'n Stuk uit Job oor wat en hoekom ons weer lyk soos wat dit doen ( en hoekom dit partykeer nie wil rëen nie ....en ander kere weer te veel rëen )

Job 37:5 God donder wonderbaar met sy stem; Hy doen groot dinge wat vir onsonbegryplik is.
Job 37:6 Want Hy gebied die sneeu: Val op die aarde! Ook die stortreën, ja, sygeweldige stortreëns.
Job 37:7 Hy verseël die hand van elke mens in die winter, sodat tot kennis kankom al die mense wat Hy gemaak het.
Job 37:8 Dan gaan die wilde diere in skuilhoeke en bly in hulle lêplekke.
Job 37:9 Uit sy kamer kom die stormwind, en deur die wolkverstrooiers koue.
Job 37:10 Deur die asem van God word ys gegee, en die wye waters lê vas in dieengte.
Job 37:11 Ja, met volheid van water belas Hy die wolke, en Hy strooi ver en wyd syligtende wolk;
Job 37:12 en dit skiet oral rond volgens sy bestel, sodat hulle alles doen wat Hyhulle beveel oor die wye wêreldrond:
Job 37:13 óf tot ‘n tugroede, óf tot nut van sy aarde, óf tot weldadigheid laat Hydit sy doel vind.


Interesant as mens na v. 7 kyk, beteken dit dat God wil hê ons moet wintertyd gebruik om bietjie af te skaal en te kontempleer oor Hom ?