Liggies
Vandag het ek jul gebede nodig!
Het gister van visvang afgekom. Vermoed al geruime tyd iets is nie lekker tussen my en my Liefie. Het gisteraand toe sy slaap op die BB gekyk en dit blyk dat sy besig is met 'n ander verhouding. Ek kan nog nie bepaal of dit net vriendskap of meer is nie, sy wil ook nie sê nie.
Ons was vanoggend by die ds. Ons het huidiglik 'n time out tot môre. Ek vra dat julle sal bid vir kalmte en herstel. Van my kant af sal ek alles doen om die verhouding te red, maar ek kry die gevoel as ek vandag vir haar, haar vryheid gee is sy weg. Julle moet bid dat die satan nie sal oorwin nie en dat die verhouding herstel kan word. Bid ook dat die verhouding met die vriendinne verbreek sal word, aangesien dit net slegte invloed is wat help om die huwelik af te breek.
Dankie by voorbaat
Kalahari




Reply With Quote






Bookmarks