Your Advert here
cure-real
Page 1 of 3 123 LastLast
Results 1 to 15 of 38

Thread: God se apteek.

  1. #1

    God se apteek.

    Besef ons altyd hoe God met Sy skepping vir ons wil sorg ? Ek het al baie gewonder hoeveel van ons siekttes en kwale eerder met ons lewenstyl te doen het as ander faktore. Mens kry deesdae 'n pilletjie vir alles, meestal chemies van aard en met een of ander newe-effek, maar wat van natuurlike alternatiewe ?

    Van my gunstelinge wat ek al raak gelees het, met skakels na artikels oor waarvoor elkeen help. (Die lys van kwale wat hierdie produkte reg dokter is verstommend ! ) :

    Vis olies

    Knoffel

    Aloe Vera

    Kaneel

    Rooi wyn ( spesiaal vir die kapenaars ! )

    Natuurlike anti-inflamatoriese kosse

    Bogenoemde bronne is baie beperk en bespreek slegs kortliks en eenvoudig elke item, maar verdere navorsing kan erg fasinerend raak. As 'n voorbeeld dien knoffel as 'n natuurlike anti-biotika, maar selfs meer interesant bou die liggaam geen weerstand teen dit op soos wat gebeur met chemiese variante nie !

    Weet julle van nog sulke kosse of kossoorte ? Boere rate wat werk ? Deel bietjie !

  2. #2
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Re: God se apteek.

    Daar is n draad oor Boererate erens op die forum wat goed hierby aansluit. Ek wil n paar noem.

    Rooipeper: Het n kragtige anti-suur werking vir mense wat sukkel met sooibrand. Vul lee kapsules daarmee en drink dit so of meng dit met heuning, en sluk so n mespuntjie af met koue water.

    Papaja: Het n ontgiftigings meganisme in gevalle waar jy bv by n funksie voedselvergiftiging opgedoen het. n Paar boere het hulle lewens hieraan te danke nadat hulle op die Nampo Oesdag vergiftiging op getel het. Moontlik vis of hoender? Tot die pitte kan jy afsluk met water en eet soveel daarvan as wat jy kan inkry.

    Brandewyn vir sonbrand. Ja, lag maar! As jy te snoep was met die son, smeer na jy gebad het n hand vol brandewyn op die gebrande dele. Smeer maar mildelik en die volgende dag is jy nie eers rooi nie! Ons het dit met suiwer alkohol probeer en dit het nie gewerk nie. So daar moet iets in die druif wees wat helend is.

    Borrie(tumeric) soos hierbo ook van gepraat is goed vir rumatiek of stywe gewrigte waar anti-inflamatoriese werking vereis word. Sluk met water af of sit dit ook in lee kapsules en drink dit so.

  3. #3
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    961

    Re: God se apteek.

    Niemand het nog die voor-die-hand-liggende suurlemoen genoem nie? Suurlemoensap is 'n goeie bron van vitamien C en bevat boonop die ensieme wat jy nodig het om suur in die liggaam te kan hanteer. Drink soggens die sap van 'n halwe suurlemoen met 'n lekker groot glas water om jig tëe te werk. (Jig is daai inflammasie wat mense wat te veel wildsbiltong eet kry. )

    Maak 'n warm drankie met 'n beker water, suurlemoensap en heuning om griep en verkoue hok te slaan.

  4. #4
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,447
    Blog Entries
    10

    Re: God se apteek.

    SoS, mens meng heuning met gemmer en suurlemoen sap in 'n beker warm water Heerlik!! Net so voor slapenstyd
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  5. #5
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Pretoria, South Africa, South Africa
    Posts
    600
    Blog Entries
    4

    Re: God se apteek.

    In plaas van strepsil vir keel seer suig 'n stukkie gemmer. Heuning op oop wonde help om letsel minder te maak en is ook 'n helper om (sukkel ek met die Afrikaans vanoggend) genesing aan te help.
    Ook 'n bietjie heuning in plaas van suiker, kan net beter wees...
    'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
    Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
    [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
    Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
    [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

    Bemidbar 6:24-26
    [Numbers 6:24-26]

  6. #6
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    961

    Re: God se apteek.

    Sonskyn!

    Mense soos ek wat heeltemal te veel tyd in die kantoor spandeer, se Vitamien D vlakke raak hier aan die einde van die winter maar laag. Dit kan 'n mens se gesondheid 'n lelike knou gee en 'n mens moet onthou om 'n bietjie uit te kom en 'n bietjie in die son te kom.

  7. #7
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Re: God se apteek.

    Nog iets oor sonskyn: Sonlig bevorder ook die afskeiding van seratonien in die brein wat n natuurlike antidepressant is.

    Blaasontsteking: Drink Cranberry sap of Cranberry Complex. Die werking van Cranberries is: Dit verhoed dat die kiem wat blaasontsteking veroorsaak , aanhegting aan die blaaswand kan kry.

  8. #8
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,704

    Re: God se apteek.

    Dankie Fila. Oulike links.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  9. #9
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    961

    Re: God se apteek.

    Quote Originally Posted by protea View Post
    Nog iets oor sonskyn: Sonlig bevorder ook die afskeiding van seratonien in die brein wat n natuurlike antidepressant is.

    Blaasontsteking: Drink Cranberry sap of Cranberry Complex. Die werking van Cranberries is: Dit verhoed dat die kiem wat blaasontsteking veroorsaak , aanhegting aan die blaaswand kan kry.
    Cranberry sap of eintlik appelsap help glo om nierstene af te breek.

  10. #10
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Re: God se apteek.

    Son, Cranberries is n bessiesoort. Hoe bring jy die appelsap by die Cranberries uit?

  11. #11

    Re: God se apteek.

    Quote Originally Posted by protea View Post
    Son, Cranberries is n bessiesoort. Hoe bring jy die appelsap by die Cranberries uit?
    Dorpsjapies !

  12. #12
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    961

    Re: God se apteek.

    ***Sug*** Hoe sê hulle, 'n halwe begrip het 'n hele woord nodig (of so iets).

    Die lang weergawe vir die met 'n halwe begrip:
    Cranberrie sap (terwyl jy nou van Cranberries praat) help ook vir nierstene. Maar, die eintlike ding om te gebruik vir nierstene is eerder appelsap. Dit werk nóg beter vir nierstene as cranberriesap. En as jy my nie glo nie, "Let Google be your friend"...

    Capish?

  13. #13

    Re: God se apteek.

    Quote Originally Posted by Son of the South View Post
    ***Sug*** Hoe sê hulle, 'n halwe begrip het 'n hele woord nodig (of so iets).

    Die lang weergawe vir die met 'n halwe begrip:
    Cranberrie sap (terwyl jy nou van Cranberries praat) help ook vir nierstene. Maar, die eintlike ding om te gebruik vir nierstene is eerder appelsap. Dit werk nóg beter vir nierstene as cranberriesap. En as jy my nie glo nie, "Let Google be your friend"...

    Capish?
    Ook maar goed ek het jou nie gevra wie jy sonskyn noem nie ...............

    Sonskyn!

  14. #14

    Re: God se apteek.

    Quote Originally Posted by Francois Marais View Post
    In plaas van strepsil vir keel seer suig 'n stukkie gemmer. Heuning op oop wonde help om letsel minder te maak en is ook 'n helper om (sukkel ek met die Afrikaans vanoggend) genesing aan te help.
    Ook 'n bietjie heuning in plaas van suiker, kan net beter wees...
    Heuning is 'n wonderlike ding. As ek dit reg verstaan is daar heuning in die grafkamers van 'n farao gevind wat nog eetbaar was... m.a.w. onder die regte omstandighede word dit nie sleg (vrot) nie !

    Dit is ook anti-bakterieel en bevat anti-oksodante. (skakel)

  15. #15
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,447
    Blog Entries
    10

    Re: God se apteek.

    Nou goed, luister mooi

    Gebruik gemaalde sesame saad, en meng met heuning en pypkaneel,,,, en eet dit sommer met 'n teelepel

    Dit help dat jou klere weer mooi pas
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •