Your Advert here
cure-real
Page 2 of 2 FirstFirst 12
Results 16 to 22 of 22

Thread: Nog steeds besig met die Boek van Openbaring (1)

  1. #16

    Re: Nog steeds besig met die Boek van Openbaring (1)

    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Ek dink dit is presies oor die redes wat jy hier noem, dat ekself meriete kan sien vir 'n 1000-jarige vrederyk, al bevraagteken ek sekere standpunte oor dit. Tog glo ek dat mens dit twee-ledig moet sien, want die feit dat die nasies nie mislei sal word nie, glo ek het ook te doen met die uitverkorenes wat uit elke stam en volk en nasie sal kom. Hulle kan nie mislei word nie, want daar staan, 'Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.' (Mat 24:24)

    Daar staan dat as dit moontlik was, sal uitverkorenes ook mislei kon word, maar dit kan nie gebeur nie, want Satan is gebind vir gelowiges, omrede hulle mag ontvang het om oor die vyand te heers (Luk 10).
    Dit is nogal n interesante oogpunt...Maar dit laat my dan wonder, as die uitverkorenes nie mislei kan word nie, beteken dit dan nie dat hulle sondeloos sal lewe nie? Dan beteken dit dat hulle voor die wederkoms sondeloos gaan lewe..en dit glo ek nie kan gebeur dat ons voor die wederkoms sondeloos kan leef nie. Of mis ek iets?

  2. #17
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,531

    Re: Nog steeds besig met die Boek van Openbaring (1)

    Quote Originally Posted by HammerHead View Post

    Hi HammerHead,

    Hier is my verstaan. Geen mens kan sondeloos lewe nie, want as iemand sę hy of sy sondig nie, dan maak mens God 'n leuenaar (1Joh 1:10). Ons nuwe natuur kan egter nie sondig nie (1Joh 3:9) en die sonde wat ons wel doen, is nie my nuwe natuur wat dit doen nie, want dit kan nie, maar is die sonde wat in my vlees woon, 'En as ek doen wat ek nie wil nie, dan stem ek die wet toe dat dit goed is. Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. Want ek weet dat in my, dit wil sę in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie. Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon. Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig. Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens; maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is. Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?' (Rom 7:16-24)

    Die 'ek' wat nie meer sonde doen nie, is die nuwe skepsel en die sonde wat gedoen word, is sondesmet, of dan nou vleeslike sonde. Daar is 'n verskil tussen erfsonde wat oor jou natuur handel en sondesmet wat in jou vlees skuil. By wedergeboorte word die ou natuur van sonde geskruisig vir 'n nuwe natuur van geregtigheid en hierdie nuwe natuur is 'n skepping van God (2Kor 5:17; Gal 6:15; Efe 2:15; Kol 3:10) en is onverganklik (1Pet 1:23). 'n Leeu kan nie lusern eet nie, want 'n leeu se natuur kan dit nie doen nie en die Skrif dui aan dat daar weer 'n tyd sal kom, wanneer die leeu dit wel kan doen, maar dan moet die leeu se natuur eers verander word. So werk dit met sonde, want geen mens kan sonde oorwin, as hulle nie eers 'n nuwe natuur het nie. Ons behoud is hierdie nuwe natuur, nie iets wat ons in die self moet vermag nie, want in die self vind ons die swakheid van die vlees.

    Dat uitverkorenes mislei kan word, sal hoogstens tydelik wees, omdat geen mens weens die swakheid van die vlees, deurgaans 100% onderskeidingsvermoë kan hę nie. Die letterlike 1000-jarige vrederyk wat sal afloop na hierdie profetiese tyd waarin ons nou is, sit volgens hierdie verstaan met dieselfde dilemma, want aan die einde van hierdie tyd word die Satan weer vrygelaat en weer gaan mense verlore. Dus blyk dit dat sonde ook in hierdie bedeling, 'n werklikheid is wat mense gaan teister en wel tot die hel gaan dryf. Die verklaring is dan ook dat die wat verlore gaan, die kinders van die Jode sal wees wat in die 1000 jaar verwek is, want daar moet 'n verklaring gevind word vir die swakheid van die vlees, terwyl diegene wat weggeraap was, reeds verheerlik was en dus nooit weer kan sondig nie.

    Ons behoud glo ek lę in ons nuwe natuur, nie in ons vry wil nie.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  3. #18

    Re: Nog steeds besig met die Boek van Openbaring (1)

    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Hi HammerHead,

    Hier is my verstaan. Geen mens kan sondeloos lewe nie, want as iemand sę hy of sy sondig nie, dan maak mens God 'n leuenaar (1Joh 1:10). Ons nuwe natuur kan egter nie sondig nie (1Joh 3:9) en die sonde wat ons wel doen, is nie my nuwe natuur wat dit doen nie, want dit kan nie, maar is die sonde wat in my vlees woon, 'En as ek doen wat ek nie wil nie, dan stem ek die wet toe dat dit goed is. Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. Want ek weet dat in my, dit wil sę in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie. Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon. Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig. Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens; maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is. Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?' (Rom 7:16-24)
    Dan volgens Rom 7:16-24 was Paulus self in die 1000jaar regering…As Paulus alreeds in die 1000jaar geleef het, was sy “nuwe natuur” die natuur wat nie meer gesondig het nie, sodoende sondeloos. Paulus se egter in 1 Kor 15:31 dat hy daagliks sterf. As hy daagliks (geestelik) moes sterf (in Christus), kan dit net beteken dat hy besef hy sondig was/is, en dat hy daagliks versoening nodig gehad het.

    Ek verstaan hierdie “nuwe natuur” wat jy van praat as die “in Christus” konsep, aangesien die doop n dieper betekinis het van jou “sterwe in Christus”. Die “nuwe” mens wat dan gebore word, lewe nou “in Christus” en daarom word ook nie geoordeel nie aangesien Christus in sy plek geoordeel word. (Rom 8:1) Wanneer God na hierdie persoon kyk, sien Hy nie meer die persoon self raak nie, maar Hy sien Sy Seun raak wat in my plek staan.

    Dat uitverkorenes mislei kan word, sal hoogstens tydelik wees, omdat geen mens weens die swakheid van die vlees, deurgaans 100% onderskeidingsvermoë kan hę nie. Die letterlike 1000-jarige vrederyk wat sal afloop na hierdie profetiese tyd waarin ons nou is, sit volgens hierdie verstaan met dieselfde dilemma, want aan die einde van hierdie tyd word die Satan weer vrygelaat en weer gaan mense verlore. Dus blyk dit dat sonde ook in hierdie bedeling, 'n werklikheid is wat mense gaan teister en wel tot die hel gaan dryf. Die verklaring is dan ook dat die wat verlore gaan, die kinders van die Jode sal wees wat in die 1000 jaar verwek is, want daar moet 'n verklaring gevind word vir die swakheid van die vlees, terwyl diegene wat weggeraap was, reeds verheerlik was en dus nooit weer kan sondig nie.
    Die rede waarom satan dan losgemaak word na die 1000 jaar, is om die “verlore” nasies te verlei wat nie in die geliefde stad is nie, en te versamel vir die finale oorlog teen God en die uitverkorenes. Satan moet die verlore nasies “verlei” aangesien die wederkoms van God dan alreeds gebeur het, en dat hulle besef het hulle was deur satan verlei in die verlede, en is nie gered nie. Hy kry dit dan reg om hulle n laaste keer te oorreed om saam met hom oorlog te voer teen die uitverkorenes, wat hy dan ook reg kry.

    Ek wil glo dat ek tot op die dag, selfs die dag van Sy wederkoms, Christus se bloed en sterwe aan die kruis nodig het vir my redding, en dit beteken ek gaan letterlik nog sondig wees teen daardie tyd. Oja, ek glo nie in die wegraping nie, daarom sal ek nog op die aarde wees teen die dag van Sy wederkoms!

  4. #19

    Re: Nog steeds besig met die Boek van Openbaring (1)

    Hi Julle

    Ek het die 1000 jaar / Millenium bietjie verder gestudeer, en het gevind dat Open 20 (Begin van die millennium), nes Openbaring sčlf, nie in kronologiese volgorde gelees moet word nie, Open 20 lees eintlik in SIKLUSSE. (Dit kan ons sien, deur dieselfde identiese klimaks wat 4 keer plaasvind.) As ons NIE die hoofstuk in siklusse lees nie, sal niks van die millennium eintlik sin maak nie, en daar sal vrae soos die volgende wees:

    • Hoekom word die poel van vuur en swawel 3 keer genoem in Open 20.1 – Open 21:8?
    • Hoekom se een vers die Heilige Stad is op die aarde wanneer die verlore nasies dit omsingel (Open 20:9), en n ander vers gee die indruk dat die nasies eers verdelg word en DAN daal die Heilige Stad neer. (Open 21:1)
    • Waar word die millennium gespandeer?
    • Wat is die kondisie van die aarde in dič tyd?
    • Wat sal die Heiliges doen in die tyd?
    • Wat word bedoel by die binding en onbinding van satan? En daar is nog baie ander vrae wat ek uitgelos het....

    Wanneer die hoofstuk in die regte siklusse gelees word, soos ek nou gaan verduidelik, dan maak alles beter sin.

    Die hoofstuk net voor die millennium hoofstuk, verduidelik vir ons die wederkoms van Jesus Christus, teen die tyd het die plae al op die aarde geval en miljoene mense op aarde is getuister en gedood..(Die plae trek natuurlik nie die regverdiges nie)

    Open 19:21 se “en die ander” – die wat nie deur die plae gedood is nie, was doodgemaak met die twede koms van Jesus Christus, daarom ALLE velore mense is doodgemaak voor die begin van die millennium.

    In Open 20 begin die millennium, en hierdie hoofstuk, nes openbaring self, moet nie in kronologiese volgorde gelees word nie, en Open 20 lees in SIKLUSSE. (Dit kan ons sien, deur dieselfde identiese klimaks wat 4 keer plaasvind.) Dit is ook belangrik om te verstaan hierdie 4 siklusse het elke keer n ander fokus punt.

    Hier is die siklusse, (Elkeen het n begin, middel en einde van die millennium):

    1. Open 20:1 – 3 (Fokus is op satan en die kondisie van die aarde)
    2. Open 20:4 – 10 (Fokus is op die heiliges en wat hulle doen in die 1000 jaar)
    3. Open 20:11 – Open 21:1 (Fokus is op die oordeel van die verlore nasies en wat met die nasies gaan gebeur)
    4. Open 21:2 – 8 (Fokus is op die lewe in die Heilige stad, die nuwe Jerusalem, en hoe dit gaan wees)

    Siklus 1 (Fokus op satan en die kondisie van die aarde)
    Open 20: 1 – 3
    Wat is die toestand van die aarde gedurende die 1000 jaar?
    Open 20:3 en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word.

    Die woord afgrond hier is die griekse woord – abussos
    ἄβυσσος
    abussos
    ab'-us-sos
    From G1 (as a negative particle) and a variation of G1037; depthless, that is, (specifically), (infernal) “abyss”: - deep, (bottomless) pit.

    Die woord wat in Genesis 1:2 gebruik word om die toestand van die aarde te verduidelik in Hebreus is die woord – teh-home’
    תּהם תּהום
    tehôm tehôm
    teh-home', teh-home'
    (Usually feminine) from H1949; an abyss (as a surging mass of water), especially the deep (the main sea or the subterranean water supply): - deep (place), depth.

    Omtrent ELKE keer wat die hebreuse woord teh-home’ in die nuwe testament vertaal word, word die woord “abussos” gebruik, daarom, die twee woorde het dieselfde betekenis.

    So basies, wanneer Openbaring die woord abussos gebruik, verwys dit terug na die toestand van die aarde voor die skeppingsweek. (woes en leeg, en duisternis was op die węreld) So die aarde sal woes en leeg en sonder lig wees, gedurende die 1000 jaar, miskien net tot in n mate, maar verseker onleefbaar vir mens. (Jer 4 staaf hierdie toestand)

    Wat beteken dit dat satan gebind is?
    Open 20:3 - sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie.

    Die resultaat van sy ‘binding’ is dat hy die nasies nie meer kan verlei, totdat die 1000 jaar vebei is. – So iets gaan gebeur na die 1000 jaar wat hom gaan vrymaak van die binding.

    Die vraag is, hoekom het satan enige krag? Omdat hy mense het om te verlei! As daar geen mense is om te verlei nie, hoeveel krag sal hy he? Niks nie! En omdat daar geen mense op aarde sal wees om te verlei in die 1000 jaar nie, sal hy ‘gebind’ wees.

    Satan sal weer ontbind word (en krag he om te verlei) wanneer die nasies opgewek word na die 1000 jaar,soos verduidelik in Open 20:5

    Siklus 2 (Fokus op heiliges ens)
    Open 20:4 – 10
    Open 20:4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.

    Was die heiliges dood? Ja verseker, hulle was onthoof, maar verder in die vers se dit hulle het geleef en as konings regeer, d.w.s hulle het opgestaan voor die 1000 jaar. (die eerste opstanding) en hulle was IN die heilige stad volgens Open 20:9

    Waar was die heilige stad gedurende die 1000 jaar?

    1 Thess. 4:16-17 - en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug.

    Joh 14:2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesę het. Ek gaan om vir julle plek te berei.
    Joh 14:3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

    Die heiliges sal na die Vader se huis geneem word, dit is waar die heiliges die 1000 jaar gaan spandeer.

    Siklus 3 (Fokus op die oordeel)
    Open 20:11 – Open 21:1

    Open 20:12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.

    Dooies kan nie letterlik voor God staan nie,hulle is dood, so hulle sal voor God en die heiliges ‘staan’ deur hulle lewe en werke wat opgeskryf is in die boeke, en daarvolgens geoordeel word.

    Open 20:13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. – Siklus 4 gee vir ons die antwoord van wat in die boeke gevind is oor die verlore nasies.

    Siklus 4 (Fokus op die lewe in die stad en saam met God)
    Open 21:2 – 8

    Open 21:2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.

    Hierdie gebeure is VOOR die 1000 jaar, anders, as ons nie dit besef nie, dan weerspreek die bybel homself want Open 20:9 se die heilige stad word omsingel op die aarde. (Dit is na die 1000 jaar)

    Die gebruik van toekomstige woorde wat gebruik word om die res van die gebeure te verduidelik, bewys dat dit voor die 1000 jaar is.

    - en Hy sal by hulle woon
    - en hulle sal sy volk wees
    - en God self sal by hulle wees as hulle God
    - En God sal al die trane van hulle oë afvee
    - en daar sal geen dood meer wees nie
    - ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie

    Wat het in die boeke gestaan van die wat verlore is?

    Open 21:8 Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.

    As mens al 4 die siklusse nou lees en verstaan, dan maak die 1000 jaar gebeure baie beter sin as wat jy die hoofstuk netso lees.
    Last edited by HammerHead; Jun 15th 2012 at 10:50 AM. Reason: Couldnt read the thread with the color I used

  5. #20
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,536
    Blog Entries
    10

    Re: Nog steeds besig met die Boek van Openbaring (1)

    Dankie vir al jou research.... ek sal later biki lees
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  6. #21
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,531

    Re: Nog steeds besig met die Boek van Openbaring (1)

    Quote Originally Posted by HammerHead View Post
    Dan volgens Rom 7:16-24 was Paulus self in die 1000jaar regering…As Paulus alreeds in die 1000jaar geleef het, was sy “nuwe natuur” die natuur wat nie meer gesondig het nie, sodoende sondeloos.
    Dis presies soos ek dit verstaan HammerHead. Jammer ek antwoord jou nou eers, maar ek was sedert Donderdag nie by my rekenaar nie en dit sukkel maar om op 'n selfoon te skryf.

    Daar is twee saadlyne, Adam se saad en God se saad. Weens hierdie saad wat van Adam kom wat korrup is, het almal gesondig (Rom 5:12). Sonde word in die saad van die man oorgedra en juis oor hierdie rede, was Jesus Christus die eerste mens wat verwek was deur die saad van God, toe die Heilige Gees, Christus verwek het en nie die korrupte saad van 'n man nie. Dit is juis hier waar mens versigtig moet wees, om die koninkryk van God, wat net ingegaan kan word oor die feit dat mens uit God gebore moet word, reeds nou geld en nie eers in die letterlike 1000 jaar nie, alhoewel dit oorgedra kan word daarna. Die koninkryk van die hemele is toeganklik deur die wedegeboorte alleen en ons kan nou al in hierdie koninkryk wees. Hierdie koninkryk is onverganklik, want die saad waaruit mens van bo gebore word, is onverganklik (1Pet 1:23).

    Dat Paulus nie kon sondig nie, handel oor sy nuwe natuur en hierdie natuur is uit God uit en baie spesifiek glo ek moet mens daarop let..., 'Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore.' (1Joh 3:9) Iets wat uit God is, is volkome, perfek en onverganklik! Tog is onvermoë teenwoordig by elkeen, om dit wat God perfek in jou geskep het, jou nuwe natuur, teen te werk. Ek glo Galasiërs 5 verduidelik hierdie konsep van die Gees teen die vlees en dit is die Gees wat in jou woon en saamhang met die nuwe natuur van geregtigheid, wat teen jou vlees in stryd is. Paulus het in Romeine 7 hiervan gepraat... en moet mens dit as bevestiging sien, waar hy elders ook van hierdie selfde stryd praat, van Gees of nuwe natuur teen vlees.

    Quote Originally Posted by HammerHead View Post
    Paulus se egter in 1 Kor 15:31 dat hy daagliks sterf. As hy daagliks (geestelik) moes sterf (in Christus), kan dit net beteken dat hy besef hy sondig was/is, en dat hy daagliks versoening nodig gehad het.
    Die feit dat mens se vlees 'n resente werklikheid is, noodsaak ons om daagliks te sterf en die daagliks sterf het te doen met werke van die vlees en nie met jou natuur wat weer gebore moet word nie. Om 'n nuwe natuur te ontvang, moet daar 'n inisiale of aanvanklike sterwe wees, wanneer elke mens die eerste keer by die kruis kom en dit is wanneer mens van jou sondige natuur verlos word. Daarna moet mens daagliks van jou sondesmet verlos word en dit is om die werke van die vlees te kruisig - 'Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig.' (Gal 5:24) Persoonlik glo ek mens sal nooit sonde kan verstaan, as mens nie 'n onderskeid maak tussen erfsonde (die natuur van sonde waarmee elkeen gebore word kom hiervan) en sondesmet (die sondes wat jy self in die vlees doen) nie.

    Quote Originally Posted by HammerHead View Post
    Ek verstaan hierdie “nuwe natuur” wat jy van praat as die “in Christus” konsep, aangesien die doop n dieper betekinis het van jou “sterwe in Christus”. Die “nuwe” mens wat dan gebore word, lewe nou “in Christus” en daarom word ook nie geoordeel nie aangesien Christus in sy plek geoordeel word. (Rom 8:1) Wanneer God na hierdie persoon kyk, sien Hy nie meer die persoon self raak nie, maar Hy sien Sy Seun raak wat in my plek staan.
    Ek stem in wese saam hiermee...

    Quote Originally Posted by HammerHead View Post
    Die rede waarom satan dan losgemaak word na die 1000 jaar, is om die “verlore” nasies te verlei wat nie in die geliefde stad is nie, en te versamel vir die finale oorlog teen God en die uitverkorenes. Satan moet die verlore nasies “verlei” aangesien die wederkoms van God dan alreeds gebeur het, en dat hulle besef het hulle was deur satan verlei in die verlede, en is nie gered nie. Hy kry dit dan reg om hulle n laaste keer te oorreed om saam met hom oorlog te voer teen die uitverkorenes, wat hy dan ook reg kry.
    Alhoewel ek die moontlikheid van 'n letterlike 1000 jaar nie uitsluit nie, glo ek dit wat jy hier skryf is in ons tyd reeds waar. Niemand kan ontken dat daar die laaste 30 jaar of so 'n buitengewone afvalligheid is nie. Ons word geteister soos nooit tevore nie... en met die internet as een voorbeeld, is daar sedert 1989 'n toename in kennis wat ongekend is in die ganse geskiedenis...

    Quote Originally Posted by HammerHead View Post
    Ek wil glo dat ek tot op die dag, selfs die dag van Sy wederkoms, Christus se bloed en sterwe aan die kruis nodig het vir my redding, en dit beteken ek gaan letterlik nog sondig wees teen daardie tyd. Oja, ek glo nie in die wegraping nie, daarom sal ek nog op die aarde wees teen die dag van Sy wederkoms!
    Alhoewel ek kan saamstem hiermee, sal mens dit graag wil kwalifiseer. Die enigste rede hoekom ons instaat kan wees om elke dag te vernuwe, is omdat ons nou 'n nuwe natuur het (die Gees in ons en uiteraard Christus in ons, want die Gees het van Hom uitgegaan), wat met die sonde in ons vlees kan afreken.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  7. #22

    Re: Nog steeds besig met die Boek van Openbaring (1)

    Hi CFJ,

    Ek dink 'bottom line' praat ons oor dieselfde ding..dit wat ek 'in Christus' noem, noem jy net 'nuwe natuur'... Ek is net altyd bang om iets aan myself toe te reken, soos MY nuwe natuur...So maklik kan mens begin dink: dis omdat ek so oulik is dat EK n nuwe natuur gekry het...

    Dis hoekom ek altyd die konsep van 'in Christus' liewers aanhang, want 'in Christus' beteken vir my dat ALLES oor Jesus gaan, en ek geen redding kan ontvang as ek nie in Hom is nie...

    Oor die 1000 jaar, my laaste respons verduidelik ek hoekom ek glo die 1000 jaar is eers na die wederkoms. Daar is vir my net teveel bewyse uit die bybel uit daarvoor.

    Alhoewel ek kan saamstem hiermee, sal mens dit graag wil kwalifiseer. Die enigste rede hoekom ons instaat kan wees om elke dag te vernuwe, is omdat ons nou 'n nuwe natuur het (die Gees in ons en uiteraard Christus in ons, want die Gees het van Hom uitgegaan), wat met die sonde in ons vlees kan afreken.
    Dič is natuurlik n gesprek vir n ander draad...

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Waarmee hou jy jouself besig?
    By Ta-An in forum Ester se Koffiehuis
    Replies: 31
    Last Post: Feb 25th 2012, 08:47 AM
  2. NIBIRU ( Elenin ),,,, IS OPENBARING 12 BESIG OM IN VERVULLING TE GAAN ????
    By Ta-An in forum Gesprek oor die Eindtye en Aktuele sake
    Replies: 18
    Last Post: Sep 30th 2011, 05:14 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •