Your Advert here
cure-real
Results 1 to 1 of 1

Thread: Gratis hulpmiddels vir Grieks, Hebreeus, Ou en Nuwe Testament.

  1. #1
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,709

    Gratis hulpmiddels vir Grieks, Hebreeus, Ou en Nuwe Testament.

    Al meer gratis hulpmiddels het beskikbaar begin raak om te help met bybelinterpretasie.

    Daar is heelwat hulpmiddels beskikbaar wat ek nie hier lys nie, maar ek het probeer om 'n seleksie te maak van die bestes:

    Bybel-sagteware:

    E-Sword (www.e-sword.net)

    Die 1933/1953 Afrikaanse Vertaling is gratis beskikbaar.
    Die 1983 Afrikaanse Vertaling is beskikbaar teen 'n minimale koste.
    Griekse en Hebreeuse vertalings.
    Menige Engelse vertalings
    Menige Kommentare en Woord-studies
    Strongs en BDB (Brown, Driver, Briggs) se Hebreeuse Leksikon. Dit is steeds die standaard werk. Dit is egter nie die volledige leksikon nie, maar die volledige leksikon is ook beskikbaar in pdf (sien hieronder)
    Strongs en Thayer Griekse Leksikons
    En nog vele meer...
    Hier is 'n Blad met addisionele hulpbronne wat goed is, bv. die Pulpit Commentary, asook Masoretiese Hebreeuse Teks, en die 26'e uitgawe Nestle Aland Griekse Teks (http://www.biblesupport.com/).

    Dan is daar heelwat ouer, maar handige gratis pdf boeke op Archive.org beskikbaar:


    Griekse Grammatika:

    Hier is 'n goeie Griekse inleiding tot die Grieks van die NT

    Introduction to the Greek of the NT - Cary - 1878 (http://www.archive.org/details/intro...togr00caryrich)

    Hierdie werke is bietjie tegnies, maar as jy die lus en deursettingsvermoë het kan jy jouself die Grieks van die NT leer:

    Grammar of NT Greek - Blass - 1905 (http://www.archive.org/details/gramm...test00blasuoft)
    A Grammar of the NT - Moulton - 1906-1908 (Vol 1, Vol 2)
    A Grammar of NT in light of Historical Research - 1914 - Robertson (http://www.archive.org/details/gramm...ekne00robeuoft)

    Griekse Leksikon:

    Robinson 1859 (http://www.archive.org/details/greek...icon00robirich)
    Analytical - Bagster - 1870 (http://www.archive.org/details/analy...eekl00samuuoft) - dit is nou 'n Leksikon met al die verbuigings van al die woorde in die NT.

    Hebreeuse Grammatika:

    Hierdie is 'n baie oulike, basiese een: Biblical Hebrew: A Student Grammer - Cook en Holmsteadt - 2009 (http://individual.utoronto.ca/holmst...k/BHSG2011.pdf)


    Hierdie is 'n deeglike een, tegnies: Gesenius Hebrew Grammar (http://www.archive.org/details/GeseniusHebrewGrammarPdf) - Dit benodig die font: BibLS.ttf (http://www.logos.com/media/shibboleth/BibLS.ttf)


    Hebreeuse Leksikon:

    Brown, Driver, Briggs (volledig met Skrifverwysings) (http://www.archive.org/details/hebre...hlex00browuoft)
    Analytical - Davidson (http://www.archive.org/details/analy...brew00daviuoft) - met al die Heb. verbuigings in die OT.



    Teologieë:

    Biblical Theology of the NT - Weiss (vol 1, vol 2)
    Theology of OT - Davidson (http://www.archive.org/details/theologyofoldtes1910davi)

    Kommentare:

    Op Archive.org is heelwat kommentare beskikbaar, waarvan baie soortgelyk is met die kommentare wat mens vir E-Sword kan kry. Ek lys wel 2 reekse wat E-Sword nie het nie, en dit is Kritiese Kommentare. 'n Kritiese kommentaar werk baie nouer met die teks self, asook ooreenkomstige buite-bybelse geskrifte. Met onderskeiding, gee 'n kritiese kommentaar jou 'n baie beter prentjie van die probleme agter die teks en help jou om jouself baie meer deeglik krities t.o.v. die teks te verantwoord:

    International Critical Commentary - OT - hele reeks (http://www.archive.org/details/Inter...TestamentCecEd)
    International Critical Commentary - NT - hele reeks (http://www.archive.org/details/Inter...estamentsCecEd)

    Weiss se reeks op die NT (Vol 1, Vol 2, Vol 3, Vol 4)

    Expositor's Greek NT reeks (http://www.archive.org/details/Expos...coll.1902.1910)

    Critical Exegetical Handbook to NT - reeks (http://www.archive.org/details/Criti...ament11Volumes)
    -----

    As jy al hierdie bg. hulpmiddels gebruik, sal jy verseker 'n bogemiddelde kennis hê van die bybel hê - al hierdie werke is werke wat destyds deur teologiese studente gebruik is. Daar is nog heelwat bronne op Archive.org beskikbaar. Doen net 'n soek. Dit het nie auto-correct funksies nie, so jy moet reg spel.

    Hoop dit help
    Last edited by Philip dT; Sep 1st 2011 at 10:32 AM.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Inligting Nuwe DVD -Gratis
    By Johnny in forum Christene antwoord nie-Christene
    Replies: 8
    Last Post: Apr 23rd 2013, 06:38 PM
  2. Bespreking Die verbond met Abraham en die Nuwe Testament
    By CFJ in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 35
    Last Post: Jun 1st 2011, 06:25 AM
  3. Bespreking Gehoorsaamheid - Nuwe Testament opdragte ....
    By mari in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 9
    Last Post: Nov 29th 2010, 11:54 AM
  4. Die 120 sondes van die Nuwe Testament
    By CFJ in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 24
    Last Post: Nov 12th 2008, 08:23 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •