Your Advert here
cure-real
Results 1 to 10 of 10

Thread: Induktiewe Bybelstudie

  1. #1
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Induktiewe Bybelstudie

    Hieronder is 'n kort beskrywing wat hierdie studiewyse betref en miskien kan mens dit ontwikkel of eers bespreek en kyk of mens dit in die Aanlyn Bybelskool kan plaas later... >>> BRON

    Die kreatiewe Bybelonderwyser se Induktiewe Studiemetode
    Met die woord ‘indikatief’ word bedoel dat daar beweeg van al die spesifieke detail
    na die algemene beginsel, of soos Robinson (2001: 33) dit stel: “the big idea”.
    Dus, uit al die feite en inligting wat bestudeer word, moet by die telos, die doel
    van die spesifieke Skrifgedeelte uitgekom word.

    a. Waarneming: wat staan daar geskrywe?
    In die eerste stap moet bepaal word wat die skrywer oorspronklik gesê het vir die
    mense wat dit die eerste keer gelees het. Daar moet dus teruggegaan word in
    die verlede. Die volgende vrae is behulpsaam in hierdie soeke:


    a. Konteksvrae:
    1. Wie is die skrywer of spreker ? 2. Waarom is die boek geskryf ? 3. Wat is die
    historiese agtergrond? 4. Waar was dit geskryf?

    b. Struktuele vrae:
    1. Watter woorde/frases word herhaal? 2. Vergelykings en kontraste? 3. Watter
    vrae word gestel en watter word beantwoord? 4. Enige oorsaak en gevolg
    verhoudings? 5. Progressie en oorgang in die teks? 6. Klimaks van die teks?
    7. Enige stylfigure wat gebruik word? 8. Enige sentrale gesegdes of woorde?
    9. Watter voegwoorde word gebruik wat belangrik is? 10. Watter werkwoorde
    word gebruik?


    b. Verklaring: wat beteken dit?
    Die Skrif kan verskillende toepassings hê maar slegs een ware verklaring. Die
    volgende reëls moet in ag geneem word: 1. die Skrif moet deur die Skrif verklaar
    word, want daar is ‘n eenheid in die boodskap van die Skrif. 2. die teks moet
    binne sy konteks verklaar word. 3. die letterlike betekenis moet gevolg word,
    d.w.s. die grammaties-historiese metode, wat beteken dat elke vers of Skrifdeel
    moet volgens sy literatuursoort waarbinne dit voorkom verklaar word (bv.
    geskiedenis, poësie, wysheidsliteratuur, ens).

    c. Veralgemening: wat is die hoofgedagte?
    Alle effektiewe kommunikasie is afhanklik van een groot idee oftewel die telos
    (doel) van die teks. Die res van die kommunikasie is ‘n uitbreiding op daardie
    hoofgedagte wat dit begrond, verduidelik of anders verwoord. Elke woord, frase,
    sin, paragraaf, ens. bou op tot daar een groot idee of beginsel. Al die studie moet
    dus daarop gemik wees om uit te vind wat die “Gees vir die gemeente” wil sê
    deur ‘n bepaalde teks of gedeelte.

    d. Toepassing: watter verskil maak dit?
    Totius stel die belangrikheid van toepassing as volg: “Getroue uiteensetting van
    die Skrifgedagte wil nie sê dat daar geen toepassing moet wees nie. Calvyn leer
    ons dit reeds anders. Prof. Viguié het van hom gesê: ‘Uit die mees wysgerige teks
    kan hy nog ‘n lering put. Hy is die man van die toepassing ! Sy preek is geheel
    en al toepassing.’ So is dit. By Calvyn is daar net een tree tussen sy teks en die
    werklike lewe. ‘n Student kan by hom die kuns afkyk om toepassings te maak”
    (Venter, 1977: 221).

    Om korrekte toepassings te maak, moet die volgende riglyne gevolg word:


    1. Verklaring moet toepassing voorafgaan.
    2. Toepassing fokus op Bybelse antwoorde vir algemene kwessies van vandag.
    3. Die Bybel moet toegepas word soos God dit bedoel het (2 Tim.3:15-17).
    Vervolgens kan die volgende vrae ook gevra word met die oog op die toepassing:
    - Is hier ‘n lering wat geglo en gedoen moet word?
    - Is hier ‘n waarskuwing wat gehoor en gehoorsaam moet word?
    - Is daar iets wat verander moet word in my lewe ?
    - Wat leer die teks ons oor hoe om regverdig te lewe?


    e. Implementering: wat moet ek verander?
    By die laaste stap raak die toepassing baie individueel van aard en kan nie vir
    almal wat dit lees en aanhoor dieselfde noodwendig wees nie. Die Bybel moet nie
    net gesien word as blote inligting nie maar ‘n Boodskap wat ons lewens radikaal
    verander. Selfondersoek in die lig van die Skrif (Ps.1) is hier baie belangrik:
    elkeen moet homself afvra waar en hoe hy moet verander?
    Ten einde is die doel van die Skrifstudie om te groei in heiligmaking en
    godsaligheid, tot eer van God. Dit is wat die Skrif ons dan ook duidelik leer:
    11 WANT die reddende genade van God het aan alle mense verskyn 12 en leer
    ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en
    regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe, 13 terwyl ons die
    salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God
    en ons Verlosser, Jesus Christus, 14 wat Homself vir ons gegee het om ons te
    verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ’n volk as sy eiendom te reinig,
    ywerig in goeie werke. 15 Spreek hierdie dinge en vermaan en bestraf in alle
    erns. Laat niemand jou verag nie. – Titus 2

    Slot
    Dit is wesentlik belangrik dat elke gelowige die Skrif nie net sal ken en liefhê nie,
    maar dit ook reg gebruik. Bybelstudie moet geskied in ‘n gees van liefde vir
    Christus sodat die waarheid geleer en toepas word op elke terrein van die lewe.
    Daarom geld die oproep en waarskuwing wat Paulus vir Timoteus gee, net so ook
    vir ons vandag:
    16 Let op jouself en op die leer; volhard daarin; want deur dit te doen, sal jy
    jouself red sowel as die wat jou hoor. – 1 Tim.4.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  2. #2
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,704

    Re: Induktiewe Bybelstudie

    "Induktief" staan eintlik teenoor "deduktief." Ek sien aan die begin van die aanhaling word die woord "indikatief" (?) gebruik. Dit is iets anders as "induktief."

    Nietemin. 'n Induktiewe metode van interpretasie neem 'n algemene beginsel of patroon en pas dit toe op die teks. Goeie voorbeelde van 'n induktiewe metode is om met 'n vaste leerstelling na die teks te gaan, en die teks te "maak pas" aan jou patroon. So 'n patroon kan Calvinisme wees, dit kan dispensasionalisme wees, dit kan premillenialisme wees, ens. (Dit is net voorbeelde).

    Hierdie leerstellings of denkpatrone waarmee jy na die teks gaan, kan dalk nie direk van die teks afgelei word nie, maar jy kan dit "maak pas" aan die teks. Hierdie metode is nie noodwendig verkeerd nie, en ons is soms geforseer om meer induktief met die teks om te gaan, veral omdat alle tekste nie al die detail gee nie, en mens as't ware self die "gaps" moet invul.

    'n Deduktiewe metode gaan nooit verby die grense van die teks self nie. Daar word nie groter konklusies oor die teks gemaak as die teks dit nie self pertinent uitwys nie. Slegs konklusies oor die teks word gemaak wat noodwendig vanuit die teks kom, sonder dat mens nodig het om 'n vooraf skema aan die teks te "maak pas" of "gaps" in te vul van dinge wat nie pertinent in die teks staan nie.

    "Eksegese" van die teks (uitlegkunde) neig altyd daarna om meer deduktief te wees. "Eisegese" (inlegkunde) is altyd meer induktief en "induct" (voeg in / maak 'n projeksie / maak 'n veralgemening) iets in die teks wat nie intrinsiek deel is van die teks nie, en maak dus 'n groter konklusie oor die teks op grond van daardie induksie.

    Sien hierdie skakels vir meer detail en voorbeelde:

    http://en.wikipedia.org/wiki/Inductive_reasoning
    http://en.wikipedia.org/wiki/Deductive_reasoning
    Last edited by Philip dT; Feb 14th 2012 at 02:45 PM.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  3. #3
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Re: Induktiewe Bybelstudie

    Dankie Philip. Ek dink jy plaas dit vir my bietjie beter in perspektief en dit is juis die doel gewees, om daaroor te gesels. Jy kan nie dalk 'n paar van hierdie metodes teenoor mekaar bespreek nie? Miskien net eers die metodes noem en dan kyk waar dit ons neem...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  4. #4
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,704

    Re: Induktiewe Bybelstudie

    Ferdi. Enige interpretatiewe beginsel word tot 'n mindere of meerdere mate induktief aangewend.

    Kom ons neem evolusionisme as redelik ekstreme voorbeeld.

    As mens bv. ten alle koste aan jou voorveronderstelling van evolusie wil vashou, is jy verplig om bv. Genesis as 'n mite te verklaar, omdat die data soos dit daar staan nie ooreenkom met evolusie nie. Op daardie manier sien jy dan nie meer Genesis as histories nie, en "maak jy dit dus pas" aan jou voorveronderstelling.

    'n Minder ekstreme voorbeeld sal wees om iets in te lees in 'n teks wat nie daar staan nie, alhoewel dit nie noodwendig teenstrydig is met die teks nie, maar jy maak 'n argument van stilte om by jou vooraf skema te pas. Jou vooraf skema bepaal dus hoe jy die "stiltes" of "gaps" in die teks invul.

    'n Voorbeeld van "sagte" induktiewe redenasie sal wees om te sê:

    Alle swane wat alle mense al gesien het is wit
    Daarom is alle swane wit.

    Hoewel die konklusie 'n hoë vlak van waarskynlikheid het, is dit tegnies moontlik dat daar bv. êrens 'n swart swaan is wat mense net nie opgemerk het nie. Daar bestaan dus 'n veralgemening.

    Kyk na hierdie stellings:

    Alle mense is sterflik
    Jan is 'n mens
    Dus, Jan is sterflik.

    Dit is deduktief, want die premisse noodsaak die konklusie. Daar is geen gapings wat ingevul moet word nie.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  5. #5
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Re: Induktiewe Bybelstudie

    Philip,

    Hoe sou mens die metodes en/of invalshoeke wat die mens kan aanwend om die Bybel te verstaan, afspeel teen die Heilige Gees wat aan mense openbaar wat in die Skrif staan? Gaan dit nie maar aan die einde van die dag oor wat die Here self aan mens wys nie en tot waar moet mens die Here vertrou hierin?

    Mens veronderstel tog dat net hulle wat die Here ken, deur Hom geleer sal wees. Ek glo persoonlik die wyse waarop mens die Bybel benader, kan relatief wees tot die verhouding waarin mens staan teenoor die Here. Daar is by my geen twyfel, dat baie predikante die regte dinge sê, weens kopkennis die 'waarheid' kan deel, sonder dat sulke predikante die Here ken. Mens hoor so baie van predikante wat tot bekering kom en dan was dit mense wat met 'gesag' oor God se Woord kon praat..., voor hulle nog die Here geken het. Mens wonder net wat die tipe of wyse van Bybelstudie sou beteken, as iemand nie wedergebore is nie en die antwoord is redelik voor die hand liggend..., want as Christus nie self jou verstand open nie, hoe kan jy die Skrifte verstaan?

    Waar kom hierdie gesag vandaan en het Teologiese Instellings nie dalk te veel legimiteit in ons dag nie? Dat sulke instellings nodig is, is sekerlik so, maar weeg die skaal nie dalk in baie gevalle te veel in die guns van menslike rede nie?

    Alhoewel hierdie draad reeds 'n bepaalde onderwerp het, sal mens dit tog as vertrekpunt wil gebruik om te kyk hoe kan mens ander help om die Bybel reg te bestudeer.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  6. #6
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,704

    Re: Induktiewe Bybelstudie

    Hallo Ferdi.

    Verseker het ons die Gees nodig en Hy lei ons in die waarheid. Ek dink egter dit is ook so dat twee gelowiges wat aanspraak maak op die Gees se leiding oor iets kan verskil, maar dit is nie noodwendig omdat die een die "ware" Gees het en die ander die "valse" Gees nie. Dit is eerder omdat ons eie ek dikwels, al het ons die Gees en al kan ons sy leiding volg, steeds maar ons eie ek volg. Om dus te sê mens moet bloot hoor wat die Gees sê, is dus nie so eenvoudig nie, bloot oor die menslike faktor, die feit dat die mens gebroke is, dat ons kleipotte is. En ook omdat ons nou ten dele ken, en God nie alles wat geken kan word aan ons openbaar nie, omdat ons steeds in geloof moet lewe.

    Ek dink ook nie mens moet die Gees en die rede teenoor mekaar afspeel nie. Die Gees kan op verskillende maniere werk, maar dit hoef nie teenoor die rede te staan nie. Soms kan die Gees direk vir mens iets sê. Maar die Gees kan ook saam werk met die rede, en my rede lei. Dit gaan myns insiens eerder oor die prioriteit van die rede en die Gees. Die rede moet altyd ondergeskik wees aan die Gees, en nie andersom nie.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  7. #7

    Re: Induktiewe Bybelstudie

    Hi Ferdi of Philip

    Waar pas Eksegese vs. Eisegese in by hierdie beginsel van hermaneutiek? - Of is dit maar net ander woorde vir dieselfde beginsel?

    Groetnis

  8. #8
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,704

    Re: Induktiewe Bybelstudie

    Quote Originally Posted by Meneer View Post
    Hi Ferdi of Philip

    Waar pas Eksegese vs. Eisegese in by hierdie beginsel van hermaneutiek? - Of is dit maar net ander woorde vir dieselfde beginsel?

    Groetnis
    Hallo, en welkom hier. Soos in my eerste plasing:
    "Eksegese" van die teks (uitlegkunde) neig altyd daarna om meer deduktief te wees. "Eisegese" (inlegkunde) is altyd meer induktief en "induct" (voeg in / maak 'n projeksie / maak 'n veralgemening) iets in die teks wat nie intrinsiek deel is van die teks nie, en maak dus 'n groter konklusie oor die teks op grond van daardie induksie.
    Last edited by Philip dT; Feb 14th 2012 at 02:44 PM.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  9. #9

    Re: Induktiewe Bybelstudie

    Jammer Philip - ek het daardie vorige plasing HEEL misgelees!!

  10. #10
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,704

    Re: Induktiewe Bybelstudie

    Quote Originally Posted by Meneer View Post
    Jammer Philip - ek het daardie vorige plasing HEEL misgelees!!
    Ek sien nou eers ek het 'n foutjie gemaak met daardie aangehaalde sin. Ek het dit nou op altwee plekke reggemaak:

    "Eisegese" (inlegkunde) is altyd meer induktief
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Benodig raad Bybelstudie handleiding
    By Ta-An in forum Alles en nog wat
    Replies: 10
    Last Post: Aug 11th 2011, 06:51 AM
  2. Vroue in die Bybel, Bybelstudie
    By Ta-An in forum Ester se Koffiehuis
    Replies: 2
    Last Post: Sep 2nd 2009, 07:11 AM
  3. Kolossense Bybelstudie Week I
    By Antonvs in forum Aanlyn Bybelskool
    Replies: 4
    Last Post: Nov 11th 2008, 10:55 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •