Hierdie artikel, met sieninge wat ons ook al op ander plekke raakgelees het, het betreking :


Geloof oor Satan berus nie op Bybel Ė teoloog

2012-03-09 06:55



Neels Jackson


Baie Afrikaanse kerkmense se geloof oor die ontstaan van die duiwel berus nie op Bybelse gronde nie, al dink hulle so.


Dit is die siening van prof. ­Ernest van Eck, Nuwe Testamentikus aan die Universiteit van Pretoria.


Hy het gister gepraat op ín konferensie van Scriptorium, ín sentrum vir die studie van die Nuwe Testament.


Volgens Van Eck is daar by baie mense ín oorgelewerde of tradisionele manier om die Bybel te lees. Hulle dink dit toon respek vir die grense en gesag van die Bybel, terwyl dit juis nie die geval is nie.


Een voorbeeld daarvan is dat baie mense dink die oorsprong van die duiwel is dat Satan tydens die skepping teen God gerebelleer het. Hy is toe saam met ín derde van die engele uit die hemel geban.


Mense wat dit glo, hou dikwels vol dat hul siening op die Bybel gegrond is.


Inderwaarheid kom dit uit buite-Bybelse boeke, soos die Testament van Salomo, Henog en Tobit.


Die ironie is dat navorsers wat hulle daarop wys, as liberaal bestempel word.


Van Eck het gesÍ soms aanvaar mense net die Bybeltekste wat by hul eie oortuigings inpas as Bybels.


Hy het verwys na twee tekste in Levitikus. Die een sÍ ín homoseksuele verhouding is ín gruwel in die oŽ van die Here en die ander sÍ twee mans in ín homoseksuele verhouding moet doodgemaak word.


Die eerste word op sigwaarde gelees en as ononderhandelbaar beskou, maar wat word dan van die tweede?


ín Goeie lees van die teks moet die verskille tussen die destydse en die huidige kultuur en omstandighede in ag neem.


Hy wou weet watter rol die insig speel dat die twee tekste deel is van ín gedeelte waarin Israel gemaan is om anders as die volke rondom hulle te leef.


Die vraag is of seksuele omgang tussen mense van dieselfde geslag destyds as afgodery beskou is omdat dit in die vrugbaarheidsgodsdiens van Israel se buurvolke voorgekom het.
Wat dink julle van hierdie teoloog se stellinge ? Praat hy waar ?
Hoe belangrik is dit nog vir moderne Christene om die Bybel so letterlik as moontlik te verstaan, of kan mens maar die grootste gedeeltes as alegories interpreteer ?

Ek kom agter uit gesprekke wat ek onlangs met Christene gehad het dat hierdie vrae so onbelangrik is dat daar nie eers gewonder word daaroor nie. Die houding blyke te wees : " As dit in 'n boek geskryf staan, of as iemand met 'n graad dit sÍ, dan is dit waar. "

Raas ons ouens se koppies wat nog glo dat Jona regtig deur 'n vis ingesluk was, of dat daar 'n letterlike skepping was, dan so erg ?