Mar 10:13 En hulle het kindertjies na Hom gebring, dat Hy hulle kon aanraak; en die dissipels het die wat hulle gebring het, bestraf.
Mar 10:14 Maar toe Jesus dit sien, het Hy hulle dit baie kwalik geneem en vir hulle gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.
Mar 10:15 Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.
Mar 10:16 En Hy het sy arms om hulle geslaan, sy hande op hulle gelê en hulle geseën.
Ons klompie en al die besoekers wat net kom kuier, kom ons bring die kinders na Hom toe in gebed.
Plaas details ( hoef nie alles te wees nie, Hy weet reeds van alles ) van kinders wat siek is, aangerand is, verkrag is, mishandel is, wees gelaat is..... al die goed wat hulle wereld laat ineenstort. Dan tree ons vir hulle in.





Reply With Quote




Bid maar net:
Bookmarks