Ek lees op die internet die volgende stelling wat iemand maak:
"Die Bybel is eintlik die mees misverstane boek op aarde. Hoewel dit 'n handleiding vir die mens is om God in beheer van die aarde te sit, (God se koninkryk hier te vestig), word dit gebruik om verskillende denominasies, gelowe, heersers en regeerings se eie agendas te verkondig.
Die Bybel is in vandag se terme God se konstitusie vir Sy koninkryk. Dit gaan oor 'n Koning. 'n koninkryk en 'n koninklike geslag, 'n koningkryk van liefde met mag en outoriteit om op aarde te heers.
Elke vorm van regering en geloof wat ons ken op aarde is net 'n poging van die mens om weer die outoriteit wat God aan Adam gegee het terug te probeer kry. God het nie vir Adam 'n geloof gegee nie. Hy het hom outoriteit gegee met die opdrag om te heers. Die Bybel gee vir ons die resep (soos Jesus dit gebring het) om God se koninkryk te vestig en die mens se outoriteit te herwin sodat God se wil op aarde sal geskied en die aarde soos die Hemel sal lyk."
Enige kommentaar?




Reply With Quote



Bookmarks