Your Advert here
cure-real
Results 1 to 7 of 7

Thread: Herskepping?

  1. #1
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Question Herskepping?

    Daar is 'n denkrigting wat mens deesdae redelik baie by gelowiges vind, waar hulle glo dat die skepping van Genesis 1 'n herskepping was en nie die aanvanklike skepping nie en dit sluit aan by die 'Gap-teorie'. Wat myself betref maak dit glad nie sin nie en is daar groteske implikasies en op vele vlakke van ons geloof, sou mens dit so interpreteer. Ek plaas graag hierdie draad in hierdie forum, omdat ek glo die waarheid verdedig moet word en elkeen wat wil is welkom om by te dra.

    Mens kan sommer begin by Openbaring, waar staan, En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.
    (Open 21:1)


    As daar 'n herskepping was, dan leef ons mos nou op die tweede aarde, dan nie? Tog sê die Bybel hierdie is die eerste aarde...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  2. #2
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,695

    Re: Herskepping?

    Ek stem saam. Daar was net een skepping tot dusver en ek glo gladnie in die "gap" teorie nie.

    Genesis 1:5 en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.

    Kenmerkend se God na elke dag dit is die eerste, tweede, derde, ens dag, wat wys dat daar nie iewers 'n "gap" was nie. Ons glo ook dat die skepping tans 6000 jaar oud is en nie miljoene of selfs biljoene jare nie. Die "gap" teorie is 'n poging om by hierdie getalle uit te kom sodat evolusie in 'n sin geregverdig kan word.
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)



    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  3. #3
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Re: Herskepping?

    Nog 'n rede wat dit werklik moeilik maak om in 'n herskepping te glo rakende Genesis 1, is die feit dat God gesê het, 'Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.' (Gen 1:31)

    Wat beteken alles wat Hy gemaak het, beteken dit werklik alles? Daar is ook hierdie deel oor Satan wat mens nie kan miskyk nie..., 'Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei. Jy was ‘n gérub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op ‘n heilige berg; ‘n god was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes. Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is.' (Ese 28:13-15)

    Hierdie deel in Esegiël wys redelik duidelik dat satan nie gesondig het voor die skepping nie, maar hy wat Satan was is 'n geskape wese en was in die tuin van Eden as volkome in sy weë. Om in die herskepping te glo moet mens 'n ander verklaring aan Ese 28 gee, anders as wat daar staan.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  4. #4
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,442
    Blog Entries
    10

    Re: Herskepping?

    Ek sal onthou om die op my vrae-lysie vir eendag by te voeg.
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  5. #5
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,702

    Re: Herskepping?

    Ek lys 8 punte van kritiek teen die Gap Teorie (Klik op die Hofie "Wat van die gap teorie?" onder die inhoudsopgawe):

    http://www.truthexposed.co.za/index....pper&Itemid=20
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  6. #6
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Re: Herskepping?

    Quote Originally Posted by Philip dT View Post
    Ek lys 8 punte van kritiek teen die Gap Teorie (Klik op die Hofie "Wat van die gap teorie?" onder die inhoudsopgawe):

    http://www.truthexposed.co.za/index....pper&Itemid=20
    My plan was nogal om hierdie skakel vandag hier te plaas Philip. Mense kan gerus gaan kyk na dit wat jy daar geskryf het, dit is baie insiggewend en maklik om in te neem...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  7. #7
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,702

    Re: Herskepping?

    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    My plan was nogal om hierdie skakel vandag hier te plaas Philip. Mense kan gerus gaan kyk na dit wat jy daar geskryf het, dit is baie insiggewend en maklik om in te neem...
    Dankie vir die bemoedigende woorde! Ek waardeer dit.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •