cure-real
Page 1 of 3 123 LastLast
Results 1 to 15 of 32

Thread: Wat sou gebeur as...?

  1. #1
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,994
    Blog Entries
    10

    Wat sou gebeur as...?

    Aan die 'ander kant' is 'n bespreking aan die gang oor:
    Sou Adam en Eva gesondig het indien die slang nie daar was nie....
    Ek moet sÍ, ek weet nie of ek met hulle saam stem nie....

    Wat sÍ jy?
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  2. #2

    Re: Wat sou gebeur as...?

    Ek dink nie daar is regtig 'n antwoord op hierdie ene nie ..... is dit alles ou satan se skuld, of het hy net vir eva in die verkeerde rigting ge-"nudge" ??

  3. #3
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    1,680

    Re: Wat sou gebeur as...?

    Ek dink die antwoord lÍ in die vraag van die oorsprong van die sonde of wat sonde is.

  4. #4
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Gauteng, South Africa
    Posts
    188

    Re: Wat sou gebeur as...?

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Aan die 'ander kant' is 'n bespreking aan die gang oor:
    Sou Adam en Eva gesondig het indien die slang nie daar was nie....
    Ek moet sÍ, ek weet nie of ek met hulle saam stem nie....

    Wat sÍ jy?
    Wel, eerstens moet mens onthou dat God die allerhoogste is, en dat niks en niemand tot in ewigheid Hom ooit sal kan uitoorle nie. Mens sal nie kan se dat satan vir God in 'n blik in gedruk het of uitoorle het deur sy aksies nie. So, dis regverdig om te se dat God dit moes toelaat dat satan kom krap het. Daar moes inderdaad 'n doel gewees het hier - want God was by magte om die slang te vernietig voor hy kom moeilikheid maak het. Peroonlik dink ek God wou juis he dat die mensdom moet verstaan dat hulle nie by magte is om perfek te wees nie, en dat hulle van Sy genade afhang.

    So, ek reken, as die slang nie daar was nie, sou ons nooit geleef het nie - want dan sou God seker vir ewig met Adam en Eva gewees het.

    Dis maar wat ek dink. Wat se julle?

  5. #5
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,994
    Blog Entries
    10

    Re: Wat sou gebeur as...?

    Quote Originally Posted by AndreHa View Post

    So, ek reken, as die slang nie daar was nie, sou ons nooit geleef het nie - want dan sou God seker vir ewig met Adam en Eva gewees het.

    Dis maar wat ek dink. Wat se julle?
    Dit is nogals 'n interessante standpunt.... want ons bestaan is agv die Saad wat moes voortgebring word om op die ou end ons verlossing teweeg te bring...
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  6. #6
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,994
    Blog Entries
    10

    Re: Wat sou gebeur as...?

    Quote Originally Posted by Kalahari View Post
    Ek dink die antwoord lÍ in die vraag van die oorsprong van die sonde of wat sonde is.
    ek verstaan nie??

    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  7. #7
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,994
    Blog Entries
    10

    Re: Wat sou gebeur as...?

    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Ek dink nie daar is regtig 'n antwoord op hierdie ene nie ..... is dit alles ou satan se skuld, of het hy net vir eva in die verkeerde rigting ge-"nudge" ??
    Interressant,,,, Kan ons Satan die skuld gee vir ons struikeling??
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  8. #8
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Gauteng, South Africa
    Posts
    188

    Re: Wat sou gebeur as...?

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Dit is nogals 'n interessante standpunt.... want ons bestaan is agv die Saad wat moes voortgebring word om op die ou end ons verlossing teweeg te bring...
    Janee - baie goeie punt. Dit lyk vir my baie keer of God vir satan 'n "kans" gee om te kom nonsens aanvang. Dan, daarna, wys God vir hom hoe Hy dit gebruik om satan "panic attacks" te gee as hy sien hoe sy werk omgekeer word. Satan moes gedink het "Lekker, nou gaan hulle uit die tuin geskop word! Bahahahahahah!!!"

    Maar God was hom 'n hele klomp stappe voor - deur dit te laat lei tot die verlossing van die mensdom. Dit moes 'n verskriklike verassing vir satan gewees het om 2 mense te laat struikel, en te sien hoe dit lei tot die verlossing van miljoene en biljoene siele.

  9. #9
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Gauteng, South Africa
    Posts
    188

    Re: Wat sou gebeur as...?

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Interressant,,,, Kan ons Satan die skuld gee vir ons struikeling??
    Dis mos wat eva gedoen het - wat nie wys was nie. Sonder Jesus se bloed staan ons skuldig, hulpeloos voor God. Ek dink dinge sou dalk anders gewees het as Adam uit sy hart sy skuld bely het, en vir genade gesmeek het. Ek dink dis juis die weiering om skuld te erken wat vir God woedend gemaak het.

  10. #10

    Re: Wat sou gebeur as...?

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Dit is nogals 'n interessante standpunt.... want ons bestaan is agv die Saad wat moes voortgebring word om op die ou end ons verlossing teweeg te bring...
    Nie noodwendig nie. Kinders was nooit een van die strawwe van die sondeval nie, maar dat die vrou kinders met pyn sal baar wel. Ek sou reken dat Adam en Eva in elk geval kinders sou gehad het, afgesien van wat gebeur het... hulle is tog as man en vrou geskape nie waar nie ?

  11. #11
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    1,680

    Re: Wat sou gebeur as...?

    Sonde is ongehoorsaamheid aan God. Indien die slang nie daar was nie en die mens later ongehoorsaam was, sou dieselfde gebeur het. Ons kan nie iemand anders as onself blameer vir die sondeval nie. Ons was ongehoorsaam, punt.

    Wat vir my interessant is, is dat voor die eet van die boom die mens nie kennis gehad het van kwaad nie. Alles in die skepping was goed. Die mens het self die slang as goed gesien. Indien ons gehoorsaam was, kon die slang niks aan ons doen nie. Dit was net deur verleiding dat die slang kon seŽvier en ons eie trots. Eet en jy sal soos God word - dus hoogmoed.

    Die ander interessante ding is dat die Here die opdrag gegee het om die aarde te vermeerder voor die sondeval. Wat sou gebeur het indien die kinders die vrug sou geŽet het?

  12. #12
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,180

    Re: Wat sou gebeur as...?

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Aan die 'ander kant' is 'n bespreking aan die gang oor:
    Sou Adam en Eva gesondig het indien die slang nie daar was nie....
    Ek moet sÍ, ek weet nie of ek met hulle saam stem nie....

    Wat sÍ jy?
    Die Here het Adam belet om van die boom van kennis van goed en kwaad te eet. Ek dink persoonlik die hele antwoord lÍ in die bestaan van hierdie boom. Waar kom die kwaad in hierdie boom vandaan, dat die Here Adam belet het om daarvan te eet? As mens die oorsprong van die kwaad kan vind, dan sal mens ook die oorsprong van sonde kan vind en Satan en sy engele is die enigste oorsprong van hierdie kwaad, wat ons van weet. Die feit dat Adam en Eva gesondig het, het alles te doen met hierdie boom en sonde was nie in hulleself nie, hulle moes van die boom eet en toe eers het dinge geword soos ons dit vandag ervaar.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    itís the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  13. #13
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    1,680

    Re: Wat sou gebeur as...?

    Ferdi

    Is die kennis van goed en kwaad nie dat mens dan die gevolg van jou dade verkry nie. Jy het nou die kennis, dus dra die gevolge van jou dade. Wat was inherent ingesluit in die boom? Was dit nie God se regverdige straf nie. Eet en verkry die dood. Die vrug van die sonde is die dood. Deur die vrug te eet het ons dus die dood verkry sowel as die vervloeking. Dank God egter dat Hy egter deur Sy liefde en genade alreeds vir ons 'n verlosser en plaasvervanger gehad het.

    Groete
    Kalahari

  14. #14
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,180

    Re: Wat sou gebeur as...?

    Quote Originally Posted by Kalahari View Post
    Sonde is ongehoorsaamheid aan God. Indien die slang nie daar was nie en die mens later ongehoorsaam was, sou dieselfde gebeur het. Ons kan nie iemand anders as onself blameer vir die sondeval nie. Ons was ongehoorsaam, punt.

    Wat vir my interessant is, is dat voor die eet van die boom die mens nie kennis gehad het van kwaad nie. Alles in die skepping was goed. Die mens het self die slang as goed gesien. Indien ons gehoorsaam was, kon die slang niks aan ons doen nie. Dit was net deur verleiding dat die slang kon seŽvier en ons eie trots. Eet en jy sal soos God word - dus hoogmoed.

    Die ander interessante ding is dat die Here die opdrag gegee het om die aarde te vermeerder voor die sondeval. Wat sou gebeur het indien die kinders die vrug sou geŽet het?
    Daar was net een enkele ding waaraan Adan en Eva ongehoorsaam kon wees. Hulle was belet om van die boom van kennis van goed en kwaad te eet. Die ongehoorsaamheid en die eet van die boom, moes soos ratte in mekaar skakel om die effek van die sondeval te bewerk. Ongehoorsaamheid is die een deel, maar wat sou die eet van die vrug van hierdie boom kon doen aan hulle?

    Dit wat ek nou oor wil bespiegel is bloot dit, ek dink sommer hard en het geen bewys vir wat ek nou gaan kwyt raak nie. As sekere plante wat ons eet giftig is en ons werklik dood kan maak en ander vitamines, minerale, en medisinale eienskappe het om gesond te maak en te genees en op te bou, dan vertel dit ons iets van plante wat mens moet oorweeg. Ek weet vir 'n feit dat skuts wat aan skietkompetisies deelneem, 'n sekere tyd voor hierdie kompetisies baie wortels eet, want dit verbeter hulle sig en het 'n groot effek op hul prestasies op die skietbaan. Die vraag is nou, as ons weet van hierdie buitengewone eienskappe in plante, is dit moontlik dat by die eet van 'n plant, die kennis van goed en kwaad op so wyse en op 'n baie letterlike wyse, die mens se sisteem kon inkom?

    Mens verstaan dat Adam en Eva ongehoorsaam was, maar hoekom het die eet van hierdie letterlike plant waarvan ons lees, iets in hul psige verander?
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    itís the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  15. #15
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    1,680

    Re: Wat sou gebeur as...?

    Ferdi

    Ek dink nie so nie ....

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Bespreking Wat het gebeur tussen "Hosanna" en "Kruisig Hom"
    By Ta-An in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 3
    Last Post: Apr 9th 2012, 05:20 PM
  2. Jou wederhelf ...... hoe't dit gebeur ? .......
    By mari in forum Ester se Koffiehuis
    Replies: 1
    Last Post: Dec 7th 2010, 11:23 AM
  3. Help asseblief Wat gebeur as ek as gelowige vandag doodgaan?
    By Lizzie in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 4
    Last Post: May 16th 2010, 09:55 PM
  4. Wat het gebeur?
    By Phil Fourie in forum Alles en nog wat
    Replies: 3
    Last Post: Jan 5th 2010, 12:52 PM
  5. Wat het daar gebeur?
    By Ta-An in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 51
    Last Post: Apr 28th 2009, 08:15 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •