Your Advert here
cure-real
Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 15 of 22

Thread: Nog steeds besig met die Boek van Openbaring (1)

  1. #1
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,442
    Blog Entries
    10

    Nog steeds besig met die Boek van Openbaring (1)

    1000 jaar regering:

    1) Is ons nou daar

    2) Wie regeer tydens hierdie tydperk?
    Hoekom sê jy so
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  2. #2
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,482

    Re: Nog steeds besig met die Boek van Openbaring (1)

    Ek glo ons is nou reeds daar Anneke en op die 2de vraag sou ek graag wou antwoord dat die koninkryk daar is waar die Koning is.

    Dat daar na hierdie tyd 'n letterlike 1000 jaar op aarde kan wees waar dieselfde Koning ook sal heers, is nie 'n probleem nie, behalwe as die vrede wat nou reeds beskikbaar is, verskans sou word deur 'n oordrewe fokus op 'n 'ander' tyd, wat nou, vandag, geen impak op ons lewens het nie.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  3. #3
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,697

    Re: Nog steeds besig met die Boek van Openbaring (1)

    Die 1000 jaar vrederyk is na die 7 jaar verdrukking. Dit begin met die wederkoms en die Bruilofsmaal wanneer Jesus met Sy Bruid terugkeer, wat voor die verdrukking weggeraap is.

    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  4. #4
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,442
    Blog Entries
    10

    Re: Nog steeds besig met die Boek van Openbaring (1)

    Quote Originally Posted by Johnny View Post
    Die 1000 jaar vrederyk is na die 7 jaar verdrukking. Dit begin met die wederkoms en die Bruilofsmaal wanneer Jesus met Sy Bruid terugkeer, wat voor die verdrukking weggeraap is.
    Johnny, ek glo nie aan wegraping voor verdrukking nie
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  5. #5
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    Pretoria.South Africa
    Posts
    273

    Re: Nog steeds besig met die Boek van Openbaring (1)

    Ek glo ook daar gaan 'n wegraping wees.Maar al sou daar nie 'n wegraping wees nie gaan die 1000jaar Vrederyk eers na die verdrukking wees.Ek glo beslis nie die Vrederyk is al hier nie.Dit is 2000jaar na Christus se opstanding en om 1000jaar Vrederyk hier te laat inpas is vir my problematies.

  6. #6
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,442
    Blog Entries
    10

    Re: Nog steeds besig met die Boek van Openbaring (1)

    Glo ons aam 'n fisiese 1000 jaar
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  7. #7
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    Pretoria.South Africa
    Posts
    273

    Re: Nog steeds besig met die Boek van Openbaring (1)

    Ek glo so.Vir my is dit omdat dit in die Bybel staan. ek het nie 'n ander bron van inligting nie,ek maak staat op wat die profete van God ontvang het.

  8. #8
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,482

    Re: Nog steeds besig met die Boek van Openbaring (1)

    Quote Originally Posted by trudie View Post
    Ek glo ook daar gaan 'n wegraping wees.Maar al sou daar nie 'n wegraping wees nie gaan die 1000jaar Vrederyk eers na die verdrukking wees.Ek glo beslis nie die Vrederyk is al hier nie.Dit is 2000jaar na Christus se opstanding en om 1000jaar Vrederyk hier te laat inpas is vir my problematies.
    Hi Trudie,

    Ek dink nie jy is verkeerd om dit so te sien nie, maar ek dink tog jy kan oorweging gee aan hoekom daar gelowiges is wat dit anders sien. Die belangrikste rede hoekom daar mense is wat dit as 'n volmaakte tydperk of dan nou as simbolies sien, is oor die ooreenkomste in gebeure wat sou mens dit parallel plaas met die profetiese tydlyn in ons tyd, dit 100% ooreenkom. In beide die 1000 jarige vrederyk en die profetiese tydlyn, is daar aan die einde van die tyd 'n groot afvalligheid en word die Satan ontbind om mense te mislei. By beide is daar 'n oordeel aan die einde van hierdie tyd.

    In beide vrederyke is Jesus die Koning wat heers en Hy kan nou, vandag in enige gelowige se lewe heers en perfekte vrede bied wat alle verstand te bowe gaan. Jesus het vlak voor Hy opgeneem is in die hemel, Sy vrede agtergelaat. Hy het aan Sy kinders mag gegee, waar hierdie mag die Satan bind en vir 'n gelowige, is die Satan gebind en ook dit kom ooreen met die 1000-jarige vrederyk waar die Satan ook gebind is. As hierdie vrede onvolkome is, hoekom sou mense so reken? Beide tydlyne, hetsy die 1000 jarige vrederyk of die profetiese tydlyn spreek van 'n vrede wat beskikbaar is. Hierdie is enkele ooreenkomste en dit is oor hierdie ooreenkomste, wat daar gelowiges is wat dit as dieselfde ryk beskou.

    Mens moet jouself afvra, wie die mense is wat verlore gaan aan die einde van die letterlike 1000-jarige vrederyk (by diegene wat so glo)? Die gelowiges wat saam met Jesus gaan regeer, gaan almal verheerlikte liggame hê en mens wonder hoe dit moontlik is dat sulkes weer mislei kan word en verlore kan gaan? Die argument is dat diegene wat verlore gaan, die kinders van die Jode is, wat gebore was in die 1000-jarige vrederyk. Dit spreek dus vanself dat die Jode dus in fisiese liggame en die Kerk in verheerlikte liggame saam met Jesus gaan regeer. Die vraag is net, as die Bybel sê geen vlees kan voor God verskyn nie, hoe werk dit dat die Jode vleeslik voor God kan verskyn in die 1000-jarige vrederyk?

    Vêrder staan daar dat ons weer by Jesus kom, ons nooit weer trane sal sien nie en tog kom ons weer by Hom en aan die einde van die 1000 jaar, gaan daar weer mense verlore en dit wek trane. 'n Ander ooreenkoms is dat die Jode met Christus se eerste koms, verwag het dat Hy vanuit Jerusalem in fisiese hoedanigheid sou regeer, net soos wat Christene dit nou verwag. Die waarheid soos dit by die Jode was, was dat Jesus aan hulle gesê het Sy koninkryk is nie van hierdie wêreld nie en dat o.a. weens hierdie rede, hulle Hom verwerp het. Nou wonder mens, as die Jode toe verkeerd was, hoekom sou Christene vandag reg wees? Het die feite van Jesus se koninkryk nie reeds hierdie verwagting weerlê nie?

    Daar is dus ook redes hoekom daar gelowiges is, wat nie in 'n letterlike 1000 jarige vrederyk kan glo, wat na die profetiese tydlyn op hierdie aarde afspeel nie en alhoewel ek nie sê jy moet saamstem hiermee nie, wil mens maar net die verantwoordelike ding doen en probeer verduidelik hoekom sekeres nie daarin glo nie.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  9. #9
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    Pretoria.South Africa
    Posts
    273

    Re: Nog steeds besig met die Boek van Openbaring (1)

    Ek moet saam met jou stem ,mense verstaan baie maal dinge so bietjie anders.Vir my gaan dit baie meer dat ek weet ek is 'n kind van God.God en Sy Woord maak vir my sin,dit is logies ten spyte wat die wereld dees dae dink.gelukkig hang ns redding nie af van die geloof dat daar werklik 'n 1000 jaar vrederyk gaan wees nie maar van die Prys wat Jesus betaal het.Soos my jongste meisiekind al meer maal gese het"moenie worry nie God weet wat Hy doen,mense maak foute,net God is Volmaak.

  10. #10
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,482

    Re: Nog steeds besig met die Boek van Openbaring (1)

    Quote Originally Posted by trudie View Post
    Ek moet saam met jou stem ,mense verstaan baie maal dinge so bietjie anders.Vir my gaan dit baie meer dat ek weet ek is 'n kind van God.God en Sy Woord maak vir my sin,dit is logies ten spyte wat die wereld dees dae dink.gelukkig hang ns redding nie af van die geloof dat daar werklik 'n 1000 jaar vrederyk gaan wees nie maar van die Prys wat Jesus betaal het.Soos my jongste meisiekind al meer maal gese het"moenie worry nie God weet wat Hy doen,mense maak foute,net God is Volmaak.
    Ek stem saam met jou. In Lukas sê Jesus aan Sy dissipels..., 'En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam. Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val. Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie. Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.' (Luk 10:17-20)

    Die heel belangrikste punt vir Jesus is ook nie altyd die detail nie, maar dat jou naam in die boek van die lewe opgeskryf is.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  11. #11
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,697

    Re: Nog steeds besig met die Boek van Openbaring (1)

    ".........is daar aan die einde van die tyd 'n groot afvalligheid...."
    Die afvalligheid is reeds hier, kyk maar hoe lyk die kerk, die wereld. Dit spreek nie van na die 1000 jaar nie.

    2Th 2:3 Laat niemand julle op enige manier mislei nie (Bennie Hinn's, Copelands, Joyce Meyers, Sakkie Spangenbergs, ens van die wereld), want eers moet die afval (waarna jy verwys CFJ) kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf (anti-chris)
    2Th 2:4 die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel (3de Tempel) van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.
    Hierdie Skrif in Thessalonisense verwys na voor en tydens die 7 jaar verdrukking, want die anti-chris gaan heers in die 3de Tempel wat reeds gereed is om gebou te word.
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  12. #12

    Re: Nog steeds besig met die Boek van Openbaring (1)

    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Die heel belangrikste punt vir Jesus is ook nie altyd die detail nie, maar dat jou naam in die boek van die lewe opgeskryf is.
    Verseker !
    Mense kan vreeslik tekere gaan oor sekere onderwerpe, soveel so dat daar al hordes kerke geskeur het oor hierdie einste kwessie van 'n leterlike 1000 jaar of nie, terwyl dit eintlik glad nie die kern van ons geloof is nie.

  13. #13
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,482

    Re: Nog steeds besig met die Boek van Openbaring (1)

    Quote Originally Posted by Johnny View Post
    Die afvalligheid is reeds hier, kyk maar hoe lyk die kerk, die wereld. Dit spreek nie van na die 1000 jaar nie.
    Jy is wat myself betref reg Johnny, die Kerk lyk nie goed nie en ek glo ook ons leef nou in 'n tyd van afvalligheid soos nooit tevore nie.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  14. #14

    Re: Nog steeds besig met die Boek van Openbaring (1)

    EK glo die 1000 jaar sal eers aanbreek met die Heer se wederkoms, aangesien satan vir die 1000 jaar toegesluit sal word om nie die nasies te kan verlei nie, en aangesien daar nogsteeds en nog altyd verleiding van hom af was kan ons nie noual in die 1000 jaar wees nie...

    Of dit n fisiese 1000 jaar, of n profetiese 1000 jaar is, maak vir my nie saak nie, al wat ons weet is dit sal lank genoeg wees sodat die 'ondersoekende oordeel' soos genoem in vers 4 van Open 20 gedoen kan word, ek wonder by myself hoe lank dit kan vat om ALLE mense, wat nog ALTYD geleef het, maar wat verlore is, te oordeel?

    Net tot byvoeging, die rede waarom die "geredde" mense die oordeel doen in daardie 1000 jaar, is sodat ons kan sien dat God se oordeel regverdig was/is, en as daar trane gestort moet word dat dit in daardie 1000 jaar gebeur..en dan, na die 1000 jaar, belowe God dat in die nuwe paradys sal daar nie meer trane wees nie, aangesien ons dan self kon sien dat God regverdig geoordeel het...

  15. #15
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,482

    Re: Nog steeds besig met die Boek van Openbaring (1)

    Quote Originally Posted by HammerHead View Post
    EK glo die 1000 jaar sal eers aanbreek met die Heer se wederkoms, aangesien satan vir die 1000 jaar toegesluit sal word om nie die nasies te kan verlei nie, en aangesien daar nogsteeds en nog altyd verleiding van hom af was kan ons nie noual in die 1000 jaar wees nie...

    Of dit n fisiese 1000 jaar, of n profetiese 1000 jaar is, maak vir my nie saak nie, al wat ons weet is dit sal lank genoeg wees sodat die 'ondersoekende oordeel' soos genoem in vers 4 van Open 20 gedoen kan word, ek wonder by myself hoe lank dit kan vat om ALLE mense, wat nog ALTYD geleef het, maar wat verlore is, te oordeel?

    Net tot byvoeging, die rede waarom die "geredde" mense die oordeel doen in daardie 1000 jaar, is sodat ons kan sien dat God se oordeel regverdig was/is, en as daar trane gestort moet word dat dit in daardie 1000 jaar gebeur..en dan, na die 1000 jaar, belowe God dat in die nuwe paradys sal daar nie meer trane wees nie, aangesien ons dan self kon sien dat God regverdig geoordeel het...
    Ek dink dit is presies oor die redes wat jy hier noem, dat ekself meriete kan sien vir 'n 1000-jarige vrederyk, al bevraagteken ek sekere standpunte oor dit. Tog glo ek dat mens dit twee-ledig moet sien, want die feit dat die nasies nie mislei sal word nie, glo ek het ook te doen met die uitverkorenes wat uit elke stam en volk en nasie sal kom. Hulle kan nie mislei word nie, want daar staan, 'Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.' (Mat 24:24)

    Daar staan dat as dit moontlik was, sal uitverkorenes ook mislei kon word, maar dit kan nie gebeur nie, want Satan is gebind vir gelowiges, omrede hulle mag ontvang het om oor die vyand te heers (Luk 10).
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Waarmee hou jy jouself besig?
    By Ta-An in forum Ester se Koffiehuis
    Replies: 31
    Last Post: Feb 25th 2012, 08:47 AM
  2. NIBIRU ( Elenin ),,,, IS OPENBARING 12 BESIG OM IN VERVULLING TE GAAN ????
    By Ta-An in forum Gesprek oor die Eindtye en Aktuele sake
    Replies: 18
    Last Post: Sep 30th 2011, 05:14 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •