Your Advert here
cure-real
Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 15 of 18

Thread: Man en Vrou is hulle gemaak...

  1. #1
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,484

    Man en Vrou is hulle gemaak...

    Toe het die HERE God ‘n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak. En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ‘n vrou en bring haar na die mens. Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem. Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.
    (Gen 2:21-24)

    As mens na hierdie gedeelte kyk, hoe kan enige mens argumenteer dat die Here 'gay' mense ook geskape het, wyl mens hier geen ander afleiding kan maak, dat die Here ons wat mense genoem word, man en vrou gemaak het nie? Hierdie draad is spesifiek gemik daarop, ter verdediging van die waarheid oor 'n wêreld wat alles wat die wetenskap opdis, soos 'n sogenaamde 'gay' geen, te bespreek teen die agtergrond dat God dit nie gemaak het nie, maar slegs man en vrou gemaak het.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  2. #2
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,449
    Blog Entries
    10

    Re: Man en Vrou is hulle gemaak...

    Ja, ek stem ...
    God het Adam en 'n Eva geskape om bymekaar te pas, en nie 'n Adam en 'n Evan nie.
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  3. #3
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,484

    Re: Man en Vrou is hulle gemaak...

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Ja, ek stem ...
    God het Adam en 'n Eva geskape om bymekaar te pas, en nie 'n Adam en 'n Evan nie.
    Nie lank terug nie, verneem ek van 'n man wat 'gay' was en wat tot bekering gekom het, dat hy aan enige iets sou vashou om homself te regverdig, tot op die dag toe die Here sy hele lewe kom skoon maak het en daardie begeerte sedertdien so verander het in hom, dat hy werklik 'n vrou begeer en nie meer mans nie. Nou wonder mens, wat het van die 'gay geen' geword waarmee hy gebore is? Dit spreek vanself dat mens se begeertes baie dinge regverdig...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  4. #4
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    758

    Re: Man en Vrou is hulle gemaak...

    Ferdi

    Ek het 'n vriend wat gay is. Hy het eenslag vertel dat indien hy kon kies, hy definitief nie sou kies om gay te wees nie. Ek dink nog steeds dat hy nie werklik eerlik is met homself nie. Daar is interesant genoeg redelik baie gays in sy familie. Aangesien dit meer aanvaarbaar is vir die familie om gay te wees, want vir hulle is dit 'n feit, is dit makliker om self te aanvaar dat jy gay is en sodoende glo jy die leun van satan.

    Ek glo nie dat daar 'n gay geen is nie, maar dat dit deel van die sondeval is en 'n aanval van satan teen die natuurlike en goddelike orde. Ek glo dat indien jy eers jouself gereken het as gay, dit baie moeilik moet wees om jouself te herprogrammeer. Met God egter is niks onmoontlik nie. Ons moet net nie die leun glo van vandag, dat gay normaal is nie.

    Ek dink om in die strik van gay-wees gevang te wees, moet baie erg wees, maar dit is wat dit is, 'n gevangeneskap. In Christus is daar egter redding en vryheid vir die wat glo. Mens moet net nie dink dit is onmoontlik om indien jy val, jy nie gered kan word van die gevangeneskap nie. Vra om vergifnis soos ons almal en hou aan met volharding. Om gay te wees is "normaal" in die sin dat dit deel is van ons sondige lewe. Dit is dieselfde stryd as om 'n alkholis, leuenaar, seksverslaafde of watookal te wees.

  5. #5

    Re: Man en Vrou is hulle gemaak...

    Quote Originally Posted by Kalahari View Post
    Om gay te wees is "normaal" in die sin dat dit deel is van ons sondige lewe. Dit is dieselfde stryd as om 'n alkholis, leuenaar, seksverslaafde of watookal te wees.

    Dit is 'n baie belangrike ding wat jy hier noem Kalahari ! Mense is geneig om gay mense baie makliker eenkant toe te skuif as wat ons doen met persone met bg. kwale, alhoewel dit eintlik op presies dieselfde neerkom.

  6. #6
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    961

    Re: Man en Vrou is hulle gemaak...

    Romeine 1 wys duidelik die verband tussen sonde en homoseksualisme uit. Ons samelewing het meer en meer gays, omdat ons samelewing meer en meer sondig is. Mens hoef net te kyk na hoe gays toeneem om te besef God kán nie tevrede wees met ons samelewing nie.

    Saam met Romeine 1, lees ek altyd graag:
    Of daardie agttien op wie die toring van Silóam geval en hulle gedood het—dink julle dat hulle meer skuldig was as al die mense wat in Jerusalem woon? Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.
    (Luk 13:4-5)
    Is gays méér sondig? Nee, maar laat dit vir ons 'n waarskuwing wees.

  7. #7
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,484

    Re: Man en Vrou is hulle gemaak...

    As ek by julle kan aansluit, dan glo ek die rede hoekom baie mense homoseksualisme by tye uitsonder, die volgende kan wees en tog hoef dit nie so te wees nie, maar miskien kan mens dit bespreek.

    Ek glo daar is geen groter rebellie teen God, as om die man of vrou wat Hy jou gemaak het, te verwerp nie. Daar is ook niks wat die Here so kan mishaag, soos 'n mensdom wat Hy vrugbaar gemaak het om hierdie aarde te vul en op te vermeerder, met 'n gay gesindheid 'n streep deur te trek nie. Jy moet jou naaste liefhê soos jouself, maar as een teen sy eie liggaam sondig in iets soos hoerery (mense wat gay is neig om meer pervers te wees as die wat nie so is nie), is daar geen liefde by die self nie en hoe kan daar dan nog liefde vir die naaste oorbly? Die huwelik is die hoogste orde bekend aan die mens en homoseksualisme maak 'n bespotting van 'n huwelik wat tussen 'n man en 'n vrou is en breek hierdie orde af, om aan die einde van die dag 'n verwronge beeld van ons ewige huwelik teweeg te bring. Mense verstaan nooit leuens nie en alhoewel die gay gemeenskap in 'n groot mate aanspraak maak op 'n unieke gay geen, is daar in wese nie unieke gay verhoudings nie en vul die een maat die rol van 'n man en die ander maat die van 'n vrou, wat weereens 'n perversie van die huwelik as maatstaf van 'n siele-aanwas maak. Gays is geneig om hulself te regverdig, waar moordenaars dit byvoorbeeld nie so blatant sal doen nie..., dit ontlok outomaties 'n debat as iets so blatant as reg 'verkoop' word gemeet teen ander sondes wat minder aggressief regverdig word.

    In wese dink ek die hele gay-debat word aangevuur deur die aggressie om dit te regverdig en meer so as met enige ander bekende sondige toestand. As die satan die huwelik kan vernietig, het hy 'n oorwinning soos geen ander en wat groter as om die gay-kwessie te gebruik hiervoor?
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  8. #8
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    758

    Re: Man en Vrou is hulle gemaak...

    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    In wese dink ek die hele gay-debat word aangevuur deur die aggressie om dit te regverdig en meer so as met enige ander bekende sondige toestand. As die satan die huwelik kan vernietig, het hy 'n oorwinning soos geen ander en wat groter as om die gay-kwessie te gebruik hiervoor?
    Ferdi

    Ek dink dit is 'n groot mate waaroor die debat gaan. Die gay-gemeenskap maak aanspraak dat dit normaal is en die mens hulle moet aanvaar. Het julle al agtergekom hoe versigtig mens is om gay-wees aan te spreek. Mens is so bang jy gee aanstoot dat mens liewer stil bly en daardeur word die leuen 'n werklikheid. Toe ons jonk was was dit iets wat ontken of in die kas beoefen is, vandag is dit iets om op trots te wees. Ek sidder om te dink hoeveel tieners wat rebelleer hierdeur gevang word.

    Ons almal weet dat ons nie die mens moet veroordeel nie, maar die sonde wat hy pleeg. Wat dit so moeilik maak met 'n seksuele sonde, is dat dit deur die mens self maw sy liggaam gepleeg word. Die sonde is dus deel van die mens en om skeiding tussen die mens en die sonde te bring is moeilik. Hoe vertel jy vir iemand ek het jou lief, maar nie die sonde nie terwyl hy deurtrek is met die sonde? (lyk, tree op en handel gay) Dit bly gekompliseerd, maar ons kan nie toelaat dat die leuen die waarheid oorwin nie.

    Kalahari

  9. #9
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    961

    Re: Man en Vrou is hulle gemaak...

    ...en mens kan nie ter wille van politiese korrektheid jou brein by die venster uitgooi nie. God sal ons nie MET ons sonde akkomodeer nie. God het gay mense te lief om hulle in hulle sonde te laat voortleef, want dit is 'n lewensstyl wat vernietig. Enige persoon wat sonder rooskleurige brille na mediese gevalle kyk sal besef dat gay wees nie 'n goeie keuse van lewenswyse is nie.

  10. #10
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    Pretoria.South Africa
    Posts
    273

    Re: Man en Vrou is hulle gemaak...

    dit is vir my ironies dat hulle so graag hulle self wil oortuig dat hulle lewenstyl normaal is en tog wil baie van hulle ,hul eie kinders he.Dit is tog onmoontlik om in een geslag verhoudings kinders te he en dan maak hulle gebruik van surrogaat swangerskpappe of eier sel skenkings.Ek voel jammer vir hulle omdat hulle hul self so om die bos lei.

  11. #11
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,449
    Blog Entries
    10

    Re: Man en Vrou is hulle gemaak...

    Quote Originally Posted by Kalahari View Post
    Ferdi

    Ek dink dit is 'n groot mate waaroor die debat gaan. Die gay-gemeenskap maak aanspraak dat dit normaal is en die mens hulle moet aanvaar. Het julle al agtergekom hoe versigtig mens is om gay-wees aan te spreek. Mens is so bang jy gee aanstoot dat mens liewer stil bly en daardeur word die leuen 'n werklikheid. Toe ons jonk was was dit iets wat ontken of in die kas beoefen is, vandag is dit iets om op trots te wees. Ek sidder om te dink hoeveel tieners wat rebelleer hierdeur gevang word.

    Ons almal weet dat ons nie die mens moet veroordeel nie, maar die sonde wat hy pleeg. Wat dit so moeilik maak met 'n seksuele sonde, is dat dit deur die mens self maw sy liggaam gepleeg word. Die sonde is dus deel van die mens en om skeiding tussen die mens en die sonde te bring is moeilik. Hoe vertel jy vir iemand ek het jou lief, maar nie die sonde nie terwyl hy deurtrek is met die sonde? (lyk, tree op en handel gay) Dit bly gekompliseerd, maar ons kan nie toelaat dat die leuen die waarheid oorwin nie.

    Kalahari
    Presies Kalahari.

    1 Kor.5:5 om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus.

    praat van dat dit beter is dat die mens wat sonde pleeg sterf, sodat hy in Jesus gered kan word.

    Ek het so pas gaan lees oor 'n bekende sangpaar, waar die manspersoon uit die 'closet' uit gekom en met 'n man getrou het.... kommentaar wat ek op Facebook lees sê dat, Homoseksualisme net so sonde is as enige ander.....maar dit is nie, omdat God Sy Gees in ons plaas, en dat ons liggame Tempels van die Heilge Gees is... en seksuele sonde ontheilige die Tempel van ons liggame... seksuele sonde, sondig teen jou eie liggaam waarin God se Gees woon. Veral vir 'n Christen!

    1 Kor 6:
    18 Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat 'n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf sondig teen sy eie liggaam.

    19 Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?

    20 Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  12. #12
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,484

    Re: Man en Vrou is hulle gemaak...

    Quote Originally Posted by trudie View Post
    dit is vir my ironies dat hulle so graag hulle self wil oortuig dat hulle lewenstyl normaal is en tog wil baie van hulle ,hul eie kinders he.Dit is tog onmoontlik om in een geslag verhoudings kinders te he en dan maak hulle gebruik van surrogaat swangerskpappe of eier sel skenkings.Ek voel jammer vir hulle omdat hulle hul self so om die bos lei.
    Net dit alleen wat jy hier skryf Trudie, ontmasker die leuen van gay-wees...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  13. #13
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1

    Re: Man en Vrou is hulle gemaak...

    Ferdi .....

    soos sommiges seker hier weet, sit ek oppie draad wat hierdie onderwerp betref a.g.v. mense, gelowige wedergebore Christinne, wat baie na aan my is en baie vir my beteken, wat wel gay is ... ( nee, ek is nie ! heel gelukkig met 'n god'sman getroud, dankie ! )

    mag ek hier vrae vra ter bespreking van die "anderkant" van die debat, of liewer nie ? ( daar mag dalk ander wees wat hier lees wat uit 'n openlike tweekant debat op liefde geskoei, in soeke na waarheid, kan baat )

    groete...m
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

  14. #14
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,484

    Re: Man en Vrou is hulle gemaak...

    Quote Originally Posted by mari View Post
    Ferdi .....

    soos sommiges seker hier weet, sit ek oppie draad wat hierdie onderwerp betref a.g.v. mense, gelowige wedergebore Christinne, wat baie na aan my is en baie vir my beteken, wat wel gay is ... ( nee, ek is nie ! heel gelukkig met 'n god'sman getroud, dankie ! )

    mag ek hier vrae vra ter bespreking van die "anderkant" van die debat, of liewer nie ? ( daar mag dalk ander wees wat hier lees wat uit 'n openlike tweekant debat op liefde geskoei, in soeke na waarheid, kan baat )

    groete...m
    Hi Mari,

    Ek dink die gay-wees ding is soos rook of drink, want baie wedergebore mense rook jare na hul wedergeboorte nog en mens kan hulle nie veroordeel daaroor nie, maar mens moet so iemand daarop wys dat dit verseker nie die beste ding is om te doen nie, veral oor die verslawende effek wat dit het en hoe vas (onthouding van wêreldse dinge) mens dan as iets so vashou op jou het?

    Iemand wat ek ken wat ook gay is en wedergebore is, sukkel regtig om weg te kom van gay begeertes en hy weet dat dit verkeerd is en leef op die oomblik selibaat. Dit is niks anders as 'n 'straight' man wat wedergebore is en begeertes het vir mooi vrouens nie en so man wat moontlik ongetroud is of selfs getroud is, sal net soos iemand wat gay ge-oriënteerd is en wedergebore is, 'n baie fel besluit moet neem om nie deur hulle begeertes meegesleur te word nie. Dit verskil geensins en is iets wat mens nie anders moet interpreteer teenoor gay mense nie. Die probleem met die gay-kwessie is maar die aggressie waarmee dit regverdig wil word en dit het die debat geneem tot waar ons vandag is. 'n Man wat begeertes vir 'n ander vrou het of in die algemeen vir vroue het, sal ook maar 'n oogwimper laat lig as so man dit Bybels wil begin regverdig en verseker sal daar oordrewe reaksie ontlok word van Christenne, sou dit regverdig wil word. Baie min mans wat wedergebore is, sal dit egter waag doen en die vraag is bloot, hoekom wil gay mense wat sê hulle is wedergebore, hulleself regverdig?

    Verkeerd is verkeerd is verkeerd, so eenvoudig soos dit en die prys om te betaal is net te groot, dat enige verantwoordelike Christen iemand se verkeerde lewenswandel kan goedpraat, omdat humanisme dit so forseer. Daar staan ook nie om dowe neute nie..., 'mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.' (Rom 1:32)
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  15. #15
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,449
    Blog Entries
    10

    Re: Man en Vrou is hulle gemaak...

    Quote Originally Posted by mari View Post

    ...............sit ek oppie draad wat hierdie onderwerp betref a.g.v. mense, gelowige wedergebore Christinne, wat baie na aan my is en baie vir my beteken, wat wel gay is .
    Liewe m
    Lees bietjie 1 Cor 5 + 6 en ek dink 9,,,
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Die Nasies in hulle Radeloosheid
    By Die Filadelfieer in forum Gesprek oor die Eindtye en Aktuele sake
    Replies: 11
    Last Post: Jul 20th 2011, 05:39 AM
  2. Hoe nou gemaak......
    By Johnny in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 19
    Last Post: Nov 17th 2010, 10:39 AM
  3. Wat sal hulle van my se op my begrafnis?
    By Johnny in forum Alles en nog wat
    Replies: 2
    Last Post: May 18th 2010, 06:15 AM
  4. Bespreking Het Jesus alkoholiese wyn gemaak en gedrink?
    By Johnny in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 58
    Last Post: Jun 12th 2009, 11:40 AM
  5. Wat gemaak?
    By Sonia Smit in forum Alles en nog wat
    Replies: 11
    Last Post: Oct 16th 2008, 08:32 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •