Daar is 'n denkrigting wat mens deesdae redelik baie by gelowiges vind, waar hulle glo dat die skepping van Genesis 1 'n herskepping was en nie die aanvanklike skepping nie en dit sluit aan by die 'Gap-teorie'. Wat myself betref maak dit glad nie sin nie en is daar groteske implikasies en op vele vlakke van ons geloof, sou mens dit so interpreteer. Ek plaas graag hierdie draad in hierdie forum, omdat ek glo die waarheid verdedig moet word en elkeen wat wil is welkom om by te dra.
Mens kan sommer begin by Openbaring, waar staan, En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.
(Open 21:1)
As daar 'n herskepping was, dan leef ons mos nou op die tweede aarde, dan nie? Tog sê die Bybel hierdie is die eerste aarde...




Reply With Quote




Bookmarks