Your Advert here
cure-real
Results 1 to 12 of 12

Thread: Gebed aangevra

  1. #1
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    759

    Gebed aangevra

    Liggies

    Vandag het ek jul gebede nodig!

    Het gister van visvang afgekom. Vermoed al geruime tyd iets is nie lekker tussen my en my Liefie. Het gisteraand toe sy slaap op die BB gekyk en dit blyk dat sy besig is met 'n ander verhouding. Ek kan nog nie bepaal of dit net vriendskap of meer is nie, sy wil ook nie sê nie.

    Ons was vanoggend by die ds. Ons het huidiglik 'n time out tot môre. Ek vra dat julle sal bid vir kalmte en herstel. Van my kant af sal ek alles doen om die verhouding te red, maar ek kry die gevoel as ek vandag vir haar, haar vryheid gee is sy weg. Julle moet bid dat die satan nie sal oorwin nie en dat die verhouding herstel kan word. Bid ook dat die verhouding met die vriendinne verbreek sal word, aangesien dit net slegte invloed is wat help om die huwelik af te breek.

    Dankie by voorbaat

    Kalahari

  2. #2
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,486

    Re: Gebed aangevra

    Hi Kalahari,

    Daar is seker niks so destruktief soos 'n verhouding tussen 'n man en 'n vrou, wat totaal verkeerd loop en opbreek nie. Om jou emosies te probeer verstaan moet mens dit in gedagte hou en hoe anders as om die Here te vra dat jy vrede sal hê, kalm sal bly en sal aanvaar. Afhangende van haar openhartigheid, sal jy versigtig moet wees om vir eers, te veel druk op haar te plaas. Die tyd is 'n leermeester en die Here is in beheer van tyd en laat jy geleer word hoe jy die saak moet hanteer.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  3. #3
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,471
    Blog Entries
    10

    Re: Gebed aangevra

    Kalahari, ek bid dat jy as man dit sal kan reg kry om haar te vergewe,

    Weet jy, as sy nog saam met jou die ds gaan sien het, dan is daar hoop.... die hoop beskaam nooit nie

    Maar wat op aarde soek jy op jou vrou se BB

    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  4. #4
    Join Date
    Jan 2012
    Location
    Jeffreys Bay, Eastern Cape
    Posts
    92
    Blog Entries
    1

    Re: Gebed aangevra

    Ek stem so saam met ferdie en Ta-An. Sal vir julle bid, maar bid alleen is nie die oplossing nie. 'n Huwelik kos baie werk. Ek gebruik so 'n standaard boodskap wanneer ek mense in die huwelik bevestig, wat nogal gereeld is aangesien dit al is wat ons in die bediening doen. As jy wil, gaan kyk by die webbladsy en ek glo dat dit julle sal help.

    http://shamaministries.org.za/wp/die...my-trou-preek/

    Louwrens

  5. #5
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,471
    Blog Entries
    10

    Re: Gebed aangevra

    Lourens, ek was by 'n huwelik seremonie teenwoordig, en die Ds het gesê: Die man moet die vrou daagliks met die Woord was, dus daagliks moet hy sy vrou skoon maak met die Woord, so dus moet hy haar onderrig in die Woord, sodat sy rein voor die Here kan staan, want haar man se onderrigting deur die Wooord, hou haar skoon van goed wat haar van sonde kan bevlek.

    Dankie vir die skakel in jou pos.
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  6. #6
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    3,279
    Blog Entries
    7

    Re: Gebed aangevra

    ..............
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  7. #7

    Re: Gebed aangevra

    Kalahari, my vriend,

    Ek bid dat die Here julle huwelik sal herstel, en julle altwee se oë oopmaak vir die redes wat tot die probleme gelei het.

  8. #8
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    759

    Re: Gebed aangevra

    Baie dankie aan almal vir jul ondersteuning en raad. Dit word opreg waardeer.

    Ons het 'n lang pad vorentoe, maar ek glo met die Here se genade sal ons oorwin.

    Ek bid net dat die Here vir ons die geleentheid sal gee om te kan werk aan die huwelik.

    Kalahari

  9. #9
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,471
    Blog Entries
    10

    Re: Gebed aangevra

    Quote Originally Posted by Kalahari View Post
    Ek bid net ,,,,
    Amen
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  10. #10
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Re: Gebed aangevra

    Kalahari, die satan loop beslis rond soos n brullende leeu en verhoudings op alle terreine is sy teiken. Ons bid vir herstel , vergifnis en heling van julle huwelik in JESUS SE NAAM en ons weet Hy KAN en SAL die menslik onmoontlike doen! Want Hy is Almagtige God!

  11. #11
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    759

    Re: Gebed aangevra

    Het vandag die egskeidingsdagvaardiging gekry!

    Die Here is egter getrou en sal uitkoms gee. Ek glo en weet dat hy Sy beloftes nakom en dat ek net moet vertrou.

    Dankie vir al jul gebede. Die gebed van gelowiges is kragtig, want dit is die Here wat daardeur handel.

    Ek het 'n verwagting van 'n deurbraak ..........

  12. #12
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    961

    Re: Gebed aangevra

    Here, ons word stil voor U...

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Gebed aangevra
    By Susan Drotsky in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 17
    Last Post: Mar 24th 2012, 09:31 AM
  2. Help asseblief Gebed: Dringende gebed nodig
    By Sonia Smit in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 30
    Last Post: Jul 7th 2009, 10:22 AM
  3. Die mag van gebed
    By manieverster in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 8
    Last Post: Jun 21st 2009, 02:14 PM
  4. Gebed ASB !
    By Willem in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 11
    Last Post: Jun 15th 2009, 04:24 PM
  5. Gebed: Gebed vir doop
    By MercyChild in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 8
    Last Post: Feb 25th 2009, 09:54 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •