Omdat mense godsdienstig van mekaar verskil, kan hulle nie deur godsdiens saamgesnoer word nie. Die weg na eenheid van ons land se inwoners loop dus deur ‘n terrein waarop, misleidend, geag word almal eendersdenkend is, naamlik die wetenskap. Laasgenoemde word deur die onderwysowerhede geag waardevry en neutraal te wees, maar wat ‘n ernstige mistasting. Godsdiens word gesien as op gevoel te berus en wetenskap op feite en rasionaliteit wat kwansuis dan ook eenders vir alle mense sou wees - nog ‘n verdere stuk misleiding. Die wetenskap kan dus almal saamsnoer ongeag godsdienstige verskille, en hierdie “wetenskap” berus op die evolusieteorie.
Bookmarks