cure-real
Results 1 to 3 of 3

Thread: Die Koue Oorlog in lig van Pre-modernisme, Modernisme en Post-modernisme

  1. #1
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,159

    Die Koue Oorlog in lig van Pre-modernisme, Modernisme en Post-modernisme

    Hier is 'n baie kort oorsig van hierdie era's wat kortliks aandui waaroor dit in wese handel..., (Bron - vry vertaal)



    Pre-modernisme (ongeveer tot en met 1650)

    Kennisleer. Die primÍre epistomologie (kennisleer) van hierdie era, was gebaseer op kennis van bronne oor gesag. In hierdie era was geglo dat die absolute waarheid geken kon word en dat hierdie kennis deur direkte openbarings gekom het. Hierdie openbarings was algemeen aanvaar, as sou dit van God of van gode kom.

    Bronne van Gesag. Die Kerk was die besitters en verklaarders van ge-openbaarde kennis en was die primÍre outoriteit in die Pre-moderne era.

    Modernisme (ongeveer die 1650’s tot 1950)

    Kennisleer. Veral twee nuwe benaderings het dominant begin raak in hierdie era. Die eerste was die empiriese benadering of ervaringsleer, om kennis te bekom deur mens se sintuie en dit het stelselmatig ontwikkel tot wetenskaplike empirisisme of moderne wetenskap. Die tweede benadering tot kennis van die waarheid in hierdie era, was deur rede en sogenaamde logika. Wetenskap en redevoering was heel dikwels in samewerking met mekaar.

    Bronne van Gesag. Daar het in hierdie era ‘n verskuiwing van die magbasis plaasgevind, weg van die Kerk. Regerings en veral universiteite het begin oorneem as primÍre bron van gesag.

    Post-modernisme (plus minus sedert 1950)

    Kennisleer. Postmodernisme het begin om die kennis tot ons beskikking van die vorige era’s, te begin bevraagteken. In plaas van staatmaak op een wyse van om te weet, was ‘n nuwe wyse voorgehou, waarop kennis op verskeie wyses verkry kan word, bekend as epistomologiese pluralisme. Die waarheid het ontwikkel om al meer relatief te word, want hoe weet ons regtig?

    Bronne van Gesag. In hierdie era het dit al meer ‘n werklikheid geword dat die gesag van die vorige era’s, gedekonstrueer geword het. Omrede gesag nie vertrou word nie, is daar gepoog om ‘n minder hiŽrargiese benadering te volg, waarin die outoriteit van gesag versprei of verflou geword het.



    Ons leef volgens kenners in die Post-moderne era, wat blykbaar amptelik begin het in 1989, toe kommunisme geval het in daardie jaar, die internet begin is in daardie jaar, toe FW de Klerk in daardie jaar aangekondig het Mandela gaan vrygelaat word ensovoorts..., maar skynbaar was dit die einde van die koue oorlog, die Ooste teen die Weste was gediend en geen vyand meer nie. Vrede, is ons voorland..., aldus hierdie konsep.

    Ek sal graag wil fokus op die stryd wat ontwikkel het om die Ooste teen die Weste te skep en hoe die moderne era die mens kom konfronteer het hierin, deur veral die koue oorlog wat hieruit gevolg het en of daar 'n direkte verband is met die godsdiens-sfeer in 'n soortgelyke wyse.

    In kort verstaan ek dat die eintlike probleem die Moderne era was (wat betref die koue oorlog), waar die mens met nuwe denkwyses gekonfronteer was..., dinge wat nuut op die horison verskyn het en wat die mens se kop oor die algemeen moes kom deurmekaar maak het aan dit waaraan die mens gewoond was. Dinge soos, sielkunde, evolusie, kommunisme, demokrasie en vele ander. Die Franse Revolusie het byvoorbeeld die regering-stelsel van koningshuise kom omvÍrwerp en demokrasie in wese aan die wÍreld kom voorstel, waar die massas die mag moet besit en in teenstelling hiermee het die Bolsjevistiese Revolusie 'n regerings-stelsel kom afdwing waar die owerheid 100% in beheer is, toe ook die Russiese koningshuis tot 'n val moes kom en so was die prentjie voltooi vir die koue oorlog, die Ooste teen die Weste. Die mensdom moes glo dat slegs een van hierdie twee nou kan werk en koningshuise was totaal op die agtergrond geskuif. Tog romantiseer mense oor prinse en prinsesse en die Britste koningshuis in die besonder, het deurgaans nog die mensdom aan hulle spreekwoordelike voete gehad met hulle koningshuis wat konstant op die voorblaaie boer. Is dit omdat mense inherent eerder deur 'n koning regeer wil word? Nietemin, die toneel wat moes afspeel, was soos dit blyk geforseer en mense eet dit vir soetkoek, want dit is wat aan hulle voorgehou word op 'n gedekte tafel. Ons weet ook vandag vanuit 'n Christelike perspektief wat evolusie en sielkunde veroorsaak het, want daar is nou ander verklarings vir God se gesag en God se almag oor dinge, dinge wat Hom nie werklik in erkentenis bring nie en dit kom uit die moderne era.

    Op die godsdiens-toneel het vele nuwe bewegings ook ontstaan, bewegings met minder en/of meer meriete en hoe suiwer hierdie bewegings is, is sekerlik 'n ope debat. Hierdie bewegings sluit in alle waarskynlik in, die Charismatiese beweging, die Jehovah Getuies, Sewende Dag Adventisme, Mormone, 'Bristish Israelism' en ook die ander bewegings wat afstam hiervan, soos die Israelvisie of Israelwaarheid, die 'Hebrew Roots Movement' en ook Dispensasionalisme, sou mens let op die vernaamste bewegings van hierdie era.

    Hierdie is slegs 'n inleiding tot 'n gesprek en ek sal graag wil verneem of dit wat ek hier voorhou, enigsins meriete het, sou mens hipoteties dinge wat uit die Moderne era kom, skepties moet bejeen. As mens die gefabriseerde koue oorlog tussen die Ooste en Weste as voorbeeld kan gebruik en dit meriete kan hÍ, hoe moet mens na die godsdienstige kant kyk? Is dit ook 'n gefabriseerde twispunt om op geestelike vlak die mens te verwar of is daar werklik meriete in van hierdie nuwe bewegings (verseker is daar van hulle wat totaal windskeef is) wat miljoene der miljoene mense se totale uitkyk kom verander het? Bespreek dit gerus...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    itís the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  2. #2
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,159

    Re: Die Koue Oorlog in lig van Pre-modernisme, Modernisme en Post-modernisme

    In kort verstaan ekself dat die Pre-modernistiese era en die Modernistiese era, soos twee honde is of was, wat om 'n been veg. Die Post-modernistiese era is die derde hond wat met die been wil weghardloop. Dit is miskien bietjie meer kompleks as dit, want die tweede hond (Modernisme), is gebafriseer om wanorde en vraagtekens in en by die eerste hond (Pre-modernisme) te skep en die derde hond (Post-modernisme) is ook gefabriseer om die eerste een weg te lei, van die vaste beginsel dat hy nie die enigste hond is nie en baklei nou ook met hond nommer twee, sodat beide hond nommer 2 en 3 soos regte honde moet lyk. Hulle lyk soos regte honde en het baie beginsels waarteen mens nie kan stry nie, maar aan die einde van die dag is daar maar net een hond.

    Maak dit sin... ?
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    itís the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  3. #3
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,159

    Re: Die Koue Oorlog in lig van Pre-modernisme, Modernisme en Post-modernisme

    Dit val mens op dat die Modernistiese era 'n klemverskuiwing weg van God teweeg gebring het, sou mens na die wese van die bron van gesag in hierdie era kyk. Universiteite as een van die nuwe vorme van kennislering, het nou meer gesag begin kry as God self. Alle Kerke, maar baie spesifiek ook Gereformeerde Kerke (wat mens nie as noodwendig reg wil sien omdat hulle nog nie genoem is nie) is net so blootgestel en vandag weet ons dat op subtiele wyse baie predikante in hierdie denominasies, deur kweekskole gelegitimeer word en by uitsondering kan mens amper sÍ, doen God dit self. Universiteite se gesag op geestelike- en meer Christelike gebied oorskry meermale hul perke..., op 'n skaal wat soms so te sÍ nie eers meer reg kan weeg nie. Kyk maar net hier by ons, waar Professors soos Julian Muller 'n boek geskryf het, 'Om te mag twyfel'. 'Go figure' soos die Ingelsman sÍ...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    itís the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Bespreking Psalm 83 oorlog.
    By Johnny in forum Gesprek oor die Eindtye en Aktuele sake
    Replies: 13
    Last Post: Jul 8th 2014, 06:43 PM
  2. Harde, koue waarheid!
    By Johnny in forum Alles en nog wat
    Replies: 0
    Last Post: Aug 12th 2011, 08:46 AM
  3. Bespreking Oorlog in die Midde-Ooste
    By Johnny in forum Gesprek oor die Eindtye en Aktuele sake
    Replies: 36
    Last Post: Oct 25th 2010, 09:58 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •