Your Advert here
cure-real
Results 1 to 6 of 6

Thread: Openbaring 13 :5

  1. #1
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,442
    Blog Entries
    10

    Openbaring 13 :5

    Openbaring 13:4-5
    4 En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer? 5 En 'n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen.

    Die mag wat aan die dier gegee word/is kom van die draak af...
    Waar kry die draak sy krag/sê/outoriteit om aan die dier die mag te gee?

    Ek verstaan dat al doen die dier/draak ook wat, al oefen dit wraak uit teenoor ons, al maak dit ons dood, dat ons gees wel gespaar word om na God terug te keer.
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  2. #2

    Re: Openbaring 13 :5

    Na ek die reels gelees het is ek effens skrikkerig oor wat ek post...

    Ek sal se wat ek dink van die vers, hopelik breek ek nie reels nie

    Openbaring 12:9 verduidelik vir ons dat satan die draak is...Om 'mag' te he, beteken jy kan mense se gedrag beinvloed, of beheer uitoefen op mense...

    Ek dink meeste mense weet watse tipe mag die satan het in die wereld, deur middel van invloed, of druk...

  3. #3
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,484

    Re: Openbaring 13 :5

    Quote Originally Posted by HammerHead View Post
    Na ek die reels gelees het is ek effens skrikkerig oor wat ek post...

    Ek sal se wat ek dink van die vers, hopelik breek ek nie reels nie

    Openbaring 12:9 verduidelik vir ons dat satan die draak is...Om 'mag' te he, beteken jy kan mense se gedrag beinvloed, of beheer uitoefen op mense...

    Ek dink meeste mense weet watse tipe mag die satan het in die wereld, deur middel van invloed, of druk...
    Hi HammerHead,

    Jy hoef werklik nie bekommerd te wees dat ons hierdie plek soos polisiemanne oppas nie, want ons is hier om te bedien en wees net jouself. Eerlikheid bring enige mens by die waarheid en om eerlikheid te toets, het die Here Sy Gees en Sy Woord aan ons gegee. Mens kan egter nie sonder reels so plek bedryf nie en die reels is nie daar om almal op aandag te laat staan nie, maar is hoogstens 'n riglyn. Hier is 'n riglyn wat Lighuis as plek definieer en hopenlik maak dit sin...

    Hierdie is vir almal wat hier deelneem, om vir elkeen 'n beter begrip te gee oor die doel van hierdie forum. Iets wat almal sal merk, is dat hier verskillende denkwyses van verskillende denominasies hier deelneem, maar dit is nie onbeperk nie, dit is net binne hoofstroom protestantisme. Ongelukkig veroorsaak dit dat mense verskil en met tye gaan debatte bietjie warmer word as wat mens dit graag wil sien.

    Wat almal net moet besef, is dat mens weens hierdie verskille blootgestel gaan voel met tye, maar dit is nie noodwendig negatief nie, mens leer ook hoe om jouself te verwoord, te verdedig en om 'n gesindheid aan te leer van deel en nie altyd te preek nie. Soms is 'n preek seker nodig, maar dit is nie die hoofdoel nie. Wanneer jyself hier deelneem, sien dit as 'n ondersoekingsreis, binne die bepaalde omgewing wat hier geskep is. As jy hierdie motief het, gaan jy vind dat dit 'n baie leersame plek is en sal jy perspektief kan behou oor verskille wat wel hier voorkom. Bibleforums en ook Lighuis, verteenwoordig nie 'n spesifieke denominasie nie en hierdie konsep werk baie goed, juis omdat dit mens self konfronteer, maar binne perke.

    Wys almal na hierdie draad toe as jy kan, want hoe meer mense verstaan wat die doel van die forum is, hoe meer sal almal 'n tuiste hier kan vind, want ons almal wat Jesus ken, het net een doel... en dit is om saam met mede-gelowiges die dieptes van God te kan ondersoek en om 'n tuiste vir jouself hier te kan vind. Hoekom daar verskille is, weet nie een van ons presies nie, maar daar is en mens kan hier bepaalde antwoorde vind rondom hierdie verskille wat wel bestaan. Dit verbreed ook mens se kennis en dit is waarlik 'n kampus, waar mens in jou verhouding met die Here kan groei. Hier word ook ondersteuning gebied op verskeie maniere, deur gebed, deur berading en bediening en sommer net gemeenskap met mekaar en selfs 'n Bybelskool, wat nog besig is om te groei. Wat hierdie kampus anders maak, is dat jy nie 'n teoloog hoef te wees om deel te neem nie, want mens wil juis Jesus as leermeester promoveer en hoe meer vrae mens het, hoe meer antwoorde ontvang mens. Onthou net, daar is nie iets soos 'n dom vraag nie!

    Mens groei juis, wanneer mens bepaald gekonfronteer word en hierdie omgewing het al vir baie van groot waarde geword, juis oor hierdie rede. Sien jou op die kampus!
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  4. #4
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    Pretoria.South Africa
    Posts
    273

    Re: Openbaring 13 :5

    Ek dink die antwoord is in 'hulle het die draak aanbid ' .Mens maak 'n keuse om onder die draak se mag te kom en gee hom soort van toestemming om hul lewe te beheer.Ons kan al soort van vandag al sien hoe dit moontlik sal wees.Mense kies om nie aan God te behoort nie.Mense wil doen wat hulle en wil nie aan God verantwoordbaar wees nie.Dit is hoekom daar so baie vreeslike dinge gebeur en dit deur keuses wat die mens maak.

  5. #5

    Re: Openbaring 13 :5

    Hi CFJ... Dankie vir daai draad, dit laat mens meer gemaklik voel...

  6. #6
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,484

    Re: Openbaring 13 :5

    Quote Originally Posted by HammerHead View Post
    Hi CFJ... Dankie vir daai draad, dit laat mens meer gemaklik voel...
    Honki dori.................
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Bespreking Openbaring 8: 1-5
    By Ta-An in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 7
    Last Post: May 21st 2012, 12:30 PM
  2. 12 poorte van Openbaring 21
    By Ta-An in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 0
    Last Post: Sep 30th 2010, 08:02 PM
  3. Inligting Openbaring
    By marline in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 9
    Last Post: Feb 2nd 2009, 05:39 AM
  4. Inligting Amazing Openbaring!
    By MercyChild in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 7
    Last Post: Nov 25th 2008, 07:14 PM
  5. Inligting Die A-Z van Openbaring
    By Lanie in forum Alles en nog wat
    Replies: 17
    Last Post: Nov 4th 2008, 04:51 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •