Is China 'n groot gevaar vir die res van die węreld, of 'n ramp wat homself gaan tref soos die res van die węreld?
China doen die laaste tyd snaakse goed wat nie regte veel sin maak nie. As mens in gedagte hou dat die węreldekonomie 'n stadige en onkeerbare dood sterf, doen China goed wat eintlik net oorweeg word wanneer alles goed gaan en die toekoms goed lyk...of is ek verkeerd?
China bou blykbaar 3 nuwe stede elke jaar. Toe ek dit vir die eerste keer hoor was ek onder die indruk dat dit fantasties goed gaan. Maar toe vind ek uit dat hierdie nuwe stede almal basies spookdorpe is...die gewone mens in China kan hierdie nuwe infrastruktuur nie bekostig nie, en hou aan om kamers/blyplek te deel. Die regering breek stelselmatig hierdie areas af waar mense woon, om plek te maak vir nuwe beter woonstelblokke wat niemand kan bekostig.
China se weermag word ook vergroot en opgeknap, soveel so dat Amerika bekommerd begin raak. Hulle begin ook tande wys in hulle area en see en het reeds ander lande gewaarsku om hul neuse uit hulle beheergebied moet uithou sowel as enige konflik tussen hulle en omliggende asieatiese landjies wat onder hulle gebied val.
China belę sonder ophou in ander lande, hulle invloed is amper ooral regoor die węreld. Veral in Afrika word paaie opgeknap of opgerig, myne word opgerig en aan die gang gesit. Baie lande soos Amerika het baie skuld gemaak by China.
Wat węreldhandel betref, vaar China uitstekend. Hulle uitvoermark is ontsettend groot en daar is so te sę niks wat hulle nie vervaardig en uitvoer nie.. Hulle goedkoop produkte wurg plaaslike vervaardigers regoor die węreld, wat veral lei tot maatskappye wat hulle deure sluit en mense wat hul werk verloor.
China se regering is 'n diktatorskap wat Mugabe soos 'n wurmpie laat lyk. Enige vorm van geloof is basies onwettig en strafbaar. Enigiets wat lyk soos 'n bedreiging vir hulle regering, soos kerke met meer lede as die leidende party, word sterk vervolg.
So nou wonder ek maar net, is China 'n tydbom wat sy eie ondergang bewerkstellig, of, met China se alliansies soos Rusland, Noord Korea, en Iran, 'n ontsettende groot gevaar wat die huidige węreldomstandighede as 'n geleentheid sien?




Reply With Quote




Bookmarks