderlike plant is. Ek het twee op my vensterbank, en gebruik dit vir brandwonde, snye ens.
- Nou net nog een onthou. Ek het jare terug 'n bestuurder gehad wat met bloeiende tandvleis gesukkel het. Hy het toe uitgevind dat mens jou tandvleis met asyn moet invryf. Ek het dit gou-gou gaan naslaan en blykbaar moet mens appel asyn met koeksoda meng, dan is dit baie goed.
Geniet die dag,
Blessings
B.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"for in Him we live and move and have our being."Acts 17:28
1 Cor. 2:10 "but God has revealed it to us by his Spirit. The Spirit searches all things, even the deep things of God." (NIV).
Bookmarks