http://www.volksblad.com/Suid-Afrika...ldtog-20111007
NG Kerk-lidmate beplan plakkaat-veldtog
2011-10-07 22:19
Karen Ebersohn
’n “DRAMATIESE” plakkaat-veldtog deur besorgde lidmate van die NG Kerk word beplan vir die duur van die Algemene Sinode se vergadering wat Maandag in Boksburg begin.
Volksblad verneem die veldtog word ondersteun deur die skrywers en medewerkers van die boekDie Trojaanse Perd in die NG Kerk – die kanker van evolusie en liberalisme wat verlede jaar verskyn het. Die veldtog is om sake waaroor in die boek geskryf is, aan die lig te bring, het een van die beswaardes gesê.
Volksblad het verlede jaar berig die boek is deur ’n groep besorgde lidmate en predikante uit die NG Kerk saamgestel.
Dit handel oor “teologiese veranderings in die kerk en die ingrypende implikasies wat dit het op sake soos die gesag en die gebruik van die Bybel, homoseksualiteit, saambly en die huwelik”.
En ja, die boek is dalk omstrede en sal mense skok, het die skrywers gewaarsku.
Drs. Henrietta Klaasing, met ’n doktorsgraad in teologie, en Hennie Mouton, ’n ingenieur van Pretoria, is die samestellers en medeskrywers.
Mouton het destyds gesê die boek is om NG lidmate te kry om na Bybelse waarhede terug te keer.
“Daar word gekyk na hoe die ommekeer in Skrifbeskouing ook nie Skrifkritiek en Skrifgebruik onaangetas gelaat het nie. Dit het tot gevolg dat Bybelwaarhede soos die opstanding van Christus, Sy maagdelike geboorte, Sy Godheid en selfs Sy plaasvervangende sterwe verloën word.”
Die plakkate vir die veldtog gaan môre reeds aangebring word en gaan in die strate langs die Sinode se kampterrein opgeplak word. Daar gaan plakkate by die ingang en hek wees, is aanVolksblad gesê.
Mouton het gister bevestig die veldtog gaan plaasvind, maar wou nie meer inligting verskaf nie.
Prof. Piet Strauss, uittredende moderator van die NG Kerk, sê om ’n veldtog of betoging te hou is nie die kerk se manier om probleme op te los nie.
“In die kerk hou ons vergaderings en tree in gesprek met mekaar.”
Strauss sê met so veldtog skep die beswaarde lidmate net meer afstand tussen hulle en die Sinode omdat hulle nie deel van die agenda van die Sinode is nie.)Die ander skrywers van die boek is ds. Gideon Aggenbag, ’n emeritus-predikant, mnr. Daniel Louw, ’n ingenieur, ds. Jan Louw, NG predikant op Secunda, dr. Koos Visser, ’n mediese spesialis, en ds. Hanan Viljoen, emeritus-predikant.
Die Sinode duur tot Donderdag.
- Volksblad





Reply With Quote



Ek het 'n Bibliotekaresse as vriendin

Bookmarks