Your Advert here
cure-real
Results 1 to 10 of 10

Thread: Bid vir iemand om te sterf

  1. #1
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Pretoria, South Africa, South Africa
    Posts
    600
    Blog Entries
    4

    Bid vir iemand om te sterf

    Net so bietjie agtergrond. My ouma het Hartversaking so dinge gaan maar moeilik tans met haar. Sy sukkel om te loop, asem te haal en moes bloedoortappings die naweek gekry het.Nou die eerste ding wat my vang is dat een gewese vriendin vir my een Niggie gesê: "it is only a matter of time". Sy is 'n christen en ek kan regtig nie verstaan hoe iemand so blunt kan wees nie.Toe gister hoor ek dat my tannie hulle bid dat my ouma moet dood gaan... En ja hulle is in die voorbank van Lewende Woord en my hulle dogter het as pastoor geswot!Nou kan een van julle my wys waar i n die bybel staan dat mens kan bid vir iemand om dood te gaan?Ek weet my ouma is bang om dood te gaan, maar regtig, waar kry die vervlakste christen mense die idee dat jy kan bid dat iemand moet dood gaan....Ja ons kan vir haar bid, dat Vader haar sal vrede gee, en rustig sal neem, maar kom aan, dat sy moet dood gaan!
    'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
    Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
    [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
    Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
    [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

    Bemidbar 6:24-26
    [Numbers 6:24-26]

  2. #2
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705

    Re: Bid vir iemand om te sterf

    Jammer om te hoor van jou ouma se ongesteldheid. Ek weet nie of ek vir jou die regte antwoord kan gee nie.

    Daar gaan 'n tyd kom wanneer mense gaan bid om te sterf, maar sal nie instaat wees nie.

    Openbaring 9:6 "En in dié dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug."

    Jona het gebid dat die Here sy lewe moet neem.

    Jona 4:3 o HERE, neem dan nou tog my siel van my weg, want dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe.

    Ek dink as 'n mens in die sin bid vir jou vader of moeder wat alleen is op 'n gevorderde ouderdom, sieklik en daarna verlang om by die Here te wees, dan kan ons seker vir die Here vra: "Ag Here....wil U nie maar genadig wees om my vader/moeder te neem en haar die lyding te spaar nie. Sy/hy behoort aan U en is U kind en het 'n verlange om by U te wees."

    Ek weet nie of jou ouma wedergebore is nie en of sy aan die Here behoort nie. Miskien sal 'n wyse ding wees om te doen haar van Jesus se verlossingswerk te vertel sodat sy tot bekering kan kom as sy nognie het nie.

    Ek dink ons kan genade van die Here bid as dit die persoon se wil is bygese.
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  3. #3
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    Pretoria.South Africa
    Posts
    273

    Re: Bid vir iemand om te sterf

    Quote Originally Posted by Francois Marais View Post
    Net so bietjie agtergrond. My ouma het Hartversaking so dinge gaan maar moeilik tans met haar. Sy sukkel om te loop, asem te haal en moes bloedoortappings die naweek gekry het.Nou die eerste ding wat my vang is dat een gewese vriendin vir my een Niggie gesê: "it is only a matter of time". Sy is 'n christen en ek kan regtig nie verstaan hoe iemand so blunt kan wees nie.Toe gister hoor ek dat my tannie hulle bid dat my ouma moet dood gaan... En ja hulle is in die voorbank van Lewende Woord en my hulle dogter het as pastoor geswot!Nou kan een van julle my wys waar i n die bybel staan dat mens kan bid vir iemand om dood te gaan?Ek weet my ouma is bang om dood te gaan, maar regtig, waar kry die vervlakste christen mense die idee dat jy kan bid dat iemand moet dood gaan....Ja ons kan vir haar bid, dat Vader haar sal vrede gee, en rustig sal neem, maar kom aan, dat sy moet dood gaan!
    Ek is jammer dat jou ouma so siek is.Soms weet vriende en Familie nie hoe om op te tree in sulke hartseer tye nie.Om te bid dat iemand moet dood gaan voel ook nie vir my reg nie,maar soms sal sommige mense vir die dood bid omdat dit moeilik is om iemand so te sien swaar kry.Ek kan maar net bid vir krag vir julle en sommer baie genade.

  4. #4
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Pretoria, South Africa, South Africa
    Posts
    600
    Blog Entries
    4

    Re: Bid vir iemand om te sterf

    Dankie julle.

    Ek kan net nie sien dat dit reg is om te bid dat iemand moet dood gaan nie. Ek weet toe ek so paar jaar terug ernstig siek was, het ek ook gebid dat ek moet dood gaan.

    Toe ek oorweeg het om my eie lewe te neem het ek met Vader gebargain om my te laat sterf, en net my huis toe te vat. Maar niemand het gebid dat Vader my moet dood maak nie. As die persoon dit self doen... Ja, maar ek kan nie sien dat familie lede sal bid dat iemand moet dood gaan nie. Ek het dit nie eens vir my oom gebid wat sy geveg met kanker verloor het nie. Ek het gebid dat Vader sal ingryp en die kanker uitwis.

    Ek verstaan dit regtig nie...
    'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
    Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
    [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
    Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
    [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

    Bemidbar 6:24-26
    [Numbers 6:24-26]

  5. #5
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705

    Re: Bid vir iemand om te sterf

    Quote Originally Posted by Francois Marais View Post
    Dankie julle.

    Ek kan net nie sien dat dit reg is om te bid dat iemand moet dood gaan nie. Ek weet toe ek so paar jaar terug ernstig siek was, het ek ook gebid dat ek moet dood gaan.

    Toe ek oorweeg het om my eie lewe te neem het ek met Vader gebargain om my te laat sterf, en net my huis toe te vat. Maar niemand het gebid dat Vader my moet dood maak nie. As die persoon dit self doen... Ja, maar ek kan nie sien dat familie lede sal bid dat iemand moet dood gaan nie. Ek het dit nie eens vir my oom gebid wat sy geveg met kanker verloor het nie. Ek het gebid dat Vader sal ingryp en die kanker uitwis.

    Ek verstaan dit regtig nie...
    [COLOR="#0000FF"]Ek wil net my antwoord dalk duidelik stel en dit is dat ek nie voorstaan dat ons moet bid dat iemand moet sterf nie, inteendeel die Bybele se ons moet vir siekes bid vir gesondheid, maar 'n persoon gevorder in jare wat 'n verlange het om "huis" toe te gaan, sal self ook bid dat die Here hom/haar moet kom haal. Daar kan dalk ander redes wees hoekom familie bid (wens) dat iemand moet sterf.......want polisse moet uitbetaal word, en ek se geensins dit is in julle familie die geval nie, net 'n voorbeeld. Ander rede is ook dat ons baie selfsugtig is want ons wil nie omsien na sieklike ou mensies nie......ons het ander dinge wat ons aandag verg.....wereldse dinge. My ma was 'n matrone by 'n Ouetehuis en ek het menig maal gesien hoe kinders hulle ouers daar kom aflaai om net nooit weer te besoek nie.[ /COLOR]
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  6. #6
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705

    Re: Bid vir iemand om te sterf

    Ek het vanoggend 'n e-pos ontvang van iemand wat ek al so 6 jaar ken deur ons DVD bediening.

    Hi Johnny

    My seun is gediagnoseer met ‘n verstandelike “handicap”

    Ek sukkel bietjie om dit te verwerk. Ek het tans besluit om my hart uit te werk om inkomste te genereer om te help want dit is regtig al wat ek kan doen.
    Stel dit so: die benadering is hoe ek my “sanity” probeer behou en nie weg te hardloop nie.

    Gaan dinge goed met julle

    George
    Al wat ek hom kon antwoord was wat ek vanoggend gelees het. Ek het gedink om dit hier te plaas want as 'n mens in sy skoene staan dan kan mens maklik moedeloos raak.

    George,

    Ek het vanoggend Psalm 139 gelees. Weet dit dat die Here in beheer is. Hy ken jou en ook jou seun van die moederskoot af. Ek wil graag vir jou ‘n gedeelte aanhaal.

    Psalm 139:13 Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.
    Psalm 139:14 Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.
    Psalm 139:15 My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.
    Psalm 139:16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.
    Psalm 139:17 Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie!

    My gebed is dat die Here jou die middele sal voorsien soos Hy goeddink om ook vir jou seun wat vir die Here BAIE kosbaar is te kan sorg. Dat Hy julle die wysheid en krag sal gee om aan te hou, nie a.g.v nie, maar ten spyte van. Dit het Hom sy asem gekos om die heelal....die Skepping daar te stel, maar dit het Hom sy bloed gekos vir my en jou. Hou vas aan die Kruis! Mag die Here julle versterk tot die dag van Sy koms.

    Julle is ons gebede.

    Johnny van der Merwe
    Wil julle nie ook aan George dink in gebed nie. Julle ken hom nie, maar die Here wel.

    Baie dankie Johnny

    Ek waardeer dit so as iemand my met skrif antwoord.

    Ek het die hele psalm gelees en voel verkwik vir die dag.

    Baie dankie vir jou moeite

    George
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  7. #7
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,486
    Blog Entries
    10

    Re: Bid vir iemand om te sterf

    Quote Originally Posted by Francois Marais View Post

    Ek kan net nie sien dat dit reg is om te bid dat iemand moet dood gaan nie.
    Mens gebruik nie gebed om vir God voor te skryf om inemand te laat doodgaan nie.
    mens kan vra dat God hulle lyding sal kan verlig....

    Wanneer ons beter wil weet as God se plan, dan loop ons op gevaarlike grond rond
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  8. #8
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Pretoria, South Africa, South Africa
    Posts
    600
    Blog Entries
    4

    Re: Bid vir iemand om te sterf

    Wel as hulle bid dat iemand dood moet gaan (ongelukkig weet ek wat die rede is, maar gaan dit nie hier pos nie) wat anders bid hulle voor. Water vloeke spreek hulle uit teen die ander gesins lede?
    'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
    Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
    [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
    Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
    [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

    Bemidbar 6:24-26
    [Numbers 6:24-26]

  9. #9
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,486
    Blog Entries
    10

    Re: Bid vir iemand om te sterf

    Quote Originally Posted by Francois Marais View Post
    ...... Water vloeke spreek hulle uit teen die ander gesins lede?
    'n Vloek kan jou net affekteer indien jy 'n oop deur daarvoor het.
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  10. #10
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1

    Re: Bid vir iemand om te sterf

    Fransie .....

    daar is seker 'n verskil tussen bid vir iemand om "dood te gaan" en bid vir verligting van leiding vir iemand wat weet hy / sy gaan na die Vader. Die storie het my ook gepla weens 'n soortgelyke gebeurtenis in my lewe .....

    My skoonmoedertjie het op haar hospitaalbed vir my gevra om vir haar te bid om " te laat gaan " want sy was reg om die Vader te ontmoet .... ek het Ps 23 vir haar gelees en sy is later heen met 'n glimlag terwyl sy my hand vasgehou het , drie dae later as wat die dokters voorspel het - sy het eers vir ons gewag om te kom totsiens se - my manlief is die enigste kind ...... oumatjie was 72 ......

    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Godsdiens sterf in 9 lande uit?
    By CFJ in forum Alles en nog wat
    Replies: 3
    Last Post: Sep 24th 2011, 12:55 PM
  2. Aan iemand wat Jesus nie ken nie
    By CFJ in forum Christene antwoord nie-Christene
    Replies: 1
    Last Post: May 29th 2011, 05:05 PM
  3. Bespreking Massas diere sterf regoor die wêreld
    By Die Filadelfieer in forum Gesprek oor die Eindtye en Aktuele sake
    Replies: 3
    Last Post: Jan 28th 2011, 05:57 AM
  4. Het enige iemand??
    By bennie in forum Alles en nog wat
    Replies: 2
    Last Post: Jun 2nd 2010, 04:05 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •