Your Advert here
cure-real
Page 2 of 4 FirstFirst 1234 LastLast
Results 16 to 30 of 49

Thread: Adam, Eva, Noag, en moderne genetika.

  1. #16

    Re: Adam, Eva, Noag, en moderne genetika.

    Johnny,

    Jou bewering dat ons nie afstammelinge van Adam en Eva is nie trek jy 'n streep deur Genesis, en ter implikasie die res van die Bybel. Ek weet jy gaan die volgende nie lees nie, maar ek plaas dit net ter volledigheid :

    Genesis: The Missing Piece of the Puzzle

    Die goeie nuus, Johnny, is dat ons , sonder om ons breine by die deur te los, met gemak en met talle bewyse die Bybelse vertelling van die skepping, sondvloed en verstrooiing by Babel as letterlike gebeurtenisse kan opvat, net soos wat Abraham, Moses, Paulus en selfs Jesus Christus gedoen het. Ek kan sien jy probeer dit weg wens en weg redeneer met halwe waarhede en tekste uit konteks, maar weet dit : jy gaan op 'n stadium jouself vertrengel in die leeuens van die wêreld waarop jy ingekoop het, en dit kan net lei tot hartseer.

  2. #17
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705

    Re: Adam, Eva, Noag, en moderne genetika.

    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post

    Dan moes ek 'n fout gemaak het met 'n misplasing, want natuurlik is ons afstammelinge van Adam en Eva. Dus vergewe maar. Jy weet waarmee ek nie saamstem in die gesprek nie....en die Adam en Eva storie is nie een van hulle nie. Ons praat oor die vloed en kontinent verskuiwings, en dit is waarop ek probeer fokus. Ek glo nie Afrika het gesit waar Japan nou sit nie en ook nie dat die tuin van Eden nou in die Amasone is nie. As ek verkeerd is.....wel, dan hoop ek nie dit beinvloed my saligheid nie. Ek maak veel eerder hier 'n fout as met Handelinge 2:38!

    Ai....hier sit ons en debateer of die kontinente geskuif het terwyl daar 'n BAIE belangriker gebeurtenis vandag is. Dit is Israel se verjaarsdag!

    Happy Birthday, Israel

    WE DECLARE that, with effect from the moment of the termination of the Mandate being tonight, the eve of Sabbath, the 6th Iyar, 5708 (15th May, 1948), until the establishment of the elected, regular authorities of the State in accordance with the Constitution which shall be adopted by the Elected Constituent Assembly not later than the 1st October 1948, the People’s Council shall act as a Provisional Council of State, and its executive organ, the People’s Administration, shall be the Provisional Government of the Jewish State, to be called “Israel”.

    THE STATE OF ISRAEL will be open for Jewish immigration and for the Ingathering of the Exiles; it will foster the development of the country for the benefit of all its inhabitants; it will be based on freedom, justice and peace as envisaged by the prophets of Israel; it will ensure complete equality of social and political rights to all its inhabitants irrespective of religion, race or sex; it will guarantee freedom of religion, conscience, language, education and culture; it will safeguard the Holy Places of all religions; and it will be faithful to the principles of the Charter of the United Nations.

    THE STATE OF ISRAEL is prepared to cooperate with the agencies and representatives of the United Nations in implementing the resolution of the General Assembly of the 29th November, 1947, and will take steps to bring about the economic union of the whole of Eretz-Israel.

    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  3. #18

    Re: Adam, Eva, Noag, en moderne genetika.

    Quote Originally Posted by Johnny View Post
    Dan moes ek 'n fout gemaak het met 'n misplasing, want natuurlik is ons afstammelinge van Adam en Eva.

    Ek het jou spesifiek gevra oor ons genetiese bloudruk teenoor die agtergrond van Genesis, waarmee jy gestry het en tot 'n Bybelversie geplak het om jou "punt" te bewys. Dit vertel boekdele oor die eerlikheid waarmee jy die Woord hanteer, wat jy baie duidelik eerder vir jou eie agendas aanwend as die Woord van die Leermeester. Jou blote deelname aan hierdie draad, wat gaan oor ons genetiese afstammeling vanaf Adam en Eva, en waarmee jy van die begin af stry, is klinkklare bewys hiervan.

    Jy het nog geen van die vrae wat ek jou gevra het eerlik geantwoord nie Johnny, ek daag jou nou uit om jou oneerlikheid en arogansie te los en 'of te kyk na die feite op die tafel, 'of alternatiewelik uit 'n draad te bly waaroor jy geen kennis het nie, en kennelik nie belang stel om te leer nie. Die onus rus dus op jou : bewys my verkeerd....of bewys hierdie pos reg.

  4. #19
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705

    Re: Adam, Eva, Noag, en moderne genetika.

    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Ek het jou spesifiek gevra oor ons genetiese bloudruk teenoor die agtergrond van Genesis, waarmee jy gestry het en tot 'n Bybelversie geplak het om jou "punt" te bewys. Dit vertel boekdele oor die eerlikheid waarmee jy die Woord hanteer, wat jy baie duidelik eerder vir jou eie agendas aanwend as die Woord van die Leermeester. Jou blote deelname aan hierdie draad, wat gaan oor ons genetiese afstammeling vanaf Adam en Eva, en waarmee jy van die begin af stry, is klinkklare bewys hiervan.

    Jy het nog geen van die vrae wat ek jou gevra het eerlik geantwoord nie Johnny, ek daag jou nou uit om jou oneerlikheid en arogansie te los en 'of te kyk na die feite op die tafel, 'of alternatiewelik uit 'n draad te bly waaroor jy geen kennis het nie, en kennelik nie belang stel om te leer nie. Die onus rus dus op jou : bewys my verkeerd....of bewys hierdie pos reg.
    Goed Fila ek klim uit sodat iemand anders kan inklim. Ek glo daar is ander slim mense op die forum soos jy met baie kennis oor evolusie, want evolusie leer ons dat al die kontinenente een was, maar nie die Bybel nie. Verskoning vir my onkunde. So...ouens, die draad is nou julle sin saam met Fila.

    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  5. #20
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,494

    Re: Adam, Eva, Noag, en moderne genetika.

    Johnny,

    Jy reageer heeltemal te vinnig en lees nie werklik wat geskryf word nie. Besin eers so bietjie oor jou reaksies op hierdie draad. Die skrywers van hierdie artikels is kreasioniste en in presies dieselfde kamp as waar jy jouself bevind. Dit lyk werklik of jy net verskil om te verskil en alle objektiwiteit verloor het...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  6. #21

    Re: Adam, Eva, Noag, en moderne genetika.

    Fila, het jy al opgelees oor Baumgartner se Catastrophic Plate Tectonics?
    Dit is nogal baie interessant. Baumgardner is 'n kreasionis en 'n geoloog, en CPT is 'n teoretiese model oor hoe die vloed plaasgevind het.

    Hier is 'n paar artikels http://www.answersingenesis.org/get-...late-tectonics

  7. #22

    Re: Adam, Eva, Noag, en moderne genetika.

    Quote Originally Posted by chisel View Post
    Fila, het jy al opgelees oor Baumgartner se Catastrophic Plate Tectonics?
    Dit is nogal baie interessant. Baumgardner is 'n kreasionis en 'n geoloog, en CPT is 'n teoretiese model oor hoe die vloed plaasgevind het.

    Hier is 'n paar artikels http://www.answersingenesis.org/get-...late-tectonics
    Plasing # 10 in hierdie draad !

  8. #23

    Re: Adam, Eva, Noag, en moderne genetika.

    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Plasing # 10 in hierdie draad !
    Ahh, ek sien dit nou eers dat jy dit reeds geplaas het.

  9. #24
    Join Date
    Jul 2012
    Location
    Gordonsbaai
    Posts
    718

    Re: Adam, Eva, Noag, en moderne genetika.

    Hullo julle.
    'n belangrike punt: toe die diere uit die ark gekom het, moes hul die wereld weer bevolk. Hulle het vir seker nie oor die Atlantiese en Indiese Oseane geswem nie. 'n Sogenaamde "land-brug" oor Siberie sou ook nie werk nie, want dit sou te koud wees vir baie diere om te gebruik. Daarom kan mens nie anders as om saam te stem met julle dat die kontinente eens vas aan mekaar was en na die vloed uit mekaar uit gedryf het nie.

    Selfs 'n HOOGS-sekulere boek, "Fingerprint of the gods" bevestig dit waar kaarte van Antarktika gevind is (sonder ys op) in die 1600's (onder korreksie) waarop al die riviere, inhamme ens op aangeteken is; iets wat eers bevestig is met die koms van sataliete en "radar" wat deur ys gaan. Dit beteken Antarktika was in die "onlangse" verlede nie waar hy nou is nie.

  10. #25

    Re: Adam, Eva, Noag, en moderne genetika.

    Quote Originally Posted by Ben Cronje View Post

    Dit is natuurlik ook 'n moontlikheid, alhoewel ek nogals hou van die model wat hoër op in die draad genoem word. Een van die probleme met die kontinente wat redelik vinnig moet skuif terwyl die diere reeds daar is, is dat daar wilde en woeste tektoniese aktiwiteite sou gewees het, wat dit baie moeilik sou maak vir die diere om te oorleef.

    Ek verskil ( baie gemoedelik natuurlik ! )van jou rondom die interpretasie van die Antarktika kaart. Soos ek dit verstaan wys dit eerder dat Antarktika so vroeg soos 'n paar 100 jaar gelede nie onder ys was nie, wat moontlik kan beteken dat die temperatuurskommelinge wat ons nou beleef eerder deel is van 'n natuurlike siklus as wat dit 'n mensgemaakte verskynsel is. ( Enter "global warming" stage left )

  11. #26

    Re: Adam, Eva, Noag, en moderne genetika.

    EK glo ook die wêreld het natuurlike siklusse wat dit deurgaan, en sekerre slim ouens reken wel dat ons aan die begin van die volgende "ice age" is.

    So volgens alles wat ek hier lees, is daar letterlik TONNE bewyse dat dinosorisse kon leef tuidens die vloed. Amper al die fosielle wat gevind word, word gevind in sedimente wat lyk soos modderstortings wat die diere in 'n oogwink begrawe het.

    Kan dit wees dat al die diere wat in die ark beland het, net die diere is wat Noag kon vind in sy onmiddelike omgewing?

  12. #27

    Re: Adam, Eva, Noag, en moderne genetika.

    Quote Originally Posted by RR van Wyk View Post
    Kan dit wees dat al die diere wat in die ark beland het, net die diere is wat Noag kon vind in sy onmiddelike omgewing?

    Ek dink nie so nie RR. ( Ek praat natuurlik heeltemal onder korreksie)
    Die Bybel is baie duidelik daaroor dat daar van al die spesies voorbeelde, of te wel genetiese inligting moes gewees het.

    Eerstens, indien daar 'n pangea-agtige superkontinent was voor die vloed, sou daar nie 'n probleem gewees het om al die diere by Noag uit te kry nie, en tweedens wil dit blyk dat daar heelwat onderverdeling van spesies (soorte) na die vloed kon gewees het.

    Daar was verseker plek vir al hierdie diere op die ark gewees, en natuurlik moet ons nie God se almag uit die oog verloor nie. As Hy dit so wou hê, sal dit so gebeur !

  13. #28

    Re: Adam, Eva, Noag, en moderne genetika.

    Natuurlik, ek het skoon vergeet van die superkontinent!!
    Hoekom dinosorusse dan nie saam om ark beland het nie kan dalk 'n interresante gesprek word..

    Een van jou plasings noem van dat hulle uit die DNA kan vasstel dat die menslike populasie deur 'n bottelnek gegaan het. Die jagluiperd het baie jare gelede ook deur 'n bottelnek gegaan(volgens wetenskap). Dit is waarom hulle onder anderre nie goeie oorlewingsuifers het onder hul kleintjies nie. hulle het bitter min genetiese diversiteit. Nogal interresant.

  14. #29

    Ek dink daar was wel dino's op die ark gewees. Daar is goeie aanduidings dat mense en dino's vir baie lank, en nie so vreeslik lank terug nie, in dieselfde tydperk gelewe het. Ek sal bietjie verwysings hiervoor soek en dit pos.

    As ons aan dino's dink, dink ons aan reuse reptielagtige diere, maar in werklikheid was 'n groot persentasie van hierdie klas diere niks groter as 'n hoender nie. ( Ek praat natuurlik nie van die T-rex'e en sy maters nie). Nog 'n ding, wat Hovind lief was om te noem in sy praaitjies, is dat God net gesê het " soveel van elke soort" , hy het nooit gesê hulle kan nie veel kleiner baba-diere wees nie.

  15. #30

    Re: Adam, Eva, Noag, en moderne genetika.

    Soos belowe :

    Were dinosaurs on Noah’s Ark?

    Is there evidence that humans and dinosaurs coexisted in the recent past? ( 'n skakel na 'n hele paar artikels in die middel van die bladsy )

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Adam and Eve
    By KLAX12 in forum Christians Answer
    Replies: 11
    Last Post: Apr 30th 2010, 06:17 PM
  2. Inligting 'n Moderne Toring van Babel ?
    By Die Filadelfieer in forum Gesprek oor die Eindtye en Aktuele sake
    Replies: 5
    Last Post: Oct 23rd 2009, 01:25 PM
  3. Die sewe wette van Noag
    By Philip dT in forum Gesprek oor die Eindtye en Aktuele sake
    Replies: 19
    Last Post: Oct 12th 2009, 03:23 PM
  4. Adam and Eve
    By RedBird777 in forum Bible Chat
    Replies: 6
    Last Post: Dec 9th 2008, 05:46 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •