cure-real
Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 15 of 17

Thread: GROOT GELOWE VAN DIE WÍRELD

  1. #1
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,032

    GROOT GELOWE VAN DIE WÍRELD

    Die doel van hierdie draad is om van die meer bekende gelowe van die wÍreld kortliks te bespreek en om sodoende 'n lekker leesdraad daar te stel. Debat gaan nie toegelaat word in hierdie draad nie en sou iemand wel 'n punt van debat begin, begin 'n NUWE draad asseblief. Enige debat in hierdie draad sal bloot verwyder word. Die volgende gelowe of geloof-sisteme kan kortliks bespreek word of inligting kan verskaf word en as daar iets kortkom laat weet net, dan redigeer ons hierdie lys en maak byvoegings, indien nodig. Voor ons die finale lys opstel, kom ons bespreek dit net eers...


    1. Rooms Katolisisme
    2. Protestantisme
    3. JudaÔsme
    4. Islam
    5. Boedhisme
    6. Hindoe-isme
    7. Voorvadergees aanbidding


    (Net Afrikaanse plasings asseblief en vertaal eerder iets as wat mens bloot Engelse artikels 'plak'.)
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    itís the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  2. #2
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,972
    Blog Entries
    10

    Re: GROOT GELOWE VAN DIE WÍRELD

    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Die doel van hierdie draad is om van die meer bekende gelowe van die wÍreld kortliks te bespreek en om sodoende 'n lekker leesdraad daar te stel. Debat gaan nie toegelaat word in hierdie draad nie en sou iemand wel 'n punt van debat begin, begin 'n NUWE draad asseblief. Enige debat in hierdie draad sal bloot verwyder word. Die volgende gelowe of geloof-sisteme kan kortliks bespreek word of inligting kan verskaf word en as daar iets kortkom laat weet net, dan redigeer ons hierdie lys en maak byvoegings, indien nodig. Voor ons die finale lys opstel, kom ons bespreek dit net eers...


    1. Rooms Katolisisme
    2. Protestantisme
    3. JudaÔsme
    4. Islam
    5. Boedhisme
    6. Hindoe-isme
    7. Voorvadergees aanbidding


    (Net Afrikaanse plasings asseblief en vertaal eerder iets as wat mens bloot Engelse artikels 'plak'.)
    Okay, ek kan net plaas wat my oortuigings op die stadium is:
    1. Rooms katolieke : Be skou Marie, as Moeder van Jesus as die Middelaar.
    2. Christen geloof..
    3. Hulle oŽ is op die oomblik nog 'toe' om Jesus as verklosser raak te sien, maar daar sal 'n tyd kom wanneer hulle Hom wel sal aanvaar as redder, en sal verlos word deur Hom as verlooser te belei
    4. Islam... Allah... Mohammed...
    5. Hindus... rooi kolletjie op die voorkop.. ??
    7. Voorvadergees aanbidding... Afrika gelowe... demonies


    En as die eksamen was,,,dop ek nou met vlieŽnde vaadels
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  3. #3
    Join Date
    Feb 2004
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    6,497
    Blog Entries
    16

    Re: GROOT GELOWE VAN DIE WÍRELD

    Die drie gelowe wat ek die minste van weet is die voorvader geeste (wat nogal baie mense sal insluit. Op elke kontinent is daar sulke mense) boedisme, soos ek dit verstaan is daar twee soorte, en hinduisme wat baie ingewikkeld klink. Sal nogal meer wil hoor. Ek sal kyk wat ek kan uitvind
    "I am come that they might have life, and that they might have it more abundantly."


    in all your ways acknowledge Him, and he will make your paths straight.


    Many are the afflictions of the righteous; But Jehovah delivereth him out of them all.

  4. #4
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,032

    Re: GROOT GELOWE VAN DIE WÍRELD

    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    1. Rooms Katolisisme
    2. Protestantisme
    3. JudaÔsme
    4. Islam
    5. Boedhisme
    6. Hindoe-isme
    7. Voorvadergees aanbidding
    Ek wil net graag 'n wysiging/verbetering of twee aanbring oor 'n spelfout of twee en dan ook 'n beter beskrywing op punt nommer 7, wat Philip aan my gewys het en ek dink werklik hierdie kan 'n baie goeie draad wees en mens hoop almal neem deel.

    1. Rooms Katolisisme
    2. Protestantisme
    3. JudaÔsme
    4. Islam
    5. Boeddhisme
    6. HindoeÔsme
    7. Animisme (Voorvadergees aanbidding)
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    itís the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  5. #5
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,032

    Re: GROOT GELOWE VAN DIE WÍRELD

    1. Rooms Katolisisme

    Die Rooms-Katolieke Kerk Ė Leer (Sien hierdie skakel vir bron)

    Opsomming

    Hierdie artikel behandel die basiese leerstellings van die Rooms-Katolieke Kerk. In die kassies word die saligverklaring en heiligverklaring van afgestorwenes, die persoon en identiteit van Maria en die verering van Moeder Maria en die heiliges behandel.

    Rooms-Katolisisme is 'n monoteÔstiese godsdiens wat die basiese Christelike Leer onderskryf en bely. Die grootste verskil tussen die Rooms-Katolieke Kerk en ander Christen-groepe lÍ in die Katolieke se siening van die rol en posisie van die Kerk en van die Pous. Die Katolieke Kerk beskou homself as die enigste ware en universele Christelike kerk en die regmatige "erfgenaam" van al die opdragte en magte wat Jesus Christus deur die twaalf apostels aan Christene gegee het.

    Rooms-Katolieke glo ook dat die hoof van die Katolieke Kerk - die Pous - die Godverkose opvolger van die apostel Petrus (sien Mattheus 16: 13-19) is. Rooms-Katolieke glo daarom in die geestelike oppergesag en absolute onfeilbaarheid van die Pous, terwyl Protestantse en Ortodokse kerke hierdie gedagte verwerp.

    'n Opsomming van die Rooms-Katolieke geloofsoortuigings kom voor in die Niceense Geloofsbelydenis, wat in 325 nC tydens die Eerste Ekumeniese Raad in Nicee geformuleer en later aangepas en uitgebrei is. Dit behels kortliks dat Rooms-Katolieke, soos ander Christene, die Almagtige, Drie-Enige God aanbid wat die heelal en alles wat daarin is, gemaak het. Hulle glo dat God die mens aanvanklik goed en sondeloos geskape het, maar dat die ganse mensdom weens ongehoorsaamheid aan God in sonde verval het (soos beskryf in die Bybelse verhaal van Adam en Eva) en daarom nodig het om verlos te word.

    Vir hierdie doel het God sy Eniggebore Seun, Jesus Christus, na die Aarde gestuur - naamlik om eers 'n sondelose lewe te lei en daarna as onskuldige offer met Sy lewe aan die kruis te betaal vir die sonde van die ganse mensdom. Deur Sy offerdood het Christus dit vir die mens moontlik gemaak om van sonde verlos te word en die Ewige Lewe in die hemel te bekom. Hulle glo ook dat Jesus Christus op die derde dag nŠ Sy kruisdood uit die dood opgestaan, later opgevaar het na die hemel en dat Hy eendag na die Aarde sal terugkeer om die lewendes en dooies te oordeel en daarna vir ewig as Koning te regeer.

    Hoewel hierdie basiese leerstellings ook deur die meeste ander Christen-groepe aanvaar en bely word, is daar ook sekere leerstellings en oortuigings wat uniek is aan die Rooms-Katolieke Kerk en waaroor hulle dus van ander Christene verskil. (Sien artikels: "Christelike Leer" en "Die Christen-lewe" vir meer besonderhede oor algemene Christelike leerstellings.)

    Universele Christelike kerk

    Soos sy naam aandui ("katoliek" - allesomvattend, universeel), beskou die Rooms-Katolieke Kerk hom as die enigste ware en universele Christelike kerk. Die Kerk maak daarop aanspraak dat hy die ononderbroke voortsetting is van die Christelike gemeenskap wat Jesus Christus op aarde gevestig het. Hy is daarom ook die regmatige "erfgenaam" van al die magte en opdragte wat Jesus deur die twaalf apostels aan die Christelike kerk gegee het.

    Hierdie aanspraak word saamgevat in die eeue-oue Katolieke stelling: "Daar is geen verlossing buite die (Rooms-Katolieke) Kerk nie". Hoewel daar tydens die Vatikaan II Ekumeniese Raad (1962-1965) probeer is om 'n meer verdraagsame siening van ander Christene te formuleer, kom dit daarop neer dat die Katolieke Kerk deur die eeue alle nie-Katolieke (insluitend lede van ander Christen-groepe, ander godsdienste en mense wat uit die Katolieke Kerk bedank het) as verlore heidene beskou het.

    Katolieke glo dus dat die Rooms-Katolieke Kerk die enigste en unieke agent is waardeur God se genade en redding aan mense gebring kan word. As sodanig het die Kerk die unieke Godgegewe gesag en taak om die Bybel te interpreteer en mense daarin te onderrig, asook die gesag en taak om die sakramente aan sy lidmate te bedien.

    Apostoliese opvolging

    Baie nou verwant aan die Rooms-Katolieke Kerk se siening van homself as die universele en enigste ware Christelike kerk, is die doktrine van apostoliese opvolging. Katolieke glo dat Jesus bepaalde magte, verantwoordelikhede en opdragte aan die apostels as leiers van die vroeŽ Christelike kerk gegee het en dat die Kerk se leiers - die biskoppe - die regmatige erfgename is van hierdie gesag.

    Die Kerk maak daarop aanspraak dat hierdie ketting van apostoliese gesag of leierskap ononderbroke teruggevoer kan word tot by die oorspronklike apostels. Biskoppe, as die opvolgers van die apostels, het daarom dieselfde "drievoudige bediening" of "drievoudige gesag" as apostels, naamlik om te onderrig, die sakramente te bedien en die Kerk te regeer.

    Die apostoliese gesag is dieselfde as wat God aan Petrus as hoof van die Christelike Kerk gegee het (Mattheus 16: 13-19) Hierdie apostoliese gesag of bediening is gesetel in die amp van die Pous - die hoof (-biskop) van die Katolieke Kerk in Rome.

    Gesag van die Pous

    Die Rooms-Katolieke Kerk se siening van die amp en gesag van sy hoof, die Pous, is waarskynlik die mees kontroversiŽle binne die breŽ Christelike gemeenskap en het deur die eeue heelwat konflik tussen Katolieke en ander Christen-groepe veroorsaak.

    Die Pous is die biskop van die stad Rome, wat sy gesag net soos ander biskoppe deur apostoliese opvolging ontvang. As biskop van Rome is hy egter in die unieke posisie dat hy ook beskou word as die opvolger van die apostel Petrus, "prins" van die apostels en leier van die vroeŽ Christelike gemeenskap. Hierdie aanspraak is gebaseer op die Katolieke lering dat Jesus nŠ sy opstanding vir Petrus aangestel het as die hoof van die Christelike kerk (Mattheus 16: 13-18) en dat Petrus die kerk uit Rome regeer of bestuur het.

    Hoewel biskoppe van Rome reeds in die vierde en vyfde eeu begin het om hul oppergesag oor die universele Christelike kerk te verdedig, is die oppergesag van die Roomse pous eers in 1439 tydens die Sewentiende Ekumeniese Raad in Florence (Firenze) (1431-1439) gedefinieer. Daarvolgens is hy "Hoof (Engels: "Primacy") oor die Ganse WÍreld, Opvolger van Petrus, Stedehouer van Christus, Hoof van die Hele Kerk en Vader en Onderwyser van alle Christene". Luidens diť definisie het hy ook die gesag en mag van Christus ontvang om die "universele kerk" te voed, daaroor te heers (Engels: "ruling") en dit te regeer (Engels: "governing").

    In aansluiting hierby is daar tydens die Vatikaan I Ekumeniese Raad (1869-1870) verklaar dat die Pous uit hoofde van sy amp onfeilbaar (nooit verkeerd nie) is. Uitsprake wat deur hom gemaak word, word dus deur Rooms-Katolieke as die absolute en onbetwisbare waarheid aanvaar.

    Katolieke Bybel

    Rooms-Katolieke beskou die Bybel as Heilige Skrif en openbaring van God en aanvaar dit daarom as die gesaghebbende basis van sy leer. Die Rooms-Katolieke Bybel verskil egter van die Protestantse Bybel deurdat dit, behalwe vir die boeke van die Ou Testament (Hebreeuse Bybel of Tanakh) en die Nuwe Testament, ook die Apokriewe of Deutero-Kanonieke boeke (Tobias, Judit, toevoegings tot Ester, MakkabeŽrs I en II, Wysheid van Salomo, Wysheid van Sirag, toevoegings tot DaniŽl, Barug en brief van Jeremia) insluit.

    Tradisie van die Kerk

    Tydens die Ekumeniese Raad van Trent (1545-1563) is amptelik bevestig dat God se openbaring en riglyne aan Sy kerk nie net in "geskrewe boeke" voorkom nie, maar ook in die "ongeskrewe tradisies" van die kerk. Hierdie verklaring was grootliks in reaksie teen die Protestante se siening dat die Bybel alleen as God se openbaring en riglyn vir die Christen-lewe moes dien.

    In die praktyk beteken dit dat Katolieke die Bybel verklaar en toepas binne die raamwerk van die Kerk se tradisie. Dit maak ook voorsiening dat sommige waarhede en gebruike wat nie noodwendig in die Bybel voorkom nie, geldig verklaar word deur die tradisie van die Kerk.

    Voorbeelde hiervan is die verering van Moeder Maria en heiliges, die saligverklaring van afgestorwenes, die doop van babas en die gebruik om water op die voorkop van die dopeling te sprinkel in plaas daarvan om die persoon heeltemal in die water te dompel, soos toe Johannes vir Jesus gedoop het (Mark 1: 10).

    Rituele en gebruike

    Sewe Sakramente
    Die Rooms-Katolieke Kerk het sewe sakramente wat die wese of kern vorm van sy lidmate se geestelike lewe. Die Kerk glo dat hy deur Jesus Christus self (Mattheus 28: 19, 20) aangestel is as die Agent waardeur God se genade deur middel van die sakramente aan die mensdom oorgedra word.

    Omdat die Rooms-Katolieke Kerk hom deur die eeue ten nouste verbind het met die Koninkryk van God, beteken dit in praktyk dat mens net verlos kan word deur jou verbintenis met die Katolieke Kerk en deelname aan sy sakramente. Veral tradisionele Rooms-Katolieke glo dat verlossing byna fisiek oorgedra word wanneer die persoon sekere sakramente gebruik en dat die sakramente dus veel meer as net 'n simboliese betekenis het - soos wat die meeste Protestante glo.


    Doop
    Net soos 'n kind die natuurlike wÍreld deur natuurlike geboorte inkom, beskou Katolieke die doop as die wyse waarop 'n kind (of ongedoopte volwassene) geestelik gebore word deurdat God se genade daardeur aan hom oorgedra word. Die doop reinig die persoon van die natuurlike of erfsonde waarmee elke mens sedert die sondeval die lewe inkom en stel hom of haar in staat om in gemeenskap met God as deel van Sy Kerk te leef.

    Dit kom dus daarop neer dat niemand ongedoop hemel toe kan gaan nie en dat selfs babas wat sterf voordat hulle gedoop kon word, die hemel nie beskore is nie.

    Bevestiging of toewyding
    Wanneer 'n kind tot sy verstand kom (tussen 12 en 14 jaar), word die sakrament van bevestiging aan hom of haar bedien. Daardeur word die kind opnuut aan God toegewy om voortaan as volwasse en verantwoordelike gelowige te leef. Soms neem die kind met bevestiging die naam van 'n Rooms-Katolieke heilige aan.

    Mis of heilige nagmaal
    Die belangrikste sakrament in die Rooms-Katolieke Kerk is die mis of heilige nagmaal, wat ook die belangrikste deel uitmaak van Katolieke aanbidding. Die mis word beskou as 'n nabootsing (Engels: "reenactment") van Christus se laaste maaltyd saam met sy dissipels. Katolieke glo dat die "geheiligde brood en wyn" (genoem die eucharistie) wat tydens die nagmaal gebruik word, 'n metafisiese verandering deur die proses van "transubstansiasie" ondergaan om werklik die vlees en bloed van Jesus Christus te word.

    Elkeen wat daaraan deelneem, neem dus die fisieke liggaam en bloed van Christus in hul liggame in en sů offer Christus Hom met elke nagmaal in die plek van die gebruiker, 'n offer soortgelyk aan Sy kruisdood. 'n Belangrike voorwaarde vir die transubstansiasie of metafisiese verandering van die brood en wyn is dat die nagmaal deur 'n geordineerde priester bedien moet word.

    Boetedoening
    Omdat 'n mens swak is en steeds foute maak of teen God kan sondig, is die sakrament van boetedoening van tyd tot tyd nodig om weer sy verhouding met God en die Kerk te herstel. Katolieke glo dat 'n mens se sonde vergewe word wanneer dit in die teenwoordigheid van een van God se afgevaardigdes (byvoorbeeld 'n priester) aan Hom bely word.

    Huwelik
    Rooms-Katolieke beskou die huwelik tussen man en vrou as 'n heilige sakrament waardeur God hulle saambind tot 'n lewenslange eenheid. Om hierdie rede word egskeiding nie deur die Katolieke Kerk toegelaat nie. Tydens die huweliksbevestiging is die bruid en bruidegom self die bedienaars van die sakrament aan mekaar - en nie die priester, soos in die geval van ander sakramente nie.

    Heilige ordening
    Die sakrament van heilige ordening (Engels: "holy orders") word net aan iemand bedien wat sy of haar hele lewe volkome aan God toewy. 'n Man sal daarna 'n priester of monnik word, terwyl 'n vrou wat diť sakrament ontvang het, daarna 'n non sal word.

    Laaste rites
    Die sogenaamde laaste rites word ook die "sakrament van die siekes" of "salwing van siekes" genoem en is tradisioneel net op 'n persoon se sterfbed bedien. Katolieke glo dat die persoon se aardse lewe daardeur afgesluit word en sy of haar siel voorberei word vir die laaste reis na die ewigheid. Sedert die Vatikaan II Ekumeniese Raad word hierdie sakrament egter ook aan ou mense en mense wat ernstig siek is bedien - en nie net aan sterwendes nie.


    vervolg...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    itís the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  6. #6
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,032

    Re: GROOT GELOWE VAN DIE WÍRELD

    (Rooms Katolisisme) vervolg...

    Saligverklaring en heiligverklaring van afgestorwenes

    Gelowiges wie se lewens gekenmerk is deur besonderse deugsaamheid of diens aan God en martelare wat vir hul geloof in Christus sterf, kan nŠ hul dood deur die Rooms-Katolieke Kerk tot "salige" (Engels: "blessed") of "heilige" (Engels: "holy") verklaar word.

    In die geval van saligverklaring word toestemming deur die Pous verleen (deur die uitvaardiging van 'n "verordening van saligverklaring") dat 'n afgestorwene in 'n bepaalde omgewing deur sekere rituele vereer mag word. Sů 'n persoon, of salige, se verering is dus vrywillig en nie verpligtend nie. Hy of sy word ook nie deur die hele Katolieke Kerk vereer nie en die wyse waarop die verering mag plaasvind is beperk.

    Wanneer die Pous 'n afgestorwene tot heilige verklaar, word 'n "verordening van heiligverklaring" uitgevaardig waarvolgens die betrokke persoon deur die hele of "Universele Kerk" vereer moet word. In hierdie geval is die verering van die heilige verpligtend vir elke lid van die kerk.


    Identiteit en persoon van Moeder Maria

    Rooms-Katolieke het 'n besonder hoŽ agting vir Maria, die moeder van Jesus, wat soms tot 'n vlak gevoer word waar 'n byna goddelike identiteit aan haar toegedig word. Hierdie agting word veral duidelik weerspieŽl in die name of titels waarmee na haar verwys word.

    Daar is aanduidings dat Maria reeds in die vroeŽ jare van die Christelike kerk besonderse aansien onder gelowiges geniet het. In die tweede eeu is al na haar verwys as "Moeder van God" (Grieks: Theotokos), maar dit het aanvanklik hoofsaaklik ten doel gehad om die goddelikheid van Jesus te beklemtoon. Hierdie titel is egter amptelik tydens die Ekumeniese Raad van Efese (431 nC) bevestig en word vandag steeds algemeen in die Katolieke en Ortodokse kerke gebruik.

    In die derde eeu het sommige aangevoer dat Maria weens haar bevrugting deur die Heilige Gees "onbevlek" en sonder enige sonde was. Tydens die Ekumeniese Raad van Konstantinopel III (680-681 nC) is ook sů na haar verwys. Tydens die Middeleeue is aangevoer dat sy reeds sedert haar geboorte sondeloos was en in 1654 het pous Pius IX 'n amptelike verordening uitgevaardig om die "Onbevlekte Ontvangenis" van Maria te verklaar.

    In die sewende eeu het die oortuiging dat Maria nie net 'n maagd was met Jesus se geboorte soos die Bybel (MarrhťŁs 1: 18, 23) vertel nie, maar vir die res van haar lewe 'n maagd gebly het, daartoe gelei dat sy ook die "Ewige Maagd" (Grieks: aieiparthenos) genoem is. Sommige het ook aangevoer dat Maria nooit gesterf het nie, maar dat haar liggaam lewend deur God in die hemel opgeneem is.

    Tydens die Middeleeue is Maria toenemend uitgebeeld as 'n liefdevolle, genadige middelaar tussen die mens en Christus, wat gereed gestaan het om sondaars te veroordeel en straf. In smeekbede is sy dikwels vereer met Bybelse name wat eintlik op God of Christus van toepassing is, soos "Toring van Verlossing" (II Samuel 22: 51), "Roos van Saron" (Hooglied 2: 1), en so meer.


    Verering van Moeder Maria en heiliges

    Rooms-Katolieke word dikwels deur ander Christen-groepe van afgodery beskuldig omdat hulle Maria, die moeder van Jesus, en ander "heiliges" vereer en tot hulle bid. Katolieke verdedig hierdie gebruik deur te onderskei tussen die "aanbidding" (Grieks: latreia) van God en die "verering" of "diens" (Grieks: dulia) van Maria en die heiliges.

    Katolieke glo dat die Bybelse term "gemeenskap van die heiliges" (1 KorinthiŽrs 10: 16) verwys na die kerk in sy geheel - lewende sowel as dooies (insluitend diegene wie se siele 'n suiweringsproses in die vaevuur ondergaan). Daarom kan daar tot Maria en afgestorwe heiliges gebid word om hulle te versoek om vir die bidder by God voorspraak te maak. Protestante glo egter dat Jesus Christus die enigste en volkome Middelaar tussen die mens en God is en dat daar alleen deur Hom tot God gebid mag word.

    Behalwe vir gebede, kan die verering ook ander vorme aanneem, veral met die verering van Moeder Maria. Sedert die Middeleeue word 'n bidsnoer met 150 krale gebruik wat die 150 Psalms voorstel. Later is 15 groter krale wat die "Onse Vader"-gebed voorstel, bygevoeg. 'n Bedeklok (angelus) word soms met sonsopkoms, middag en sonsondergang by kloosters gelui, terwyl bepaalde gebede opgesÍ en lofsange tot eer van Maria gesing word.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    itís the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  7. #7
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,032

    Re: GROOT GELOWE VAN DIE WÍRELD

    2. Protestantisme

    Protestantisme - (Sien bron)

    Opsomming

    In hierdie artikel word die oorsprong, leerstellinge, rituele en verskillende vertakkinge en sektes van die Protestantse Kerk ondersoek. Statistiek dui daarop dat 32,5% van die wÍreld se totale bevolking van meer as ses biljoen mense Christene is. Die Rooms-Katolieke Kerk is die grootste Christelike denominasie, met meer as een biljoen lidmate. Die Protestantse Kerk is die tweede grootste, met sowat 350 miljoen lidmate.

    Die Protestantisme verwys na die beweging wat tydens die Hervorming van die sestiende eeu van die Rooms-Katolieke Kerk afgestig het (sien artikel: "Hervorming"). Die term Protestantisme is afgelei van die Latynse woord protestatio, wat verwys na die protes van 'n klein groepie Lutheraanse en Gereformeerde afgevaardigdes teen die Edik van Speyer wat in 1529 uitgevaardig is. Diť protesbeweging is deur Martin Luther, 'n Augustyner, gelei. Hy het beswaar gemaak teen hierdie edik omdat dit alle vorme van ekklesiastiese hervorming verbied het. Ander invloedryke figure in die beweging sluit onder andere in Johannes Calvyn, Ulrich Zwingli en John Knox.

    In 1783 het die Protestantisme amptelik erkenning gekry toe die Protestantse Anglikaanse Kerk in die Verenigde State van Amerika (VSA) diť woord in hul naam ingesluit het om hul denominasie aan te dui. Protestantiste grond hul leerstellinge op die veronderstelling dat "gewone" Christene bekwaam is om self hul geloof te bely en te beoefen sonder die inmenging of bemiddeling van die Pous.

    Leerstellinge

    Die belangrikste eienskappe van die Protestantisme was die feit dat Protestante die Bybel as die enigste ware bron van God se openbaring beskou het, glo in die universele priesterdom van gelowiges, aanvaar dat alle roepinge en beroepe voor God heilig is en glo dat gelowiges net deur geloof geregverdig of gered kan word - en nie deur goeie werke of lidmaatskap van 'n kerk nie.


    Gesag van die Bybel
    Protestante beskou die Bybel as die enigste bron van God se openbaring aan die Christendom. Hoewel die Rooms-Katolieke Kerk ook die gesag van die Bybel erken, glo hulle ook dat tradisies en die Pous gesaghebbende bronne is.

    Universele priesterskap
    In teenstelling met die Rooms-Katolieke Kerk, glo die Protestante dat alle gelowiges die vryheid het om deur bemiddeling van Christus in 'n verhouding met God te staan sonder "inmenging deur menslike bemiddelaars".

    Heiligheid van alle roepinge en beroepe
    Die Protestante verwerp die Middeleeuse onderskeiding tussen sekulÍre en heilige of "godsdienstige" beroepe en gee erkenning dat alle roepinge, asook beroepe, voor God heilig kan wees. Luther het dan ook verklaar dat die arbeid wat deur 'n monnik of priester verrig word, nie meer belangrik vir God is as die werk wat deur 'n plaaswerker of 'n huisvrou gedoen word nie.

    Regverdiging deur geloof
    Protestante glo dat mense nie deur hul goeie werke of verdienste geregverdig kan word nie, maar net deur "genade en geloof in Jesus Christus". Ander belangrike leerstellinge sluit in die individu se verantwoordelikheid en die mens se reg om sy geloof te beoefen in ooreenstemming met sy gewete.


    Sakramente

    Die meeste Protestantse Kerke onderhou net twee sakramente, naamlik die Doop en die Nagmaal.


    Doop
    Die meeste Protestantse Kerke beskou die Doop as individue se toelating tot die universele, onsigbare Christelike Kerk, asook die plaaslike, sigbare gemeente. Die motivering hiervoor is te vinde in Jesus se opdrag aan die Kerk, soos weergegee in Mattheus 28:19: "Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees..."

    Nagmaal
    Terwyl die Doop beskou word as toelating tot die Christelike Kerk, word die Nagmaal beskou as die voortsettingsritus in die Kerk. Voor sy inhegtenisneming en kruisiging het Jesus Christus sy laaste maaltyd saam met sy dissipels geŽet. Die Nagmaal is dus persoonlik deur hom ingestel as 'n wyse waarop die Kerk sy kruisdood moet herdenk. "Toe neem Hy brood, spreek die dankgebed uit, breek dit en gee dit vir hulle met die woorde: 'Dit is my liggaam wat vir julle gegee word. Gebruik dit tot my gedagtenis'."


    Vertakkinge en sektes

    In die ses eeue sedert die ontstaan van die Protestantisme het verskeie vertakkinge en sektes uit diť groep ontstaan. Die hoofgroepe sluit in:


    Adventiste
    Hierdie groep se doktrine is gegrond op die Wederkoms van Christus en die naam verwys spesifiek na die leerstellinge van William Miller (1782-1849) wat voorspel het dat die wÍreld eers in 1843 en toe in 1844 tot 'n einde sou kom. Toe dit nie sů gebeur nie, het sy aanhangers - bekend as die Tweede Adventiste - in 1845 'n verklaring uitgereik waarin uiteengesit is dat hulle glo in die sigbare wederkoms van Christus, maar dat dit op 'n onbekende datum sal plaasvind.

    Die Adventiste glo ook dat die opstanding van die dooies sal plaasvind en dat dit die aanbreek van die nuwe millennium sal inlui. Diť groep het later bekend gestaan as die Evangeliese Adventiste. Die Advent Christelike Kerk is in 1861 gestig na aanleiding van 'n geskil oor die onsterflikheid van die siel.

    In 1844 is die Sewendedagse Adventiste onder leiding van Joseph Bates en James en Ellen White gestig. Diť groep verskil van ander Christelike denominasies deurdat hulle glo dat die Saterdag onderhou moet word as die sabbat. Diť Kerk het sy amptelike status in 1863 ontvang.

    Die Kerk van God is oorspronklik in 1888 gestig en het oorspronklik bekend gestaan as die Kerke van God in Jesus. In 1921 het hulle hul naam verander en sedertdien staan hulle bekend as die Kerk van God.

    Anabaptiste (Wederdopers)
    Diť naam is oorspronklik spottenderwys aan Protestantse sektes gegee wat glo dat die Kleindoop nie in die Bybel voorkom nie en dat die Doop net aan volwasse gelowiges bedien moet word. Die Anabaptiste was veral berug in Europa gedurende die sestiende eeu en het deel gevorm van die "radikale vleuel" van die Hervorming. Hulle het hul hoofsetels gehad in Duitsland, Switserland, MorawiŽ en Nederland.

    Drie bewegings kan binne diť groep onderskei word. Hulle is die revolusionÍre Anabaptiste, die evangeliese Anabaptiste en die peinsende Anabaptiste. Afkomelinge van die Nederlandse en Switserse evangeliese Anabaptiste staan bekend as die Mennoniete.

    Anglikaanse Gemeenskap
    Die Anglikaanse Gemeenskap verteenwoordig verskeie Kerke wÍreldwyd wat lede is van die Kerk van Engeland. Die Gemeenskap bestaan uit streekskerke, provinsies en afsonderlike bisdomme wat saamgebind word deur hul gemeenskaplike verklaring van lojaliteit, soos saamgevat in die Lambent-konferensie van 1930.

    Die Gemeenskap bestaan uit die Anglikaanse Kerk in die VSA, die Skotse Anglikaanse Kerk, die Kerk van Wallis, die Kerk van Ierland en die Nippon See Kop Koeweit in Japan. Daar is ook afsonderlike bisdomme in Jerusalem en Egipte.

    Baptiste
    Diť naam is oorspronklik in 1644 aan Protestantse Christene gegee wat geglo het dat die doop net aan gelowiges bedien moet word en dat onderdompeling - soos in die Ou Testament voorgeskryf is - die enigste wyse is waarop dit uitgevoer moes word. Die Baptistiese WÍreld-alliansie is in 1905 gestig en Baptiste-kerke van oor die wÍreld is lede daarvan.

    Calvinisme
    Die naam 'Calvinisme' is afgelei van Johannes Calvyn en sluit alle kerke in wat ontstaan het as gevolg van sy doktrines, asook diť wat sy leerstellinge onderskryf. Calviniste plaas veral klem op God se soewereiniteit en glo ook dat net diegene wat deur God uitverkies is, gered sal word. Hulle glo verder dat die uitverkiesing nie deur die uitverkorenes weerstaan kan word nie en dat die individu niks kan doen om gered te word nie.

    Kongregasionalisme
    Hierdie groep Protestante se grondwet bepaal dat elke gemeente of plaaslike kerk gesag het oor sy eie belange. Dit is gegrond op die beginsel dat elke plaaslike gemeente Jesus Christus as hoof het en dat die verskillende gemeentes mede-lidmate in die familie van God is.

    Lutheranisme
    Lutheranisme het ook sy ontstaan te danke aan die Hervorming. Diť groep se doktrines is gegrond op die leerstellinge van Martin Luther. Toe Luther uiteindelik besef dat die hervorminge wat hy aan die Rooms-Katolieke Kerk voorgestel het, nie gaan plaasvind nie, het hy homself gewy aan die oplossing van vraagstukke rondom geloof en het nie veel aandag gegee aan die infrastruktuur van die nuwe Evangeliese kerke nie.

    Metodisme
    Hierdie groep het sy oorsprong in Engeland en grond hul doktrines op die leerstellinge van John Wesley. Die ontstaan van die Metodisme kan teruggevoer word na 1838. In diť jaar het John en sy broer, Charles, met die MorawiŽrs in aanraking gekom en onderneem om evangeliese boodskappe te preek. Hulle het ook die Morawiese leerstellinge oor bekering en heiligmaking onderskryf. Hoewel die Wesleys nooit hul verordinering deur die Kerk van Engeland prysgegee het nie, is hulle verbied om ooit weer in diť Kerk te preek.

    Die Wesleys het nie toegelaat dat dit hulle keer nie en het voortgegaan om te preek in skure, huise, velde of enige ander plek waar hulle 'n gehoor kon akkommodeer. Verenigings is gestig, bekeerlinge het vergader en leke-predikers is opgelei en aangestel oor gemeentes. In 1744 is die eerste jaarlikse konferensie van Metodiste gehou. Tydens diť konferensie is hul geloofsbelydenis saamgestel en in 1784 het die Wesleys 'n Verklaring van Voorneme bekendgestel wat wettige status aan Metodiste-byeenkomste verleen het.

    Verskeie vertakkinge het ontstaan, insluitende die Wesleyaanse Metodiste-kerk, die Nuwe Verbintenis Metodiste-kerk (Engeland), die primitiewe Metodiste, die Bybel-Christene, die Protestantse Metodiste, die Wesleyaanse Metodiste-vereniging en die Wesleyaanse Gereformeerdes. In 1857 het die drie laasgenoemde groepe saamgesmelt om die Verenigde Metodiste-kerk te vorm. In 1907 het die Nuwe Verbintenis Metodiste-kerk en die Bybel-Christene hulle by die Verenigde Metodiste-kerk gevoeg. In 1932 het die Wesleyaanse Metodiste, die Primitiewe Metodiste en die Verenigde Metodiste saamgesmelt en die Britse Metodiste-kerk gevorm.

    Pinksterbeweging
    Die woord 'Pinkster' is afgelei van die Griekse woord Pentecost, 'n verwysing na die Joodse Wekefees (Engels: 'Feast of Weeks') - wat op die vyftiende dag nŠ Paasfees gevier word. Op diť dag is die Heilige Gees uitgestort op die eerste Christene en dit het hulle in staat gestel om in tale te praat. Die Pinksterbeweging is in die negentiende eeu gestig. Hulle glo dat bekeerlinge vervul moet word met die Heilige Gees en dat die getuienis van vervulling die praat in tale is.

    Daar is verskillende groepe binne hierdie beweging wat die klassieke Pinkster- en Charismatiese Bewegings insluit.

    Laasgenoemde het aan die einde van die negentiende eeu ontstaan na aanleiding van die Heiligheidsbeweging in die VSA. In 1901 het Charles Fox Parham begin om in sy Topeka-gemeente te preek oor die gawe van tale. Hy het beweer dat dit 'n bewys is dat gelowiges vervul is met die Heilige Gees. In 1906 het sy gemeente in Los Angeles, die Apostoliese Geloofsending (AGS), die kern gevorm van die herlewing wat uitgebreek het.

    Die Charismatiese Beweging is in die Sestigerjare gestig toe baie nie-Pinkster-lidmate bewus geword het van die vroeŽre herlewing wat deur evangeliese geloofsgenesers georganiseer is. Die amptelike ontstaan kan teruggevoer word na Dennis Bennett, 'n Pinkster-prediker wat aan sy gemeente in Van Nuys, KaliforniŽ, beken het dat hy in tale spreek.

    Presbiteriane
    Hierdie groep se infrastruktuur en administrasie bestaan uit 'n stelsel van kerklikes en leke-ouderlinge. Dit is 'n vermenging van die stelsels wat deur die Anglikane (beheer deur die biskoppe) en Kongregasionalisme (beheer deur die plaaslike gemeente) gevolg word. Die Presbiteriane glo dat hul stelsel gegrond is op die aanstelling van ouderlinge, soos uiteengesit in die Nuwe Testament.

    Die Presbiteriane is voorstanders van die doktrines van Calvyn en is een van die hoofgroepe binne die Gereformeerde kerke. In 1876 het die verskillende kerke in Engeland saamgesmelt om die Presbiteriaanse Kerk van Engeland te vorm. In 1972 het diť kerke hulle by die Kongregasionalistiese Kerk van Engeland en Wallis gevoeg om die Verenigde Gereformeerde Kerk van Brittanje te vorm. Die Kerk van Skotland, wat in 1557 deur John Knox gestig is, is die enigste Presbiteriaanse Kerk wat ingevolge wetgewing gestig is.

    Die Presbiteriaanse Kerk in Ierland is in 1840 gestig en die Calvinistiese Metodiste-kerk, ook bekend as die Presbiteriaanse Kerk van Wallis, is in 1998 gestig.Die eerste Presbiteriaanse Kerk in die VSA is in 1706 deur Francis Makemie in Philadelphia gestig. In 1983 het die Verenigde Presbiteriaanse Kerk in die VSA saamgesmelt met die tweede grootste groep, bekend as die Presbiteriaanse Kerk van die VSA of die Suidelike Presbiteriaanse Kerk, om die Presbiteriaanse Kerk te vorm. In 1970 het die Presbiteriaanse WÍreld-alliansie hulle by die Internasionale Kongregasionale Raad gevoeg om die WÍreld-alliansie van Gereformeerde Kerke te vorm.

    Puritanisme
    Puritanisme se ontstaan kan teruggevoer word na ongeveer 1516. Diť organisasie het opgang gemaak tydens die heerskappy van koningin Elisabeth I van Engeland en is oorspronklik gestig om godsdienshervormings te bevorder. Die vroeŽ Puriteine het egter gevoel dat Elisabeth en haar hof te polities, te toegeeflik en te Katoliek was. Hulle het die leerstellings van Calvyn aangehang en was voorstanders van die uitverkiesing. Hulle het ook geglo dat die aanstelling van biskoppe en die stig van kerke deur die staat nie in die Bybel gefundeer was nie.

    Die doelstellings van die vroeŽ Puriste soos Thomas Cartwright was om die Katolieke Kerk te "reinig" en nie om af te stig nie.

    Gereformeerde Kerke
    Die Gereformeerde Kerke is in wese Protestantse Kerke wat ontstaan het as gevolg van die Hervorming. Hulle is die kerke wat hul doktrines grond op die leerstellinge van Johannes Calvyn.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    itís the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  8. #8
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,032

    Re: GROOT GELOWE VAN DIE WÍRELD

    3. JudaÔsme

    JudaÔsme: Leerstellings - (Sien Bron)

    Opsomming

    Hierdie artikel handel oor die JudaÔsme. Daar word gekyk na die basiese leerstellings oor God, die verbond met Israel en die mens se posisie in die JudaÔsme. In die kassies word Ramban se "Dertien Geloofsbeginsels" behandel,die Naam van God, sowel as die JudaÔstiese konsep van die lewe nŠ die dood. In die laaste kassie word terme en begrippe wat in hierdie artikel voorkom, verduidelik.

    Met sowat 15 miljoen Jode wÍreldwyd, is die JudaÔsme vandag nie een van die grootste godsdienste op aarde nie. JudaÔsme se belangrikheid is ook nie in die eerste plek daaraan gekoppel dat dit sowat vierduisend jaar gelede begin het en moontlik die oudste monoteÔstiese godsdiens op aarde is nie (daar is onsekerheid oor presies wanneer Zoroastrisme - die ander antieke monoteÔstiese godsdiens - ontstaan het).

    Die JudaÔsme, waarin sterk klem gelÍ word op die aanbidding van die enige en almagtige Skeppergod, se uniekheid en belangrikheid hou eerder verband met die besondere impak wat dit deur die eeue op ander godsdienste en religieŽ gehad het. Nie net is dit die godsdiens en leefwyse van die miljoene Jode op aarde nie, maar invloede van die JudaÔsme kan ook gevind word in godsdienste soos die Rastafarianisme, BahŠ'aŪ, SciŽntologie, Gnostisisme en ander.

    Meer nog - die wÍreld se twee grootste godsdienste, die Christelike godsdiens en Islam, wat saam deur meer as die helfte van die sowat 6 biljoen mense op aarde nagevolg word, het as 't ware uit die JudaÔsme ontstaan. Dit kan daarom sonder twyfel beskou word as die invloedrykste godsdiens in die geskiedenis van die mensdom.

    Algemene leerstellings

    Die JudaÔsme het nie 'n amptelike geloofsbelydenis of geloofsverklaring soos die meeste ander godsdienste nie. Dit skryf eerder voor wat Jode moet doen en nie moet doen nie, as wat dit voorskryf wat hulle moet glo. Dit bevat wette en voorskrifte wat uitgevoer moet word eerder as leerstellinge wat bely moet word en reguleer dus gelowiges se optrede eerder as hul denke.

    Sommige meen wel dat die kern van die JudaÔsme saamgevat word in die Shema, drie verse uit die Joodse Bybel wat soggens en saans hardop deur toegewyde Jode voorgelees word. Ander meen weer dat die "Dertien Geloofsbeginsels", wat in die twaalfde eeu deur die Joodse geneesheer, filosoof en teoloog Rambam (1135-1204 nC) saamgestel is, die beste samevatting is van dit waarin Jode glo.

    Daar is egter sekere basiese oortuigings met betrtekking tot God, die skepping en die mens wat deur die meeste Jode gehuldig word en wat as die basiese leerstellinge van die JudaÔsme beskou kan word.

    Een almagtige Skeppergod

    Soos in ander monoteÔstiese godsdienste, is die aanbidding van die enige, almagtige, volmaakte en geilige God wat alles geskape het en steeds oor die heelal heers, die sentrale en belangrikste leerstelling in die JudaÔsme. Besonderhede oor God se oorsprong en wese is ver bo die insig van die menslike verstand, en die skepping self word gesien as genoegsame bewys van Sy bestaan. Van Sy eienskappe is wel aan die mens geopenbaar, onder meer deur die profete, maar ook deur Sy skepping en handeling met die mens.


    God is ewig en universeel
    God is ook verhewe bo die menslike begrippe van tyd en plek. Hy bestaan van alle ewigheid af en sal tot in alle ewigheid bestaan. Hy is ook alomteenwoordig, wat beteken dat Hy altyd oral is en alles waarneem wat plaasvind. God is dus universeel - nie net die God van die Jode nie, maar ook die Skepper en God van alle ander mense op aarde.

    God is almagtig en weet alles
    Niks is vir God onmoontlik nie en Hy kan letterlik enigiets doen. Hy is ook alwetend, wat beteken dat Hy nie net oor alle kennis en wysheid beskik nie, maar dat Hy ook alles weet wat in die verlede, hede of toekoms gebeur het of nog gaan gebeur. God ken ook elke mens se gedagtes, en dus die diepste motiewe vir dit wat ons doen of sÍ.

    God is Gees
    Hoewel die Hebreeuse Bybel soms in menslike terme na God verwys (soos dat Hy in die tuin van Eden gewandel het), glo Jode dat dit bloot beeldspraak is en dat God nie 'n fisieke liggaam het nie. Hy is 'n geestelike wese, so heilig en onbegryplik groot teenoor die mens dat dit selfs verbode is om Hom in fisieke vorm voor te stel (soos deur beelde of skilderye).

    God is Een Wese
    Die belangrikste verskil tussen die JudaÔstiese en Christelike beskouings van God is dat Jode die Christelike leerstelling verwerp dat God Een is, maar uit drie Persone (Vader, Seun en Heilige Gees) bestaan. Jode beskou Hom as 'n enkele, volledige wese wat nie verdeel kan word of volgens Sy verskillende eienskappe beskryf kan word nie (sien: "Naam van G-d").

    Ander eienskappe
    In die JudaÔsme word God as die "Vader en Koning" van die mens beskou. Dit beteken egter nie dat Hy noodwendig manlik is nie, aangesien Hy verhewe is bo die menslike eienskappe van geslag. In die Bybel word Hy ook onder meer openbaar as barmhartig, liefdevol, genadig, regverdig, getrou en - bowenal - waardig om deur alle mense aanbid te word.


    Israel - die "Verbondsvolk"

    'n Unieke en baie belangrike konsep in die JudaÔsme is die oortuiging dat Israel God se verbondsvolk is. Jode (en die meeste Christene) glo dat God en die Jode in 'n besonderse verhouding tot mekaar staan deur 'n verbond (berith) wat reeds in die tyd van Abraham gesluit is.


    Oorsprong by Abraham
    Volgens die Bybel het diť verbond sy oorsprong sowat vierduisend jaar gelede gehad toe God aan die aartsvader Abraham belowe het om vir ewig sy (Abraham) en sy nageslag se God te wees (Genesis 17: 1 - 14). As deel van die verbond het God ook beloof om die land Kanašn vir Abraham se nageslag te gee . Op hul beurt moes hulle Hom alleen gehoorsaam en alle manlike lede van die volk besny as teken van hul verbond met Hom.

    Herhaal op berg Sinai
    Die verbond is sowat seshonderd jaar later tydens die uittog uit Egipte op die berg Sinai teenoor Moses bevestig en verder uitgebrei (Eksodus 19 - 20 en Deuteronomium 5: 1 - 22). Op die berg het God vir Moses gesÍ dat Hy die volk Israel uit al die volke gekies het om Sy "eiendom" te wees - 'n koninkryk van priesters wat Hom alleen moes gehoorsaam en dien. Hy het ook daar vir Moses 'n opsomming gegee van die wette waarvolgens die volk moes leef - die Tien Gebooie - ten einde hul kant van die verbond na te kom.

    Rol in Israel se geskiedenis
    Omdat God sy seŽn volgens die verbond aan Israel belowe mits hulle Hom gehoorsaam, is die gehoorsaamheid of ongehoorsaamheid van die volk deur die eeue dikwels gesien as die direkte oorsaak van hul teŽspoed of voorspoed (sien Esra 9 en Nehemia 9 en 10).

    Geskiedkundige gebeure wat met Israel verband hou, word vandag nog deur tradisionele Jode beskou as God se reaksie op die volk se geestelike gedrag. Selfs die onmenslike vervolging van Jode deur die eeue word gesien as die gevolg van die volk se verbreking van hul verbond met God. God bly altyd getrou en regverdig en kom altyd Sy kant van die verbond na, maar die mens bring dikwels swaarkry oor homself deur ongehoorsaam te wees aan God se wette.

    Universele konteks
    Hoewel Israel as God se "verbondsvolk" of "uitverkore volk" beskou word, sien die meeste Jode hulle nie as verhewe bo ander volke of mense nie. 'n Minderheid glo wel dat God se genade net vir Israel beskore is. Die meeste glo egter dat God Israel uitverkies het om Sy spesiale wette na te kom en sodoende as model te dien vir die ganse mensdom, of dat hulle (Jode) as "priesterlike volk" as 't ware die skakel is tussen God en die res van die mensdom.

    Dit meeste Jode, sowel as Christene, sien die verbond dus in 'n universele konteks. Hulle glo dat God Hom in antieke tye op verskillende wyses aan verskillende volke openbaar het en hulle geroep het om Hom alleen te dien, en dat Hy die verbond met die Jode eers gesluit het nadat ander Sy pogings om hulle deur gehoorsaamheid met Hom te versoen, verwerp het.

    'n Nuwe Verbond
    Daar bestaan verskillende menings oor die mate waartoe 'n mens in staat is om die wette, as voorwaardes van die verbond, na te kom en tot watter mate God dit van die individu verwag. Hoe dit ookal sy, op verskeie plekke in die Hebreeuse Bybel word melding gemaak van 'n "nuwe verbond" wat die oorspronklike verbond sal vervang.

    In EsegiŽl (16: 6-63) beloof God om Sy kant van die verbond na te kom en Hom met Israel te "Ö versoen ten spyte van alles wat (Israel) gedoen het Ö". In Jeremia 31: 31-34 beloof Hy om 'n "nuwe verbond" met hulle te sluit wat anders as die vorige verbond sal wees en wat die ou verbond dus sal vervang. Hy sal al hul sondes vergeef en in plaas daarvan dat hulle geskrewe wette sal moet nakom, sal God Sy woord "Ö op hulle harte skryf en in hulle gedagte vaslÍ".

    Wanneer dit gebeur, sal mense vanself Sy wil doen en aan Hom gehoorsaam wees, en Hy sal hul God wees. Die meeste Jode glo dat hierdie tyd nog moet aanbreek. Christene glo egter dat Jesus Christus die nuwe verbond is wat God belowe het en dat diegene wat in Hom glo, verlos word van die verpligting om die voorskrifte van die ou verbond na te kom ten einde met God versoen te word.


    Openbaring van God

    Sedert die vroegste tye het die Jode die egtheid en uniekheid van die God wat hulle aanbid verbind met die feit dat Hy, anders as die afgode wat deur ander volke aanbid is, Hom deur woord en daad aan die mens openbaar. Hoewel Sy bestaan en sommige van Sy eienskappe uit die skepping (natuur) gesien kan word, is Hy die God wat "praat en doen" en daardeur meer omtrent Homself en Sy wil vir die mensdom bekend maak.


    Openbaring deur gebeure
    Die Bybel bevat talle voorbeelde van hoe God sy goedkeuring of afkeur met die mens wys deur spesifieke gebeure te laat plaasvind. Sů het Hy in die tyd van Noag byna alle lewe op aarde deur 'n groot vloed vernietig en net vir Noag en sy gesin gespaar (Genesis 6-9) omdat die mensdom van Hom afvallig geword het. In Moses se tyd verlos Hy die volk Israel weer uit hul slawerny in Egipte deur die Egiptiese Farao deur middel van tien plae te dwing om die Jode vry te laat (Eksodus 7-14) en na die "beloofde land" te laat terugkeer.

    God gebruik dus gebeure, wat meestal verband hou met die Joodse volk, om Sy goedkeuring of afkeur te wys. Op diť wyse openbaar Hy Sy wil aan die volk en lei Hy hulle om volgens Sy wil op te tree.

    Spesiale openbaring
    Jode glo dat God Homself en Sy wil ook in die verlede aan die mensdom openbaar het deur spesiale persone - profete - aan wie Hy Sy wil bekend gemaak het sodat hulle dit namens Hom aan ander kan oordra. Die mees omvattende versameling van hierdie spesiale openbarings van God word vervat in die Tora, of "geopenbaarde instruksies" van God (sien artikel: "Die Tora - Instruksies van God").

    In die breedste betekenis van die woord verwys die Tora na al die Joodse geskrifte en gebruike. Dit sluit onder meer leringe, wette, aanbevole gedrag, dele van die geskiedenis van die Joodse volk, poŽsie, verhale en kommentaar op 'n verskeidenheid teologiese onderwerpe in. In die engste betekenis van die woord verwys die Tora net na die eerste vyf boeke (Pentateug) van die Hebreeuse Bybel, wat Jode glo deur God aan Moses geopenbaar is. Jode glo dat God die Tora vir die mens gegee het om Homself en Sy wil aan die mens bekend te maak. Alleen deur homself aan God se wil te onderwerp en volgens God se geopenbaarde voorskrifte te leef, kan die mens God werklik behaag en God se wil vir sy of haar lewe bereik.


    Die mens in JudaÔsme

    In die JudaÔsme is daar, soos op ander terreine, heelwat ruimte vir persoonlike mening sover dit beskouinge oor die menslike natuur betref. Die drie belangrikste opvattings oor die mens wat deur die meeste Jode aanvaar word, is dat die mens na God se beeld geskape is, dat die mens oor 'n tweeledige natuur beskik en dat die mens 'n vrye wil het waarmee hy self keuses kan doen.


    Na God se beeld
    Volgens die Bybel (Genesis 1: 26) het God die mens volgens Sy beeld gemaak. Dit beteken egter nie dat die mens na die fisieke of liggaamlike beeld van God geskape is nie, aangesien God in elk geval Gees is en nie 'n fisieke ligaam het nie.

    Die Jode glo dat hierdie beeld van God waarna die mens geskape is, eerder verwys na die innerlike wese of natuur van die mens. Net soos God, het die mens die vermoŽ om te kan verstaan en te kan onderskei. Anders as diere, kan die mens deur sy intellek waarnemings maak sonder om sy fisieke sintuie (sig, gehoor, gevoel, reuk, smaak) te gebruik.

    Tweeledige natuur
    Volgens die JudaÔstiese siening het elke mens 'n ingebore impuls om goed te doen - die yetzer tov, asook 'n impuls om te doen wat verkeerd is - die yetzer ra. Hulle verskil dus van die Christelike leerstelling dat God die mens aanvanklik goed gemaak het, dat die mens deur sy eie ongehoorsaamheid in sonde verval het en dat alle mense sedertdien in sonde gebore word en daarom geneig is tot kwaad.

    Die yetzer tov is die mens se morele gewete, die "innerlike stem" wat 'n mens herinner aan God se wil wanneer jy iets verkeerd wil doen en wat jou lei om te doen wat reg is in God se oŽ. Volgens sommige sieninge tree hierdie impuls eers op twaalf- of dertienjarige ouderdom met die Bar Mitzvah in werking.

    Aan die ander kant is die yetzer ra nie noodwendig die begeerte om sinnelose boosheid te pleeg soos om iemand sonder rede te vermoor of skade te berokken nie. Dit is eerder die mens se selfsugtige natuur of begeerte om jouself te bevoordeel en jou eie begeertes te te versadig sonder om die gevolge van jou dade in ag te neem.

    Vrye wil
    Soos die Christelike godsdiens en Islam, glo Jode ook dat elke mens oor 'n vrye wil beskik wat hom of haar in staat stel om self besluite te neem en keuses te doen - en dan self die gevolge van daardie besluite te dra. Hulle glo dat die yetzer ra nie op sigself boos of verkeerd is nie. God het die mens daarmee gemaak, en daarsonder sou mense nie getrou het, huise gebou het, kinders gebaar het of saketransaksies gedoen het nie. Die mens moet egter sy vrye wil gebruik om te besluit tot watter mate hy die impuls van die yetzer ra of die yetzer tov gaan volg, en moet dan die gevolg van sy of haar wilsbesluit self dra. (Sien: "Lewe nŠ die dood".)


    Heilige Geskrifte

    Die Joodse geskrifte kan in twee groepe verdeel word, naamlik die Tanakh, of geskrewe Tora (soortgelyk aan die Ou Testament van die Christen-Bybel), en die Talmoed (Talmud), of oorgelewerde Tora. Omdat die verhouding tussen God en die mens in die JudaÔsme grootliks draai om die mens se gehoorsaamheid aan God se geopenbaarde wil, speel die Heilige Skrifte van JudaÔsme 'n baie sentrale rol in diť godsdiens.


    Voorlesing in die sinagoge
    Bestudering van die geskrifte is nie net 'n manier om die individu se kennis van God se wil te verbeter nie, maar word op sigself as 'n daad van aanbidding beskou.

    Op Maandae en Donderdag-oggende word spesiale, handgeskrewe perkamentrolle met die Tanakh in sinagoges voorgelees. Skrifgedeeltes uit die res van die Tora word elke ander oggend voorgelees. Spesiale langer voorlesings word ook op sabbatte en op Joodse feesdae gedoen. Enige manlike lid van die gemeente kan die voorlesing behartig, en op diť wyse word daar probeer om die hele Tora elke jaar in die sinagoge voor die gemeente deur te lees.

    Persoonlike studie
    Die bestudering van die Tora deur die individu word deur die meeste Jode belangrik geag omdat 'n mens daardeur meer leer oor God se wil en hoe om volgens Sy wil te leef. Sommige toegewyde Jode bestudeer elke dag minstens een bladsy van die Talmoed - 'n praktyk bekend as daf yomi.


    vervolg...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    itís the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  9. #9
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,032

    Re: GROOT GELOWE VAN DIE WÍRELD

    (JudaÔsme) vervolg...

    JudaÔsme: Die Tora - Instruksies van God - (Sien Bron)

    Opsomming

    Hierdie artikel handel oor die Tora, die Heilige Skrifte van die JudaÔsme. Die Geskrewe Tora en die Mondelingse Tora word behandel, asook ander geskrifte wat op die JudaÔsme betrekking het. Moses se ontmoeting met God op die berg Sinai word in 'n aparte artikel beskryf, terwyl daar ook 'n aparte lys is met verduidelikings van terme en begrippe wat in die artikel gebruik word.

    Die Jode glo God praat met die individu sowel as met die Joodse volk deur die Tora, die Heilige Skrifte van JudaÔsme wat beskou word as God se geopenbaarde wil of instruksies.

    In sy breedste betekenis verwys die woord "Tora" na al die Joodse Wette en leringe, wat die Tanakh (soms die geskrewe Tora genoem) sowel as die Talmoed (mondelingse Tora) insluit.

    "Tora" word soms ook gebruik om net na die Tanakh te verwys.

    In die mees beperkte betekenis van die woord verwys dit net na die eerste vyf boeke (Pentateug) van die Bybel wat op die berg Sinai deur God aan Moses openbaar is.

    Tanakh - die Geskrewe Tora

    Die Tanakh is die basiese Hebreeuse Bybel en word verdeel in drie groepe boeke - die Wet, die Profete en die Geskrifte. Hoewel die inhoud byna identies is aan die inhoud van die Ou Testament van die Christen-Bybel, is daar enkele verskille wat hoofsaaklik met die vertaling verband hou. Sommige boeke wat afsonderlik in die Ou Testament voorkom, word in die Tanakh as een boek behandel, terwyl daar ook kleiner verskille is in die nommers van verse.

    Hoewel die Wet en sommige van die ander boeke voorheen gebruik is as riglyne vir JudaÔsme, is die Hebreeuse Bybel eers in die eerste eeu nC amptelik saamgestel. 'n Groep rabbi's het in diť tyd by Jawneh (Yavneh) bymekaargekom en alle beskikbare Joodse geskrifte ondersoek om te bepaal watter God se openbaring bevat.


    Vyf boeke van die Wet
    Die vyf boeke van die Wet (Pentateug) is die oudste van die Heilige Skrifte van JudaÔsme en is waarskynlik teen sowat 1500 vC geskryf. Jode glo dat die vyf boeke tydens die uittog uit Egipte deur God aan die profeet Moses geopenbaar is en die meeste beskou dit steeds as die belangrikste en mees volledige openbaring van God aan die mensdom.

    Die boeke, wat ook die eerste vyf boeke in die Christen-Bybel is, is die Berei****h (Genesis), Shemoth (Eksodus), Vayiqra (Levitikus), Bamidbar (Numeri) en Devarim (Deuteronomium). Die inhoud van diť boeke word sedert die tyd van Moses beskou as die riglyne en voorskrifte waarvolgens die Jode moet leef om hul kant van hul verbond met God na te kom.

    Met die terugkeer van die Jode uit hul ballingskap in Babel (hoofstad van antieke PersiŽ - moderne Iran) teen sowat 458 vC het Esra, 'n profeet en skrifgeleerde, die vyf boeke van die Wet opnuut as die amptelike konstitusie van die Joodse volk ingestel (Nehemia 10). Die volk het by diť geleentheid onder eed belowe om voortaan gehoorsaam te wees aan die bepalings en voorskrifte daarin. Sů is die antieke verbond tussen God en Israel hernieu en het die vyf boeke opnuut die kern geword van die Joodse godsdiens en lewenswyse.

    Profetiese boeke
    Die Hebreeuse Bybel bevat agt profetiese boeke. Die ouderdom van hierdie boeke wissel van sowat 1400 vC (Yehoshua) tot sowat 400 vC (Malakhi). Die skrywers was almal profete met agtergronde wat gewissel het van 'n generaal en Moses se opvolger (Josua), 'n skaapboer (Amos) tot Joodse priesters (Jeremia en EsegiŽl). Daar word onderskei tussen die vroeŽ profete - Yehoshua (Josua), Shoftim (Rigters), Shmuel (I en II Samuel), Melachim (I en II Konings) en die latere profete - Yeshayah (Jesaja), Yirmyah (Jeremia) en Yeshezqel (EsegiŽl).

    Die geskrifte van twaalf "kleiner" profete - Hoshea (Hosea), Yoel (JoŽl), Amos, Ovadyah (Obadja), Yonah (Jona), Mikhah (Miga), Nachum (Nahum), Chavaqquq (Habakuk), Tzefanyah (Sefanja), Chaggai (Haggai), Zekharyah (Sagaria) en Malakhi (Maleagi) word saam in die "Boek van die Twaalf" vervat.

    Die Geskrifte
    Die Geskrifte bestaan uit elf boeke wat tussen 1100 vC (Rut) en sowat 500 vC (Divrei Ha-Yamim) geskryf is. Sommige meen dat die boek Iyov (Job) heelwat ouer is en uit dieselfde tyd as die vyf boeke van die wet (1500 vC) dateer.

    Tydens die samestelling van die Hebreeuse Bybel in die eerste eeu was dit veral die insluiting van sommige van diť boeke wat die meeste debat onder die rabbi's uitgelok het. Sů was daar diegene wat gevoel het dat die boek Shir Ha-Shirim (Hooglied van Salomo) te eroties is en nie in 'n heilige geskrif behoort nie. Dit is egter wel ingesluit nadat die rabbi Akiva ben Joseph verduidelik het dat die boek nie handel oor die liefde tussen 'n man en vrou nie, maar simbolies is van die liefde tussen God en die volk Israel.

    Die Geskrifte bestaan uit die boeke Tehillim (Psalms), Mishlei (Spreuke van Salomo), Iyov (Job), Shir Ha-Shirim, Rut, Eikhah (Klaagliedere van Jeremia), Qoheleth (Prediker), Ester, DaniŽl, Ezra & Nechemyah (Esra en Nehemia in een boek saamgevat) en Divrei Ha-Yamim (Kronieke).


    Talmoed - Mondelingse Tora

    Die meeste vorme van hedendaagse JudaÔsme is die uitvloeisel van die rabbynse beweging wat in die eerste eeue nC in Palestina en BabiloniŽ ontstaan het. Die rabbi's was Joodse leermeesters wat onder meer aangevoer het dat God op die berg Sinai aan Moses nie net die geskrewe Tora openbaar het nie, maar ook 'n mondelingse Tora. Diť mondelingse Tora is deur die eeue van geslag tot geslag deur Joodse priesters en skrifgeleerdes oorgedra.

    In die derde eeu nC is die mondelingse Tora, asook latere byvoegsels daartoe (meestal kommentare en interpretasies van die geskrewe Tora), vir die eerste keer neergeskryf en saamgevat in 'n dokument wat die Misjna genoem is. Die Misjna bestaan uit ses afdelings - Zera'im (Saad), wat handel oor landbouwette, Mo'ed (Fees), wat handel oor die sabbat en Joodse feeste, Nashim (Vroue), wat handel oor die huwelik, egskeiding en kontrakte, Nezikin (Skade), wat handel oor finansiŽle wette, Kodashim (Heilige Dinge), wat handel oor offerandes en die tempel en Toharot (Reinhede), wat handel oor wette van rituele reinheid en onreinheid.

    Oor die volgende paar eeue het die rabbi's in Palestina en BabiloniŽ die Misjna met volgehoue ywer bestudeer en dit nog verder uitgebrei. In die sesde eeu nC het die Babiloniese rabbi Rav Ashi hierdie uitgebreide teks, wat die Gemera ("voltooiing") genoem is, saam met die Misjna in een versameling vervat wat as die Talmoed ("dit wat bestudeer word") bekend sou staan. 'n Soortgelyke Talmoed is ook deur rabbi's in Palestina saamgestel, maar het nooit die erkenning en gesag ontvang van Rav Ashi se Babiloniese Talmoed nie.

    Ander geskrifte

    Behalwe vir die Tora en Talmoed, gebruik Jode ook die midrashim en 'n versameling responsa as bronne van inligting oor hul godsdiens.

    Die midrashim is meestal uitbreidings van bestaande Bybelse verhale. In een word vertel dat Moses as kind brandende kole in sy mond gesit het en daarom nie as volwassene goed kon praat nie. In 'n ander word weer vertel hoedat Abram sy pa se afgodsbeelde stukkend geslaan het om te wys dat hulle kragteloos is en dat net die Een Ware Skeppergod waardig is om aanbid te word.

    Die responsa bestaan uit duisende volumes en is basies senior rabbi's se antwoorde op spesifieke vrae oor die Joodse wette en godsdiens. Volgens 'n gebruik wat in die Middeleeue ontstaan het, het rabbi's in afgeleŽ gebiede godsdienstige die vrae wat hulle nie self kon beantwoord nie, per brief aan senior en gerespekteerde wetsgeleerdes gerig. Diť geleerdes se antwoorde, of responsa, het hulle gehelp om sekere mate van eenheid in hul godsdiens te behou.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    itís the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  10. #10
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,032

    Re: GROOT GELOWE VAN DIE WÍRELD

    4. Islam

    Islam: Geskiedenis - (Sien Bron)

    Opsomming

    In hierdie artikel word die geskiedenis van Islam behandel. Daar word veral gefokus op die groei en ontwikkeling van Islam nŠ die dood van die profeet Mohammed. In die kassies word gekyk na die vroeŽ strategie van uitbreiding deur verowering, die stryd teen die Kruisvaarders en die Mongole, die Ottomaanse Ryk, die Wahhabi-hervorming, die denke van Mohammed 'Abduh en die Kalifaat. Laastens volg enkele terme en begrippe wat op hierdie artikel van toepassing is.

    Islam is vandag, naas die Christendom, die grootste godsdiens op aarde met tussen 700 miljoen en 1 200 miljoen volgelinge oor die wÍreld. Volgens sommige bronne is Islam tans die vinnigs-groeiende godsdiens op aarde met 'n jaarlikse groeikoers van sowat 2,9%. Hoe het hierdie relatief "jong" godsdiens daarin geslaag om meer gevestigde ou religieŽ soos die Boeddhisme, HindoeÔsme en JudaÔsme verby te steek wat wÍreldwye gewildheid betref?

    Antieke wortels

    Islam se ontstaan as selfstandige godsdiens is grootliks te wyte aan die boodskap en werk van die profeet Mohammed (570-632 nC) en hy word dan ook dikwels beskryf as die stigter van diť godsdiens. Moslems glo egter dat die wortels van Islam verder teruggevoer kan word - na die skepping van die heelal en die verhaal van Adam en Eva in die paradys, soos beskryf in die JudaÔsties-Christelike geskrifte van die Ou Testament (Tora).

    Openbaring van God se wil deur profete

    Moslems glo dat, omdat die mens moreel swak is en gedurig verlei word tot sonde, Allah (God) Hom en Sy wil deur die eeue aan die mensdom openbaar het deur verskillende profete. Die profete was almal besonderse (maar gewone) mense wat die mensdom gelei en gewaarsku het om volgens Allah se wil te leef (sien "Profete van Islam" en "Jesus Christus - Allah se profeet").

    Mohammed se rol

    Op veertigjarige ouderdom het Mohammed, wat as weeskind in Mekka grootgeword het, 'n openbaring deur 'n visioen ontvang waarin die engel GabriŽl vir hom gesÍ het dat hy Allah se uitverkore boodskapper aan die mensdom is.


    Laaste profeet se boodskap
    Die boodskap wat hy moes verkondig, is die Koran ("voordrag" of "die Woord") genoem en het later in geskrewe vorm die Heilige Skrif van Islam geword. Dit behels kortliks dat Allah (Arabies vir God) die enigste God is, dat Hy alleen waardig is om aanbid te word, dat Hy mense op die Laaste Oordeelsdag volgens hul dade sal beoordeel, en dat mense liefdadigheid teenoor armes, verdruktes en minderbevoorregtes moet bewys.

    Die meeste inwoners van Mekka het Mohammed se boodskap verwerp. Hulle het selfs sy volgelinge, wat Moslems genoem is, begin vervolg. In 622 nC (die begin van die Islamitiese jaartelling) moes Mohammed en sy volgelinge na die stad Jathrib vlug. In diť stad, wat later Medina genoem is, is hy as profeet aanvaar en gevra om vrede tussen verskillende strydende partye te bewerk.

    Mohammed het die geleentheid gebruik om die gemeenskap in Medina heeltemal te herorganiseer deur Islam as die grondslag van 'n soort teokratiese stelsel te implementeer. Hy was self die hoof van hierdie stelsel.

    Mekka word setel van Islam
    NŠ 'n uitgerekte stryd tussen Medina en Mekka (wat wou hÍ dat Mohammed aan hulle uitgelewer moes word sodat hy doodgemaak kon word), het Medina die oorhand gekry. Mohammed het amnestie aan al die inwoners van Mekka toegestaan en aangekondig dat hy en Allah hulle hul oortredinge vergewe. Deur diť genadedaad het hy hulle omgehaal om hulle tot Islam te bekeer.

    Een van die enigste voorwaardes wat Mohammed met die oorgawe van Mekka gestel het, was dat al die afgodsbeelde by die Kašba vernietig moes word en dat die Een God, Allah, voortaan daar aanbid moes word. Mekka, wat in daardie stadium die godsdienstige setel was vir die aanbidding van verskillende heidense Arabiese afgode, het vinnig verander in die setel van Islam.

    Sukses en dood van Mohammed
    Mohammed was nie net 'n boodskapper van Allah nie, maar ook 'n uitstekende strateeg en diplomaat. Hy het moeite gedoen om goeie verhoudinge met die talle Arabiese stamme en volke te vestig, en hulle oorgehaal om hulle tot Islam te bekeer. Sendingbriewe en Moslem-ambassadeurs is na leiers van verskillende state en groepe gestuur.

    Teen 630 nC was Mohammed die magtige leier van 'n soort Islamitiese federasie van Arabiese state en volke wat die hele Arabiese Skiereiland ingesluit het.

    In 632 is die profeet op 62-jarige leeftyd nŠ 'n kort siekbed in Medina dood, maar die grondslag vir Islam was reeds stewig gelÍ.


    VroeŽ tydperk nŠ Mohammed


    Stryd om leierskap
    Die eerste dekades nŠ Mohammed se dood is enersyds gekenmerk deur die voortgesette uitbreiding van die Islamitiese Ryk, maar ook deur 'n intensiewe leierstryd in Islam. Die Kalifaat - wat gelyktydig verwys na die amp en ryk van die kalief (Islamitiese opperleier) - is tot stand gebring as die hoogste gesag in die Islamitiese Ryk.

    Mohammed se oom, Aboe Bakr, het nŠ sy dood die leierskap van Islam oorgeneem as die eerste kalief. Aboe Bakr, sowel as 'Oemar, sy opvolger, en diť se opvolger,'Oehtman ibn Affan, is deur sluipmoordenaars om die lewe gebring.

    Die sluipmoord op 'Oehtman deur Egiptiese en Irakese Moslem-soldate kort nŠ sy verkiesing as kalief het gelei tot die eerste Islamitiese burgeroorlog. Baie Moslems het geglo dat 'Oehtman se opvolger, Ali (wat getroud was met Mohammed se enigste oorlewende dogter, Fatima), 'n aandeel gehad het in sy dood en wou hom daarom nie as kalief aanvaar nie.

    Nadat Ali sy teŽstanders in 656 in die "Slag van die Kameel" verslaan het, het hy die hoofstad van Islam (kalifaat) uit Medina na Kufa in Irak verskuif. Te midde van groeiende teenkanting is Ali later gedwing om sy posisie as kalief neer te lÍ. Mu'awiya, goewerneur van SiriŽ, het hom opgevolg as die vyfde kalief.

    Eerste skeurings in Islam
    Nadat Ali sy posisie as kalief neergelÍ het, het 'n groep van sy ondersteuners van hom af weggebreek om 'n nuwe fundamentalistiese Islamitiese groep te stig wat as die KharijiÔete bekend sou staan. In 661 is Ali deur 'n lid van hierdie groep vermoor.

    Sy ander volgelinge het egter steeds geglo dat Ali die regmatige kalief was en het nŠ sy dood ook sy seuns Hasan en Hoesein ondersteun. Van 680 tot 683 het Hoesein en sy ondersteuners probeer om Jazid I, die sesde kalief en opvolger van Moe'awija, te onttroon.

    Hoewel hierdie opstand nie geslaag het nie en Hoesein self deur Jazid se magte doodgemaak is, is die dreigende skeuring in Islam hierdeur op die spits gedryf. Hoesein se volgelinge het verklaar dat net Ali se nasate (dit wil sÍ, mense uit die bloedlyn van Mohammed deur Ali se vrou Fatima) ware kaliefs (voortaan Imams genoem) van die Moslems kan wees. Hierdeur het die party (Shia) van Ali - wat tot vandag as die SjiÔete of SjiÔtiese Moslems bekend staan, tot stand gekom (sien artikel: "Islamitiese groepe").

    Oemajjad-dinastie
    Moe'awija, die vyfde kalief (661-680), het die Oemajjad-dinastie begin en daarmee die setel van Islam van Koefa in Irak (sien "Die stryd om leierskap") na Damaskus in SiriŽ verskuif.

    Die Oemajjad-dinastie (661-750) was 'n tydperk van dinamiese groei en ontwikkeling vir Islam. Nie net is die gebied van die Islamitiese Ryk drasties vergroot nie (sien "VroeŽ verspreiding van Islam"), maar leerstellings is ook verfyn en uitgebrei en op die terrein van kuns en argitektuur is meesterwerke soos die bekende "Moskee van Omar" in Jerusalem voortgebring.

    Vinnige uitbreiding
    Skaars twaalf jaar nŠ Mohammed se dood was Egipte, SiriŽ en Irak reeds onder Islamitiese beheer en is die eerste strooptogte ook na LibiŽ en PersiŽ (hedendaagse Iran) onderneem. Onder die Oemajjad-dinastie het verskeie ander lande om die Middellandse See, soos TunisiŽ, AlgeriŽ, Marokko, Spanje en Portugal, ook onder die aanslag van Islam geval.

    In die bekende Slag van Tours naby Poitiers, Frankryk, in 732 is die Moslems se verdere uitbreiding na Europa deur die Franse LeŽr van koning Frans Martel gestuit. Hulle het egter steeds ooswaarts bly uitbrei en nadat PersiŽ en Afganistan oorgeneem is, ook sentraal-AsiŽ binnegedring en die Indus-rivier in moderne Pakistan oorgesteek. Tot met die einde van die Oemajjad-dinastie in 750, en vir die eerste deel van die Abbasidiese Dinastie, is hierdie hele gebied as 'n Islamitiese eenheid regeer.


    Klassieke en Middeleeuse Islam


    Abbasidiese Dinastie
    In 750 nC is die Oemajjad-dinastie tot 'n einde gebring met die sluipmoord op Marwan II, die laaste kalief uit diť dinastie. Die moord was 'n gesamentlike poging van die Abbaside, 'n Arabiese stam wat daarop aanspraak gemaak het dat hulle die nageslag was van el-Abbas, 'n oom van Mohammed, en die SjiÔete.

    Hiermee is die Abbasidiese Dinastie ingelui, wat vir byna vyfhonderd jaar (750-1258) die regeerders van Islam sou wees. Die setel (kalifaat) van Islam is na Bagdad (hedendaagse Irak) verskuif en klem is gelÍ op die geestelike outoriteit van die kalief as die "skaduwee van Allah op aarde".

    Kulturele vooruitgang
    Die grootste prestasie van die Abbaside was waarskynlik die verdere ontwikkeling en vestiging van die Islamitiese kultuur. Die klem het geval op geleerdheid en intellektuele ontwikkeling. Islam is byvoorbeeld in diť tyd verryk deur die suksesvolle vermenging van die Islamitiese godsdiens en elemente van die Persiese kultuur, sowel as invloede uit die Griekse filosofie.

    Nog 'n belangrike prestasie van die Abbasiede was uitbreiding en uiteensetting van die Islamitiese Wet, die Shari'a, wat die grondslag vorm van die Islamitiese sosiale stelsel (sien "Die Islamitiese regstelsel").

    Verbrokkeling van die Islamitiese Ryk
    NŠ die eerste tweehonderd jaar van die Abbasidiese Dinastie het die Islamitiese Ryk die eerste tekens van agteruitgang begin wys. Die een Islamitiese provinsie nŠ die ander het hul onafhanklikheid verklaar en selfregerende Moslem-koninkryke gevorm. Van diť koninkryke sluit in die Aglabid-dinastie (800-909) in TunisiŽ, die Carmarthiane (894-1100) in sentraal-ArabiŽ, die Fatimied-dinastie (909-1171) van Egipte, die Turkse Ghaznavide (977-1186) en die Almohade-dinastie van Marokko en Spanje.

    In Bagdad, steeds die hart van die Islamitiese Ryk, is verskeie kaliefs se regerings deur militÍre staatsgrepe omvergewerp, sodat die meeste kaliefs nŠ die elfde eeu in wese marionette van die Islamitiese leŽr was. Die situasie in Bagdad het verder versleg nadat die militÍre SjiÔtiese Boejied-dinastie (945-1055) as 'n soort opposisie-regering tot stand gebring is. Die Boejiede is later vervang deur 'n Turkse dinastie, bekend as die Seljukke , wat vir sowat 150 jaar namens die Abbasidiese kalif die politieke en militÍre gesag in die Islamitiese Ryk behartig het.


    Islam in die Moderne WÍreld

    In die tydperk net nŠ die Middeleeue het Islam 'n relatief stil tydperk betree, hoewel dit steeds die godsdiens was van miljoene mense in die Ottomaanse Ryk en elders. Teen die agttiende eeu het verskeie Islamitiese hervormingsbewegings na vore getree wat veral gemik was op sosiale en morele hervorming en die suiwering van Islam.


    Islam en kolonialisme
    In die negentiende eeu was die skrif duidelik aan die muur vir die Ottomaanse Ryk en het die een Islamitiese gebied nŠ die ander onder beheer van die Europese koloniale moondhede gekom. In 1847 het Frankryk die beheer oor AlgeriŽ oorgeneem en in 1881 oor TunisiŽ.

    In 1882 het Brittanje Egipte beset en 'n dekade later ook die Soedan geregeer. Rusland het sy beheer uitgebrei oor groot Islamitiese dele van sentraal-AsiŽ en in die verre-Ooste het Holland sy greep verstewig op IndonesiŽ, wat in die elfde eeu Islamities geword het.

    Die reaksie van Moslems op kolonialisme het gewissel van passiewe weerstand tot gewapende verset. Moslem-fundamentaliste in ArabiŽ en IndiŽ het meer aktief geraak in hul aanvalle op afgewaterde vorme van Islam. Liberale of progressiewe Moslem-denkers het weer probeer om Islam met die moderne wÍreld te versoen. Hierdie twee uiteenlopende denkrigtings - fundamentalisme en modernisme - is vandag steeds baie prominent in Islam.

    Nog 'n hedendaagse kenmerk van Islam wat tydens die koloniale era momentum gekry het, is pan-Islamisme. Hierdie wÍreldwye eenheidstrewe onder Moslems was in sekere mate die uitvloeisel van Arabiese nasionalisme wat sy oorsprong gehad het in die ou Islamitiese Ryk en daarna voortgesit is tydens die Ottomaanse Ryk.

    Moslem-Broederskap in Egipte
    Die Moslem-Broederskap is 'n fundamentalistiese beweging wat aanvanklik deur Hasana el-Banna (1906-1949) gestig is om nasionalisme op alle vlakke in Egipte te bevorder. Diť beweging het egter mettertyd op die voorpunt getree in die bevordering van pan-Islamisme.

    Aan die begin van die Tweede WÍreldoorlog het die Moslem-Broederskap reeds sowat miljoen lede gehad. Sy doelwitte is deur konferensies, prediking en publikasies bevorder. Lede is ook in die geheim opgelei in revolusionÍre oorlogvoering.

    Met die aanloop tot die stigting van die staat Israel in 1948 het baie Moslem-Broeders teen die Jode geveg, maar in die volgende jaar is die beweging in Egipte verbied nadat sy lede die Egiptiese polisiehoof en eerste minister vermoor het. Die Broederskap het egter bly voortbestaan en in 1981 was ekstremiste uit die beweging ook verantwoordelik vir die sluipmoord op Anwar Sadat, die Egiptiese premier wat vrede met Israel voorgestaan het.

    Die Moslem-Broederskap is vandag steeds in verskeie Arabiese lande aktief besig met die bevordering van pan-Islamitiese ideale. Verskeie moorde en sluipmoorde op Westerlinge wat na hul mening 'n bedreiging vir Islam is, sowel as Moslems wat hulle as "verraaiers" beskou, word van tyd tot tyd aan die Broederskap toegedig.

    SekulÍre oplossing in Turkye
    In Turkye was die stigting van 'n moderne, byna Westerse sekulÍre staat, waar Islam nie meer die amptelike godsdiens was nie, die reaksie op kolonialisme. Onder leiding van Mustafa Kemal, wat homself Kemal AtatŁrk genoem het (1881-1938), is die Republiek van Turkye in 1923 tot stand gebring.

    Tot die onsteltenis van baie Moslems elders is 'n grondwet in die Westerse styl geÔmplementeer, Islamitiese skole vervang deur 'n sekulÍre opvoedingstelsel, die Islamitiese Wet (Shari'a) vervang deur 'n siviele regstelsel, godsdienstige ampsdraers se tradisionele drag verbied, poligamie verbied, vroue aangemoedig om nie meer sluiers te dra nie en die Arabiese skrif met Romeinse skrif vervang.

    Turkye is hierdeur in 'n byna Europese land omskep - 'n voorbeeld wat ook later in Iran deur Reza Khan gevolg is. Islam het nogtans die godsdiens van die meerderheid gebly en teen 1995 was sowat 99% van die 61 miljoen Turke steeds Moslems.

    Fundamentalisme in Iran
    Iran (antieke PersiŽ) was sedert die sestiende eeu een van die setels van die SjiÔsme. Diť vorm van Islam was die amptelike godsdiens van die meerderheid Iranese tot Reza Khan in 1921 die regering deur 'n staatsgreep oorgeneem het. Reza Khan, wat homself tot sjah (keiser) verklaar het, het 'n beleid soortgelyk aan diť van Kemal AtatŁrk in Turkye toegepas deur Iran in 'n sekulÍre, byna Westerse, staat te omskep.

    Mohammed Reza het sy vader opgevolg as sjah van Iran en die modernisering van die land voortgesit. In 1979 het SjiÔtiese fundamentaliste, bygestaan deur kommuniste en Islamitiese Sosialiste, die Sjah se regering egter deur 'n revolusie omvergewerp in 'n reaksie op sy beleid van modernisering.

    'n Teokratiese staat onder Ajatolla Ruhollah Khomeini (1900-1989) se Shi'a-beweging is in die lewe geroep. Die staatsvorm wat Khomeini ingestel het, was uniek - 'n Islamitiese republiek waar die Islamitiese Wet en onderrigstelsel gekombineer word met 'n grondwet wat landsburgers se regte beskerm en 'n demokraties-verkose parlement. Hoewel die Iraanse Revolusie in die Weste meestal negatief ontvang is, het dit Moslems wÍreldwyd opnuut hoop gegee vir die vervulling van hul eie godsdienstig-politieke doelwitte.


    Afsluiting

    In die tweede helfte van die twintigste eeu het verskeie Islamitiese state tot stand gekom waar daar meestal teruggekeer is na fundamentele vorme van die godsdiens. In Europa en die VSA beleef 'n meer liberale vorm van die godsdiens tans 'n bloeitydperk. Die grootste uitdaging waarvoor Islam in die 21ste eeu staan, is om eenheid, balans en geloofwaardigheid te bereik en te handhaaf te midde van ongeŽwenaarde tegnologiese vooruitgang en dinamiese veranderings in politieke en humanistiese denke.

    vervolg...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    itís the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  11. #11
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,032

    Re: GROOT GELOWE VAN DIE WÍRELD

    ...(Islam) vervolg

    Islam: Leerstellings - (Sien Bron)

    Opsomming

    In hierdie artikel word gekyk na die leerstellings van Islam. Daar word onder meer gekyk wat Moslems glo met betrekking tot God, profete, God se openbaring, engele en die oordeelsdag. In die kassies word die Naam van God, Islamitiese profete, die lewe nŠ die dood, die Kašba en die "Heilige Oorlog" of djihad behandel. Daar is ook 'n kort artikel oor Moslems se siening van Jesus Christus en 'n verduideliking van relevante terme en begrippe.

    In die middel van die dag op elke Vrydag van die jaar kom sowat miljard mense in duisende dorpe en stede oor die wÍreld heen in groepe bymekaar om tot Allah te bid. Hulle is die Moslems, die volgelinge van die boodskap wat deur die profeet Mohammed (570-632 nC) aan die mensdom gebring is. Tans vorm hulle die tweede grootste godsdiensgroep op aarde is.

    Ten spyte van die gewildheid van Islam is daar by baie nie-Moslems - veral in die Weste - heelwat onkunde oor waarin Moslems glo en wat hul godsdiens alles behels.

    Algemene leerstellings

    Moslems glo dat alle mense op die Laaste Oordeelsdag deur God geoordeel sal word volgens hul werke, met ander woorde, volgens dit wat hulle gedoen het of nie gedoen het nie. Hoewel die regte werke, eerder as geloof, mens dus red, is daar sekere belangrike geloofsoortuigings waarin alle Moslems glo.

    Geloof in Een God - Allah

    Die belangrikste enkele leerstelling in Islam is dat daar net Een Ware, Ewige, Almagtige, Alwyse, Alwetende, Genadige, Barmhartige, Regverdige en Liefdevolle God is. Hierdie God - Allah - is 'n enkele Opperwese (nie 'n Drie-Eenheid soos wat Christene glo nie). Hy leef van altyd af en sal ook tot in alle ewigheid leef.

    Allah is die Skepper en Onderhouer van alles wat bestaan. Hy het 'n verheerlikte troon in die "sewende hemel" wat omring is deur engele wat Hom dien en aanbid. Moslems glo Allah is volkome in beheer van alles, en niks - goed of sleg - gebeur dus op aarde sonder dat dit Sy wil is nie.

    Allah is onsigbaar vir die menslike oog, maar Hy kan Homself op besonderse maniere aan mense openbaar, soos deur 'n vuur aan Moses. Allah openbaar Hom egter aan die mensdom deur Sy profete - en diť geopenbaarde boodskap is in die Koran aangeteken. Alle mense kan ook Sy bestaan en krag in die natuur sien.

    Hy is alleen waardig om aanbid en gedien te word en op die Laaste Oordeelsdag sal Hy alle mense volgens hul dade op aarde oordeel (sien: "Naam van God"). Moslems glo ook dat mens direk vir Allah kan vra indien jy iets van Hom wil hÍ en dat dit nie nodig is om iemand anders te vra om as tussenganger op te tree nie.

    Geloof in die profete van God

    Moslems glo dat Allah deur die eeue heen profete gebruik het om aan mense te openbaar hoe hulle moet leef en wat Sy wil vir hulle is. Dit word nie van Moslems verwag om te weet presies hoeveel profete Allah al na die mensdom gestuur het nie, maar 25 word in die Koran genoem, waarvan ses as "groot profete" of spesiale boodskappers met besondere deursettingsvermoŽ (Ulu-l-'azm) beskou word.

    Mohammed was die laaste en finale profeet en dit was sy taak om Islam as formele godsdiens finaal uiteen te sit, te suiwer, duidelik te maak en te vestig.

    Die profete, met inbegrip van Mohammed, was gewone mense wat deur Allah gebruik is om Sy wil aan die mensdom bekend te maak. Hulle word daarom deur Moslems gerespekteer, maar nie aanbid nie. Om hierdie rede is dit vir Moslems beledigend en lasterlik as daar na hulle verwys word as Mohammedane, omdat dit verkeerdelik impliseer dat hulle Mohammed volg en aanbid.

    Geloof in die boeke met God se openbaring

    Moslems verwerp nie die Heilige Skrifte van die ander monoteÔstiese godsdienste soos die Christendom, JudaÔsme en selfs Zoroastrisme onvoorwaardelik nie. Hulle aanvaar dat diť godsdienste se geskrifte elemente van die waarheid bevat. Dit is egter mettertyd deur mense verander sodat onwaarhede ook daarin voorkom en het dus nie dieselfde waarde as die Islamitiese geskrifte nie.


    Koran
    Moslems glo die Koran (Qur'an), wat letterlik "voordrag" of "die Woord" beteken, bevat die volledige openbaring van Allah aan Mohammed, Sy laaste boodskapper. Die Koran word daarom beskou as die foutlose en gesaghebbendste bron van Islam.

    Die boodskap van die Koran is bedoel vir die ganse mensdom. Allah wil mense daardeur help om hulle van hul verkeerde, sondige dade te bekeer en volgens Sy wil te leef. Moslems glo 'n mens het die vrye wil om self te kies om aan hierdie boodskap gehoor te gee of dit te verwerp.

    Sedert die ontstaan van Islam is Moslems aangemoedig om die Koran, of dele daarvan, uit hul kop te leer. Sommige Moslems glo dit is selfs waardevol om te leer om die Arabiese skrif te lees en die woorde van die Koran dan hardop te lees, al verstaan hulle nie noodwendig die inhoud daarvan nie. Hoe dit ookal sy, vir miljoene Moslems oor die wÍreld is die Koran die grondslag van alles waarin hulle glo en waarop hulle hoop.

    Hadith
    Moslems beskou die Hadith as die tweede belangrikste bron van Islam. Dit bestaan uit oorgelewerde leringe, tradisies en voorbeelde (die Sunna) van die profeet Mohammed.

    Die Hadith is nie in Mohammed se leeftyd neergeskryf nie, maar hoofsaaklik mondelings van geslag tot geslag oorgedra. Omdat aanvaar word dat foute op diť manier kon insluip, word die Hadith nie soos die Koran as foutloos en onfeilbaar gesien nie. Hoewel baie Moslems dit nog nie aanvaar nie, dui onlangse navorsing daarop dat groot dele van die Hadith nie van Mohammed afkomstig is nie, maar dat dit die menings en interpretasies is van latere geslagte.

    Tradisioneel is die ideale Moslem-staat gegrond op 'n teokratiese stelsel. Daarom word goddelike leiding benodig op alle terreine, met inbegrip van die regstelsel. Die Hadith, met inligting oor hoe die leringe van die Koran in die verlede geÔnterpreteer en prakties toegepas is, is daarom vir Moslems 'n belangrike bron vir die Islamitiese wet en tradisie.


    Geloof in engele

    Soos in baie ander godsdienste, glo Moslems in die bestaan van engele. Hulle glo dat engele besonderse wesens is wat deur Allah uit lig geskape is.

    Engele het twee of meer pare vlerke, maar verskyn aan mense in besonder mooi fisieke gedaantes. In die Koran word hulle gewoonlik as manlik voorgestel. Engele is - soos mense - sondeloos geskape, maar is in staat tot rasionele denke en kan self besluite neem. Gevolglik kan engele soos mense sondig.

    Moslems glo dat Allah se troon in die sewende hemel omring is deur engele wat Hom aanbid en Sy bevele uitvoer. Die engele beskerm ook die hemel teen die djinn en dien as Allah se skakel of kontak met die mens. Hulle hou toesig oor die werk van die profete en doen daaroor aan Allah verslag.

    Allah het die engel GabriŽl gebruik om die boodskap van die Koran in visioene aan Mohammed te openbaar. Azrael is die Doodsengel, terwyl Asrafel die basuin sal blaas wat die Laaste Oordeelsdag sal aankondig.

    Moslems glo dat elke mens vergesel word van twee beskermengele wat alles aanteken wat die persoon doen - die een teken goeie dade aan en die ander slegtes. Diť inligting sal tydens die Laaste Oordeel gebruik word om te bepaal of die individu na die Paradys of na die Hel gaan.

    Satan

    Moslems beskou Satan (Shaitan), net soos JudaÔste en Christene, as 'n gevalle engel. Hulle glo egter dat hy eers die duiwel geword het nadat hy aan Allah ongehoorsaam was deur nie respek aan Adam, Allah se eerste profeet, te betoon nie. Sedertdien is hy besig om die werk van Allah teen te staan en mense te verlei om sonde te doen.

    Satan is egter bestem om te misluk, aangesien nie net die goeie dinge op aarde volgens Allah se wil gebeur nie, maar ook die slegte. Hy is dus gelyktydig in beheer van goed en kwaad. Dit sluit selfs die mees diaboliese werke van Satan in en daarom triomfeer Allah altyd onder alle omstandighede oor Satan.

    Geloof in die Laaste Oordeelsdag

    Moslems glo dat die einde van hierdie wÍreld sal aanbreek met die Laaste Oordeelsdag, maar dat net Allah weet wanneer diť dag sal aanbreek. Die engel Asrafel (Israfil) sal eers op 'n basuin blaas, waarna die dooies van alle nasies en oor alle eeue uit die grafte sal opstaan om deur Allah geoordeel te word.

    Die Koran verwys ook na die Laaste Oordeelsdag as die "Dag van Skeiding" wanneer die gelowiges van die ongelowiges geskei sal word. Allah sal die rekords wat deur elke mens se twee beskermengele gehou word, gebruik om elkeen volgens sy of haar werke te oordeel.

    Hoewel Moslems glo in Goddelike Voorbeskikking (Al-Qadar), maw dat Allah vooruit alles weet wat gaan gebeur en dat alles altyd volgens sy wil gebeur, glo hulle ook dat die mens 'n vrye wil het wat hom in staat stel om keuses te maak en die gevolge van daardie keuses te dra.

    Diegene wat Allah se wil gedoen het deur hul goeie werke sal beloon word met 'n plek in die Paradys, waar hulle die ewigheid in vreugde en geluk sal deurbring. Diegene wat Allah se boodskap en wil verwerp het en meestal slegte dade gedoen het, sal op die Laaste Oordeelsdag in die Hel gewerp word, waar hulle vir ewig in pyn en foltering sal leef.

    Vyf pilare van Islam

    Islam beteken die wil of wet van Allah soos wat hy dit aan die mensdom geopenbaar het deur die profete en spesifiek deur die "laaste profeet" - Mohammed. 'n Moslem is iemand wat hom of haar aan die wil van Allah onderwerp en leef soos Allah dit verwag. In die praktyk is daar vyf "moets" waarvolgens 'n Moslem moet leef om sů die ewige lewe in die Paradys te verdien. Dit staan bekend as die vyf pilare van Islam (Sien ook: "Djihad - heilige oorlog").


    1. Shahadah - Belydenis van Geloof
    Die eerste en belangrikste pilaar van Islam is die belydenis van geloof. Diť belydenis - "La ilaha illa Allah, Muhammadun rasoola Allah" (Daar is geen ware God behalwe Allah nie, en Mohammed is die Boodskapper van God) is 'n samestelling uit twee afsonderlike gedeeltes in die Koran en deur dit te sÍ, verwerp die Moslem enige ander god behalwe Allah en verklaar dat hy daarom alleen waardig is om aanbid te word.

    Die belydenis moet minstens een keer in elke Moslem se lewe in die openbaar gedoen word. 'n Goeie Moslem herhaal die belydenis egter van kleins af 'n paar keer per dag en duisende kere deur sy of haar lewe tot met die dood.

    Selfs op sy of haar sterfbed is dit 'n Moslem se begeerte om met die belydenis op die lippe te sterf en indien die sterwende dit nie self kan sÍ nie, word dit saggies deur die familie of vriende in die sterwende se oor gefluister.

    Wanneer iemand hom of haar tot Islam bekeer, is die belangrikste voorwaarde of ritueel dat die persoon die belydenis met oortuiging moet sÍ.

    2. Salat - Gereelde gebede
    Die tweede pilaar van Islam is gebed, wat gesien word as direkte kommunikasie tussen die Moslem-gelowige en Allah. Moslems bid minstens vyf keer per dag - voor sonsopkoms, in die voormiddag, teen laatmiddag, net nadat die son gesak het en weer in die laataand net voor slaaptyd.

    Gebede word meestal gesamentlik gedoen, maar 'n individu kan ook op sy of haar eie bid. Voor elke gesamentlike gebed by die moskee word die gelowiges amptelik hardop deur die muezzin geroep om te gaan bid.

    Die muezzin het vroeŽr altyd op 'n spesiale toring van die moskee gestaan sodat almal hom kan hoor, maar vandag word daar dikwels van 'n mikrofoon of selfs vooraf-gemaakte opnames gebruik gemaak om te verseker dat alle voornemende bidders die oproep kan hoor.

    Wanneer gebid word, draai die bidder in die rigting van Mekka en gooi 'n spesiale gebedsmatjie voor hom oop. Die bidder trek sy skoene uit en bedek sy hoof in eerbied teenoor Allah. Die gebed word gedoen volgens 'n spesifieke rituele volgorde waar die hande onder meer in die lug gesteek word, gehurk word, die bidder hom twee keer op die grond uitstrek en dan sittend eindig.

    Op Vrydagmiddae kom gelowiges ook by die moskee byeen vir 'n spesiale gebedstyd. Diť gebed word gewoonlik voorafgegaan deur 'n boodskap of preek deur die imam. Spesiale oggendgebedsbyeenkomste word in die buitelug gehou aan die einde van die Ramadan-vastyd en nŠ die terugkeer van die pelgrimstog na Mekka.

    In sommige lande word vroue toegelaat om in die moskee te bid, maar hulle doen dit in 'n vertrek apart van die mans. In ander lande bid vroue by die huis.

    3. Zakat - Bydrae tot liefdadigheid
    In Mohammed se tyd is belasting deur die regering van die rykes gevorder om armes daarmee te help. Hoewel hierdie gebruik intussen selfs in die meeste Moslem-lande verval het, word daar steeds van Moslems verwag om 'n deel van hul inkomste of besittings aan liefdadigheid te skenk. Diť bydrae, wat zakat genoem word, is die derde pilaar van Islam.

    Die doel van die bydrae is nie net om die armes in die gemeenskap hiermee te help nie, maar die gelowige kry ook voordeel daaruit. Moslems glo dat hul besittings gereinig word wanneer hulle 'n deel daarvan as zakat weggee en dat hulle meer sal ontvang omdat hulle bereid is om daarvan weg te gee.

    4. Siyam - Vas tydens Ramadan
    Die vierde pilaar van Islam is om gedurende die maand van Ramadan van sonop tot sonsondergang te vas. In diť tyd weerhou alle Moslems, behalwe siekes, swakkes en swanger vroue, hulle van kos, drank, rook en seksuele omgang.

    Die doel van die vastyd is enersyds om die tyd te herdenk toe Mohammed sy eerste openbaring ontvang het; andersyds is dit ook 'n tyd van geestelike selfreiniging en oordenking.

    Aan die einde van elke dag se vastyd tydens Ramadan word die vas gewoonlik gebreek deur 'n gesamentlike feesmaal vir familie en vriende.

    5. Hadj - Pelgrimstog na Mekka
    Die vyfde pilaar van Islam - en waarskynlik die een met die meeste aansien - is die pelgrimstog na Mekka. Hoewel die pelgrimstog nie vir elke Moslem beskore is nie, word dit van elkeen vir wie dit finansieel en fisiek moontlik is, verwag om minstens een keer in sy of haar lewe die reis na Mekka aan te pak. Sommige rykes, soos die koning van Saoedi-ArabiŽ en sy familie, onderneem die pelgrimstog jaarliks.

    Die pelgrimstog word oor die eerste twaalf dae van die twaalfde maand van die Islamitiese jaar gehou. Manlike pelgrims dra twee stukke soomlose materiaal (simbolies van alle mense se gelykheid voor God) terwyl vroue hul gewone klere dra, maar van kop tot tone heeltemal bedek is.

    Moslems glo dat Allah op 'n baie spesiale manier in Mekka en veral by die Kašba (sien: " Kašba - die heiligste plek op aarde"), teenwoordig is en dat pelgrims daar 'n spesiale seŽn van Hom ontvang. Deur soveel ander Moslems van regoor die wÍreld daar te ontmoet, word die broederskap van alle Moslem-gelowiges ook bevestig en versterk.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    itís the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  12. #12
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,032

    Re: GROOT GELOWE VAN DIE WÍRELD

    5. Boeddhisme

    Die Boeddhisme: Boeddha Ė "Die Verligte Een" - (Sien Bron)

    Opsomming

    Hierdie artikel handel oor die lewe van Gautama Boeddha, Indiese filosoof en stigter van die Boeddhisme. Daar word gekyk na sy vroeŽ jare as rykmanseun, sy soeke na vervulling, hoe hy uiteindelik antwoorde op sy vrae gekry het, en sy latere jare.

    Eerste jare

    Gautama Boeddha, stigter van die wÍreld se vierde grootste godsdiens - Boeddhisme - is in ongeveer 563 vC naby Kapilavastu, IndiŽ (tans deel van Nepal), gebore. Sy pa, Shuddhodanna, was heerser van die klein koninkryk van die Sakya-krygers, en wou graag hÍ diť baba, wat hulle Siddhartha genoem het, moes hom eendag as leier opvolg.

    Beskermde lewe in oorvloed

    Omdat die enigste bestaande rekord van Boeddha se lewe jare nŠ sy dood eers opgeteken is, is dit vandag moeilik om die geskiedkundige akkuraatheid van verslae oor sy lewe te bepaal. Volgens een verhaal het 'n wyse ou man net nŠ klein Siddhartha se geboorte vir sy pa gesÍ die seuntjie gaan eendag Úf 'n beroemde heerser Úf 'n pennielose swerwer word.

    Waarskynlik om laasgenoemde te voorkom, het sy pa die jong prins oorbeskermd grootgemaak en is hy nie toegelaat om enige kontak met die buitewÍreld te hÍ nie. Later sou Boeddha homself as 'n "bedorwe rykmanskind" beskryf.

    Hy is opgelei in die kunste en wetenskap en is ook aangemoedig om deel te neem aan fisieke oefeninge. Siddhartha is op twintigjarige ouderdom getroud met prinses Yashodara, en 'n seun, Rahula, ("Ketting") is vir hulle gebore.

    Te midde van al die luuksheid en gemak waarin hy hom bevind het, het Siddhartha egter al hoe meer onvergenoegd gevoel. Die lewe het vir hom geen uitdagings ingehou nie en toe hy 29 jaar oud was, het hy besluit om alles agter te laat en as swerwer die land te deurkruis.

    Keerpunt tydens reise

    Volgens oorlewering het Siddhartha vier reise onderneem waartydens hy vir die eerste keer gekonfronteer is met die realiteite van die lewe. Sommige weergawes van hierdie "konfrontasies met realiteit" lui dat dit alles net in 'n reeks visioene gebeur het, terwyl ander weer vertel dat dit ware gebeure was.

    Hoe dit ook al sy, Siddhartha is diep geraak nadat hy 'n ou man, 'n baie siek man en 'n lyk (sommige sÍ 'n begrafnisstoet) gesien het. Vir die eerste keer het hierdie jongman, wat so beskermd grootgeword het, besef dat lyding deel is van die lewe omdat almal oud word, siek word en doodgaan.

    Die vierde konfrontasie (of visioen) wat die lewe van die jong Siddhartha vir altyd sou omkeer, was met 'n reisende monnik. Hierdie monnik was die toonbeeld van geluk en tevredenheid en het met sy bedelbakkie van gebied na gebied getrek. Siddhartha is hierdeur oortuig dat hy sy vrou, kind en materiŽle rykdom permanent moes verlaat en moet soek na geestelike vervulling (enlightenment) wat hom sou bevry van lyding.

    Diť gebeurtenis in sy lewe staan bekend as die Groot SelfverloŽning en word tot vandag toe deur Boeddhiste gevier en beskou as 'n draaipunt in die geskiedenis van die mensdom.

    'n Lama-priester in aanbidding voor 'n heilige wierookbrander in die Lama-tempel in Beijing. Die LamaÔsme is 'n gewysigde vorm van die Boeddhisme in Tibet en MongoliŽ sedert die verkondiging daarvan in Tibet deur Padma-Sambhava vanaf 747 nC.

    Antwoord nie in HindoeÔsme

    Siddhartha het as bedelmonnik sy soeke na die waarheid op tradisionele Hindoe-wyse in die noorde van IndiŽ begin. Onder leiding van twee beroemde Brahman-heiliges het hy vir 'n paar jaar die Hindoe-geskrifte deeglik bestudeer en 'n streng asketiese lewe van absolute selfverloŽning en selfkastyding begin.

    Hy het joga beoefen en volgens sommige oorleweringe party dae net een ryskorreltjie geŽet. Twee aspekte van HindoeÔsme - die kaste-stelsel en asketisme - het diť geloof egter vir hom onaanvaarbaar gemaak.

    Siddhartha het HindoeÔsme en sy streng asketiese leefwyse laat vaar en sy reis voortgesit. Op 36-jarige ouderdom het hy volgens oorlewering eendag in die skaduwee van 'n vyeboom ("bo tree") naby die dorpie Gaya in die staat Bihar gaan sit. Sy gesondheid het intussen baie agteruitgegaan en hy was gefrustreerd omdat hy steeds nie kon vind hoe die mens bevry kon word van lyding en die aanhoudende siklus van dood en reÔnkarnasie nie.

    Deurbraak onder vyeboom

    Hy het besluit om net daar te sit en aan te hou met mediteer totdat hy die antwoorde op sy vrae kry. NŠ 'n paar ure van ononderbroke meditasie het die deurbraak gekom - in 'n toestand van "hoŽr bewussyn" het hy al die antwoorde gekry waarna hy sy lewe lank gesoek het. In hierdie oomblik van geestelike "verligting" ("enlightenment") het Siddhartha "volmaakte wysheid" ontvang oor hoe om verlos te word van lyding.

    Hierdie gebeurtenis word vandag deur Boeddhiste herdenk as die "Groot Verligting" ("Great Enlightenment") en Siddhartha sou ook voortaan bekend staan as Gautama (sy familienaam) Boeddha ("Die Verligte Een"), of net Boeddha.

    Volgens sommige weergawes van Boeddha se "verligting" het dit oor drie dae plaasgevind. Op die eerste aand onder die vyeboom het hy sy vorige lewens (lewens wat hy voorheen in ander liggame geleef het) voor hom sien afspeel.

    Die volgende aand het hy bonatuurlike insigte gekry in die siklus van lewe, dood en reÔnkarnasie, asook die faktore wat dit beÔnvloed. Op die derde nag is vier "heilige waarhede" aan hom geopenbaar, naamlik "die kennis van smart", "die bron van smart", "die verwydering van smart" en laastens "die wyses waarop smart verwyder kan word".

    Deel boodskap met ander

    Die antwoord wat Boeddha onder die vyeboom gekry het, bly dieselfde in al die weergawes van die verhaal, naamlik dat 'n mens verlos kan word van lyding deur nirvana, 'n toestand van volkome geluk en vrede.

    Om nirvana te bereik, moet mens jou eers bevry van alle begeertes en wÍreldse dinge. Boeddha het later gesÍ dat hy getwyfel het of mense gereed was vir hierdie boodskap van "reddende waarheid" (dharma), maar hy het dit nogtans kort nŠ sy deurbraak naby Benares (Varanasi) met 'n groep van vyf monnike gedeel.

    Hierdie gebeurtenis word vandag nog deur Boeddhiste herdenk. Die inhoud van hierdie eerste boodskap van Boeddha het behoue gebly en word beskou as die kern van die Boeddhisme.

    Klooster-nedersettings gestig

    Die vyf monnike het Boeddha se eerste dissipels geword (hoewel hulle hom in 'n stadium vir 'n kort tydjie verlaat het) en het saam met hom gereis terwyl hy oral sy boodskap van verlossing gepreek het.

    In die Ganges-vallei het Boeddha en sy volgelinge die eerste van verskeie klooster-nedersettings gevestig vir mense wat die Boeddhisme wou bestudeer.

    Boeddha het dadelik sy afkeur aan die kaste-stelsel gewys deur lidmaatskap van die monnik-nedersetting vir almal - buiten vroue - oop te stel. Hy het vroue gesien as die "instandhouers van die siklus van dood en reÔnkarnasie".

    Sy stiefma en niggie het hom glo later oortuig om vroue wel toe te laat, maar Boeddha het tot met sy dood geglo dat die toelating van vroue sou veroorsaak dat sy leerstellinge net vir 500 in plaas van 1 000 jaar sou voortbestaan.

    Dood in Nepal

    Boeddha het IndiŽ en die aangrensende gebiede hierna vir nog sowat 45 jaar deurkruis en sy boodskap van "reddende waarheid" (dharma) oral met mense gedeel. In 'n stadium het hy vir 'n kort tydperk teruggekeer na sy geboortedorp waar hy sy pa, sy vrou en verskeie ander lede van sy familie tot sy leerstellinge bekeer het.

    Op 80-jarige ouderdom het hy ernstig siek geword in Kusinagara, Nepal, nadat hy vermoedelik besmette varkvleis geŽet het. Volgens oorlewering het hy op sy sterfbed sy gunsteling-dissipel, Ananda, daaraan herinner dat dit die lot van die mens is om deur die dood van sy geliefdes afstand te doen en hulle agter te laat.

    Kort voor Boeddha sy laaste asem uitgeblaas het, het hy vir Ananda gesÍ om te onthou 'n wyse man moet besef dat materiŽle dinge verdwyn, maar dat die "waarheid vir ewig sal voortbestaan".

    Boeddhisme: terme en begrippe


    Asketisme - 'n Vroom lewe van strenge onthouding (selfverloŽning, selfkastyding).

    Dharma - Sanskrit vir "doktrine" of "lering". In die Boeddhisme verwys dit na Boeddha se boodskap van "reddende waarheid".

    Kaste-stelsel - Indeling van IndiŽ se bevolking volgens oorgeŽrfde sosiale klasse of volksgroepe.

    Meditasie - Diep oordink.

    Nirvana - Toestand van volmaakte vrede en geluk waar 'n persoon verlos is van die kringloop van herhaalde dood en geboorte (reÔnkarnasie). Einddoel van die Boeddhisme.

    ReÔnkarnasie - Lering waarvolgens die siel van 'n afgestorwene herhaaldelik na die aarde terugkeer om in 'n nuwe liggaam gebore te word.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    itís the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  13. #13
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,032

    Re: GROOT GELOWE VAN DIE WÍRELD

    6. HindoeÔsme


    Die HindoeÔsme - (Sien Bron)

    Opsomming

    In hierdie artikel word daar kortliks gekyk na die wÍreld van die HindoeÔsme. Daar sal eerstens gelet word op die wyse waarop HindoeÔsme ontstaan het, waarna daar 'n oorsig gegee sal word van die belangrikste konsepte vir die verstaan daarvan, asook die vernaamste van hierdie religie se geloofstradisies. In die kassie is enkele terme en begrippe wat van toepassing is by hierdie artikel.

    Die term HindoeÔsme verwys nie na 'n enkele religie nie, maar na die vele en uiteenlopende tradisies van die subkontinent van IndiŽ. Hindoe, wat "IndiŽr" beteken, is die naam wat die PersiŽrs gegee het aan die inwoners van die Indus-vallei. Later sou hierdie term uitgebrei word om na die totale bevolking van IndiŽ te verwys. Die term Hindoe het dus aanvanklik verwys na 'n geografies-bepaalde groep mense, waarmee 'n uiteenlopende verskeidenheid van taal en geloofstradisies saamgevat is. Eers baie later sou inheemse IndiŽrs die term begin gebruik ten einde hulle etnies en kultureel te onderskei van die invallende kulture van die Moeghals en - later - die EuropeŽrs.

    Toe die Britte in die laat-negentiende eeu die Vediese geskrifte (die vroegste heilige geskrifte van die HindoeÔsme, waaraan die meeste geloofstradisies steeds status heg) ontdek het, het hulle die woord HindoeÔsme begin identifiseer met die religieuse identiteit van die Ariese bevolkingsgroep van IndiŽ ("Aries" verwys na die Indo-Ariese volke wat hulle in ongeveer 1500 VAE in die Indus-vallei gevestig het). Hierdie spesifiek religieuse gebruik van die woord het gou deurgespoel na Indiese denkers van die tyd en sů het HindoeÔsme die term geword waarmee daar na die komplekse geloofstelsels van IndiŽ verwys is in teenstelling met diť van Islam en die Christendom.

    Die oorsprong van die konsep HindoeÔsme het fassinerende implikasies vir baie aspekte van die studie daarvan. Die kategorie religie, soos wat dit 'n oorsprong het in die wetenskaplike denke van die Weste, is hier afgedwing op 'n entiteit wat nie altyd gemaklik daarin pas nie. (Die saamgestelde woord "godsdiens" veronderstel semanties dat daar 'n god of gode is aan wie diens gelewer word. Aangesien hierdie aspekte baie ander gelooftradisies/denkraamwerke uitsluit, word die term "religie" eerder gebruik, wat oorspronklik in beide die Ou en die Nuwe Testament op "verhouding" dui.)

    Min van wat ons tradisioneel onder religie verstaan, kan van toepassing gemaak word op die verskeidenheid van denke en geloofstelsels wat breedweg as HindoeÔsme bekend staan. As daar dus hier na die HindoeÔsme verwys word, word daar nie na 'n enkele geloofstelsel nie, maar eerder na 'n familie van tradisies verwys, soos wat hierdie tradisies geografies gevind word in die Indiese subkontinent.

    HindoeÔsme as a-tipiese religie

    Anders as die meeste ander bekende wÍreldreligieŽ, het die HindoeÔsme geen spesifieke stigter, profete, dogma of geloofsbelydenis, leerstellings of enkele praktyk wat sentraal daarin staan nie. Dit het ook geen sentrale stelsel van teologie of etiek nie. Les bes vind ons in die HindoeÔsme geen noodwendige godgesentreerdheid nie. Die intrinsieke eenheid van die HindoeÔsme lÍ dus opgesluit in iets heeltemal anders as diť van ander religieŽ. Dit berus naamlik in die komplekse sosio-religieuse stelsel waarin die rites, mites en reŽls van die samelewing veel belangriker is as dogma. Anders gestel, wat van jou 'n vroom Hindoe maak, is nie wat jy glo nie, maar hoe jy leef.

    Daarom noem die moderne filosoof Radhakrisjnan die HindoeÔsme 'n 'lewenswyse' eerder as 'n 'geloofstelsel'. Vir die vroom Hindoe is religie nooit 'n aparte deel van sy of haar lewe nie, maar vorm 'n integrale deel van die familie, samelewing en politieke stelsel.

    Werklikheidsbegrip van HindoeÔsme

    Alhoewel daar nie iets soos 'n enkele geloof in die HindoeÔsme is nie, vorm die onderliggende wyse waarop Hindoes die aard van die werklikheid verstaan, nietemin die grondslag van die meeste van hul tradisies. Hierdie werklikheidsbegrip kan met 'n paar begrippe verduidelik word.

    Feitlik alle Hindoes glo dat een realiteit, Brahmaan (of - in Oepanisjad - Atman, die heilige krag wat die essensie vorm van alles wat bestaan), die totale sigbare en onsigbare wÍreld onderlÍ. Van hierdie realiteit sÍ die Oepanisjads (die laaste van die Vediese geskrifte, waarin 'n sterk filosofiese inslag sy verskyning maak), losweg vertaal, die volgende: 'U is Vrou. U is Man Ö U is die seisoene en die seŽ. U woon in alles. Uit U word alles gebore.'

    Brahmaan is dus die ewige, onveranderlike, ongeslagtelike beginsel van die werklikheid. Sowel immanent as transendent aan alles, is Brahmaan die rede vir die bestaan van alles wat is. Filosofies word Brahmaan meestal verstaan as die onpersoonlike Absolute, die WÍreldsiel wat alles deurdring. Binne hierdie verstaan is die verhouding tussen Brahman en wÍreld een van noodwendige monisme (die geloof dat die totale werklikheid een, geslote stelsel is).

    Vir baie Hindoes is die verhouding egter meer persoonlik en aanbid hulle Brahmaan in die vorm van 'n oppergod, wat Úf die dansende Sjiwa Úf die dromende Visjnoe kan wees. Die groot Hindoe-heldegedigte, die Ramajana en die Mahabharata, kan teruggevoer word na die liefde en verering van baie Hindoes vir een van hierdie twee gode. Hindoes glo verder dat alles nie alleen 'n oorsprong het in Brahmaan nie, maar uiteindelik ook weer daarheen sal terugkeer. Alles wat is, is onverganklik deel van Brahmaan. Daarom is alle lewe, as draers van atman, gebonde aan die wette van samsara en karma.

    Hiermee saam hang ook die sosiale stelsel van kaste in IndiŽ. Alhoewel wetgewing veral die ekonomiese implikasies van kaste afgewater het, speel hierdie stelsel steeds 'n deurslaggewende rol binne baie Hindoe-gemeenskappe. Elke Hindoe se begeerte is om die sigbare wÍreld, wat hulle maja noem en wat sterk verbind word met swaarkry en lyding, te verlaat deur moksja te bereik.

    Soos met die meeste dinge in HindoeÔsme, is daar egter nie net een pad waarlangs moksja bereik kan word nie. Afhangende van wie jy is en wat jou persoonlikheid is, het jy 'n keuse van verskillende paaie. Eerstens kan 'n Hindoe moksja bereik deur middel van karma, dit wil sÍ die regte handeling.

    Hiermee saam hang die konsep van dharma, waarin wette van korrekte optrede en wette van purifikasie 'n baie sterk rol speel. 'n Tweede pad is diť van jnana, of kennis, wat die pad van die mediterende Jogi en die asketiese Sannjasi is. Hierdie pad word veral sterk met die god Sjiwa verbind. Derdens is daar die baie gewilde pad van bhakti, wat die liefdevolle verering van die gode behels.

    Vaisjnavisme, Sjaivisme en Sjaktisme

    Alhoewel daar 'n feitlik onnoembare hoeveelheid tradisies van bhakti binne die HindoeÔsme bestaan, is die meeste Hindoes volgelinge van Úf Visjnoe Úf Sjiwa. Visjnoe, die Onderhouer, word deur sy volgelinge geassosieer met die liefde van God vir sy skepsels.

    Die verhaal van Visjnoe is een van 'n god wat die hele werklikheid droom. Soms droom hy dat die wÍreld hom nodig het en dan inkarneer hy hom in 'n menslike gedaante sodat hy sy volgelinge in hul pyn, lyding en verdrukking kan bystaan. Sy bekendste inkarnasies is in die persone van Rama en Krisjna, twee van die mees bekende en geliefde figure in die Hindoe-mitologie. Visjnoe se volgelinge staan as Vaisjnaviete bekend.

    Sjiwa, die Vernietiger, daarenteen, het 'n veel komplekser persoonlikheid. Kenmerkend van hierdie god is dat alle teenoorgesteldes in hom versoen word. Saam met sy vrou, wat in verskillende gedaantes kan verskyn, is Sjiwa verantwoordelik vir die kosmiese dans waarin lewe en dood, donker en lig, orde en chaos in balans gehou word. Sy volgelinge, die Sjaiviete, glo dat daar geen skepping sonder vernietiging kan wees nie.

    Een van die sterkste religieuse tradisies, die sogenaamde Moeder-kultus, het rondom Sjiwa se vrou ontstaan het. Haar volgelinge staan as Sjaktas bekend omdat hulle glo dat sy die shakti - die kreatiewe energie - van Sjiwa is. Sy neem verskillende gedaantes aan: Parvati is haar beeldskone, vroulike en liefdevolle vorm, maar sy kan ook as die gedugte Durga verskyn en selfs as die verskriklike Kali, bewoner van begraafplase, met 'n halssnoer van skedels om die nek. As moeder van die totale werklikheid, is sy beide vroedvrou en lykbesorger van die mensdom.

    Sinkretiese aard van HindoeÔsme

    Dit was eers toe hulle met die onverbiddelike monoteÔsme van Islam en die Christendom gekonfronteer is, dat die tradisies van IndiŽ 'n eie identiteit, naamlik HindoeÔsme, vir hulle toegeŽien het. Tradisioneel het die HindoeÔsme alle tradisies geassimileer.

    DŪt is wat HindoeÔsme vandag nog so uniek maak, naamlik die geweldige teenstellings in verskillende denkstelsels as gevolg van die nie-diskriminerende assimilasie van feitlik alle kulture en geloofstelsels. Watter spesifieke tradisie ook al aangehang word, onderliggend het hulle 'n unieke ervaring van die werklikheid - 'n ervaring wat maak dat hulle hulle as Hindoes identifiseer: volgelinge van 'n religie wat anders en veel ouer is as enige van die ander lewende geloofstelsels van die wÍreld.

    HindoeÔsme: Terminologie

    • Oepanisjads - die laaste van die Vediese geskrifte, waarin 'n sterk filosofiese inslag sy verskyning maak.
    • Atman - Beide die individuele self asook die Self van die Werklikheid (Brahman). Hindoes glo dat alle lewe atman besit, met ander woorde, deel is van die onsterflike Self van Brahman.
    • Samsara - Die ewige siklus van geboortes en hergeboortes, wat in enige lewensvorm kan geskied.
    • Karma - Die woord karma beteken gewoon handeling. Binne die konteks van samsara verkry dit die betekenis van die resultaat van jou handeling. Karma is daarom die geloof dat jy die omstandighede waarin jy tans verkeer, verdien het met vorige aksies.
    • Kaste - Daar is vier hoofkaste en duisende subkaste in die HindoeÔsme. Hierdie kaste (ordes in die sosiale hiŽrargie) het tradisioneel sterk sosio-ekonomiese en selfs politieke implikasies gehad. Die enigste wyse waarop jou kaste-posisie verander kan word, is as jy in jou huidige lewe jou kaste-dharma nakom sodat jy in jou volgende lewe 'n beter posisie kan bekom.
    • Maja - Maja (maya), wat illusie beteken, is die sigbare wÍreld van die sintuie. Die meeste Hindoes glo dat die sigbare werklikheid van teenoorgesteldes (man/vrou; donker/lig; lewe/dood) nie die ware werklikheid is nie. Deur middel van meditasie is dit moontlik om deur die uiterlike te dring en die dieper werklikheid te aanskou. Meditasie is daarom 'n baie gewilde praktyk in IndiŽ.
    • Moksja - Bevryding van samsara. Dit was die soeke na moksja wat uiteindelik tot Gautama se nuwe leerstelling, die Boeddhisme, aanleiding gegee het.
    • Dharma - Die begrip "dharma" slaan eerstens op die Kosmiese Wette wat alles in stand hou, maar op individuele vlak behels dit die wette waarvolgens elke persoon moet leef. Hierdie wette of verpligtinge is streng verwant aan die kaste waarin 'n persoon gebore is.
    • Sannjasi - Hindoe-heiliges wat die aardse wÍreld verlaat op soek na die ware, geestelike werklikheid.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    itís the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  14. #14
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,032

    Re: GROOT GELOWE VAN DIE WÍRELD

    7. Animisme

    (Hierdie is 'n redelike uiteenlopende onderwerp en mens vind dat inligting hieroor redelik verskil, maar in wese is animisme 'n godsdiens wat aan alles 'n siel of toorkrag toeken. Sekeres verskil ook oor of sou die Afrika religie suiwer animisme wees, maar hoe mens ook daarna sou kyk, is daar spore hiervan in Afrika-godsdienste en selfs in hierdie artikel hieronder, word dit nie direk hieraan gekoppel nie. Tog is hierdie artikel gebruik om 'n kort oorsig te gee.)

    Tradisionele Afrika-religie - (Sien Bron)

    Opsomming

    Voor die koms van die Christendom was daar in Afrika byna net soveel variasies van tradisionele godsdienste as die meer as tweeduisend verskillende inheemse tale wat op die vasteland gepraat word. In hierdie artikel word die geloof van die Sjonas van Zimbabwe as voorbeeld van 'n tradisionele Afrika-religie behandel.

    Sommige Afrika-gemeenskappe glo dat daar lank gelede families onder hulle gewoon het wat siekes kon gesond maak en ook teenspoed kon voorkom. Hierdie spesiale vermoŽns of gawes is deur die mudzimu van een geslag na die volgende oorgedra. Dit beteken dat die gekose individu beset kon word deur 'n vadzimu wat aan hom die gawe van 'n n'anga (toordokter) kon gee.

    Daar word dikwels verkeerdelik na die tradisionele Afrika-godsdienste as "voorvader-aanbidding" of selfs "animisme" (die geloof dat alles 'n siel of gees het wat oor bonatuurlike krag beskik) verwys. Hoewel die afgestorwenes 'n belangrike en selfs sentrale rol in die meeste tradisionele Afrika-godsdienste speel, word die "voorvadergeeste" eerder vereer as aanbid - en word hulle dus nie as gode beskou nie.

    Die grootste misvatting rakende tradisionele Afrika-religieŽ is egter die aanname dat die mense van Afrika voor die koms van die Christendom 'n eenvormige godsdiens beoefen het. Die waarheid is dat daar in Afrika byna net soveel variasies van tradisionele godsdienste is as die meer as tweeduisend verskillende inheemse tale wat op die vasteland gepraat word.

    Omdat inligting oor tradisionele Afrika-religieŽ vir eeue mondelings oorgedra is, is geskrewe bronne grootliks beperk tot wat sedert die koms van die Christendom na Afrika aangeteken is. Wanneer daar vandag na tradisionele Afrika-religieŽ gekyk word, is dit ook baie moeilik om te weet tot watter mate die religie in sy huidige vorm reeds deur die Christelike godsdiens, of selfs Islam, beÔnvloed is.

    Omdat dit onmoontlik sou wees om al hierdie godsdienste en variasies van godsdienste afsonderlik te bespreek, word die godsdiens van Zimbabwe se Sjona-volk as voorbeeld van 'n tradisionele Afrika-religie ondersoek. Hoewel name en rituele verskil, word enkele algemene eienskappe uitgelig, waarna die godsdienstige oortuigings van 'n paar spesifieke groepe in meer besonderhede hanteer word.

    God die Skepper

    Volgens die tradisionele Sjona-geloof is die wÍreld en alles daarin deur God, die Almagtige Skepper, geskape. Daar word dikwels na Hom verwys as ("Die Almagtige Een" of "Hy wat is"), Musikavanhu ("die een wat mense geskape het") of Nyadenga ("die Groot Gees wat in die hemele woon"). Die Sjonas glo nie dat God 'n vorm soos die van 'n mens het nie, maar sien Hom eerder as 'n Gees wat in die hemele woon, maar ook op die aarde teenwoordig is.

    Hulle glo dat God alles geskape het en dat Hy ook op die een of ander wyse betrokke is by die alledaagse lewe van die mens. Hy is dus nie net verantwoordelik vir die goeie dinge wat met die mens gebeur nie, maar laat ook toe dat slegte dinge die wÍreld tref. Hy het mag om 'n individu te beloon met geluk, maar kan net so maklik vernietiging bewerkstellig. Die Sjonas glo dat 'n individu nie met Mwari kan debatteer of argumenteer nie en die gedagte dat 'n individu 'n persoonlike verhouding met God kan hÍ (soos in die Christelike en Joodse godsdienste) is onaanvaarbaar.

    Voorvadergeeste

    Omdat God as ontoeganklik vir die individu beskou word, speel diemudzimu (voorvadergeeste) 'n baie belangrike rol in die godsdienstige belewenis van die Sjonas.

    Hulle glo dat, indien iemand sterf kom, sy gees rondwandel totdat dit genooi word om terug te keer huis toe om die nageslag te beskerm. Dit word gedoen tydens die kurova guva-seremonie, wanneer bier oor die oorledene se graf uitgegooi word en hy deur familielede gevra word om "terug te keer huis toe" en hulle te beskerm. Net 'n volwasse individu wat self kinders gehad het, kan 'n familie se mudzimu (meervoud) word. Daar word geglo dat die vadzimu in 'n onsigbare gemeenskap woon wat parallel met die aardse gemeenskap bestaan. Dit stel hulle in staat om na die "lewendes" om te sien en te weet wat in die lewens van hul aardse familielede plaasvind.

    Twee groepe mudzimu kan onderskei word - die mhondoro (die geeste van die stigters van die stam of volk) en die vadzimu (die individu se gestorwe patriliniÍre of matriliniÍre voorvader)s. Die honddoro of stamgeeste is grootliks gemoeid met sake wat die stam of volk raak en word geraadpleeg in tye van droogte, oorlog, aanwysing van leiers en so meer.

    Die familie-vadzimu is nie net grootliks in beheer van familielede nie, maar word ook beskou as die bemiddelaar tussen familielede en God. Alhoewel die vadzimu na die familie omsien en hul belange beskerm, kan hy net so maklik kwaad gemaak word en aanstoot neem - veral wanneer sekere tradisies, rituele en gewoontes nie deur die "lewendes" nagekom word nie. Die oortreders kan gestraf word deur onder meer siekte of ander probleme.

    Bose geeste

    Wanneer 'n mudzimu baie kwaad gemaak word of wraak soek teen iemand, staan dit bekend as 'n ngozi of bose gees. 'n Tipiese voorbeeld hiervan is die gees van iemand wat vermoor is, 'n ngozi word en hom wil wreek op sy moordenaar en sy familie.

    So 'n aanval sal gewelddadiger en wreder wees as die straf wat 'n effens ontstelde vadzimu sal toedien aan iemand wat nagelaat het om 'n gebruik of ritueel na te kom. Diengozi sal die slagoffer moontlik op verskeie maniere aanval deur onder meer hom/haar ernstig siek te maak of deur dood en rampspoed in die familie te bewerkstellig. In so 'n geval moet die betrokke vadzimu of ngozi tevrede gestel word deur eerstens die oorsaak van sy woede vas te stel en dan versoening te bewerkstellig deur offergawes (bier of diere-offers).

    Wandelende geeste

    Nog 'n tipe gees wat die Sjonas tradisioneel glo het 'n invloed op hul lewens is die shavi (meervoud: mashavi) of wandelende gees. Hierdie is die gees van 'n vreemdeling wat ver van sy huis gesterf het en nie die nodige begrafnisritusse ondergaan het nie.

    Hierdie gees (kinders of volwassenes) is gewoonlik 'n persoon wat gesterf het sonder om 'n nageslag van sy eie na te laat en word dan 'n mashavi wat die aarde bewandel totdat hy 'n persoon of 'n familie identifiseer waardeur hy sy identiteit kan uitleef. 'n Ander tipe mashavi staan bekend as 'n majukwa - die geeste van voorvaders wat nie meer onthou of geŽer word nie.

    Besetting

    Die Sjonas glo dat dit nie vir 'n gees genoeg is om bloot te bestaan nie, maar dat dit noodsaaklik is dat mense bewus is van sy bestaan, dat hul bestaan erken en onthou moet word deur hul nageslagte en dat die gees 'n manier moet vind waardeur sy identiteit uitgeleef kan word. Alhoewel die familie-mudzimu tydens die kurova guva-seremonie verenig word met die vadzimu en daarna as 'n familielid vereer word, beset die geeste (vadzimu, ngozi en mashavi) 'n persoon waardeur hy dan manifesteer.

    Wanneer 'n gees 'n individu kies om te beset, word die persoon siek of kry hy vreemde drome. Dit sal so voortgaan totdat die persoon 'n n'anga (toordokter) raadpleeg wat aan hom/haar sal openbaar dat 'n gees hom/haar wil beset en dat dit die oorsaak is van die siektes of drome. Indien die individu die gees aanvaar, word 'n spesiale seremonie voorberei waartydens die gees "uitkom" en homself asook sy motiewe openbaar.

    Indien die persoon die gees aanvaar en verwelkom, berus die besluit om 'n svikiro (medium) te wees vir daardie spesifieke gees steeds by die individu. Op diť manier ontvang die besette individue spesiale magte of vermoŽns wat hulle nie voorheen gehad het nie. Die Sjonas glo byvoorbeeld dat elke shavi oor 'n spesifieke vermoŽ of talent beskik soos onder meer kuns, jag of genesing. Wanneer die persoon 'n medium word vir 'n shavi wat oor 'n spesifieke mag beskik, byvoorbeeld die vermoŽ om te genees, sal die besette persoon vervolgens ook 'n bedrewe geneser word.

    Die Sjonas glo dat wanneer 'n vadzimu 'n familielid wil beset en die individu weier om dit te aanvaar, hy sal sterf. Die verkose persoon mag wel dievadzimu vra om 'n ander familielid te kies - iets wat die mudzimo kan besluit om te doen of nie. Indien die gekose lid 'n Christen is, kan gebed tot Jesus Christus en/of uitdrywing die persoon bevry van die mag van die vadzimu of shavi.

    Toordokters (n'anga)

    Die Sjonas glo dat daar lank gelede families onder hulle gewoon het wat siekes kon gesond maak en ook teenspoed kon voorkom. Hierdie spesiale vermoŽns of gawes is deur die mudzimu van een geslag na die volgende oorgedra. Dit beteken dat die gekose individu beset kon word deur 'n vadzimu wat aan hom die gawe van 'n n'anga (toordokter) kon gee.

    Die Sjonas erken die bestaan van verskeie soorte n'anga of toordokters:

    • Kruiedokter: Daar is kruiedokters wat spesialiseer in die verkoop van kruie aan klante waarmee 'n verskeidenheid siektes behandel en teenspoed afgeweer kan word. Hierdie n'anga word algemeen beskou as "goeie kruiedokters", alhoewel hulle die vermoŽ besit om mense kwaad aan te doen deur giftige kruie.
    • Dolosgooier: Die tweede tipe is die dolosgooiers of waarsÍers wat bene (letterlik 'n verskeidenheid "magiese" items soos stukke klip, bene, hout, hare ensovoorts) "gooi" om die onbekende te openbaar. Hulle word geraadpleeg oor 'n verskeidenheid sake, soos onder meer die oorsaak van 'n siekte of krisis, of raad wanneer 'n belangrike besluit geneem moet word. Indien die probleem veroorsaak is deur toordery, sal die n'anga die bene gebruik om vas te stel wie die heks of skuldige party is. Indien die probleem veroorsaak is deur 'n vadzimu ofngozi, sal die gees gepaai word deur gebed en offers.
    • Towenaars: Die mees gevreesde n'anga is die towenaars wat toordery gebruik om mense te beskerm of kwaad aan te doen. Hulle kan onder meer gehuur word om 'n huis met 'n weerligstraal te tref of om die vyand te tref met pyn of selfs die dood. Hulle kan ook gehuur word om iemand te beskerm wat deur 'n vadzimu of shavi aangeval word of om 'n vloek oor 'n ander persoon uit te spreek.


    Hekse (muroyi)

    In die tradisionele Sjona geloof word daar nie voorsiening gemaak vir die bestaan van Satan en demone (duiwels) nie. Die varoyi (hekse, meervoud muroyi) en die geeste onder hul beheer word gesien as die boosdoeners in die teenswoordige wÍreld.

    Net soos die talente en mag van 'n n'anga van geslag tot geslag deur die mudzimo oorgedra word, word die bose mag van 'n varoyi deur besetenheid oorgedra. Anders as die n'anga, is die varoyi byna altyd vroulik.

    Volgens oorlewering reis die varoyi in die nag rond (gewoonlik nakend op die rug van 'n hiŽna) en besoek sy diegene wat sy kwaad wil aandoen. Om 'n vloek oor iemand uit te spreek, oortuig die varoyi die persoon se wakende vadzimu dat sy 'n vriend is, maar gaan dan voort om 'n vloek oor die persoon uit te spreek wat veroorsaak dat die persoon in 'n koma verval. Sy stuur dan haar zvidhoma (geeste) in die huis in om haar slagoffer te slaan of selfs dood te maak.

    Hekse - so word daar geglo - skep medewerkers wat hulle dien deur die geeste van kinders op te roep wat hulle doodgemaak het, en dwing hulle dan om hul spesiale "drankies" in te neem. Na bewering beoefen hulle 'n aantal vloeke en toorkunste, maar altyd met bose bedoelinge. Hul sogenaamde "swart medisyne" veroorsaak byvoorbeeld dikwels permanente fisieke siektes in plaas daarvan om te genees.

    Sommige van hul rituele sluit die gebruik van lyke in, asook kannibalisme. Hekse kom dikwels in heksevergaderings byeen waar rituele saam beoefen word en waar "gedienstige geeste" soos uile en slange aangehou word wat soms gebruik word om boosheid aan hul niksvermoedende slagoffers oor te dra.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    itís the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  15. #15
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Pretoria, South Africa, South Africa
    Posts
    603
    Blog Entries
    4

    Re: GROOT GELOWE VAN DIE WÍRELD

    Moet ook nie vergeet van New Age en daai een wat Tom Cruse aan behoort: Scientology
    'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
    Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
    [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
    Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
    [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

    Bemidbar 6:24-26
    [Numbers 6:24-26]

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Die hoogste brug in die wÍreld
    By David2 in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 2
    Last Post: Jan 19th 2011, 05:58 AM
  2. Bespreking Wat hou 2010 in vir ons....en die wereld?
    By Johnny in forum Gesprek oor die Eindtye en Aktuele sake
    Replies: 2
    Last Post: Jan 11th 2010, 06:01 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •