cure-real
Results 1 to 2 of 2

Thread: Kleed van Geregtigheid

  1. #1
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,972
    Blog Entries
    10

    Kleed van Geregtigheid

    Is 61:10 Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel--soos 'n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos 'n bruid wat haar versier met haar juwele.

    Jesja 61 is die enigste verwysing in die Bybel na die Mantel van Geregtigheid, in die NT lees ons van die Borswapen van Geregtiheid.... en ons weet dat ons slegs deur/uit Jesus tot geregtigheid kan kom.

    My vraag nou is: Toe Jesus uit die dood uit opgestaan het op Opstanding Sondag, toe het Sy klere wat hy aangehad het, in die graf agtergebly,
    (Johannes 20:3-7) maar Jesus was geklee toe die mense Hom gesien het...
    Waarmee was Hy geklee? Was dit die voorsiening van God die Vader, wat Hom met die kleed van Geregtigheid geklee het?? .



    Johannes 20:3-7
    Toe gaan Petrus en die ander dissipel uit en kom by die graf.
    4 En die twee het saam gehardloop, en die ander dissipel het vooruit gehardloop, vinniger as Petrus, en eerste by die graf gekom.
    5 En terwyl hy neerbuk, sien hy die doeke lÍ; maar hy het nie ingegaan nie.
    6 Toe kom Simon Petrus agter hom aan en gaan in die graf en sien die doeke lÍ;
    7 en die doek wat op sy hoof was, sien hy nie by die doeke lÍ nie, maar opgerol op een plek afsonderlik.


    Ons lees van mense in die hemel met wit klere aan, net soos
    Markus 16:5 En toe hulle in die graf ingegaan het, sien hulle 'n jongman, met 'n lang wit kleed om, aan die regterkant sit, en hulle het baie geskrik.

    Ander verse oor Sy wit klere
    Mattheus 17:2 En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig.

    Mattheus 28:3 En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu.

    Markus 9:3 en sy klere het blink geword, baie wit soos sneeu, wit soos geen bleiker op aarde dit kan maak nie.
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  2. #2

    Re: Kleed van Geregtigheid

    Ek glo Jesus het 'n verheerlikte liggaam gehad op daardie stadium en daarom dat Hy ook gese het dat Maria Hom nie moet aanraak nie. Hoe lyk 'n verheerlikte liggaam? Ek weet nie. Hy moes klere aangehad het, want sy het gedink sy sien die tuinier, wat tog nie sonder klere sou rondloop nie?

    Joh 20:15 Jesus sÍ vir haar: Vrou, waarom ween jy? Wie soek jy? Sy het gedink dat dit die tuinier was en antwoord hom: Meneer, as u Hom weggedra het, sÍ vir my waar u Hom neergelÍ het, en ek sal Hom wegneem.
    Joh 20:16 Jesus sÍ vir haar: Maria! Sy draai haar om en sÍ vir Hom: Rabboeni! dit beteken Meester.
    Joh 20:17 Jesus sÍ vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sÍ vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •