cure-real
Results 1 to 9 of 9

Thread: "Ash" woendsdag

  1. #1
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    3,308
    Blog Entries
    7

    "Ash" woendsdag

    Kan iemand asseblief vir my duidelikheid gee oor "Ash Wednesday"? Ek weet dit is die begin van "lent" maar ek het werklik geen idee wat dit beteken nie. Ek weet ook dat dit 'n tyd van vas is, maar wat is die rede hieraan gekoppel?
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  2. #2
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,972
    Blog Entries
    10

    Re: "Ash" woendsdag

    'Lent' is die Lydens tydperk voor PaasFees, hierdie Sondag is die eerste Sondag van die eerste Lydens week.
    Die vastydperk kan gesien word as simbolies van die tydperk wat Jesus in die woestyn gevas het voor die begin van Sy publieke bediening... dit wys vir my ook daarop dat HY versoekinge kon deurstaan.... omdat Hy juis deur Satan versoek is in die woestyn tydens Sy vastydperk.
    Nie alle Christene is betrokke by die onderhou van die gebruik nie.


    Ken jy die spreekwoord :"In sak en as sit" ?? Wel 'as' simboliseer juis hierdie gevoelte, 'as' is 'n teken van berou.... dit word in de OT beskryf as: Ester4: 1 Toe Můrdegai verneem alles wat gebeur het, het Můrdegai sy klere geskeur en 'n roukleed aangetrek, en daar was as op sy hoof; en hy het uitgegaan dwarsdeur die stad en hardop en bitter geskreeu.


    Quote Originally Posted by [URL="http://www.lytteltonoos.org.za/kerkjaar/lydenstyd.htm"
    Lydenstyd[/URL]]

    Lydenstyd strek vanaf Aswoensdag (sewende Woensdag voor Paassondag) tot en met Stil Saterdag, die dag voor Opstandingsondag. Indien die Sondae in hierdie tyd uitgesluit word, duur hierdie tydperk 40 dae, dieselfde aantal dae wat Jesus in die woestyn deurgebring het. Lydenstyd is noodsaaklike voorbereiding vir die viering van Paasfees. Ons kan nooit die werklike betekenis van Jesus se opstanding snap as ons nie onsself herinner aan sy lyding wat dit voorafgegaan het nie.

    Lydenstyd begin op Aswoensdag. Op hierdie dag is die gebruik dat ons spesifiek nadink oor ons sterflikheid en ons sonde. Ons bely in alle ootmoed ons skuld voor die Here. Aswoensdag en die lydenstyd wat daarop volg is baie maal die begin van geestelike vernuwing in die lewe van gelowiges en gemeentes.

    Gedurende lydenstyd is dit gebruiklik om te vas. Dit behels dat ons ons weerhou van sekere voedselsoorte (bv. vleis, koffie), lekkernye (bv. sjokolade, alle suiker) of aktiwiteite (koerantlees, TV kyk). Op hierdie manier identifiseer ons onsself met Jesus se lyding en "waak" ons saam met Hom. Wanneer ons dit doen, verskerp dit ons belewenis van Jesus se lyding en uiteindelik ook van sy opstanding.

    Die hoogtepunt van Lydenstyd is die Groot Lydensweek wat Paassondag voorafgaan en wat met Palmsondag (vanjaar op 8 April) begin. Gedurende hierdie week beleef ons Jesus se laaste week op aarde voor sy kruisiging. Diť week begin met Palmsondag, waartydens Jesus se intog in Jerusalem herdenk word. Baie gemeentes het die gebruik om elke aand tydens die week wat volg eredienste te hou. Donderdagaand word nagmaal gevier waarna dit gebruik is dat die kerkgebou gestroop word van alle versierings sodat slegs die bord en beker oorbly as teken van Jesus se bittere lyding.

    Die simbool in hierdie tyd is hoofsaaklik die kruis - maar ook alles wat met die kruisiging gepaard gaan, nl. die spykers ens. Die doel met die viering van die Groot Lydensweek is om baie diep onder die indruk van Jesus se lyding te kom sodat ons met soveel meer oorgawe die vreugde van Jesus se opstanding kan smaak.
    En van Lindenpark Wat is Lydenstyd?
    Wat is Lydenstyd?
    Lydenstyd is 'n seisoen van 46 dae waarin die kerk die lyding van Christus in herinnering roep en daarop reageer in voorbereiding op die Paasfees.

    Lydenstyd wys by uitstek dat God op 'n besonderse manier die God van die noodlydende, die arme en die veronregte is en dat Christus in ons werklike nood ingedaal het.

    Waar kom Lydenstyd vandaan?

    Die Westerse kerk het in die tweede helfte van die vierde eeu in navolging van die Oosterse kerk begin om as voorbereiding vir Paasfees 'n vastydperk van 40 dae in te stel. Die vas het meestal beteken dat slegs een maaltyd per dag sonder vleis geŽet is.

    Tradisioneel begin die vastydperk op As-Woensdag. Aanvanklik was die plaas van die as op die kop van 'n sondaar 'n soort tughandeling en boete-oplegging van die kerk. Later het die as 'n meer seremoniŽle funksie gekry waarin die as, gewoonlik die vorige jaar se verbrande palmtakke, op die voorkoppe van die lidmate in die vorm van 'n kruis gesmeer is.

    Wanneer vier ons Lydenstyd?

    Omdat Christene nie op Sondae (die opstandingsdag) gevas het nie, begin Lydenstyd op 'n Woensdag, ses en veertig dae (veertig dae en ses Sondae) voor paasfees.

    Simbole, gebruike en rituele in Lydenstyd

    Die kruis is die sentrale simbool in Lydenstyd. Die kruis herinner ons aan die kruisiging van Jesus, 'n teken van sy lyding en sterwe. Dit is dus onvanpas om die kruis te versier.
    'n Doringkroon of spykers kan saam met die kruis dien as simbole.
    'n Groot, wit kers met doringdraad daarom gedraai, beeld uit hoe Christus gekom het om bevryding te bring van watter menslike nood ook al.
    Lydenstyd is 'n tyd van hertoewyding. Daarom staan dissipelskap sentraal. Lydenstyd is dus 'n tyd van toerusting vir dissipelskap.

    Die gebruik om in hierdie tyd van voedsel te vas, staan in die teken van hertoewyding
    . Hierdie gebruik kan met 'n bietjie erbeelding met vrug in ons huise gebruik word. As 'n teken van ons bereidheid om op te offer vir die evangelie, kan ons byvoorbeeld besluit om in hierdie tyd te vas van 'n gewoonte, soos die lees van tydskrifte of die kyk van TV. Ons kan ook besluit om van sekere voedselsoorte te vas.

    Lydenstyd is 'n tyd van bepeinsing en stilte. Afsondering is daarom baie nodig. Hoewel ons in hierdie tyd baie nadink oor God se oordeel oor die sonde, is dit ook 'n tyd om ons te verwonder oor die kruisiging as diť liefdesdaad van alle tye.

    Lydenstyd is 'n gereedmaak om vernuwing in ons lewe te ontvang. Die pynlikheid van die erkenning van ons eie sonde is hiervoor noodsaaklik. Veroormoediging, skuldbeleidenis en boetedoening is in hierdie tyd prominent, maar dit alles staan in die teken van die nuwe lewe wat ons simbolies ontvang op Paassondag. Die as van As-Woensdag is 'n simbool hiervan.

    Van die wonderlikste kerkmusiek is lydensmusiek. Beter as om net daarna te luister, is om self deel te neem aan 'n kooruitvoering of die gereelde sing van lydensliedere.

    Let op die rituele en simboliek van Palmsondag en die daaropvolgende Groot Lydensweek, wat uitvoerig behandel word by daardie week.

    Kleure in Lydenstyd

    Op As-Woensdag is die kleur grys. Vir die res va Lydenstyd word donker, aardse kleure voorgestel. Pers word dikwels in hierdie tyd gebruik, maar herinner dalk te veel aan 'n begrafnis.
    Die kleure van die Groot Lydensweek en Paasnaweek is belangrik omdat dit die dramatiese karakter van hierdie tyd kan onderstreep. Vanaf Palmsondag tot die Donderdag voor Goeie Vrydag, word 'n dieprooi gebruik om die bloed van Christus te simboliseer.

    Op Goeie Vrydag en die daaropvolgende Saterdag word geen kleure of versierings gebruik nie. Dit staan in kontras met die baldadigheid van die versierings en kleure wat op Paassondag en in die tyd daarna gebruik word.
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  3. #3
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,972
    Blog Entries
    10

    Re: "Ash" woendsdag

    Soos ek gesÍ het nie alle Christene doen die 'as' ding nie, want vir hulle het Christus reeds gesterf en opgestaan... en die tydperk van rou is verby.... maar die gebruik in die kerk is om mens voor te beri vir die Paas Fees fieringe... die ONTHOU van wat Christus vir ons gedoen het...
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  4. #4
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,972
    Blog Entries
    10

    Re: "Ash" woendsdag

    Nog 'n webtuiste wat verduidelik van As-Woensdag en die Lydenstydperk... ek moet erken, ek het nie met die gebruike van As-Woensdag groot geword nie.

    Lydenstyd is ‘n gereedmaak om vernuwing in ons lewe te ontvang.
    DWS Confession/repentace/forgiveness...
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  5. #5
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    3,308
    Blog Entries
    7

    Re: "Ash" woendsdag

    Dankie vir die verduideliking. Ek verstaan nou die simbolie agter dit. Omdat almal dit nie hieraan deelneem nie, is dit dan 'n mensgemaakte besluit of eerder 'n doktrine?
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  6. #6
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,972
    Blog Entries
    10

    Re: "Ash" woendsdag

    Quote Originally Posted by MercyChild View Post
    Dankie vir die verduideliking. Ek verstaan nou die simbolie agter dit. Omdat almal dit nie hieraan deelneem nie, is dit dan 'n mensgemaakte besluit of eerder 'n doktrine?
    Dit is kerk tradisie.
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  7. #7
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    3,308
    Blog Entries
    7

    Re: "Ash" woendsdag

    Okay, baie dankie. Ek sal dus die regte ding doen.
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  8. #8
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,972
    Blog Entries
    10

    Re: "Ash" woendsdag

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Dit is kerk tradisie.
    Tradisie is nie noodwendig 'n slegte gebruik nie... solank as wat dit jou nader aan Christus se waarheid bring en wat hy vir jou gedoen het.
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  9. #9

    Re: "Ash" woendsdag

    Biblical History: Is Ash Wednesday in the Bible?



    No. Ash Wednesday is actually of pagan origin and was admitted into the church beliefs of the Catholic Church a few hundred years after Christ. This was the era when Constantine was attempting to weld pagans and Christians into a unit within the Roman kingdom.
    Ash Wednesday is the first day of Lent and always falls forty-six days before Easter. Roman Catholic churches of the Latin Rite use this service to prepare church members to better appreciate the death and resurrection of Christ through self-examination, repentance, prayer, fasting, and self-denial. Ashes from the burned palms of the preceding year's Palm Sunday are blessed. With these ashes, the priest marks a cross on the foreheads of worshipers, saying, "Remember, man, that dust thou art, and unto dust thou shalt return" (Genesis 3:19 KJV). From Biblical times, sprinkling oneself with ashes has been a mark of sorrow for sin. Besides showing their sorrow for their sins, those who honor Ash Wednesday add to this meaning of penance a second point; the need to prepare for a holy death.
    Although Ash Wednesday is not a day of holy obligation, Roman Catholics attend Mass on this day in order to mark the beginning of the Lenten season.
    The churches of the Anglican Communion, as well as some other Protestant churches observe Ash Wednesday. Eastern Rite churches do not. Their Lent begins on the preceding Monday.
    http://www.bibleinfo.com/en/content/it-bible

    The Passion of the Christ... it is as it was (@ WorldsGreatestCritic.com).






    www.worldsgreatestcritic.com/passion.htmlCached - Similar
    You +1'd this publicly. Undo
    The WOrld's greatest critic reviews the Passion of the Christ review; the passion of the christ reviews; ... (Release Date: February 25th [Ash Wednesday] 2004) ...

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Replies: 137
    Last Post: May 24th 2014, 10:58 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •