Mense is geskape om lief te hê en voorwerpe om gebruik te word. Die grootste rede waarom die wêreld in omgekeerde chaos verval het is omdat voorwerpe bemin en mense gebruik word.
Mense wat gedurig daarop uit is om aandag te trek, verstaan nie God se liefde nie. Aandag is 'n swak plaasvervanger vir liefde.
Al wat ek wil doen is om iemand te bedien. As ek dit doen is my Here se werk in my as sy kanaal volbring.
Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel (Ef. 2:10). "Maaksel" is die Griekse woord "poiema" (saamvoeg, komponeer). Die Engelse woord "poem" kom daarvan af. Ons is God se gedig. God is liefe en ons is sy liefdesgedig. As mense ons "lees", sien hulle liefde en nie veroordeling nie (Rom. 8:1)!
Johannes het 'n punt beet gehad. Hy was nie verniet die apostel van die liefde nie.




Reply With Quote



maar ) die man het gesê, "Eintlik is ons met God se geestelike DNA geskape" en dit het my nogals laat dink... ons is so volmaak geskape, en ons maak so droog, ons val so vêr te kort van hoe ons eintlik geskape is...... die Woord sê :"Wees heilig" en dan wanneer mens jou alles ingooi en te probeer leef soos wat God van mens verwag, dag word aan jou gesê om versigtig te wees dat jy nie so "heavenly bound" moet wees dat jy nie "earthly good" is nie
Solank ons leef met die kruis in sig en ons oë op die hoop wat nie beskaam nie.

Bookmarks