Re: Wat sou gebeur as...?
Ek sou sê die sonde is ten diepste verhouding-gebaseerd. Die Satan het vroeër in 'n positiewe verhouding met God gestaan, maar hy het self daardie verhouding verbreek deur homself bo God te verhef.
Adam en Eva het die Satan se skeeftrekking van die waarheid geglo, wat daarop neerkom dat hulle God se Woord in twyfel getrek het,* sodoende hulle vertroue in God se Woord versaak het, en troubreuk gepleeg het. Daardeur het Adam en Eva hulleself van God vervreem.
* Gen 3:4-5 "Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie; (5) maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken."
Let wel, Adam en Eva het nie dadelik doodgegaan nie, maar hulle het hulle onsterflikheid verloor, asook geestelik gesterf. Ten diepste is die Satan se weergawe dus 'n verdraaiing van die waarheid. Dit is presies die taktiek wat hy vandag nog gebruik: veral as mens se kennis van die Woord nie goed is nie, dan mislei die Satan jou deur die waarheid net "effens anders te verpak" en jou sodoende te mislei.
Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."
Bookmarks