As Hy weer kom
As Hy weer kom, as Hy weer kom, kom haal Hy Sy
kinders; al Sy kinders wat in Horn glo, om by Hom te
wees.
Ja, ons wag op die Here en ons sing tot Sy ere.
ja, Hy kom weer verseker om ons te kom haal.
By die Vader, by die Vader maak Hy vir ons woonplek,
sodat almal wat in Hom glo, ook by Hom kan wees.
Ja, ons wag op die Here, en ons sing tot Sy ere.
Ja, Hy kom weer verseker om ons te kom haal.
Hy's die Weg en Hy's die Waarheid, die Lewe vir elkeen;
sodat almal wat in Hom glo vir ewig sal leef!
Ja, ons wag op die Here, en ons sing tot sy ere.
Ja, Hy kom weer verseker om ons te kom haal.
Bookmarks