Your Advert here
cure-real
Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 15 of 18

Thread: Die tyd van Die Verdrukking

  1. #1
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,483
    Blog Entries
    10

    Die tyd van Die Verdrukking

    Ek wil graag weet wat julle siening is oor: Die Tyd van die Verdrukking.

    Gaan Christene deur die Tyd van Verdrukking gaan, of nie? Hoekom sê jy so
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  2. #2
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Gauteng, South Africa
    Posts
    187

    Re: Die tyd van Die Verdrukking

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Ek wil graag weet wat julle siening is oor: Die Tyd van die Verdrukking.

    Gaan Christene deur die Tyd van Verdrukking gaan, of nie? Hoekom sê jy so
    Ek se nee. Hier's hoekom:

    Jesus het mos gese dat as hy opvaar hemel toe, dan sal die Heilige Gees uitgestort word, om saam met die gelowiges te wees vir alle ewigheid. So, ons gelowiges sal die Heilige Gees he, in die lewe, en die volgende.

    Die Bybel se ook mos dat met die groot verdrukking, die Heilge Gees se invloed verwyder sal word van die wereld af. Nou, as ons nie van die Heilige Gees geskei gaan word nie, sal die gelowiges ook verwyder moet word van die aarde af.

    Ander redes is byvoorbeeld dat die Here belowe om vir ons alles te voorsien wat ons nodig het solank ons Sy Koninkryk en Sy geregtigheid soek. Dit sal nie sin maak dat ons van die honger moet omkom oor ons nie die merk van die bees wil ontvang om te kan koop en verkoop nie.

    Ek is geen teologie professor nie, maar ek glo vas dat die Here ons nooit sal verlaat nie, en dat Hy altyd vir ons sal sorg en voorsien. Ek weet dat Hy in Sy woord belowe om alles te voorsien vir Sy gehoorsame kinders, en dis 'n belofte wat staan, tot in ewigheid.

    Hoe dink julle?

  3. #3
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Re: Die tyd van Die Verdrukking

    Ek het die ander dag met n skok agtergekom oor hoe die verskillende Bybel vertalings verskil oor hierdie onderwerp.

    Lukas 21 vs 36 in :

    Die Nuwe Afr Vertaling: "Maar wees waaksaam en bid altyddeur dat julle die krag kan ontvang om deur al hierdie dinge wat gaan gebeur , BEHOUE DEUR TE KOM en om voor die Seun van die mens te verskyn".

    Ou Afr Vertaling: "Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om hierdie dinge wat kom, TE ONTVLUG en voor die Seun van die mens te staan."

    Amplified: " Keep awake then and watch at all times, praying that you may have the full strengh and ability and be accounted worthy TO ESCAPE all these things that will take place, and to stand in the presense of the Son of Man."

    Wat is die oorspronklike Griekse of Hebreeuse woord wat vir daardie begrip gebruik word wat dan tog SO verskillend vertaal word?!

    Natuurlik sou ek ook ook graag die Groot Verdrukking wil vryspring. Op daardie 'vryspraak kaartjie' staan daar ook GENADE geskryf want niks wat jy doen kan dit vir jou verkry nie. So ook natuurlik nie jou verlossing nie!

    Julle slim manne met kennis van die antieke tale: Wat beteken die begrip in daardie tale? Gaan ons ontvlug of gaan ons daardeur? Ry ons of bly ons.....?

  4. #4
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,483
    Blog Entries
    10

    Re: Die tyd van Die Verdrukking

    Quote Originally Posted by protea View Post

    Ander vertalings van die vers:

    KJV : that ye may be worthy to escape
    ASV : that ye may prevail to escape all these things that shall come to pass,
    BBE: that you may be strong enough to come through all these things
    Darby English: that ye may be accounted worthy to escape all these things
    WEB: asking that you may be counted worthy to escape all these things that will happen

    Ek is besig met die Boek van Openbaring op die oomblik...... en dit is hoekom ek vra, ek sal later my mening pos
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  5. #5

    Re: Die tyd van Die Verdrukking

    Ek is self oop vir oorreding ! Wat my nog altyd gepla het van die wegrapingsteorie is dat, vir iets wat eintlik heelbelangrik veronderstel is om te wees, is die Bybel glad nie so duidelik daaroor nie.

  6. #6
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,487

    Re: Die tyd van Die Verdrukking

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Ek wil graag weet wat julle siening is oor: Die Tyd van die Verdrukking.

    Gaan Christene deur die Tyd van Verdrukking gaan, of nie? Hoekom sê jy so
    Ja, ek glo so Anneke en die volgende wys daarop...

    Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
    (Joh 16:33)

    Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.
    (Joh 17:15)

    en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.
    (Hand 14:22)

    Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape.
    (Rom 8:36)

    Ek het groot vrymoedigheid teenoor julle; my roem oor julle is groot; ek is vervul met troos; ek loop oor van blydskap in al ons verdrukking.
    (2Kor 7:4)

    Want ook toe ons by julle was, het ons julle vooruit gesê dat ons verdruk sou word, soos dit ook gebeur het en soos julle weet.
    (1Thes 3:4)

    En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.
    (2Tim 3:12)

    Die geskiedenis bewys dat hierdie verdrukking so erg is as wat mens jouself kan voorstel. Ek glo nie die Here sal sekere gelowiges deur buitengewone verdrukkinge in die verlede laat gaan en net aan die einde die gelowiges wegneem om hul die verdrukking te spaar nie, want dan is die Here nie konsekwent nie. Daar is een vraag wat mens jouself moet afvra, watter tipe pyn is erger as om lewendig verbrand te word? Is daar iets wat in die 7 jaar verdrukking gaan plaasvind, wat erger as vuur se lyding sal wees? Die hel word juis as 'n plek met 'n ewige vuur beskryf en mens sal jouself moet afvra, hoekom gelowiges in die middeleeue, op brandstapels moes sterf? Tydens die Bartlomëúsnag moorde word getuig dat daardie by benadering 30 000 gelowiges lofliedere gesing het, terwyl hulle lewendig verbrand was.

    Watter verdrukking is erger as om jou lewe te gee daarvoor? Al die dissipels met uitsondering van Johannes het hul lewe gegee vir hul saak en hulle was nie weg geneem om hulle dit te spaar nie. Die Here sal elke gelowige die krag gee om enige lyding te weerstaan. Vele der vele dele in die Nuwe Testament handel baie spesifiek daaroor om gelowiges te versterk en te bemoedig, omdat ons in 'n plek van verdrukking is, 'n plek van ons vreemdelingskap. Dis 'n plek wat mens verwerp en juis hieroor het ons Jesus se vrede ontvang, om weens hierdie feit alles te verwerk, alles te kan hanteer en tot alles instaat sal wees.... Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie. (Joh 14:27)
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  7. #7
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    Pretoria.South Africa
    Posts
    273

    Re: Die tyd van Die Verdrukking

    Ek my Hoog Holandse Bybel gelees en die vers lui soos volg.
    waakt dan te aller tijd, biddende, dat gij moogt waardig geacht worden te ontvliegden al deze dingen, die geschieden zullen, en te staan voor den Zoon des menscen.

    Die BYBEL IS GEDRUK 1927

    Britsche en Buiteulandsche Bijbelgenootskap te London.

  8. #8
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    962

    Re: Die tyd van Die Verdrukking

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post

    Ander vertalings van die vers:

    KJV : that ye may be worthy to escape
    ASV : that ye may prevail to escape all these things that shall come to pass,
    BBE: that you may be strong enough to come through all these things
    Darby English: that ye may be accounted worthy to escape all these things
    WEB: asking that you may be counted worthy to escape all these things that will happen

    Ek is besig met die Boek van Openbaring op die oomblik...... en dit is hoekom ek vra, ek sal later my mening pos
    My vraag is: Binne die konteks van die gedeelte, waar moet ons die hakkies inlees:
    En toe sommige oor die tempel praat, dat dit met mooi klippe en gewyde geskenke versierd was, sê Hy: Hierdie dinge wat julle sien daar sal dae kom wanneer daar nie een klip op die ander gelaat sal word wat nie afgebreek sal word nie. En hulle vra Hom en sê: Meester, wanneer sal dit dan wees, en wat is die teken wanneer dit gaan gebeur? En Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie. En wanneer julle hoor van oorloë en opstande, moenie skrik nie; want dié dinge moet eers plaasvind, maar dit is nie dadelik die einde nie. Toe sê Hy vir hulle: Die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander. En daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees en hongersnode en pessiektes; en daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom. Maar voor al hierdie dinge sal hulle die hande aan julle slaan en julle vervolg en oorlewer in sinagoges en gevangenisse en julle voor konings en goewerneurs bring ter wille van my Naam. En dit sal vir julle uitloop op ‘n getuienis. Neem julle dan in jul harte voor om nie vooraf oor julle verdediging te dink nie. Want Ek sal aan julle woorde en wysheid gee wat al julle teëstanders nie sal kan teëspreek of weerstaan nie. Maar julle sal oorgelewer word ook deur ouers en broers en bloedverwante en vriende, en hulle sal van julle doodmaak. En julle sal gehaat wees deur almal ter wille van my Naam. En geen haar van julle hoof sal ooit verlore gaan nie. Deur julle volharding moet julle jul lewe in besit kry. En wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingeld sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is. Dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; en die wat in die stad is, moet uitgaan; en die wat in die buitewyke is, moet nie daar inkom nie. Want dit sal dae van wraak wees, sodat alles wat geskrywe is, vervul kan word. Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog in daardie dae; want daar sal ‘n groot nood in die land wees en toorn oor hierdie volk. En hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem word na al die nasies, en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is. En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word. En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in ‘n wolk, met groot krag en heerlikheid. En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is. Toe vertel Hy hulle ‘n gelykenis: Let op die vyeboom en al die bome. Net soos hulle bot, weet julle vanself, as julle dit sien, dat die somer al naby is. So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur. Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie. Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie. Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie. Want soos ‘n strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon. Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.
    (Luk 21:5-36)
    Wat presies word alles ingesluit in "al hierdie dinge" wat ons sal ontvlug?

  9. #9
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,487

    Re: Die tyd van Die Verdrukking

    Quote Originally Posted by protea View Post
    Ek het die ander dag met n skok agtergekom oor hoe die verskillende Bybel vertalings verskil oor hierdie onderwerp.

    Lukas 21 vs 36 in :

    Die Nuwe Afr Vertaling: "Maar wees waaksaam en bid altyddeur dat julle die krag kan ontvang om deur al hierdie dinge wat gaan gebeur , BEHOUE DEUR TE KOM en om voor die Seun van die mens te verskyn".

    Ou Afr Vertaling: "Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om hierdie dinge wat kom, TE ONTVLUG en voor die Seun van die mens te staan."

    Amplified: " Keep awake then and watch at all times, praying that you may have the full strengh and ability and be accounted worthy TO ESCAPE all these things that will take place, and to stand in the presense of the Son of Man."

    Wat is die oorspronklike Griekse of Hebreeuse woord wat vir daardie begrip gebruik word wat dan tog SO verskillend vertaal word?!

    Natuurlik sou ek ook ook graag die Groot Verdrukking wil vryspring. Op daardie 'vryspraak kaartjie' staan daar ook GENADE geskryf want niks wat jy doen kan dit vir jou verkry nie. So ook natuurlik nie jou verlossing nie!

    Julle slim manne met kennis van die antieke tale: Wat beteken die begrip in daardie tale? Gaan ons ontvlug of gaan ons daardeur? Ry ons of bly ons.....?
    Hi Mona,

    Ek is oortuig dat die Nuwe Afrikaanse Vertaling (1983) dit vaag stel en dat die Ou Afrikaanse Vertaling (1933/'53) baie meer spesifiek is. In Strongs staan daar dat ontvlug of 'escape' in Engels die volgende beteken,

    G1628
    ἐκφεύγω
    ekpheugō
    ek-fyoo'-go
    From G1537 and G5343; to flee out: - escape, flee.

    Die vraag is net, waarvan moet hulle ontvlug en hoe? Dat dit verdrukking is waarvan hulle moet ontvlug kan mens aanvaar, maar is dit die wegraping waarvan hier gepraat word? In Dispensasionele teologie word hierdie deel van toepassing gemaak op Israel en in Matthëús 24 word hierdie 'ontvlugting' van Lukas 21 so oorgedra...

    dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie; en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie. Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae. En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie. Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.
    (Mat 24:16-21)

    Hier word hulle, die Jode (die Dispensasionele uitgangspunt), beveel om na die berge te vlug en dat hulle vlug afgebid moet word om nie in die winter te wees nie. Alhoewel ekself nie met Dispensasionalisme saamstem nie, is dit hoe ek hulle standpunt verstaan en miskien help dit jou om die ooreenkoms tussen Lukas 21 en Matthëús 24 te maak, deurdat 'ontvlugting' (escape) nie noodwendig op die wegraping wys nie, maar veel eerder net 'vlug' is.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  10. #10
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Re: Die tyd van Die Verdrukking

    Dankie Ferdie! Ek het nog nooit so daaraan gedink nie.......

  11. #11

    Re: Die tyd van Die Verdrukking

    Ek het nogals 'n interesante stukkie raak geluister oor die onderwerp .

    En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. (Mat 24 : 37 )
    Die argument is dat daar drie tipes mense voor die vloed was :

    - Die op die Ark ( Noag en familie )
    - Die weggerapene(s) ( Henog )
    - Die res van die wêreld. ( Ongelowiges )

    Die teorie is dus dat daar geen meer gelowiges op aarde was toe die vloed aangebreek het nie, en dat God gewag het tot Metúsalag, die laaste gelowige , gesterf het voor Hy die aarde vernietig het. Daar is selfs aanduidings dat Metúsalag se dood die vloed "aangekondig" het as te ware. Nog 'n teks wat hierdie gedagte ondersteun is natuurlik die baie bekende Genesis 6:12 :

    Toe sien God die aarde aan, en—dit was verdorwe, want alle vlees het sy wandel op die aarde verderwe.
    As die teorie korrek is, en ons sien Mat 24:37 in hierdie konteks, dan beteken dit daar weereens nie gelowiges op aarde gaan wees " met die koms van die Seun van die mens " nie.

  12. #12
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Re: Die tyd van Die Verdrukking

    Fila , as die teorie korrek is en daar is nie meer gelowiges op aarde nie, waar is hulle dan teen daardie tyd? Weggeraap?

  13. #13

    Re: Die tyd van Die Verdrukking

    Quote Originally Posted by protea View Post
    Fila , as die teorie korrek is en daar is nie meer gelowiges op aarde nie, waar is hulle dan teen daardie tyd? Weggeraap?
    Dit is hoe ek dit verstaan Protea.

    Wat van as mens , aan die hand van eindtydgeskrifte soos Openbaring ensovoorts, die wêreld in drie groepe opdeel ?

    - Gelowiges (Die kerk)
    - Ongelowiges
    - Israel

  14. #14

    Re: Die tyd van Die Verdrukking

    Die teorie is dus dat daar geen meer gelowiges op aarde was toe die vloed aangebreek het nie, en dat God gewag het tot Metúsalag, die laaste gelowige , gesterf het voor Hy die aarde vernietig het. Daar is selfs aanduidings dat Metúsalag se dood die vloed "aangekondig" het as te ware. Nog 'n teks wat hierdie gedagte ondersteun is natuurlik die baie bekende Genesis 6:12 :
    Was die wat in die bood was dan nie op die aarde nie?

    Die gelowiges gaan nogsteeds op die aarde wees met die Wederkoms, maar hulle sal verseel wees met Christus s bloed...

    Daar is nog kommentaar wat ek wil lewer oor die verdrukking...het nie nou genoeg tyd nie

  15. #15
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    962

    Re: Die tyd van Die Verdrukking

    Quote Originally Posted by HammerHead View Post
    Was die wat in die bood was dan nie op die aarde nie?

    Die gelowiges gaan nogsteeds op die aarde wees met die Wederkoms, maar hulle sal verseel wees met Christus s bloed...

    Daar is nog kommentaar wat ek wil lewer oor die verdrukking...het nie nou genoeg tyd nie
    Hi HH (ek wou al lankal dit gesê het ), ek het ook al ondervind dat mense wat die wegraping aan my probeer verduidelik die storie van Noag as voorbeeld gebruik. Ek het dan ook tot die selfde gevolgtrekking gekom as jy: Die agt mense was veilig binne die ark, maar die ark was fisies nie van hierdie aarde af weggeraap na elders nie. Selfde met die Israeliete in Egipte: Die tien plae het Egipte getref terwyl die Israeliete veilig binne in Egipte in Goosen was. Nie een van hierdie verhale oortuig my daarvan dat daar definitief 'n wegraping sal plaasvind voor die verdrukking nie.

    As ek 'n antwoord kan waag op die vraag wat ek self in plasing #8 hier bo stel: Ons sal gewis (deur die genade) die oordele van God vryspring, maar ek is nog nie oortuig dat ons die verdrukking in hierdie wereld sal vryspring nie.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Die Groot Verdrukking, hoe werk dit?
    By CFJ in forum Gesprek oor die Eindtye en Aktuele sake
    Replies: 10
    Last Post: Jul 27th 2010, 10:18 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •