Is 61:10 Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel--soos 'n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos 'n bruid wat haar versier met haar juwele.
Jesja 61 is die enigste verwysing in die Bybel na die Mantel van Geregtigheid, in die NT lees ons van die Borswapen van Geregtiheid.... en ons weet dat ons slegs deur/uit Jesus tot geregtigheid kan kom.
My vraag nou is: Toe Jesus uit die dood uit opgestaan het op Opstanding Sondag, toe het Sy klere wat hy aangehad het, in die graf agtergebly, (Johannes 20:3-7) maar Jesus was geklee toe die mense Hom gesien het...
Waarmee was Hy geklee? Was dit die voorsiening van God die Vader, wat Hom met die kleed van Geregtigheid geklee het?? .
Johannes 20:3-7 Toe gaan Petrus en die ander dissipel uit en kom by die graf.
4 En die twee het saam gehardloop, en die ander dissipel het vooruit gehardloop, vinniger as Petrus, en eerste by die graf gekom.
5 En terwyl hy neerbuk, sien hy die doeke lê; maar hy het nie ingegaan nie.
6 Toe kom Simon Petrus agter hom aan en gaan in die graf en sien die doeke lê;
7 en die doek wat op sy hoof was, sien hy nie by die doeke lê nie, maar opgerol op een plek afsonderlik.
Ons lees van mense in die hemel met wit klere aan, net soos Markus 16:5 En toe hulle in die graf ingegaan het, sien hulle 'n jongman, met 'n lang wit kleed om, aan die regterkant sit, en hulle het baie geskrik.
Ander verse oor Sy wit klere Mattheus 17:2 En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig.
Mattheus 28:3 En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu.
Markus 9:3 en sy klere het blink geword, baie wit soos sneeu, wit soos geen bleiker op aarde dit kan maak nie.





Reply With Quote

Bookmarks