Shalom vriende, hier isweer 'n geleentheid om Israel te besoek en hierdie toer vind inFebruarie 2013 plaas. Begin sommer nou-al te spaar. Julle is ookwelkom om die epos met enige een te deel.
--------------------------------------------------------------------------------------
AANBIDDING EN LOFPRYSING IN ISRAEL!
16 Februarie – 25 Februarie 2013
R17 900 pp
Vir elke gelowige is dit‘n besondere belewenis om Israel te besoek. Jou pelgrimstog na Israel,neem jou onder andere na die stad Jerusalem. Wanneer jy Jerusalem binneryis daar ‘n geweldige opgewondendheid en verwagting in jou binneste. Jerusalem is die hoogtepunt van jou reis na Israel. ‘n Bedrywige stad metsy bekende speserye en kruie geure wat swaar in die lug hang oor die nouklipperige straatjies van die ou stad gedeeltes.
Om jou voete op dieOlyfberg neer te sit en jou oë oor die ou Stad wat voor jou ontvou, te laatdwaal, laat ‘n onbeskryflike gevoel in jou binneste en bring ‘n heilige eerbiedin jou diepste wese. Dis ‘n stad wat jy weet behoort aan ons Groot KoningYeshua ha Mashiach!
En as jy in die tuin vanGetsemane staan, en die bas van ‘n antieke olyfboom aanraak (wat volgensoorlewering meer as 2000 jaar oud is), besef jy nederig dat dit miskien onderdieselfde takke kon wees waar Jesus/Yeshua gebid het die aand voordat Hyverraai is.
Besoek die See vanGalilea en wandel tussen die ou murasies van Kapernaum. Kyk in dierigting van die berg van die bergpredikasie en sien in jou geestesoog hoe dieMessias die menigtes toespreek. En as jy in die vroeë aandlig langs dieoewer loop en sien hoe die golwe rondgeslinger word deur die aandwind, is ditso maklik om ‘n klein bootjie met angsbevange dissipels voor te stel, terwyldie Meester hulle troos en gerusstel……
Israel is ‘n geestelikeReis. Kom en raak stil, in die voetspore van ons Messias en Koning,Yeshua (Jesus)!
Dis ‘n eenmaal leeftydgeleentheid wat jou ewig sal bybly. Moenie dit mis nie. Of dit joueerstemaal of tiende besoek aan Israel is, dit bly elke keer ‘n onbeskryflikeervaring wat jou gees en siel so sal verkwik.
Komaan! Moenie wiken weeg – bespreek nou! Dit sal die beste belegging in jou hele lewewees!!
Epos dadelik vir meer inligting asook voorlopige program by:betshalomzv@gmail.com
Plekke watbesoek gaan word is:
Caesarea, Karmel gebergte, Megiddo, Dan Natuur Reservaat,Banias, Kuneitra, Kapernaum, Mensta Christi & Tabgha, Bergpredikasie,Bootrit op See van Galilea, Kana, Nasaret, Yardenit doopplek, Jerigo, Betlehem,Herdersvelde, Olyfberg, Paternoster, Dominus Flevit, Tuin van Getsemane, Badvan Betesda, Via Dolorosa, Tuingraf, Ein Karem, Oppersaal, Dawid se graf, Kerkvan die Heilige Graf, Klaagmuur, Masada, Dooie See, Qumran, Betanië, en inKairo die Piramides, Sfinks, Bootvaart in ‘n Felukka op Nylrivier, Mokhatamgebergte en aandete in ‘n restaurant langs die Nylrivier.
Shalom
Afrikaanse artikels oor Israel: http://betshalombediening.blogspot.com/
------------------------------
BET SHALOMBEDIENING
Jesaja 62:1
"Ter wille vanSion sal Ek nie swyg nie en ter wille van Jerusalem nie stil bly nie.."
Epos: betshalomzv@gmail.com
Webblad:http://www.betshalombediening.co.za/
Blog metverskeie artikels om te lees:http://betshalombediening.blogspot.com/
Donations: Standard Bank, Code: 014737, Savings account: 033 593 604, South Africa.






Reply With Quote
Bookmarks