Re: Bid vir iemand om te sterf
Fransie .....
daar is seker 'n verskil tussen bid vir iemand om "dood te gaan" en bid vir verligting van leiding vir iemand wat weet hy / sy gaan na die Vader. Die storie het my ook gepla weens 'n soortgelyke gebeurtenis in my lewe .....
My skoonmoedertjie het op haar hospitaalbed vir my gevra om vir haar te bid om " te laat gaan " want sy was reg om die Vader te ontmoet .... ek het Ps 23 vir haar gelees en sy is later heen met 'n glimlag terwyl sy my hand vasgehou het , drie dae later as wat die dokters voorspel het - sy het eers vir ons gewag om te kom totsiens se - my manlief is die enigste kind ...... oumatjie was 72 ......
Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.
Bookmarks