Wat verstaan ons alles onder die woord : Profesie![]()
Wat verstaan ons alles onder die woord : Profesie![]()
Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"
Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"
Isa. 30:32
And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them
G_d was gracious He has shown favor
What are you willing to die for? Now live for it!
Dit is iets/gebeurtenis wat in die toekoms plaasvind. As dit reeds tot vervulling gekom het dan is dit dood logies in die verlede. Dit kan deur mense voorspel word maar ek glo grootendeels deur God deur middel van Sy Woord. As iemand iets voorspel en dit word nie waar nie, dan is hy/sy 'n valse profeet. Bybelse profesieë is 100% akkuraat met nog nie een wat nie waar geword, of nie waar sal word nie. Eers as dit to vervulling kom kan ons met 100% sekerheid sê die (menslike) profesieë was waar, waar ons aan die ander kant weet dat die Bybele se profeiseë altyd waar sal wees. Daarom kan ouens soos Siener van Rensburg en Nostradamus nie as profete gesien word nie want hulle voorspellings is ver van 100% akkuraatheid af en in die meeste gevalle blote toeval.
1Co 12:10 ".....aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander ('n woord van) profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitlegvan tale."
Pastoor Dries het 'n reeks gedoen oor "Apostels en Profete" waarin hy uitwys dat die laaste "Apostels en Profete" in die Bybel se tyd geleef het.
"The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)
Skakels:
Persoonlike Webblad
Gemeente Webblad
Video op Youtube
Profesie. Soos om te se wat gaan gebeur, of om 'n openbaring te gee van die waarheid oor iets. Ek het al persoonlike ondervindig gehad van dit. Soos een keer, toe ek met my swaer gesels - en woorde kom skielik met krag uit my mond, wat vir hom se "Jy sal 'n goeie programmeerder wees." Daardie tyd het hy gewerk as 'n drukpers operateur - met bitter min rekenaar kennis. Dit het waar geword - dis nou al 3 jaar dat hy in die veld werk - en hy vorder hengse goed.
So paar jaar gelede by die werk het die Heilige Gees my gelei om iemand na Jesus toe te lei. Die persoon het 'n wonderlike gawe van geloof ontvang - en is genees van 'n mediese probleem wat sy mee gesukkel het vir 20 jaar. Sy het my gese dat sy besef dat 'n profesie wat iemand haar lank gelede gegee het nou waar geword het.
Ook 'n klompie jare terug, het ek 'n personeel agent gaan sien. Ek het ook begin getuig - en kon die trane sien. Later vra sy my om vir haar te bid, en die nommer 5 in gedagte te hou. Ek was "ge-tickle" oor die nommer 5. Toe verduidelik die Heilige Gees my presies al die detail van wat sy bedoel. Toe ek dit vir haar vertel, het sy letterlik gebewe van verwondering. Dit het haar geloof geweldig verdiep - want sy het die krag van die lewende God self ervaar.
Maar wat. Ek is net 'n ou stofkorreltjie. Ek sal myself nie as profeet beskou nie, maar meer as 'n "general purpose" dienskneg - wat ontvang wat nodig is wanneer dit nodig is.![]()
Last edited by AndreHa; May 17th 2012 at 09:23 AM.
My interpretasie en definisie van wat n profesie: n Direkte boodskap van God van waarskuwing of bemoediging deur n profeet aan n individu, gemeenskap of volk van iets wat in die toekoms gaan gebeur. Dit moenie met die term 'lering' verwar word soos die term in die Nuwe Afr Vertaling vertaal is nie. n Profesie en lering is nie sinonieme nie. n Profesie moet altyd aan die Woord getoets word, want die Woord en n profesie sal mekaar nooit weerspreek nie. In die Woord staan dat God nooit iets gedoen het voordat hy nie Sy profete daaroor ingelig het nie. Ek sien nerens in die Bybel dat daardie uitspraak opgehef is nie ; so dit is vandag nog so.
Last edited by protea; May 20th 2012 at 03:19 PM. Reason: woord uitgelaat
Profesie is een van die vele gawes wat 'n ware kind van God van die Heilige Gees kan ontvang. Dan is daar ook die gawe van interpretasie, die 2 werk saam... 'n persoon kry 'n profesie, en iemand moet dit kan interpreteer. Profesie moet altyd getoets en geverifieer word met die Bybel. Dus as 'n persoon dink hy het 'n profesie ontvang, vra die Here om dit te bevestig. So maak ons seker dat dit wat ons ontvang het, wel van die Heilige Gees kom.
Hi Mari. Ek wil sover gaan as om te se dat die Here dit nie net deur 1 getuienis kan bevestig nie, maar selfs 2 of 3 keer, want daar is ook 'n "ander jesus", "ander heilige gees" en "ander evangelie" waarteen die Bybel ons waarsku in die laaste dae. Die tou wat Josef uit die put getrek het, het hom verkoop as 'n slaaf.....die tou wat Jesus uit die put getrek het, het Hom gekruisig.
"The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)
Skakels:
Persoonlike Webblad
Gemeente Webblad
Video op Youtube
'n Profesie is 'n woord wat God aan 'n profeet gee om iemand weer terug te bring/in lyn te bring met Sy wil (dit kan soms die vorm van 'n waarskuwing aanneem).
Dan is daar natuurlik ook profesie wat God se wil/planne vir die toekoms aan die mensdom/'n nasie of selfs 'n persoon bekendmaak.
Profesie is nooit fortuinvertellery nie.
Last edited by paidforinfull; Aug 17th 2012 at 09:10 AM.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"for in Him we live and move and have our being."Acts 17:28
1 Cor. 2:10 "but God has revealed it to us by his Spirit. The Spirit searches all things, even the deep things of God." (NIV).
Dit is waar, eerstens dit is nie fortuinvertellery nie.... en 2dens ek kan nie sommer willens en wetens besluit ek wil nou 'n profesie spreek nie.... Dis vals... en daar is duidelike waarskuwings daarteen (in die Skrif). En ek stem saam met jou Johnny, hoe meer bevestigings hoe beter... ons moet net oppas dat ons nie die profesie in ongeloof toets nie.... maar eerder om seker te maak dit kom nie van die bose kant af nie.
Ek het 'n interesante ervaring gehad die week.
Ek is betrokke by bevrydings in ons gemeente (hoofsaaklik as intersessor). En in die week het ons een so 'n sessie gehad. Terwyl ons in gebed was, het ek 'n beeld van 'n man met 'n bokkie baard gekry. Na die gebed ek ek die persoon gevra of hy so 'n persoon ken. Groot was sy verbasing, want dit is iemand wat hy geken het, maar vir een of ander rede nie gedink het die persoon het enige invloede in sy lewe gehad nie. Dit was "obviously" nie die geval nie. En ons kon dit ook in die bevrydings proses, aan die Here opdra. Wat wonderlik is, ek ken nie die persoon nie, en ook nie die persoon met die bokkie baard nie.... dus deur my gebrek daaraan, kon die Here sy wonderlike werke laat geskied. Dit was awesome.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"for in Him we live and move and have our being."Acts 17:28
1 Cor. 2:10 "but God has revealed it to us by his Spirit. The Spirit searches all things, even the deep things of God." (NIV).
Dankie, ek sien wat jy bedoel, en ek stem staam dit is een van die genade gawes van die Heilige Gees.
Maar ek stem nie saam dat dit die gawe van kennis is nie. Ek wil egter nie 'n argument daarvan maak nie, ek laat dit dus daar.
There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)
Bookmarks