Your Advert here
cure-real
Results 1 to 12 of 12

Thread: Voor geboorte al geken?

  1. #1
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,494

    Voor geboorte al geken?

    In Jeremia staan daar geskrywe, 'Die woord van die HERE het dan tot my gekom en gesê: Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot ‘n profeet vir die nasies gemaak.' (Jer 1:4-5)

    Dieselfde word ook van Johannes die doper geskrywe in Lukas 1:15 en dan skryf Paulus in Galasiërs 1:15 dieselfde van homself ook.

    Hoe moet mens hierdie volgende gedeeltes verstaan teen die agtergrond van bogenoemde?

    En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders; en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik. Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?
    (Rom 8:28-31)

    Is dit hier in Romeine 8 vir alle mense wat gelowig word waar dat die Here ons voor ons geboorte al geken het... of is Jeremia en Paulus en Johannes die doper as konkrete voorbeelde bloot uitsonderings?
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  2. #2
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    962

    Re: Voor geboorte al geken?

    Ek wil graag glo dat God alle babas voor geboorte al ken, maar dit is nou maar ekke. Daar was net in die week hierdie aangrypende artikel in ons plaaslike koerant van 'n babatjie wat op 22 weke gebore is:

    http://www.volksblad.com/Suid-Afrika...g-pas-20110919

    Piepklein vegtertjie se vuis kon in ring pas
    2011-09-19 22:59
    Elsabé Brits
    KAAPSTAD. – Ses weke nadat Allegra Lategan op 22 weke gebore is, kon haar ma, Chantal, haar die eerste keer vashou.

    “Die trane het só geloop, ek moes dit van Allegra afvee,” het haar pa, mnr. Hennie Lategan (29), ’n ingenieur, gister by die Netcare-Blaauwberg-hospitaal gesê.

    Sy vrou, Chantal (29), ’n laerskoolonderwyseres, het agt weke gelede geboorte geskenk aan dié babatjie wat só klein was dat haar hele vuis in haar ma se trouring gepas het.

    “Ek het deurmekaar gelag en gehuil toe ek haar die eerste keer kon vashou. Ek was só bang ek maak haar seer,” het mev. Lategan gesê.

    Die dokters weet steeds nie hoekom haar “water gebreek” het vroegoggend op 29 Julie nie, maar Allegra is natuurlik “en baie vinnig” in die hospitaal gebore.

    Die egpaar van Parklands sê hulle lewe “uur vir uur, nie eens dag vir dag nie”.

    “Ek wou nog altyd ’n dogtertjie met die naam Allegra hê – dit verwys na Allegro in musiek, wat vinnig en opgewek beteken,” het mev. Lategan vertel.

    Sy het saggies vir haar baba in die intensiewesorgeenheid in die hospitaal gesing.

    Vir die eerste keer voel hulle opgewonde oor die toekoms. Hulle beplan om ’n plakboek vir haar te maak, met al die koerantberigte en foto’s wat haar besonderse verhaal vertel.

    Dr. Ricky Dippenaar, neonatoloog wat Allegra behandel, het gesê: “Ons hou klank en lig van haar weg en hanteer haar nog min. Sy is ’n ongelooflike sterk baba wat met baie liefde deur die personeel versorg word.”
    ALLEGRA LATEGAN hou gister aan haar pa, Hennie, se vinger vas in die intensiewe sorgeenheid van die Netcare-Blaauwberg-hospitaal. Sy is agt weke gelede gebore. Foto: Edrea du Toit
    Attached Images Attached Images

  3. #3
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,706

    Re: Voor geboorte al geken?

    In terme van Jeremia en Johannes die D, dink hier is drie aparte sake wat mens moet onderskei, nl.
    1) God se houding t.o.v. baba's
    2) God se kennis van mense
    3) God se heiliging/afsondering van mense vir 'n bepaalde doel

    My gedagtes hieroor is soos volg, en julle is welkom om te sê hoe julle dit sien:

    1) God is lief vir babas/kinders en God seën babas/kinders. Ons kan ook kinders seën en vir hulle bid. Dit op sigself beteken nie dat alle kinders wat God liefhet eendag Hom in die geloof gaan aanneem nie. God se liefde strek verder as net baba's of kinders. God se liefde is vir die hele wêreld (Joh 3:16).
    2) Ek dink God ken alles en almal, en ken alle mense. Daar is nie net een dimensie van "ken" in die bybel nie. Daar is 'n sin waarin God alle mense ken in dié sin dat hy kennis het van al ons gedagtes, al die hare op ons hoof ken, ens. Dit op sigself beteken nie dat God almal wat Hy ken noodwendig gered gaan word nie.
    3) God se heiliging/afsondering of plan vanaf geboorte vir iemand verstaan ek ook nie as deterministies in dié sin dat mense vir wie God 'n plan het almal marionette is van sy plan nie. Mens kan ook God se plan mis. Wat Jeremia en Johannes die D betref, dink ek wel dat God se heiliging en afsondering anders is en mens dit nie as model vir alle babas moet gebruik nie. Beide Jeremia en Johannes was instrumenteel in God se plan van heil wat uiteindelik in Christus verwesenlik is. God het bepaalde mense spesiaal afgesonder vir sy heilsplan. Maar ek dink selfs hulle kon God se plan mis. Kyk bv. vir Salomo. Salamo was ook deel van God se plan, as een van diegene in die geslagslyn van Christus, asook die persoon wat Spreuke geskryf het. Maar Salomo het aan die einde van sy lewe agter ander gode aangeloop.

    Wat Rom 8 betref, verstaan ek dit nie t.o.v. individue nie, maar dit verteenwoordig God se plan vir iemand wat "vir God liefhet" (Rom 8:28). Let wel, die werkwoord in die Grieks dui daarop dat dit nie moet lees "hulle vir wie God liefhet" nie, maar "hulle wat vir God liefhet." "God" is grammatikaal die objek. Die regverdiging, verheerliking is as't ware deel van die "pakket" wat God beplan het vir hulle wat Hom in geloof sou aaneem. Die "verondinering" verstaan ek dus nie as beduidend op bepaalde individue nie, maar "hulle wat vir God liefhet" (vers 28).
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  4. #4
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,486
    Blog Entries
    10

    Re: Voor geboorte al geken?

    Wel as ons weet dat God Alwetend is, en tyd nie 'n faktor is nie, en ons lees: 1 Kor 13: 12 Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is. dan sou ek sê dat Hy my ten volle ken, en dit beteken vir my, selfs van voor ek gebore was.... dit beteken nie dat Hy my soos 'n robot gemaak het sonder wil nie, maar Hy het geweet wat ek sou kies en dat ek Sy kind sou wees.....

    Jammer as die die draad nie eintlik oor vrye keuse is nie .
    .
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  5. #5
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,486
    Blog Entries
    10

    Re: Voor geboorte al geken?

    Ek lees vanoggend uit Romeine (Ek stem saam Philip, v 28 moet lees: "those who love God" )Hfst 8:29 Want die wat Hy vantevore geken het, en toe onthou ek van Sagaria 12:1...... Die HERE spreek, wat die hemele uitsprei en die aarde grondves en die gees van die mens in sy binneste formeer So voor ons gebore word, plaas God die gees van mens in hom, so Hy ken daardie gees, al van voor ons gebore word, en as ons vers 29 verder lees dan sien ons : 1. voorkennis, 2. uitverkies (gemerk), 3.word geroep,4. geregverdig, 5. verheerliking

    Philip... klink dit reg??

    Ons lees ook dat die mens se gees terug keer na God toe, so God ken daardie gees van die mens met voorkennis van hoe daardie gees sal optree , Prediker 12:7 en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het.

  6. #6
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,486
    Blog Entries
    10

    Re: Voor geboorte al geken?

    Quote Originally Posted by CFJ View Post

    Is dit hier in Romeine 8 vir alle mense wat gelowig word waar dat die Here ons voor ons geboorte al geken het... of is Jeremia en Paulus en Johannes die doper as konkrete voorbeelde bloot uitsonderings?
    Okay ek het gepos voor ek properly gelees het...

    Ek sou sê :"Ja" ..... en staaf met bg pos
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  7. #7
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,706

    Re: Voor geboorte al geken?

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Ek lees vanoggend uit Romeine (Ek stem saam Philip, v 28 moet lees: "those who love God" )Hfst 8:29 Want die wat Hy vantevore geken het, en toe onthou ek van Sagaria 12:1...... Die HERE spreek, wat die hemele uitsprei en die aarde grondves en die gees van die mens in sy binneste formeer So voor ons gebore word, plaas God die gees van mens in hom, so Hy ken daardie gees, al van voor ons gebore word, en as ons vers 29 verder lees dan sien ons : 1. voorkennis, 2. uitverkies (gemerk), 3.word geroep,4. geregverdig, 5. verheerliking

    Philip... klink dit reg??

    Ons lees ook dat die mens se gees terug keer na God toe, so God ken daardie gees van die mens met voorkennis van hoe daardie gees sal optree , Prediker 12:7 en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het.
    My vertaling lees slegs: "wat die gees van die mens gevorm het." Jy verwys na die sg. pre-emanensie van die siel. Dit is 'n Joods-Rabbynse lering wat nie bybels is nie. God maak die mens se siel/gees by formering in die moederskoot. Die teks dui op die teenoorgestelde. Kyk hier:

    In rabbinical literature, the souls of all humanity are described as being created during the six days of creation (Book of Genesis). When each person is born, a preexisting soul is placed within the body. (See Tan., Pekude, 3).

    In Tractate Sanhedrin, the question is asked, When does the soul enter the body of the newborn? The answer "at birth" is rejected in favor of an intermediate stage within the womb, usually interpreted as 40 days after conception, after which it is traditionally believed that a baby is taught Torah by an angel.
    Within the Jewish scriptures, the Tanakh (commonly called the Old Testament in Christianity), there is a passage used to teach that the spirit within humans did not pre-exist, but was created within each person in the womb:
    "The burden of the word of the LORD concerning Israel. The saying of the LORD, who stretched out the heavens, laid the foundation of the earth, And formed the spirit of man within him" (Zechariah 12:1. The Holy Scriptures: JPS. Copyright 1917 by the Jewish Publication Society of America)

    http://en.wikipedia.org/wiki/Preexistence_Of_The_Soul
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  8. #8
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,486
    Blog Entries
    10

    Re: Voor geboorte al geken?

    Philip, glo jy dan aan 'n aktiewe proses van 'creation'?
    Dus die gees van die ongborene word geskep / created in die tydperk van swangerskap of konsepsie.
    En daardie gees keer terug na God by afsterwe.

    Maar dan kom ons by :Niks nuuts onder die son" of beteken dit bloot, geen nuwe idee
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  9. #9
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,706

    Re: Voor geboorte al geken?

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Philip, glo jy dan aan 'n aktiewe proses van 'creation'?
    Dus die gees van die ongborene word geskep / created in die tydperk van swangerskap of konsepsie.
    En daardie gees keer terug na God by afsterwe.
    Ja, maar nie net ons gees nie, ons kry ook verheerlikte liggame.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  10. #10
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,486
    Blog Entries
    10

    Re: Voor geboorte al geken?

    Quote Originally Posted by Philip dT View Post
    Ja, maar nie net ons gees nie, ons kry ook verheerlikte liggame.
    Ja, ek is besig om deur Romeine te swoeg

    Op een plek in die Bybel praat dit van :Helm van Verlossing, en ander plek van Helm van Hoop op Verlossing... and Romeine praat van (of so verstaan ek, of probeer ek nog verstaan) dat die 'Hoop van Verlossing' eintlik daardie hoop is van om ons liggame tot verheerliking te sien.
    1e hoop van verlossing is die verlossing van my gees, en 2e hoop is die verlossing van my liggaam... tot 'n verheerlikte staat... of so verstaan ek op die oomblik??
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  11. #11
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,706

    Re: Voor geboorte al geken?

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Ja, ek is besig om deur Romeine te swoeg

    Op een plek in die Bybel praat dit van :Helm van Verlossing, en ander plek van Helm van Hoop op Verlossing... and Romeine praat van (of so verstaan ek, of probeer ek nog verstaan) dat die 'Hoop van Verlossing' eintlik daardie hoop is van om ons liggame tot verheerliking te sien.
    1e hoop van verlossing is die verlossing van my gees, en 2e hoop is die verlossing van my liggaam... tot 'n verheerlikte staat... of so verstaan ek op die oomblik??
    Op hierdie onderwerp, lees ook 1 Kor 15.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  12. #12

    Re: Voor geboorte al geken?

    In die vervaardigings bedryf, word n voorwerp deeglik beplan voordat dit vervaardig word. Sy gebruiksaanwending vereis n bepaalde ontwerp, en hierdie ontwerp pas ook in by die doel wat die vervaardiger vir die bepaalde item in gedagte het. Daarna kry die produk gestalte in die vervaardiger se hand ten einde sy doel te vervul. God het elke mens voor alle tye alreeds beplan, ten einde Sy doel met elkeen te bereik. Vleeslike Geboorte, is die natuurlike manifestasie van God se produk, nl die mens!! Die Woord van God is nou die handleiding van die korrekte gebruik van hierdie produk (mens), sodat die mens sy Goddelike doel bereik. Ondersoek die woord "geroep" in die Woord van God (OAV - Ou afrikaanse vertaling, 1933), ten einde beter insig te bekom oor jou Goddelike Skeppingsdoel. Verseker was ons almal geformeer, en deur God geken en beplan, voor alle tye!!! Hy het ons dan beplan om gelyk te wees aan Hom. Jesus Liefde.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Bespreking Die geboorte van Jesus
    By Johnny in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 11
    Last Post: Mar 20th 2011, 06:38 PM
  2. Skildery stel Mandela as Christus voor
    By CFJ in forum Gesprek oor die Eindtye en Aktuele sake
    Replies: 8
    Last Post: Jan 25th 2011, 09:36 AM
  3. Bespreking 'n Wet voor DIE Wet ?
    By Die Filadelfieer in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 3
    Last Post: Dec 2nd 2008, 06:27 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •