okay so die is offisieel my eerste "post" op 'n forum maar ek dink ek is darm nou op die regte plek (jammer as ek nie is nie)

So ek en 'n dame( ouderdom 22 en 23) was die afgelope 3 maande saam en so in die middel van die 3 maande het ek haar gevra of sy al saam iemand geslaap het! sy het stil geraak en vir my gese ja maar...dit was nie so nie.. Toe het ek haar gevra was dit vrywillig en sy het gese nee! Sy se toe ook vir my dit is nie meer deel van haar lewe nie en sy en God het dit uitgesort en sy is eintlik nog "pure"!! Net sodat julle die agtergrond het

Ek se nog altyd "ek gaan met 'n virgin trou" en ek het self nog nooit saam 'n girl geslaap nie en sal ook nooit nie tot ek trou! So ek het verby dit alles gekyk en soms het dit my gepla maar ek het net aangegaan met die verhouding MAAR die afgelope week het dit my onder gekry en kan nie dit hanteer nie ek dink heeltyd daaraan! Ek dink ek het net besef dat die verhouding nou erenstig raak van altwee kante af! Sy het agterkom dat iets my pla en ek se toe vir haar! Wat dinge noeg moeiliker gemaak het is dat ek nou vir 5 maande oorsee is.

Ons is nie meer saam nie en ons altwee is emotioneel en hartseer en ek kan nie ophou aanhaar dink nie(maar dis nou maar seker net jong liefde want sy is die eerste meisie waaroor ek erenstig begin word het maar ek het wel myself aan die slaap gehuil gisteraand)

Ek kan nie eers begin dink waardeur sy nou gaan nie en ek voel so sleg omdat ek basies vir haar gese het dat ek haar nie kan aanvaar vir wie sy is nie en sy kan NIKS daaraan doen nie! Ek hou regtig van haar en ek weet nie wat in die toekoms gaan gebeur nie ....hopelik vind ek vrede in my hart en sy kan my vergewe wat ek aan haar gedoen het en alles werk uit maar ek dink dit is wishful thinking

So as daar enige iemand is wat vir my advies kan gee of wat dalk al in so posisie is/was en "oor dit" gekom het asb help!!! Ek het altyd gedink ek is die tipe ou wat verby "speed bumps" kan kyk maar lyk my nie so nie! Ek bid deesdae flippen hard en dinge is maar moeilik!

Dankie