cure-real
Results 1 to 14 of 14

Thread: Satanisme : geen bedreiging ?

  1. #1

    Satanisme : geen bedreiging ?

    Satanisme net skadelose ou-vrou stories ?

    Bfn se 666-nes

    2012-05-30 07:05


    Jana van der Merwe

    ín Bende met die naam 666 teiken meisies so jonk as nege jaar in die Vrystaat as seksslawe.

    Diť bende het reeds sy tentakels diep in skole in die provinsie ingeslaan en gebruik die okkulte, soos satanisme, om te roof, te moor en te verkrag.

    NŠ ín skokkende voorval waarin ín 15-jarige Bloemfonteinse meisie haarself begin sny het en in ín hospitaal aan die okkulte blootgestel is, het dit aan die lig gekom daar is ín enorme okkultiese krisis in die provinsie.

    Kapt. Rulene KŁhn, provinsiale polisiewoordvoerder, sÍ ín taakspan van die Valke ondersoek die toename in bendemisdade wat aan okkultiese bedrywighede gekoppel word.

    Volksblad verneem die krisis is nie beperk tot sekere woonbuurte nie. Die polisie het reeds in verskeie vooraanstaande skole in Bloemfontein tekens van okkultiese bedrywighede in badkamers en in boeke van leerlinge gekry.

    Johan de Beer, hoof van Auksano, ín professionele Christelike organisasie wat in die holistiese hantering van slagoffers van destruktiewe okkultiese aktiwiteite spesialiseer, sÍ slegs verlede maand is 84 okkultiese gevalle by Auksano aangemeld.

    De Beer gee tans berading aan die 15-jarige meisie wat in die beweerde voorval by M-Care Optima betrokke was en het ook berading aan die Welkomse grafmoordenaar Chanť van Heerden gegee.

    Hy sÍ okkultiese bedrywighede onder tieners in die Vrystaat het tien maande gelede ín skrikwekkende toename begin toon.

    Die meeste hiervan is verwant aan die 666-bende. Lede word ingelyf met ín brandmerk (666 of drie kolle) op die arm.

    Dit blyk daar is verskillende bendes wat onder die 666-bende val. De Beer sÍ die bende se geloof van duiwelaanbidding spruit uit Westerse satanisme en heksery uit Afrika.

    Die ma van ín 12-jarige meisie het gister by haar werkgewer se huis in Dan Pienaar gewys hoe haar dogter deur die bende, die International Junior Portuguese (IJP), met die IJP-teken en drie kolle gebrandmerk is.

    ín Kol wat op die kind se voorkop gebrand is, brandmerk haar as diť bende se seksslaaf of prostituut. Verhitte rubber, skoenpolitoer en naalde is gebruik.

    Die kind het aan haar ma gesÍ meisies wat sů gebrandmerk is, is deur 20 bendelede, meestal skoolseuns, om die beurt verkrag.

    Meisies word geteiken om deel te word aangesien dit ín bende se mag versterk. Sy sÍ haar dogter is net betyds gered.

    Ao. Robbie van Huyssteen van die Valke sÍ die afgelope jaar ondersoek hy daagliks gevalle van vreesbevange tieners wat uit die greep van diť okkultiese bendes wil kom.

    Misdaad word gebruik om die bendes te finansier. Dit sluit roof, verkragting en moord in.

    Diegene wat gehelp word, is diegene wat na vore kom. Dit is egter nie so maklik nie omdat van die kinders en jong mense vasgevang is in die bendes in hul gemeenskappe en skole.

  2. #2
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,994
    Blog Entries
    10

    Re: Satanisme : geen bedreiging ?

    Toe ons 30 jaar gelede in Bfn gebly het was ons reeds bewus van die sterk okkultiese beweging daar
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  3. #3

    Re: Satanisme : geen bedreiging ?

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Toe ons 30 jaar gelede in Bfn gebly het was ons reeds bewus van die sterk okkultiese beweging daar
    Dalk moet ons spesiaal 'n gebedsversoek vir Bloem hier rig ?

  4. #4
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    1,619

    Re: Satanisme : geen bedreiging ?

    Ek is sommer nou stout, maar dit is vir my interessant dat die Broederbond sowel as die ANC in Bloem gestig is ....

  5. #5

    Re: Satanisme : geen bedreiging ?

    As ek na die opskrif van die draad kyk dan verstom dit my nie, want in Ta-An se draad van "Goth dominee"......lyk dit my satan is viervoetig (en standvastig) in die kerk!

  6. #6
    Join Date
    Aug 2012
    Location
    Bloemfontein, South Africa
    Posts
    23

    Re: Satanisme : geen bedreiging ?

    Natuurlik! Hoe oorwin jy.... "divide and conquer"
    Dit is wat die duiwel doen....
    Ons weet hy gebruik hoofsaaklik 3 metodes - mislei, verlei en kla aan.

    Hy begin met 'n eenvoudige verdraaiing van die Skrif.... dis hoe hy Jesus probeer verlei het - hy het Skrif gebruik, en dit verdraai.
    As ons dit eenvoudige verdraaiing glo, dan is sy eerste tree in die kerk in gewen... Nou vir nog 'n bietjie meer verdraaiing... so gaan hy aan, tot die oorspronklike waarheid so verdraai is dat gin mens die waarheid meer weet of mooi verstaan nie.

    Ja ... Bloem was glo vroeer jare die hoofstad vir Satanisme.... dit het blykbaar geskuif na PE toe.... hoe waar die stories is kan ek nie se nie.... wat ek wel weet is dat daar heelwat interkerklike bewegings in Bloem aan die gang is ... gereelde gebeds groepe, "praise en worship" aande word gehou, waar alle gemeentes en alle denominasies by betrek is....
    Bloemfonteiners besef maar alte goed ons is onder direkte sataniese verdrukking.... alle gebede is nodig... altyd.... want dit is nie uit onself wat die geveg gewen word nie, maar deur ons enigste verlossing .... Jesus Christus.

    Die werklikheid van geestelike oorlogvoering en die bedreiging van Satanisme is ons wereld vandag word gou mis gekyk deur mense wat wil glo dat die oorwinning klaar behaal is daarom kan ons nou maar terugsit... en wag vir die laaste dag. Ek is regtig jammer vir hulle, Satan het die kous spreekwoordelik oor hul koppe getrek.... 1 Petrus 5: 8 - 9, waarsku ons dat die duiwel soos 'n brullende leeu rondloop opsoek na iemand om te verslind, en dat ons hom moet teenstaan... baie duidelike opdrag.... moenie gerus wees nie.

  7. #7

    Re: Satanisme : geen bedreiging ?

    Quote Originally Posted by Mari van der LInde View Post
    Natuurlik! Hoe oorwin jy.... "divide and conquer"
    Dit is wat die duiwel doen....
    Ons weet hy gebruik hoofsaaklik 3 metodes - mislei, verlei en kla aan.

    Hy begin met 'n eenvoudige verdraaiing van die Skrif.... dis hoe hy Jesus probeer verlei het - hy het Skrif gebruik, en dit verdraai.
    As ons dit eenvoudige verdraaiing glo, dan is sy eerste tree in die kerk in gewen... Nou vir nog 'n bietjie meer verdraaiing... so gaan hy aan, tot die oorspronklike waarheid so verdraai is dat gin mens die waarheid meer weet of mooi verstaan nie.

    Ja ... Bloem was glo vroeer jare die hoofstad vir Satanisme.... dit het blykbaar geskuif na PE toe.... hoe waar die stories is kan ek nie se nie.... wat ek wel weet is dat daar heelwat interkerklike bewegings in Bloem aan die gang is ... gereelde gebeds groepe, "praise en worship" aande word gehou, waar alle gemeentes en alle denominasies by betrek is....
    Bloemfonteiners besef maar alte goed ons is onder direkte sataniese verdrukking.... alle gebede is nodig... altyd.... want dit is nie uit onself wat die geveg gewen word nie, maar deur ons enigste verlossing .... Jesus Christus.

    Die werklikheid van geestelike oorlogvoering en die bedreiging van Satanisme is ons wereld vandag word gou mis gekyk deur mense wat wil glo dat die oorwinning klaar behaal is daarom kan ons nou maar terugsit... en wag vir die laaste dag. Ek is regtig jammer vir hulle, Satan het die kous spreekwoordelik oor hul koppe getrek.... 1 Petrus 5: 8 - 9, waarsku ons dat die duiwel soos 'n brullende leeu rondloop opsoek na iemand om te verslind, en dat ons hom moet teenstaan... baie duidelike opdrag.... moenie gerus wees nie.
    Ek is self baie versigtig vir die "geestelike oorlogvoering" term, maar hierdie is 'n baie goeie pos Mari.

  8. #8
    Join Date
    Aug 2012
    Location
    Bloemfontein, South Africa
    Posts
    23

    Re: Satanisme : geen bedreiging ?

    Baie dankie, maar ek wonder tog waaroor is jy versigtig?

  9. #9

    Re: Satanisme : geen bedreiging ?

    Quote Originally Posted by Mari van der LInde View Post
    Baie dankie, maar ek wonder tog waaroor is jy versigtig?
    Dit gaan eintlik meer daaroor dat daar 'n ongesonde fokus op GO geplaas kan word, soveel so dat dit later eerder gaan oor oorlogsvoering as 'n persoonlike verhouding met Christus. Daar is gewoonlik ook 'n klomp vreemde en onBybelse gebruike hierby betrokke wat eerder by mens-uitgedinkte mites gevind kan word. Ek glo egter dat daar wel plek is hiervoor, maar dat dit belangrik is om 'n gesonde balans in die proses te handhaaf.

    Johan Malan het nogals 'n goeie artikel oor die onderwerp geskryf wat HIER gelees kan word.

  10. #10
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,994
    Blog Entries
    10

    Re: Satanisme : geen bedreiging ?

    Wat is Geestelike Oorlogvoering anders as :Voorbidding ??
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  11. #11
    Join Date
    Aug 2012
    Location
    South Africa
    Posts
    27

    Re: Satanisme : geen bedreiging ?

    Blykbaar is Secunda een van die vyf punte van die satanistiese ster op Suid Afrika, alhoewel ek nog nooit bewyse gehaat het nie. Een ding staan wel uit, baie mense wat in Secunda gebly het kom terug en almal sÍ dieselfde ding Secunda het 'n manier om jou terug te trek. Nou ek weet nie of dit spiritueel is of net een of ander gemak zone nie maar dit is net interessant dat daai twee punte elke nou en dan op kom en niemand kon dit antwoord nie.

    Ons het 'n preek gister gehaat waar die preeker gesÍ het dat een van die redes wat die duiwel ons aanval is want ons is in God se beed geskep was en hy nie. Ek het vergeet wat ek oorspronklik wou tik maar ek wou net die uitlig.

  12. #12

    Re: Satanisme : geen bedreiging ?

    Quote Originally Posted by Ferdinand Venter View Post
    Ons het 'n preek gister gehaat waar die preeker gesÍ het dat een van die redes wat die duiwel ons aanval is want ons is in God se beed geskep was en hy nie. Ek het vergeet wat ek oorspronklik wou tik maar ek wou net die uitlig.

    Ek is nogals geneig om saam met jou te stem oor hierdie. Daar is 'n denkrigting wat beweer dat Satan se val inderdaad oor jaloesie gegaan het, dat hy, as een van die mooiste van God se skeppelinge, moes terugstaan vir God se witbrooidjies : die mensdom.

  13. #13
    Join Date
    Aug 2012
    Location
    Bloemfontein, South Africa
    Posts
    23

    Re: Satanisme : geen bedreiging ?

    Dit gaan eintlik meer daaroor dat daar 'n ongesonde fokus op GO geplaas kan word, soveel so dat dit later eerder gaan oor oorlogsvoering as 'n persoonlike verhouding met Christus.
    Ek stem saam, daar is beslis 'n ongesonde fokus... mens vergeet waar om te fokus (Jesus Christus), en dan word elke ding wat gebeur aan die duiwel verantwoord.... wat van die mens se sondige natuur, en die wÍreld... (Kol 3)... die ander invloede in ons lewens.

    Nietemin, moet ons verstaan dat die knaap (die duiwel), daarvan hou om ons te verwar,.... en dat hy 'n opportunis is wat graag elke mens in verwarring wil bring en wil verlei (verskeie verse, onder andere Open. 12:9).

    Ef 6:10 -18 is nie verniet vir ons gegee nie.... waarheid, geregtigheid, vrede, verlossing, geloof en die Heilige Gees (in kort genoem)... nie 'n klere checklist nie, maar 'n defnitiewe manier van lewe. As ons streef om daarna te leef, sal die bose se magte maar sukkel om 'n kind van God onder te kry.... en soos verse 19 en 20 sÍ ... voortdurende gebed

    Wat is Geestelike Oorlogvoering anders as :Voorbidding ??
    ... ek stem daarmee saam.... "daar is krag in gebed".

    Ek verstaan dus mense se versigtigheid rondom "geestelike oorlogvoering", maar ek besef ook die gevaar as dit totaal misken word.

    Die antwoord is .... balans... balans.... en ons kan net balans verkry as ons ons fokus op Jesus hou!
    Balans word in elkgeval nie deur onself bewerkstellig nie. Jesus gee ons, deur die Heilige Gees, die vermoŽ om aanvalle van die duiwel te onderskei van die sondige natuur of die wÍreld (Gal 5:19 - 21, en nog ander).

    Geestelike oorlogvoering is 'n werklikheid, soos werk, eet en drink 'n werklikheid is.... Ons benadering daartoe is wat van ons slawe van die duiwel of verlosde kinders van God maak!

  14. #14
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Pretoria, South Africa, South Africa
    Posts
    603
    Blog Entries
    4

    Re: Satanisme : geen bedreiging ?

    En weer is ek verstom dat mense geskok is. Satan is op ons TV oor die draadloos, in die boeke wat ons lees... Hy is om ons almal. Dit is net 'n vraag van wie jy dien.

    Ek het so paar weke terug 'n inbraak gehad ek het wakker geword agv 'n baie sterk demoniese teenwoordigheid in my huis. Het dit bestraf en beveel om te gaan. Nie lank daarna nie het die makker (seker so 16) langs my bed gestaan. Toe ek hom gewaar was hy geskok, maar het eenvoudig net omgedraai en weg geloop. Niks haas nie, net eenvoudig uit geloop of niks verkeerd is nie.

    Ding is ek kon niks doen nie.ek kon nie opstaan nie, en het net op hom geskree. Die knaap het toe die hoofhuis probeer betree saam 5 ander makkers van hom, waar die einaar hulle verskree het. Hulle het gloot net oor die 6 voet muur gespring, en 2 het die een hek van sy motor af getrek (2 sterk manne het geknor om die hek terug op sy motor te kry)

    Ekweet uit ondervinding dat satan mens kragte gee.en ek wonder net hoe baie gevalle vandag vind plaas vir satan se werk. Ek kan net bid dat meer kinders nie die leuen gaan glo nie, maar vir Jesus sal volg eerder as satan.
    'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
    Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
    [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
    Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
    [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

    Bemidbar 6:24-26
    [Numbers 6:24-26]

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Bespreking Wegraping: Pre-trib, post-trib, pre-wrath...of geen?
    By Vertigus in forum Gesprek oor die Eindtye en Aktuele sake
    Replies: 96
    Last Post: Jun 18th 2014, 05:38 PM
  2. Bespreking Geen borge vir Jesus se werk
    By Johnny in forum Alles en nog wat
    Replies: 6
    Last Post: Sep 13th 2012, 01:40 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •