Your Advert here
cure-real
Page 2 of 2 FirstFirst 12
Results 16 to 18 of 18

Thread: Man en Vrou is hulle gemaak...

  1. #16
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    757

    Re: Man en Vrou is hulle gemaak...

    Ek lees vandag 'n artikel in die Beeld waar die skrywer bepleit dat die kerk anders moet dink oor gay wees. Om 'n lang storie kort te maak, bepleit hy dat mens nie gay mense moet oordeel nie, hulle is so gemaak en moet ons liewer vir hulle ruimte skep om hul seksualiteit uit te leef in 'n liefdevolle verhouding met een lewensmaat. Dus moet hulle soos heteroseksuele mense in 'n verhouding soortgelyk aan die huwelik moet kan deelneem.

    Dit verstom my dat mense vandag so mislei is. Om te wil voorgee dat God die mens sou skep om gay te wees, terwyl een van Sy eerste opdragte was dat die mens moet vermeerder. Suiwer op grond van gevoel word 'n teorie gebou dat gay wees normaal is. Om nou ook te wil voorgee dat Jesus in stryd was met die kerkleiers en daarom is gays in stryd met die kerk is net so belaglik. Die Here het gekom om aan ons en die kerk die ware betekenis te leer van die wil van Sy vader. Ja, ons moet gays nie net verwerp nie, maar vir hulle omgee en begelei. Indien hulle egter volhard in hulle sonde is dit ons plig om hulle af te sny en die tug toe te pas. Die eer gaan nie oor die mens of die gay nie, maar oor God. Ons liefde moet eerstens vir God en Hom wees en dan vir ons medemens, nie eers ons medemens en dan God nie.

    Dit maak glad nie 'n verskil of gays losbandig of in 'n vaste verhouding is nie, die verhouding is verkeerd indien dit seksueel is. Die enigste seksuele verhouding wat reg is volgens die Bybel is die in 'n huwelik tussen 'n man en vrou soos God dit bedoel het. Die feit dat tieners se hormone met hulle weghol maak dit nie reg om seksueel te verkeer nie. Indien jou ingesteldheid reg is sal jy daardeur kom sonder om seksueel aktief te raak en wag vir die regte maat wat die Here vir jou gee. Dit is iets wat nog nooit verander het nie, of jy nou straight of gay is.

    Ek is regtig verstom oor die fel aanslag wat die leuen laat aanhou en aanhou totdat dit die waarheid begin word. Ek is verstom dat baie gelowiges twyfel in die standpunt van die Bybel. Ons moet met die liefde van Christus alle mense hanteer. Hy het immers gekom om die sonde op Hom te neem. Indien die mens egter geleer het wat die waarheid is en nog steeds volhard, het hy die liefde van die Here verag en kan ons nie net aangaan asof niks gebeur het nie. Deur stil te bly verag ons die Here saam met hom.

    Is dit nie die probleem van ons samelewing nie? Ons doen niks en besef nie die gevolge van ons niks doen nie.

    Groete
    Kalahari

  2. #17
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    961

    Re: Man en Vrou is hulle gemaak...

    Ek oordeel werklik ook niemand nie, maar die Skrif oordeel wel:
    En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red. Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.
    (Joh 12:47-48)
    Iemand wat dink dit is liefde om 'n ander in vernietigende leefstyle te laat voortleef, sonder om dit uit te wys, het geen begrip van wat liefde is nie.

  3. #18
    Join Date
    Jan 2012
    Location
    Cullinan, South-Africa
    Posts
    31

    Re: Man en Vrou is hulle gemaak...

    Wanneer ek na mense luister wat gay wees regpraat soos wat dit in vandag se lewe gedoen word dan dink ek altyd aan hierdie teks:

    "want daar sal 'n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sê wat hulle graag wil hoor. Hulle sal die waarheid nie wil hoor nie en hulle tot verdigsels wend." 2 Timoteus 4:3-4 (NV)

    Ek gee nie om hoeveel sielkundiges en dokters en wetenskaplikes bymekaar kry wat dink hulle is slim om te sê daar is 'n gay geen of dis reg om gay te wees nie. Gay is sonde. Die Here se Woord is duidelik

    "...Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bedrieërs sal deel kry aan die Koningkryk van God nie." 1 Korintiers 6:9b-10 (NV)

    En Romeine 1:26-28 wys ook duidelik uit dat homoseksualiteit 'n heidense gewoonte is.

    Vir my is dit baie duidelik dat gay wees 'n sonde is soos enige ander sonde. Geen "leermeester" of wetenskap of enige iets sal my anders oortuig nie. God is dieselfde gister , vandag en more en vir altyd. Hy gaan hom nie aanpas by 'n "moderne" samelewing se reëls nie. Die Here se wil bly dieselfde vir altyd en die mens kannie dink Hy moet hom aanpas by die mens nie.

    "Teenoor die Here geld geen menslike wysheid, insig of besluit nie." - Spreuke 21:30 (NV)
    "Die norme van die regspraak kom van die Here af; Hy bepaal die maatstawwe." - Spreuke 16:11 (NV)

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Die Nasies in hulle Radeloosheid
    By Die Filadelfieer in forum Gesprek oor die Eindtye en Aktuele sake
    Replies: 11
    Last Post: Jul 20th 2011, 05:39 AM
  2. Hoe nou gemaak......
    By Johnny in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 19
    Last Post: Nov 17th 2010, 10:39 AM
  3. Wat sal hulle van my se op my begrafnis?
    By Johnny in forum Alles en nog wat
    Replies: 2
    Last Post: May 18th 2010, 06:15 AM
  4. Bespreking Het Jesus alkoholiese wyn gemaak en gedrink?
    By Johnny in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 58
    Last Post: Jun 12th 2009, 11:40 AM
  5. Wat gemaak?
    By Sonia Smit in forum Alles en nog wat
    Replies: 11
    Last Post: Oct 16th 2008, 08:32 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •