cure-real
Results 1 to 5 of 5

Thread: Satan, die Bybel, en bygelowe.

  1. #1

    Satan, die Bybel, en bygelowe.

    Hierdie artikel, met sieninge wat ons ook al op ander plekke raakgelees het, het betreking :


    Geloof oor Satan berus nie op Bybel Ė teoloog

    2012-03-09 06:55



    Neels Jackson


    Baie Afrikaanse kerkmense se geloof oor die ontstaan van die duiwel berus nie op Bybelse gronde nie, al dink hulle so.


    Dit is die siening van prof. ­Ernest van Eck, Nuwe Testamentikus aan die Universiteit van Pretoria.


    Hy het gister gepraat op ín konferensie van Scriptorium, ín sentrum vir die studie van die Nuwe Testament.


    Volgens Van Eck is daar by baie mense ín oorgelewerde of tradisionele manier om die Bybel te lees. Hulle dink dit toon respek vir die grense en gesag van die Bybel, terwyl dit juis nie die geval is nie.


    Een voorbeeld daarvan is dat baie mense dink die oorsprong van die duiwel is dat Satan tydens die skepping teen God gerebelleer het. Hy is toe saam met ín derde van die engele uit die hemel geban.


    Mense wat dit glo, hou dikwels vol dat hul siening op die Bybel gegrond is.


    Inderwaarheid kom dit uit buite-Bybelse boeke, soos die Testament van Salomo, Henog en Tobit.


    Die ironie is dat navorsers wat hulle daarop wys, as liberaal bestempel word.


    Van Eck het gesÍ soms aanvaar mense net die Bybeltekste wat by hul eie oortuigings inpas as Bybels.


    Hy het verwys na twee tekste in Levitikus. Die een sÍ ín homoseksuele verhouding is ín gruwel in die oŽ van die Here en die ander sÍ twee mans in ín homoseksuele verhouding moet doodgemaak word.


    Die eerste word op sigwaarde gelees en as ononderhandelbaar beskou, maar wat word dan van die tweede?


    ín Goeie lees van die teks moet die verskille tussen die destydse en die huidige kultuur en omstandighede in ag neem.


    Hy wou weet watter rol die insig speel dat die twee tekste deel is van ín gedeelte waarin Israel gemaan is om anders as die volke rondom hulle te leef.


    Die vraag is of seksuele omgang tussen mense van dieselfde geslag destyds as afgodery beskou is omdat dit in die vrugbaarheidsgodsdiens van Israel se buurvolke voorgekom het.
    Wat dink julle van hierdie teoloog se stellinge ? Praat hy waar ?
    Hoe belangrik is dit nog vir moderne Christene om die Bybel so letterlik as moontlik te verstaan, of kan mens maar die grootste gedeeltes as alegories interpreteer ?

    Ek kom agter uit gesprekke wat ek onlangs met Christene gehad het dat hierdie vrae so onbelangrik is dat daar nie eers gewonder word daaroor nie. Die houding blyke te wees : " As dit in 'n boek geskryf staan, of as iemand met 'n graad dit sÍ, dan is dit waar. "

    Raas ons ouens se koppies wat nog glo dat Jona regtig deur 'n vis ingesluk was, of dat daar 'n letterlike skepping was, dan so erg ?

  2. #2
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    1,619

    Re: Satan, die Bybel, en bygelowe.

    Fila

    Dit is vir my regtig 'n groot probleem dat lesers vandag die Bybel net wil herinpreteer. Dit is nie meer die Woord van God nie, maar die woord oor God. Wat is die uiteinde van die gewoonte ..... dat die mens later vir God vervang as die middelpunt waaroor alles gaan. Die mens word dus behaag en nie God nie.

    Net so 'n vinnige opmerking rondom die voorbeeld van die twee tekste.

    NÍrens in die Bybel lees ons dat 'n homoseksuele verhouding nie meer 'n gruwel in die oŽ van die Here is nie. Ons lees egter dat die Here nie kan lieg nie en onveranderbaar is, dus indien dit vir Hom 'n gruwel was is dit vandag nog 'n gruwel, geen onsekerheid.

    Tweedens lees ons dat die Here 'n nuwe bevel gemaak het dat ons mekaar moet vergewe en nie moet oordeel nie, Hy sal oordeel en vergeld. Die feit dat ons die vergelding dus nie meer toepas nie, maak nie dat ons net gehoorsaam is aan die dele in die Bybel wat ons wil nie, maar ons is gehoorsaam aan die nuwe opdrag van die Here.

    Sy voorbeeld is dus onwaar en nie geldend nie. Die gevolg is net om mens te mislei en die Woord van God af te breuk en humanisme te versterk.

    Die grootste bekommernis rondom die uitsprake van professore wat "voorgee" om Christene te wees, is dat hulle deur die Kerk toegelaat word om hierdie nonsens te propageer en te versprei. Hulle is regtig die wolwe in skaapsklere.

    Nee Fila, jou koppie raas nie, maar baie sogenaamde geleerdes het hulle kop lankal verloor sowel as hulle geloof.

    Groete
    Kalahari

  3. #3
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    Pretoria.South Africa
    Posts
    307

    Re: Satan, die Bybel, en bygelowe.

    Ek het jare gelede in 'n boekie gelees wat my ma gekry het toe sy aangeneem is,dit was so in die laat 1930's.Dit vertel van 'n hertog wie se kneg elke aand vir hom moes voorlees uit die Bybel.Elke keer as die hertog nie saam stem met wat voorgelees word nie ,is die kneg beveel om die betrokke deel uit te krap.Een aand toe die kneg net deur die Bybel blaai en nie begin lees ,het die hertog gevra hoekom die kneg begin lees nie,was die antwoord dat alles uitgekrap was.Daar was niks oor om te lees nie.Dit lyk soms vir my dat so is by baie mense.

  4. #4

    Re: Satan, die Bybel, en bygelowe.

    Quote Originally Posted by trudie View Post
    Ek het jare gelede in 'n boekie gelees wat my ma gekry het toe sy aangeneem is,dit was so in die laat 1930's.Dit vertel van 'n hertog wie se kneg elke aand vir hom moes voorlees uit die Bybel.Elke keer as die hertog nie saam stem met wat voorgelees word nie ,is die kneg beveel om die betrokke deel uit te krap.Een aand toe die kneg net deur die Bybel blaai en nie begin lees ,het die hertog gevra hoekom die kneg begin lees nie,was die antwoord dat alles uitgekrap was.Daar was niks oor om te lees nie.Dit lyk soms vir my dat so is by baie mense.
    Ja-nee, wat kan mens se?

    Vandag is reg mos verkeerd en verkeerd is reg. G'n wonder die hele wereld is nou so onderstebo en agterstevoor nie.
    Jeremiah 29:11
    "For I know the plans that I have for you,í declares the Lord, Ďplans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

  5. #5
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,994
    Blog Entries
    10

    Re: Satan, die Bybel, en bygelowe.

    Volgens Openbaring 12 : 4 & 9....
    Dit verwys na 'n derde van die 'sterre' wat val met die sweep van die Draak met 7 koppe en 10 horings se stert.... die Draak word uit die hemel gewerp en saam met hom sy engele... Dit klink vir my na eg NT verwysing en nie die boek van Henog ens. nie

    ... en soos Kalahari sÍ: 'n Gruwel voor God verander nie....MAAR, ons is nie meer onder die wet nie.... los die oordeel aan God oor... sÍ jou sÍ en as mense dit nie gehoor gee nie, stof die stof van jou voete af en gaan voort, God se oordeel is soos Sy genade..... genoeg in elke situasie.
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Inligting Die wonder van die Bybel
    By Johnny in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 0
    Last Post: Oct 22nd 2009, 11:54 AM
  2. Wat sÍ die Bybel....
    By Ta-An in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 7
    Last Post: Jun 11th 2009, 07:31 PM
  3. bybel in mp3
    By Willem in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 0
    Last Post: Apr 20th 2009, 09:01 PM
  4. Bespreking Wat se die Bybel oor Vas?
    By MG Van Wyk in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 6
    Last Post: Feb 27th 2009, 11:24 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •